Pietersen and Others v S [2004] ZAFSHC 96 (27 October 2004)

45 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Bail — Application for bail — Requirements for granting bail — Appellants, charged with robbery, sought bail after initial refusal by magistrate — No evidence presented by the state during bail hearing — Appellants argued that their circumstances constituted "exceptional circumstances" justifying bail — Court held that appellants failed to demonstrate exceptional circumstances, including health issues and stable employment, did not outweigh the seriousness of the charges and the strength of the state's case — Bail applications dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 96
|

|

Pietersen and Others v S [2004] ZAFSHC 96 (27 October 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Borgappèl Nr. :
A263/2004
In
die appèl tussen:
EDWARD
PIETERSEN
EERSTE APPELLANT
MOABI
M S TSUNKE
TWEEDE APPELLANT
SEBETSONG
MOLEFI
DERDE APPELLANT
en
DIE
STAAT
RESPONDENT
_____________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP
et
KRUGER R
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
18
OKTOBER 2004
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
KRUGER
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
27
OKTOBER 2004
_____________________________________________________
[1] Hierdie is ‘n
borgappèl. By die aanvang van die verrigtinge het dit geblyk dat
eerste en derde appellante se betooghoofde
een dag laat geliasseer
was en dat ‘n kondonasie aansoek geloods is. Daardie kondonasie
aansoek was voor ons, maar is nie vir
die staat gegee nie. Wat
betref die tweede appellant het ons geen hoofde gehad toe die
verrigtinge begin het nie. Daardie hoofde
is eers om 12 uur op die
dag van die aanhoor van die appèl aan die staat en aan ons
beskikbaar gestel. Daar was ook probleme met
die prokurasies. Die
staat het in hulle hoofde (sonder dat hulle sig gehad het van die
appellante se hoofde) die punt geneem dat
daar nie prokurasies was
nie. Mnr Mafojane, wat namens eerste en derde appellante verskyn
het, het gesê dat hy toe die prokurasies
aan sy “informele”
korrespondente in Bloemfontein gestuur het, maar op een of ander
manier het daardie prokurasies nooit by die
Hof of by die staat
aangekom nie.
[2] Hierdie is standaard
stappe wat in alle appèlle geneem moet word: Die tydige betekening
en liassering van betooghoofde en prokurasies,
veral in borgappèlle
wat geag word dringender as ander appèlle te wees. Mens sou verwag
dat regsverteenwoordigers met meer omsigtigheid
optree, waar hulle
kliënte se vryheid op die spel is.
[3] Ons het die
verrigtinge laat afstaan tot 2 namiddag ten einde hierdie
aangeleenthede in die reine te bring. By die aanvang van
daardie
verrigtinge het mnr Botha, namens die staat, gesê dat die foute en
nalate was nie dié van die appellante persoonlik nie,
maar hulle
regsverteenwoordigers en gesê dat dit in belang van geregtigheid was
dat die appèl aangehoor word. Met daardie houding
in gedagte, is
die verhoor toe voortgesit.
[4] Die landdros te
Vredefort het op 19 Mei 2004 borg vir al drie appellante geweier. Al
drie is aangekla van roof met verswarende
omstandighede. Dit is dus
‘n bylae 6 misdryf. Daar rus ‘n onus op die appellante om die
Hof te oortuig dat daar buitengewone
omstandighede bestaan wat hulle
vrylating in die belang van geregtigheid veroorloof. Al drie
appellante het getuig. Geen getuienis
is namens die staat aangebied
nie.
[5] Een van die
belangrikste punte van kritiek deur appellante teen die landdros se
uitspraak is dat geen getuienis namens die staat
aangebied is nie.
Die staat se houding was dat daar ‘n onus op die beskuldigdes rus
wat hulle nie gekwyt het nie. Dus was dit
nie nodig vir die staat om
enige getuienis aan te bied nie.
[6] Die eerste appellant
is 46 jaar oud en het getuig dat hy al vir 20 jaar by sy adres woon,
hy getroud is, drie kinders het, vir
reeds 15 jaar werksaam is te
Senwes, geen vorige veroordelings het nie, nie ‘n paspoort het, ‘n
Suid-Afrikaanse burger is en
die huis wat hy het R15 000,00 werd is.
Hy het getuig dat hy onskuldig gaan pleit en dat hy saamgewerk het
met die polisie. Verder
het hy getuig dat hy ‘n sieklike persoon
is met ‘n rugprobleem. Hy het geval by die werk en hy gaan steeds
vir behandeling.
Hy moet weer in Junie gaan vir behandeling, het hy
getuig toe hierdie verrigtinge plaasgevind het in Mei 2004. Hy het
‘n verklaring
aan die landdros gegee waarin gesê is dat hy vier
persone afgelaai het in die nag naby die plek waar die misdryf
plaasgevind het,
maar hy sê dat dit hom nie inkrimineer nie. Hy het
gesê hy het vir mense daar gewag. Hy het gesê dat hy nie
beskuldigde twee
ken nie. Dit is aan hom gestel dat daar ‘n
selfoonoproep gemaak is vanaf beskuldigde twee na hom in die middel
van die nag en
hy het gesê dat hy hom wel gebel het, maar daar is
niks inkriminerend daaraan nie. Hy het ook getuig dat hy ‘n
vuurwapen het.
Toe hy in kruisondervraging gevra is wat die
buitengewone omstandighede is wat hom op borg geregtig maak, het hy
gesê dat die eerste
sy werk is, dan het hy ‘n kind wat hy moet
skooltoe vat en hy is ook ‘n sieklike persoon.
[7] Dit is deur die
staatsaanklaer aan hom gestel dat daar twee redes is waarom hy nie sy
verhoor sal staan nie. Die eerste was omdat
hy ‘n langtermyn
direkte gevangenisstraf in die gesig staar indien hy skuldig bevind
sou word en tweedens dat hy sou inmeng met
staatsgetuies. Hy het
getuig dat hy nie met staatsgetuies sou inmeng nie.
[8] Wat beskuldigde twee
betref, is hy 45 jaar oud, getroud met drie kinders. Hy is reeds vir
18 jaar ‘n onderwyser. Hy het ‘n
paspoort wat hy sal inhandig as
hy borg kry. Hy woon in ‘n huis wat omtrent R20 000,00 werd is en
het geen vorige veroordelinge
nie. Hy het getuig dat hy glad nie in
die roof betrokke was nie en na die polisiestasie gegaan het toe hy
gehoor het die polisie
soek hom. Toe hy gevra is oor sy
gesondheidstoestand het hy gesê hy is ‘n baie sieklike persoon.
Hy het hoë bloeddruk en maagsere.
Hy het baie ernstige pyn. In
kruisondervraging het die aanklaer aan hom gestel dat die staat
inderdaad ‘n sterk saak teen hom
het en hy het daarmee saamgestem.
Hy is gevra oor die nagtelike telefoonoproep en het gesê hy betwis
dit nie, maar kan dit nie
onthou nie. Dit is ook aan hom gestel dat
hy navraag gedoen het by een van die staatsgetuies oor die opset by
die perseel waar die
roof plaasgevind het, maar hy het getuig dat hy
nooit vir Mafosi, die betrokke vrou, sodanige vraag gevra het nie.
Dit is ook aan
hom gestel dat hy sou inmeng met staatsgetuies, wat hy
ontken het.
[9] Die derde appellant
is 27 jaar oud, woon reeds vir 10 jaar by sy adres, het geen kinders
nie en doen stukwerk. Hy woon nog saam
met sy ouers. Hy het ‘n
paspoort en hy het geen probleme met sy gesondheid nie. In
kruisondervraging het hy erken dat hy werkloos
is en geen bates het
nie. Hy het getuig dat hoewel hy in Lesotho gebore is, hy nou in
Suid-Afrika woon en dus ‘n Suid-Afrikaanse
burger is. Dit is aan
hom gestel dat ‘n stukkie van die blou baadjie wat hy aangehad het,
gekry is aan die draad naby die toneel.
Hy het getuig dat sy baadjie
nie geskeur was nie. Dit is aan hom gestel dat volgens die staat hy
agt kilometer van die toneel waar
die misdryf plaasgevind het, vyfuur
in die oggend aangetref is. Toe hy gevra is wat sy buitengewone
omstandighede is, sê hy hy
sorg nog vir sy ouers. Hy onderhou sy
susters. Dit is ook aan hom gestel dat die klokkie wat in sy besit
gevind is, die eiendom
van die klaagster was en ontken hy dat so iets
by hom gekry is. Hy sê net sy medisyne is by hom gekry.
[10] Die landdros het
bevind dat daar getuienis is wat die beskuldigdes met die betrokke
misdryf verbind en die sieketoestande waarop
hulle gesteun het, nie
buitengewone omstandighede daarstel nie en dat die borgaansoeke
geweier moet word.
[11] Mnr Mafojane, wat
namens eerste en derde appellante verskyn het, het drie punte gemaak.
Eerstens dat die kwessie van buitengewone
omstandighede kumulatief
gesien moet word. Hy sê dat al die omstandighede saam in hierdie
geval, naamlik die vaste werk, die siektetoestand,
die feit dat die
staatsaak nie so sterk is nie en derglike saamgeem moet word en
kumulatief dan tot buitengewone omstandighede lei.
In die tweede
plek was sy submissie dat die gesondheid van die eerste appellant
sodanig was dat dit sy vrylating geregverdig het
en in die derde plek
het hy gesê dat die landdros die reg verkeerd geïnterpreteer het
deur sodanige hoë eis op die appellante
te plaas.
[12] Mnr van Wyk, wat
namens tweede appellant verskyn het, sê dat die grootste fout is dat
die staat nie weerleggende getuienis aangebied
het nie. In hierdie
verband het hy verwys na die saak van
CARMICHELE
v MINISTER OF SAFETY AND SECURITY AND ANOTHER
2002 (1) SASV 79 (KH)
waar
volgens hom die Konstitusionele Hof bevind het die staat getuienis
moes aanbied. Die feite van
Carmichele
was dat borg inderdaad toegestaan was en die kritiek was daar teen
die staat dat dit nie voldoende getuienis aangebied het om borg
te
kan weier nie. Daardie feite verskil dus van die huidige.
[13] Mnr van Wyk het ook
verwys na die saak van
S
v MAUK
1999
(2) SASV 479 (W).
In daardie geval het die Hof te doen gehad met iemand wat aangekla
was van verkragting op sy minderjarige kind. Dit blyk uit die
uitspraak dat die kind se moeder en appellant vervreem was en dat die
klagte wat teen hom gelê was, van twyfelagtige aard was.
In daardie
omstandighede het dit klaarblyklik ‘n baie groot rol gespeel ten
einde borg moontlik te maak.
[14] Die ander saak
waarop die verdediging betreklik sterk gesteun het, was
S
v SIWELA
1999
(2) SASV 685 (W)
en
veral op bladsy 705 b waar die Hof sê:
“In the present case the state
merely ‘sat back’ and did not endeavour in any manner to place
any facts before the court in
rebuttal of or to place in doubt
anything that was stated by the accused in support of his
application.”
[15] In hierdie geval is
die staatsaak aan
die appellante gestel by wyse van stellings in die kruisondervraging
van die aanklaer. Dit is nie heeltemal bevredigend
nie. Normaalweg
sou mens verwag dat die ondersoekbeampte sou kom en getuienis gee oor
wat sy getuies sal sê. Hoewel dit hoorsê
getuienis is, kan hy
gekruisondervra word en kan die waarde daarvan afgetakel word. Die
feit is egter dat hierdie ‘n borgaansoek
was, nie ‘n verhoor nie
en dit is ook in die belang van geregtigheid dat die meriete van die
saak nie te veel gedebatteer word
nie. Dit sou die regspleging kon
benadeel. Daarom, soos die regsverteenwoordigers ook gesê het en
soos wat lank reeds in die praktyk
gedoen word, sou eedsverklarings
ook voor die Hof geplaas kon word om daardie feite aan die Hof te
openbaar. Selfs dit is in hierdie
geval nie gedoen nie.
[16] Die vraag ontstaan
egter of die bewyslas wat op die beskuldigdes gerus het, gekwyt is.
Die buitengewone omstandighede wat al
deur die Howe aanvaar is, is
byvoorbeeld dat die borgapplikant swaar finansiële verliese sou ly,
dat daar ‘n swak staatsaak teen
hom is en dat sy
gesondheidstoestand sodanig is dat dit nie in die gevangenis
voldoende aangespreek sou kon word nie. Geen van daardie
omstandighede bestaan in die huidige geval nie. Daar is geen stawing
van die mediese toestand van appellante een en twee nie. Trouens
daar is geen getuienis dat appellante nie in die gevangenis hulle
behandeling kan kry nie of deur die gevangenispersoneel geneem
sou
word om behandeling te kry nie. Wat die tweede appellant betref, is
daar blote bewerings en geen stawing daarvan en verder is
dit op die
beskikbare getuienis nie toestande wat nie in die gevangenis aandag
sou kon geniet nie. Die derde appellant het geen
sodanige feite
beweer nie, hoewel hy praat van sy “medisyne” wat by hom gekry
is.
[17] ‘n Vaste
woonadres, stabiele werksomstandighede en ‘n verklaarde voorneme om
op verhoor te gaan, is voorvereiste vir enige
borgverlening, selfs
waar daar geen onus op die beskuldigde is nie. Artikel 64(11) plaas
‘n formidabele onus op die beskuldigde.
Soos Regter Van Zyl
in
S
v YANTA
2000 (1) SASV 237 (Tk)
op
249 d beklemtoon, onder artikel 60(11) is die persoonlike belange van
die beskuldigde sekondêr, en die gemeenskapsbelange prim
ê
r.
Selfs kumulatief gesien, is die faktore wat die appellante genoem
het in hul getuienis, nie sodanig dat dit die verlening van
borg in
die belang van geregtigheid veroorloof nie, ten spyte van die feit
dat die staat geen getuienis aangebied het nie. Die sterkte
van die
staatsaak blyk voldoende uit die aanklaer se stellings, en die
getuienis van die appellante is normaal (wat hul werk en verblyf
betref) en onseker (wat die mediese toestande van nr 1 en 2 betref)
en kan nie, selfs kumulatief gesien, as buitengewoon aangemerk
word
nie.
[18] In hierdie
omstandighede, hoewel dit meer gewens sou gewees het dat getuienis
deur die staat aangebied word, het die landdros
nie gefouteer deur
borg te weier nie. Artikel 65(4) van die Strafproseswet bepaal dat
die Hof op appèl slegs inmeng indien oortuig
dat die landdros
verkeerd was. Hierdie Hof kan nie sodanig oortuig wees nie.
[19] Die
appèl van al drie appellante word afgewys.
____________
A. KRUGER, R
Ek stem saam.
_________________
J.P. MALHERBE, RP
Namens
Appellante 1 en 3: Mnr. M.M. Mafojane
(Prokureur met
verskyningsbevoegdheid)
In opdrag van:
Muller
Mostert en Vennote
POTCHEFSTROOM
Namens
Appellant 2: Advokaat R. van Wyk
In
opdrag van:
Jaco
van Wyk Prokureur
SASOLBURG
Namens
Respondent: Advokaat J. Botha
In
opdrag van:
Kantoor
van die Direkteur
Openbare
Vervolgings
BLOEMFONTEIN
/sp