About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 129
|
|
Alfa Laval Agri (Pty) Ltd and Another v Ferreira and Another (2327/2002) [2004] ZAFSHC 129 (19 October 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak No:
2327/2002
In
die saak tussen:
ALFA LAVAL AGRI
(EDMS) BEPERK
(2) Eerste
Eiser
JR BRITS h/a
B-KOR
Tweede
Eiser
en
IGNATIUS
STEPHANUS FERREIRA (SNR) N.O.
Eerste
Verweerder
IGNATIUS STEPHANUS
FERREIRA (JNR) N.O.
Tweede
Verweerder
UITSPRAAK:
HANCKE
R
AANGEHOOR OP:
12
OKTOBER 2004
GELEWER OP:
19
OKTOBER 2004
_____________________________________________________
Op die eerste dag van
die verhoor, wat vir drie weke op die rol is, doen beide partye
aansoek om wysiging van hul pleitstukke. By
ân vorige geleentheid
het beide ook
aansoek gedoen om wysiging en is die uitspraak van Van Coller, R. ten
opsigte van daardie wysiging in die saak van
ALFA
LAVAL AGRI (PTY) LTD EN âN ANDER v FERREIRA EN âN ANDER NNO
2004 (2) SA 68
(O)
gerapporteer.
Vervolgens sal nou
gehandel word met die huidige aansoeke om wysigings.
VERWEERDERS SE
AANSOEK OM WYSIGING:
Verweerders
vra onder andere vir die invoeging van die volgende tot hulle
bestaande teeneis:
â
5.
VOORWAARDELIKE TEENEIS:
Op voorwaarde dat bewys word (wat
deur die verweerders ontken word):
Dat die verweerders aanspreeklik
gehou word vir betaling van die bedrag van R41 926,29 tesame met
rente daarop teen 15.50% per jaar
vanaf 17 Desember 1998 tot datum
van betaling, uit hoofde van die skuldoorsaak soos uiteengesit in
Ladybrand Landdroshof saak nr
752/2000; en
Dat die verweerders aanspreeklik
gehou word vir betaling van die koste van daardie gemelde geding
Dan en in daardie geval vorder die
verweerders voorwaardelik van eiser in rekonvensie as volg:
6. â¦
Die relevante en
wesentlike uitdruklike,
alternatiewelik
stilswyende,
alternatiewelik
geïmpliseerde terme van die ooreenkoms was as volg:
Eiser sal ân 9 Eenhede Alpro
Visgraat Melksisteem aan die verweerder verkoop, lewer en
installeer;
Die genoemde melkmasjien sou te
alle relevante tye in ân goeie werkende toestand wees om ân
kudde te melk;
Eiser sou sorg dra dat die
oprigting en installering van die melkmasjien op ân volledige,
bevredigende, behoorlike en vakkundige
wyse verrig sou word, met
vaardigheid, nougesetheid en die gebruik van geskikte materiaal,
onderdele en komponente en dat die
eiser werknemers en/of agente
sou gebruik wat oor die nodige bedrewendheid en kennis sou beskik
om die installering bevredigend
te voltooi.
â¦
Ten tyde van die
aankoop van die gemelde melksisteem deur verweerder van eiser, het
eiser ân stilswyende,
alternatiewelik
geïmpliseerde,
alternatiewelik
ex
lege
waarborg aan verweerder gegee dat die melkmasjien sou beantwoord
aan die doel en funksie waarvoor dit deur die verweerders aangekoop
is.
Eiser het nie sy
kontraktuele onderneming, verpligtinge en waarborge teenoor
verweerders enigsins,
alternatiewelik
behoorlik, volledig en binne ân redelike tyd ooreenkomstig die
kontrak nagekom nie, maar het kontrakbreuk gepleeg deur
wanprestasie,
alternatiewelik
waarborgbreuk, deurdat 9 melkpuntbeheerders onklaar geraak het op
25 November 1998 en vervang moes word.
Alternatiewelik
het die eiser se agent die oprigting en installering nie behoorlik
en vakkundig en met die aanwending van korrekte onderdele
en
komponente verrig en werknemers wat behoorlik opgelei en
gekwalifiseer is aangewend nie maar die melkmasjien onvakkundig,
onvolledig of gebrekkig geïnstalleer en het eiser in daardie opsig
sy kontraktuele onderneming teenoor die verweerders verbreek.
Eiser het uitdruklik,
alternatiewelik
stilswyend,
alternatiewelik
inbegrepe gewaarborg dat hy oor besondere kennis, vaardigheid en
bedrewendheid beskik om die werk ten behore te verrig, asook
dat hy
die nodige toerusting en onderdele het om sy opdrag uit te voer.
7.
Die gebreke wat aan die koopsaak
bestaan het, soos hierbo uiteengesit, is wesentlike gebreke en gaan
tot die kern van die kontrak.
Vanweë eiser se
kontrakbreuk,
alternatiewelik
waarborgbreuk, soos hierbo uiteengesit, het verweerders skade gely
of bestaan die potensiaal om skade te ly, indien die tweede
eiser
se vordering teen die verweerders toegestaan sou word.
Alternatiewelik:
Die eiser het aan die verweerders ân
skriftelike waarborg verstrek ten aansien van onderdele en
installasie vir ân periode van
een (1) jaar vanaf datum van
installasie, soos blyk uit aanhangsel âbâ tot eiser se nadere
besonderhede gedateer 22 Januarie
2002.
Nege (9) melkpuntbeheerders het
onklaar geraak op 25 November 1998, naamlik binne die tydperk van
een jaar vanaf datum van installasie
en is eiser gevolglik verplig
om die verweerders skadeloos te stel ten aansien van die
vervangingskoste daarvan.
Die vervangingskoste van die nege
melkpuntbeheerders word deur die eerste eiser se agent (tweede
eiser) wat ook die installering
gedoen het, van die verweerders
geëis in aksie nr 752/2000.
Uit hoofde van die voorgaande is
verweerders geregtig daarop om deur eerste eiser skadeloos gestel
te word ten opsigte van tweede
eiser se gemelde vordering.â
Eerste
verweerder maak beswaar teen die voorgestelde wysiging â
because
same seeks to introduce a claim which is excipiable inasmuch as a
right to damages or compensation arising from a breach of
contract or
from breach of warranty contained in a contract is not a right to an
indemnity.
â
â
n
Reg tot indemnifikasie, of skadeloosstelling, kan ontstaan uit hoofde
van ân kontrak, hetsy uitdruklik of stilswyend, of kan statutêr
of
regtens geïmpliseer word.
In
EIMCO
(SA) (PTY) LTD v P MATTIODAâS CONSTRUCTION CO (SA) (PTY) LTD
1967
(1) SA 326
(N)
het Caney, R., na ontleding van die Engelse Reg, die volgende op 332
(F â G) verklaar:
â
The
principles to be extracted from these cases, so far as relevant to
the present case, appear to me to be that a right of indemnity
arises
only from contract, express or implied, or by statute or where it is
implied by law. Examples of these last may be found
in the
obligation of a principal debtor to indemnify his surety by
re-imbursement, and a like obligation on the part of a principal
to
re-imburse his agent;â
In die verweerders se
beoogde voorwaardelike teeneis word gesteun op eisers se
kontrakbreuk, alternatiewelik waarborgbreuk, as gevolg
waarvan
verweerders skade gely het, of bestaan die potensiaal om skade te ly.
Dit is egter belangrik
om daarop te let dat die reg om skadevergoeding te eis op grond van
kontrakbreuk die benadeelde party nie geregtig
maak op
skadeloosstelling nie.
In die
Eimco
(SA) (Pty) Ltd
-
saak
supra
word
op 332 H â 333 A die volgende verklaar:
â
A
right to damages arising from breach of contract or from breach of a
warranty contained in a contract is not a right to an indemnity,
and
the fact that the damages amount, or might amount, to the same sum as
that for which the party entitled to those damages is in
turn liable
does not make the case one of indemnity; nor is the fact that the
evidence to establish each claim is the same, or virtually
the same,
relevant to the question of whether there is an indemnity. There
must be a right, arising from contract or by statute
or from the law,
to an indemnity in respect of, or a contribution towards, the claim
of the plaintiff.â
Dit is ook
van belang om te let op wat Kotze, R. (soos hy toe was) in
DODD
v ESTATE CLOETE AND ANOTHER
1971
(1) SA 376
(OK)
op 379 D â G verklaar het:
â
It
is not alleged that the building contract creates in favour of the
respondents a right to indemnification. Unauthorised conduct
or
failure of duty of an agent normally gives rise to an action for
damages. â¦
My
conclusion therefore is that, if the respondents have any claim
against the excipient at all, their claim is for the payment of
damages. Such a right cannot be equated to a right to claim
indemnity. It is the converse of such right.â
Verweerders steun nie op
ân term van die ooreenkoms tussen die partye dat eiser regtens
verplig was om hulle skadeloos te stel in
die betrokke omstandighede
nie. Daar is ook nie ân statutêre of regtens geïmpliseerde term
ter sprake wat verweerders tot hulp
kan kom nie. Verweerders se
voorwaardelike teeneis openbaar dus nie ân skuldoorsaak nie en is
dus nie regtens ontvanklik nie.
Bygevolg
kan hulle aansoek om wysiging nie slaag nie.
Die eisers se verdere
beswaar teen die aangevraagde wysiging berus daarop dat verweerders
steun op ân vordering wat verjaar het
en dat aansoek om hierdie
rede afgewys behoort te word. In die lig van die slotsom waartoe ek
geraak het, is dit nie nodig om met
hierdie betoog van mnr. Lüderitz,
namens die eisers, te handel nie.
TWEEDE EISER SE
VOORGENOME WYSIGING:
Tweede
eiser doen aansoek om wysiging van sy besonderhede van vordering deur
die volgende alternatiewe skuldoorsaak in te voeg:
â3.
Alternatively-
In the bona fide and
reasonable but mistaken belief that the cost of the replacement of
the milking point controllers (âthe
MPCâsâ) would be
recoverable under guarantee from the first plaintiff,
alternatively
would be paid for by the defendants, the plaintiff, during or about
November 1998, on the defendantsâ instance and request,
procured
and thereafter installed the MPCs at the defendantsâ premises at
a cost of R41 926.29 (âthe installationâ).
The cost of the replacement of the
MPCâs was not recoverable under guarantee from the first
plaintiff.
The defendants have, since the date
of the installation-
retained and utilised the MPCâs
in the production of milk; and
refused to pay the amount of
R41926.29 or any portion thereof to the plaintiffâ.
The defendants were accordingly
unjustifiably enriched in the amount of R41926.29.â
Mnr. Ploos
van Amstel namens die verweerders, het betoog dat die voorgenome
wysiging geen skuldoorsaak openbaar nie, aangesien daar
nie ân
algemene verrykingsaksie in ons reg bestaan nie. Die bewoording van
die voorgenome wysiging is egter gebaseer op die
condictio
sine causa
en die bewoording stem grootliks ooreen met dié soos vervat in
AMLERâS
PRECEDENTS
OF PLEADING
(6de uitgawe) deur LTC Harms p. 89. Of tweede eiser uiteindelik al
die elemente van ân verrykingsaksie tydens die verhoor sal
kan
bewys, veral in die lig van die verhouding tussen eerste en tweede
eisers, is iets wat tydens die verhoor uitgepluis sal kan
word, en
waarvoor ek nie nou geroepe is om ân mening uit te spreek nie. Van
belang is egter dat voorgenome wysiging wel ân skuldoorsaak
daarstel.
Mnr Ploos
van Amstel het verder betoog, steunende op die saak van
ALFA
LAVAL AGRI (PTY) LTD EN ân ANDER v FERREIRA EN ân ANDER NNO
(
supra
),
dat die voorgestelde en voorgenome wysiging ân nuwe skuldoorsaak,
of vorderingsreg, daarstel wat reeds deur verjaring uitgewis
is. In
laasgenoemde saak het die feite ooreengestem met die huidige en het
die Hof op 80 G â H die volgende verklaar:
â
Die
onderhawige wysiging poog juis om ân ander vorderingsreg naas die
oorspronklike in te bring wat nie gedoen mag word nie.â
Laasgenoemde
beslissing moet egter geïnterpreteer word in die lig van die saak
van
CGU
INSURANCE LTD v RUMDEL CONSTRUCTION (PTY) LTD
2004
(2) SA 622
(HHA)
,
waarop mnr. Lüderitz gesteun het en wat drie maande later as
eersgenoemde saak aangehoor is. In hierdie saak was die vraag of
ân
wysiging van die respondent se besonderhede van vordering waarom
gesteun word op ân nuwe kontrak, waarop nie vantevore gesteun
was
nie, ân nuwe vordering daarstel wat intussen verjaar het. Ten
opsigte van die betoog van die verweerder se advokaat dat daar
twee
verskillende vorderings was wat voortspruit uit twee verskillende
kontrakte, en dat indien die aanvanklike dagvaarding slegs
gebaseer
was op een van die kontrakte, dit nie verjaring stuit ten opsigte van
die ander vordering nie, verklaar Jones, Wn. AR op
626 I â 627 C
die volgende:
â
The
fallacy in the argument lies in die development that followed. It
overlooks the broad meaning given by this Court to the word
âdebtâ
in the Prescription Act and in doing so in effect equates the debt
with the plaintiffâs cause of action. The defendantâs
argument
is that by introducing a new contract, the plaintiff has introduced a
new cause of action. But it does not follow that
by curing a
defective cause of action by introducing the contract upon which it
really relies, the plaintiffâs summons necessarily
claims a
different debt. Indeed, it is settled law that a summons which sets
out an excipiable cause of action can interrupt the
running of
prescription provided that the debt is cognisable in the summons and
is identifiable as substantially the same debt as
the debt in the
subsequent amendment.â
Vergelyk
ook
SENTRACHEM
LTD v PRINSLOO
,
1997 (2) SA 1
(A) te 15 E â G.
Dit is ook
nodig om te onderskei tussen âskuldâ, soos verwys na in die
Verjaringswet, Nr. 68 van 1969, en âskuldoorsaakâ.
In die
CGU
INSURANCE LTD
-saak
(
supra
)
word op 627 G â 628 A die volgende verklaar:
â
The
Act does not define âdebtâ and âthere is ⦠a discernible
looseness of languageâ in its use thereof with the result that
âdebtâ means different things in different contexts. For this
reason âdebtâ in the context of s 15(1) must bear âa wide
and
general meaningâ. It does not have the technical meaning given to
the phrase âcause of actionâ when used in the context
of
pleadings.â
In
DRENNAN
MAUD AND PARTNERS v PENNINGTON TOWN BOARD
[1998] ZASCA 29
;
1998 (3) SA 200
(HHA) verklaar Harms, A.R. op 212G â J die
volgende:
â
In
short, the word âdebtâ does not refer to the âcause of actionâ,
but more generally to the claim â¦
In
deciding whether a âdebtâ has become prescribed, one has to
identify the âdebtâ or, put differently, that the âclaimâ
was
in the broad sense of the meaning of that word.â
Ten
opsigte van die oorwegings om te bepaal of daar ân stuiting van
verjaring was, word in die
CGU
INSURANCE LTD
-saak
(
supra
)
op 628 die volgende verklaar:
â
[7] When
a court is called upon to decide whether a summons interrupts
prescription it is necessary to compare the allegations and
relief
claimed in the summons with the allegations and the relief claimed in
the amendment to see if the debt is substantially the
same (
Wavecrest
Sea Enterprises (Pty) Ltd v Elliot
)
1995 (4) SA 596
(SE) at 600H-J. In this case there is no amendment
to the relief claimed.
[8] I accept that the amendment
introduces a new insurance contract as the basis for the claim for
the loss which occurred in March
1996. But an objective comparison
between the original particulars of the claim and the particulars of
claim as amended leaves me
in no doubt that although part of the
cause of action is now a different contract, the debt is the same
debt in the broad sense of
the meaning of that word.â
Uit die voorgaande is
dit duidelik dat ân wyer, of meer liberale betekenis aan die woord
skuld (of âdebtâ) soos verwys na in
die Verjaringswet, geheg
behoort te word, as wat die posisie vantevore was.
Daar is geen twyfel dat
die voorgestelde wysiging in die huidige saak ân nuwe skuldoorsaak
daarstel nie. Die aanvanklike skuldoorsaak
was gebaseer op kontrak,
terwyl die gepoogde wysiging in die alternatief op verryking gebaseer
is. Soos hierbo aangetoon, is dÃt
egter nie die toets nie, maar wel
of die skuld wat gevorder word dieselfde, of wesenlik dieselfde, is.
Om dit te bepaal moet ân
vergelyking gemaak word tussen die
bestaande en gepoogde gewysigde pleitstuk ten opsigte van (a) die
onderskeie bewerings waarop
dit gebaseer is, en (b) die gevorderde
regshulp.
Ten opsigte van (a) is
die feite bewerings wesenlik dieselfde. Die tweede eiser het sekere
melktoerusting aan verweerders òf verkoop
òf geïnstalleer by hul
eiendom, ten bedrae van R41926,29, ten opsigte waarvan verweerders
weier om dit te betaal. Wat (b) betref,
bly die aangevraagde
regshulp presies dieselfde.
Indien ân wye
interpretasie aan die woord âskuldâ (of âdebtâ) gegee word,
soos wat deur die Hoogste Hof van Appèl beslis
is, het dit, ondanks
die wysiging, in die huidige omstandighede, dieselfde of wesenlik
dieselfde gebly. Die aansoek moet dus toegestaan
word.
Wat
koste betref, is ek van mening dat dit moet oorstaan om later besleg
te word, nadat getuienis aangehoor is, waarna bepaal kan
word of daar
meriete was in die aanvra van die wysiging.
Ten opsigte van beide
aansoeke word die volgende bevele verleen:
Verweerders se aansoek
om wysiging word van die hand gewys met koste.
(a) Tweede eiser se
aansoek om wysiging word toegestaan.
(b) Die koste van die
aansoek staan oor om besleg te word aan die einde van die verhoor.
__ ________________
S.P.B.
HANCKE, R
Namens
Eisers: Advokaat KW Lüderitz
i.o.v.
Adams
& Adams
p/a
Honey Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
Verweerders: Advokaat C Ploos van Amstel S.C.
i.o.v.
Bezuidenhout
Ingelyf
BLOEMFONTEIN
/ec