About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 94
|
|
S v Silo (1555/2004) [2004] ZAFSHC 94 (21 October 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening Nr.:
1555/2004
In die hersiening van:
DIE STAAT
versus
ZAMINI CHEMIST SILO
_____________________________________________________
CORAM
:
HANCKE
R
et
KRUGER
R
_____________________________________________________
UITSPRAAK
:
HANCKE
R
_____________________________________________________
GELEWER OP
:
21
OKTOBER 2004
_____________________________________________________
Beskuldigde is skuldig
bevind aan die volgende aanklagte, en dienooreenkomstig gevonnis:
Aanklag
een: Saakbeskadiging â 12 maande gevangenisstraf.
Aanklag twee: Diefstal â
36 maande gevangenisstraf.
Ingevolge artikel 12(2)
van Wet 75 van die 1969 word beskuldigde onbevoeg verklaar om ân
vuurwapen te besit.
Na aanleiding van ân
hersieningsnavraag wat gerig is deur Beckley, R, of die 36 maande
gevangenisstraf nie treffend onvanpas is
nie, verklaar die landdros
die volgende:
â
Waar
die waarde van die troffel slegs R24,99 was en die beskuldigde sedert
1999 ân skoon rekord het, gee ek in retrospeksie toe
dat ân
gedeelte van die gevangenisstraf opgeskort moet word om die
kummulatiewe effek van die gevangenisstraf te beperk.â
Die beskuldigde se
skuldigbevinding aan aanklag twee het betrekking op ân troffel ter
waarde van R24,99 wat hy by Checkers gesteel
het. Alhoewel die
waarde van die gesteelde eiendom betreklik min is, is dit belangrik
om te let op sy indrukwekkende lys van vorige
veroordelings wat
minstens ses misdrywe bevat waarvan oneerlikheid ân element is. Hy
was vantevore ook by verskeie geleenthede
tot gevangenisstraf
gevonnis en is die oplegging van gevangenisstraf in die huidige saak
geregverdig in die omstandighede. Dit blyk
egter dat hy sedert 1999
ân skoon paadjie geloop het. Verder moet ook in sy guns in ag
geneem word dat hy sedert 23 Maart 2004,
dit wil sê vir meer as ses
maande, verhoorafwagtend was. In die omstandighede ag ek dit gepas
om die helfte van die vonnis wat
die landdros opgelê het, op te
skort op sekere voorwaardes. Dit blyk ook dat die lasgewing ân
foutiewe verwysing het en inderwaarheid
behoort te verwys na artikel
103 van Wet 60 van 2000.
Bygevolg word die
volgende bevele verleen:
Die opgelegde vonnis ten
opsigte van aanklag twee word tersyde gestel en vervang met die
volgende:
1. âSes en dertig (36)
maande gevangenisstraf waarvan die helfte opgeskort word vir vyf jaar
op voorwaarde dat hy nie skuldig bevind
word aan ân misdryf,
waarvan oneerlikheid ân element is, gepleeg gedurende die tydperk
van opskorting nie.â
2. Die lasgewing word
gewysig om te verwys na artikel 103 van Wet 60 van 2000.
3. Origens word die
verrigtinge bekragtig.
4. Ingevolge
artikel 282 van die Strafproseswet word hierdie vonnis geag opgelê
te wees op 12 Augustus 2004.
________________
S.P.B. HANCKE, R
Ek stem saam.
____________
A. KRUGER, R
/sp