About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 128
|
|
Alberts v Prokureursorde van die Vrystaat (1996/2004) [2004] ZAFSHC 128 (6 September 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek
No.: 1996/2004
In
die aansoek van:
LOUIS
FRANCOIS ALBERTS
Applikant
en
PROKUREURSORDE
VAN DIE VRYSTAAT
Respondent
CORAM:
LOMBARD
R et VAN DER MERWE
R
UITSPRAAK:
VAN
DER MERWE R
AANGEHOOR OP:
19
AUGUSTUS 2004
GELEWER OP:
6
SEPTEMBER 2004
[1] Die applikant in
hierdie aansoek is ân prokureur toegelaat in hierdie Hof en wat as
sulks praktiseer te Bloemfontein. Die respondent
is die
Prokureursorde vermeld in artikel 56(b) van die Wet op Prokureurs,
no. 53 van 1979 (âdie Wetâ). Uit hoofde van die bepalings
van
artikel 57(1) van die Wet is die applikant ân lid van die
respondent.
[2] Die applikant is op
23 September 1993 toegelaat as ân prokureur van hierdie Hof. Hy is
op dieselfde datum ook toegelaat as
ân notaris. Op 12 Mei 2004 het
die applikant die eksamen met betrekking tot die reg, praktyk en
prosedure van transportbesorging,
soos bedoel in artikel 14(1)(e) van
die Wet, afgelê. Hierdie eksamen is afgeneem deur vyf eksaminatore
(âdie eksaminatoreâ)
wat deur die Regter- President vir daardie
doel in hierdie Afdeling benoem is ingevolge die bepalings van
artikel 14(1) van die Wet.
Dit dien hier gemeld te word dat die
respondent, tesame met die ander drie Prokureursordes in die
Republiek van Suid-Afrika, die
Black Lawyers Association en die
National Association of Democratic Lawyers, lid is van die Law
Society of South Africa (âLSSAâ).
Die LSSA het ân staande
komitee op eksamens. Vir oorwegings van doelmatigheid is die eksamen
ten opsigte van die reg, praktyk
en prosedure van transportbesorging
landwyd op 12 Mei 2004 afgelê op grond van ân vraestel deur die
staande komitee op eksamens
voorberei. Volgens die getuienis het 576
kandidate landwyd hierdie eksamen afgelê.
[3] Op 13 Mei 2004 het
die eksaminatore ân sertifikaat van bekwaamheid aan die applikant
uitgereik waarin gesertifiseer is dat die
applikant geslaag het in
die praktiese eksamen in artikel 14(1)(e) van die Wet voorgeskryf.
[4] Dit blyk dat een van
die prokureurs wat die praktiese eksamen vir transportbesorgers op 12
Mei 2004 binne die gebied van die Prokureursorde
van die Noordelike
Provinsies afgelê het, ene mnr S.I. Mabena, gedurende die eksamen
betrap is met die vraestel in sy besit en waarop
antwoorde op sekere
van die vrae verskyn het in die handskrif van meer as een persoon.
By verdere ondersoek het dit geblyk dat Mabena
die betrokke vraestel
teen vergoeding bekom het by twee werknemers van die Prokureursorde
van die Noordelike Provinsies. Daar was
voldoende tyd tussen 6 Mei
2004 en 12 Mei 2004 om die vraestel wat by Mabena gevind is aan
meerdere kandidate te versprei. Van hierdie
gebeure was die
respondent en die eksaminatore onbewus tot na uitreiking van die
sertifikaat van bekwaamheid van 13 Mei 2004. Dit
dien ook reeds hier
baie duidelik gemeld te word dat daar geen sprake hoegenaamd is
daarvan dat die applikant betrokke was by enige
ongerymdheid met
betrekking tot die vraestel en die eksamen nie. So is uitdruklik in
die stukke sowel as gedurende argument namens
die respondent
aangedui. Teen 26 Mei 2004, toe die LSSA se staande komitee op
eksamens hierdie aangeleentheid bespreek het, was
die uitslae van die
eksamen wat binne die respondent se gebied afgelê is, reeds bekend,
maar was die vraestelle ten aansien van
die ander drie
Prokureursordes nog nie nagesien nie.
[5] Op 27 Mei 2004 het
die raad van die LSSA, waarvan die president van die respondent ook
ân lid is, vergader en hierdie insident
bespreek. By daardie
geleentheid is besluit dat die houding van die lede van die LSSA oor
die aangeleentheid dringend vasgestel
moet word. Voortspruitend
hieruit het die raad van die respondent op 28 Mei 2004 ân besluit
geneem wat soos volg genotuleer is:
âCONVEYANCING
EXAMINATION: 12 MAY 2004
The President reported that this
matter was discussed by the full Council of the Free State Law
Society on the evening of 27 May
2004.
He then proceed to give background to
the whole issue.
After further discussion it was
resolved to convey the following to the Law Society of South Africa:
That there are strong views in the
Council that the examination should not be rewritten;
Serious concerns be expressed that
should the examination have to be rewritten, it will cause hardship
to the successful candidates,
in terms of specially the delaying
progress in their careers and possible financial losses;
There is also the risk of successful
candidates instituting legal proceedings against the Law Society;
However, without detracting from the
above, it would be untenable to have the examination declared null
and void in one centre
and let it stand in another. Therefore,
should in terms of the final report by the Law Society of the
Northern Provinces, the
recommendation be that the examination must
be rewritten nationally, the Free State Council will align itself
with such a recommendation.â
[6] Voortspruitend
hieruit het die president van die respondent aan applikant en al die
kandidate wat die betrokke eksamen in die
Vrystaat afgelê het, ân
skrywe gerig waarin die omstandighede verduidelik is en waarin die
kandidate meegedeel is dat die respondent
tot verdere kennisgewing
geen erkenning aan die uitslae van die eksamen sal kan verleen nie.
Op 7 Junie 2004 het die staande komitee
op eksamens van die LSSA
besluit dat die praktiese eksamen met betrekking tot
transportbesorging van 12 Mei 2004 ongeldig verklaar
word. Die
respondent was verteenwoordig op die staande komitee op eksamens en
die besluit is namens die eksaminatore ondersteun.
Ook is besluit
dat die eksamen herskryf sou word op 28 Julie 2004 sonder betaling
van eksamenfooie. Die besluit is deur die LSSA
self aanvaar of
bekragtig soos blyk uit die persverklaring van die LSSA gedateer 9
Junie 2004.
[7] Applikant het egter
volhard met sy aansoek om toelating as transportbesorger en het per
skrywe gedateer 21 Junie 2004 as ân
saak van dringendheid versoek
dat die respondent aan hom ân sertikaat uitreik soos bedoel in
artikel 19(2) van die Wet. Hierop
het die respondent op 22 Junie
2004 onder andere soos volg geantwoord:
â
In
die lig van die feit dat geen erkenning aan die betrokke eksamen
verleen kan word nie sal die Orde genoodsaak wees om die aansoek
om
toelating as transportbesorger gegrond op die eksamen wat op 12 Mei
2004 afgeneem is, te opponeer indien u daarmee sou voortgaan.â
Op 25 Junie 2004 het die
raad van respondent ook formeel besluit dat op grond daarvan dat die
betrokke eksamen ongeldig verklaar is
en herskryf moes word, die
applikant se aansoek om toelating teengestaan moet word.
[8] Die applikant doen
nou aansoek vir sy toelating as transportbesorger, alternatiewelik
vir ân bevel wat die respondent verplig
om ân sertifikaat soos
bedoel in artikel 19(3) van die Wet uit te reik. Die advokaat namens
die applikant het na my oordeel heeltemal
tereg toegegee dat indien
die applikant se aansoek om toelating as transportbesorger nie
toegestaan kan word nie, dit geen doel sou
dien om die alternatiewe
regshulp te verleen nie. Gesien teen bogemelde feitelike agtergrond
moet gevolglik oorweeg word of die
aansoek om toelating as
transportbesorger toegestaan kan word.
[9] Artikel 18(1)(d) van
die Wet bepaal dat iemand as transportbesorger toegelaat kan word
indien hy die Hof onder andere oortuig
daarvan dat hy in die
praktiese eksamen voorgeskryf deur artikel 14(1)(e) van die Wet
geslaag het of kragtens die bepalings van die
Wet daarvan vrygestel
is. Indien die betrokke praktiese eksamen en gevolglik die resultate
daarvan deur ân bevoegde liggaam ongeldig
verklaar word voor
toelating van ân applikant as transportbesorger, word na my oordeel
ân sertifikaat van bekwaamheid wat reeds
uitgereik is noodwendig
ook ongeldig verklaar en van nul en gener waarde en voldoen daardie
applikant dan nie aan die bepalings van
artikel 18(1)(d) van die Wet
nie.
[10] Namens die
respondent is aangevoer dat alhoewel al die liggame wat moontlik ân
belang by die aangeleentheid kon hê, insluitende
die respondent,
besluit het dat die eksamen ongeldig verklaar word, die bevoegdheid
om die eksamen en die uitslag daarvan ongeldig
te verklaar
inderwaarheid in die eksaminatore gesetel het en dat die eksaminatore
wel sodanige besluit geneem het. Ek is op die
totaliteit van die
getuienis nie daarvan oortuig dat die eksaminatore doelbewus en
onafhanklik van die respondent ân besluit geneem
het om die
betrokke eksamen ongeldig te verklaar nie. Dit kom my veel eerder en
waarskynlik voor dat die eksaminatore dit eens was
met voorgestelde
optrede deur die LSSA se staande komitee op eksamens en die
respondent. Geen notule van ân vergadering van die
eksaminatore of
ân skriftelike besluit van hulle te dien effekte vorm deel van die
getuienis nie. Verder is dit duidelik dat die
eksaminatore geensins
met die betrokke kandidate en applikant gekommunikeer het nie. Soos
ook blyk uit die voormelde, het alle tersaaklike
kommunikasie
plaasgevind tussen die respondent of die LSSA en die applikant.
Vanweë die gevolgtrekkings wat ek hierin bereik het
is dit nie nodig
om te beslis óf en in watter omstandighede die eksaminatore ân
eksamen deur hulle afgeneem en die resultate daarvan
ongeldig kan
verklaar nie.
[11] Ek is egter daarvan
oortuig dat die respondent, verteenwoordig deur sy raad, inderdaad
besluite geneem het wat die effek het
dat die eksamen ongeldig
verklaar word en die resultate daarvan gekanselleer word. Die raad
van die respondent het reeds op 28 Mei
2004 besluit dat dit
onhoudbaar sou wees indien die eksamen ongeldig verklaar sou word in
een gebied maar nie in ander nie. Daarom
is asât ware in
antisipasie besluit dat sou aanbeveel word dat die eksamen landwyd
herskryf moet word, die respondent die aanbeveling
sal volg. Dit
blyk uit die voormelde dat aldus aanbeveel is, deur die LSSA met die
instemming van die respondent besluit is en dat
die respondent op 25
Junie 2004 besluit het om op daardie grondslag die applikant se
aansoek teen te staan en dit inderdaad gedoen
het. Ten spyte van die
betoog namens die applikant tot die teendeel, is ek tevrede dat die
getuienis nie anders verstaan kan word
as dat die respondent besluit
het om die betrokke eksamen ongeldig te verklaar en die resultate
daarvan nie te erken nie.
[12] Ek is ook daarvan
oortuig dat die respondent inderdaad oor die bevoegdheid beskik om
sodanige besluit te neem. Die oogmerke
van die respondent word
uiteengesit in artikel 58 van die Wet. Dit sluit in om die prestige,
status en waardigheid van die prokureursberoep
te handhaaf en om die
beoefening van die beroep te reël. Ook behels dit om met alle
aangeleenthede betreffende die belange van
die beroep te handel en om
daardie belange te beskerm, om die integriteit van praktisyns te
handhaaf en om die standaarde van kwalifikasies
van praktisyns te
handhaaf en te verbeter. Om die geldigheid en integriteit van
toelatingseksamens van praktisyns te handhaaf, val
na my oordeel
noodwendig binne die oogmerke van die respondent. Die bevoegdhede
van die respondent sluit in, kragtens artikel 59(k)
van die Wet, om
oor die algemeen enigiets te doen wat nodig is of bevorderlik is vir
die verwesenliking van die oogmerke van die
respondent. Hierdie
bevoegdhede is duidelik wyd genoeg om die besluit wat respondent
geneem het, in te sluit. Ingevolge artikel
60(1) van die Wet word
die sake van die respondent bestuur en beheer deur sy raad wat,
onderworpe aan ân beperking wat hier nie
van toepassing is nie, die
bevoegdhede van die raad kan uitoefen.
[13] Dit
dien volledigheidshalwe gemeld te word dat al sou die respondent se
besluit as
ultra
vires
beskou word, die aansoek steeds moet misluk op die basis dat selfs só
ân besluit geldend bly totdat dit tersyde gestel is. Sien
OUDEKRAAL
ESTATES (PTY) LTD v CITY OF CAPE TOWN AND OTHERS
2004 (3) ALL SA 1
(SCA)
.
[14] Dit volg dat na my
mening die applikant se aansoek om toelating as transportbesorger nie
kan slaag nie. Namens respondent is
versoek dat applikant beveel
word om die koste van die aansoek te betaal. Ek meen dat daar geen
grondslag of rede is waarom die
respondent, as suksesvolle party,
koste ontneem moet word nie.
[15] Gevolglik word die
aansoek van die hand gewys met koste.
________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
EK
STEM SAAM:
________________
D.J.
LOMBARD, R
Namens
Applikant:
Adv.
S.J. Reinders
i.o.v.
Pike
& Alberts Prokureurs
BLOEMFONTEIN
Namens
Respondent:
Adv.
B. Knoetze
i.o.v.
Symington
en De Kok
BLOEMFONTEIN
/ec