S v Louw [2004] ZAFSHC 164 (23 September 2004)

55 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Sentencing — Compensation order — Requirement for application by victim — Accused convicted of theft and sentenced to suspended imprisonment and monthly payments — Magistrate's imposition of compensation order without victim's application contravenes section 300 of the Criminal Procedure Act — Sentence set aside and matter referred back for re-sentencing.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 164
|

|

S v Louw [2004] ZAFSHC 164 (23 September 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening no: 1192/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
en
ERIC
LOUW
_____________________________________________________
CORAM:
LOMBARD
et
VAN
COPPENHAGEN RR
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
LOMBARD
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
19 AUGUSTUS 2004
_____________________________________________________
Die beskuldigde is tereg aan die diefstal van R7 700,00
skuldig bevind en is as volg gevonnis:
“Nege (9) maande gevangenisstraf opgeskort vir vier
(4) jaar op voorwaarde dat beskuldigde nie weer skuldig bevind word
aan diefstal
of poging daar toe gepleeg binne tydperk van
opskorting nie. Verder word beskuldigde beveel om R7 700- 00 by die
Klerk van die
Hof, Petrusburg in te betaal teen R700 per maand.
Eerste betaling van R700 voor of op 30/7/04 en daarna R700 aan die
einde van
daaropvolgende maande tot Junie 2005 wanneer die laaste
betaling van R700 gemaak sal word. Vir oorbetaling aan klaagster
vir
skade gely.”
In antwoord op my navraag of die vergoedingsbevel in
orde is het die landdros beklemtoon dat die beskuldigde ter
strafversagting aangebied
het om die gesteelde bedrag by wyse van
maandelikse paaiemente van R700,00 terug te betaal. Dit kan wel so
wees, maar dit los myns
insiens nie die landdros se probleem op nie.
Artikel 300 van die Strafproseswet bepaal uitdruklik dat ‘n aansoek
vir ‘n vergoedingsbevel
deur die benadeelde of die aanklaer in
opdrag van die benadeelde gedoen moet word. Die
ratio
daarvoor is myns insiens onder meer geleë in die feit dat sodanige
bevel die uitwerking van ‘n siviele vonnis het en die benadeelde
gevolglik daarmee tevrede moet wees – in die onderhawige geval mag
die posisie wees dat die benadeelde (die klaer) nie bereid is
of was
om die gesteelde bedrag in maandelikse paaiemente te ontvang nie en
kon daarop aangedring het dat dit in een betaling moes
plaasvind.
Vanweë die landdros se standpunt dat “indien die
skade nie vergoed sou word nie sou die vonnis heelwat anders daaruit
gesien het”
is dit myns insiens in belang van reg en geregtigheid
dat die vonnis as sulks deurgehaal word.
Die skuldigbevinding word
bekragtig maar die vonnis word
in toto
deurgehaal en die saak word na die landdros terugverwys vir die
oplegging van vonnis
de novo
.
_______________
D.J. LOMBARD R
EK STEM SAAM:
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN R
/ec