S v Sekonyela (1426/2004) [2004] ZAFSHC 91 (7 October 2004)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Possession of cannabis — Sentencing — Accused convicted of possession of 738 grams of cannabis — Previous conviction for dealing in cannabis considered — Accused's personal circumstances as sole breadwinner and the nature of the offence taken into account — Original sentence of twelve months imprisonment found to be shockingly inappropriate — Sentence substituted with a fine of R1,000 or four months imprisonment in default.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 91
|

|

S v Sekonyela (1426/2004) [2004] ZAFSHC 91 (7 October 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr : 1426/2004
In die hersiening van:
DIE STAAT
versus
FUSI JOHANNES
SEKONYELA
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
DER MERWE R
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE R
_____________________________________________________
GELEWER OP:
7
OKTOBER 2004
_____________________________________________________
[1] Die beskuldigde in
hierdie saak is op grond van sy pleit van skuldig tereg skuldig
bevind aan ‘n oortreding van artikel 4(b)
van Wet Nr 140 van 1992
deurdat hy op 21 Junie 2004 in besit was van 738 gram dagga. Op 17
Augustus 2004 is die beskuldigde gevonnis
tot twaalf maande
gevangenisstraf.
[2] Die beskuldigde is 25
jaar oud. Hy is die enigste broodwinner van ‘n huishouding waarvan
sy moeder en sy oorlede suster se
kinders ook deel is. Hy doen
stukwerk en verdien daaruit die bedrag van R200,00 na elke twee weke.
[3] Die beskuldigde het
erken dat hy gedurende 1998 skuldig bevind is aan ‘n oortreding van
artikel 5(b) van Wet Nr 140 van 1992
deurdat hy handel gedryf het in
dagga. Vir hierdie oortreding is hy gevonnis tot ‘n boete van R2
400,00 of 12 maande gevangenisstraf
asook ‘n verdere 18 maande
gevangenisstraf wat opgeskort is vir vier jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie skuldig bevind
word aan ‘n oortreding van artikel
5(b) van Wet Nr 114 van 1992 gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting nie. Tydens die
ondervraging ingevolge artikel 112 van
die Strafproseswet, Nr 51 van 1977 het die beskuldigde gemeld dat hy
in die besit was van
dagga omdat hy dagga rook. Alhoewel die
beskuldigde se vorige veroordeling ‘n relevante faktor is, moet by
vonnisoplegging in
gedagte gehou word dat daar ‘n wêreldse verskil
bestaan tussen handeldryf in dagga waarvoor ‘n vonnis opgelê is
soos hierbo
vermeld en besit van ‘n klein hoeveelheid dagga soos
738 gram vir doeleindes daarvan om dit self te rook. Ook was die
beskuldigde
ten tye van sy vonnis reeds vir ongeveer twee maande in
hegtenis as ‘n verhoorafwagtende.
[4] In
al hierdie omstandigde is die opgelegde vonnis na my oordeel skokkend
onvanpas en moet dit vervang word met ‘n boete van
R1 000,00 of by
wanbetaling vier maande gevangenisstraf.
[5] Gevolglik word die
skuldigbevinding bekragtig maar die opgelegde vonnis tersyde gestel
en vervang met ‘n boete van R1 000,00
of vier maande
gevangenisstraf. Hierdie vonnis moet geag word opgelê te gewees het
op 17 Augustus 2004.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE,
R
/sp