About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 146
|
|
S v Mahoko (1258/2004) [2004] ZAFSHC 146 (21 October 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening No.:
1258/2004
In die hersiening van:
DIE STAAT
Teen
JONAS MAHOKO
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN
et
VAN DER
MERWE RR
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE R
GELEWER OP:
21
OKTOBER 2004
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde is op
grond van sy pleit van skuldig op 8 Junie 2004 skuldig bevind aan
diefstal van polonie ter waarde van R16,99
[2] Op 25 Junie 2004 is
die beskuldigde gevolglik gevonnis tot 12 maande gevangenisstraf wat
in geheel opgeskort is vir ân tydperk
van vyf jaar op voorwaarde
dat die beskuldigde nie skuldig bevind word aan diefstal of poging
tot diefstal gepleeg gedurende die
tydperk van opskorting nie.
[3] Die skuldigbevinding
is ooreenkomstig die reg maar die vonnis na my oordeel nie.
[4] Die beskuldigde is 45
jaar oud. Hy is getroud en versorg drie kinders. Hy het Standerd
Sewe op skool geslaag. Hy het stukwerk
gedoen waarvoor hy vergoed is
teen ongeveer R80,00 vir ân tydperk van 3 dae. Die omstandighede
van die misdryf was dat die beskuldigde
by die betrokke winkel was om
ân brood te koop en dat hy toe die polonie geneem het en in die
plastiese sakkie waarin die brood
was, geplaas het. Hy het die
polonie geneem omdat hy nie geld gehad het om daarvoor te betaal nie
en hy dit, soos hy dit gestel
het, nodig gehad het. Die beskuldigde
het onder eed getuig dat hy ân fout begaan het, spyt is daaroor en
dit nie sal herhaal nie.
Sy dogter het ook ter versagting onder eed
getuig dat hy wat die beskuldigde is, nie ân persoon is wat
moeilikheid maak nie.
[5] In sy redes vir
vonnis het die verhoorlanddros gesê dat die betrokke vonnis opgelê
is hoofsaaklik weens die feit dat die beskuldigde
twee vorige
veroordelings vir diefstal gehad het asook ân vorige veroordeling
vir brandstigting. Dit blyk dat die beskuldigde
op 1 Maart 1979
skuldig bevind is aan brandstigting en gevonnis is tot vyf houe met
ân ligte rottang. Op 5 November 1990 is die
beskuldigde skuldig
bevind aan diefstal en op dieselfde datum gevonnis tot ân boete van
R120,00 of 60 dae gevangenisstraf. Op
1 Februarie 1991 is hy ook
skuldig bevind aan diefstal en gevonnis tot ân boete van R300,00 of
4 maande gevangenisstraf. Die beskuldigde
is behalwe vir die
onderhawige misdryf hierna nooit weer skuldig bevind aan enige
misdryf nie. Alhoewel die landdros korrek is daarmee
dat die
beskuldigde se gemelde vorige veroordelings nie outomaties verval het
ingevolge die bepalings van artikel 271A van die Strafproseswet,
nr.
51 van 1977 nie, moes hierdie vorige veroordelings vanweë die lang
tydsverloop en die klaarblyklike geringe aard daarvan na
my oordeel
by vonnisoplegging buite rekening gelaat gewees het. In hierdie
opsig het die verhoorlanddros dus fouteer.
[6] Dit is al herhaalde
male beslis dat ân opgeskorte termyn van gevangenisstraf nie beskou
kan word as ân vonnis wat nie ondergaan
sal word nie en ook nie as
ân vonnis waarvoor die beskuldigde net homself te blameer het nie.
Sien bv.
S
v SETNOBOKO
1981 (3)
SA 553
(O) op 556 â 557
.
Die vraag bly steeds of die vonnis gepas is in al die omstandighede
van die saak. Dat die beskuldigde in hierdie saak op grond
van
pleging van enige diefstal of poging daartoe gedurende die
opskortingstydperk van vyf jaar (waarvoor hy gepas gestraf sal moet
word met inagneming van sy vorige veroordeling), blootstaan aan
gevangenisstraf van 12 maande weens diefstal waarby R16,99 betrokke
is, wek ân gevoel van skok. Na my oordeel is ân vonnis van ân
boete van R600,00 of drie maande gevangenisstraf in geheel opgeskort
vir vyf jaar, gepas in al die omstandighede van hierdie saak.
[7] Gevolglik word die
skuldigbevinding bekragtig maar die vonnis tersyde gestel en vervang
met ân vonnis van R600,00 of drie maande
gevangenisstraf in geheel
opgeskort vir ân tydperk van vyf jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie skuldig bevind word aan diefstal
gepleeg gedurende
die tydperk van opskorting nie. Die vonnis moet geag word opgelê te
gewees het op 25 Junie 2004.
________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
EK
STEM SAAM:
________________________
G.
VAN COPPENHAGEN, R
/ec