About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 139
|
|
Lichtenburg Graan Trustees (Edms) Bpk v Uys N.O and Another (1911/2004) [2004] ZAFSHC 139 (2 September 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
No.: 1911/2004
In
die saak tussen:
LICHTENBURG
GRAAN TRUSTEES (EDMS) BPK
en
NICOLAAS
PETRUS UYS N.O.
JACQUES
PIETER UYS N.O.
UITSPRAAK:
KRUGER
R
AANGEHOOR OP:
26
AUGUSTUS 2004
GELEWER OP:
2
SEPTEMBER 2004
[1] Applikant doen
aansoek vir die voorlopige sekwestrasie van die Uys Familie Trust
waarvan die twee respondente die trustees is.
Die hoofverweer is dat
die applikant nie ân gelikwideerde skuld bewys het soos bedoel in
artikel 9 (1) van die Insolvensiewet
nie.
[2] Vir sy
locus
standi
steun applikant op ân lening in die bedrag van R4 373 623,86.
Applikant sê dit is gelde werklik deur die applikant aan die
trust
geleen en voorgeskiet ingevolge ân skriftelike produksie
ooreenkoms.
[3] Die applikant gaan
dan voort in die funderende eedsverklaring deur te sê dat aksie in
die Landdroshof ingestel is op grond van
daardie skuld welke aksie
verdedig is. Daar was ân aansoek om summiere vonnis en verlof om
te verdedig is toegestaan maar, sê
applikant, in daardie aansoek het
die trust die kwantifisering gekwalifiseerd erken en erken dat daar
ân bedrag van R1 119 656,74
aan applikant verskuldig is. Gelees in
konteks van die verklaring is dit duidelik dat hierdie nie ân
erkenning van aanspreeklikheid
is nie. Daar word slegs gesê dat
âdit blyk op sigwaarde asof respondente aan applikant R1 119 656,74
verskuldig isâ. Dit is
nie ân erkenning van aanspreeklikheid
nie. Elders sê die respondent dat hy ân skadevergoedingseis teen
applikant het.
[4] Verder, soos mnr
Claassen voor my aangetoon het, is die produksie ooreenkoms waarop
applikant steun glad nie ân leningsooreenkoms
nie. Die produksie
ooreenkoms maak op die beste vir applikant voorsiening daarvoor dat
die Bank geld aan respondent sal leen uit
ân rekening in die
applikant en respondent se gesamentlike name. Die verhouding tussen
die applikant en respondent ten opsigte
van die geldlening is glad
nie duidelik nie, ân mens weet ook nie wat die verhouding van
daardie twee partye teenoor die Bank is
- wie aanspreeklik sal wees
vir wat nie. Moontlik is dit ân tipe borgkontrak. Dit is duidelik
dat dit nie ân eenvoudige geldleningsooreenkoms
is soos wat die
applikant in die funderende stukke beweer nie.
[5] Klaarblyklik het mnr
Zietsman, vir applikant, hierdie probleem besef en in argument voor
my aangevoer dat dit duidelik is dat
die respondent feitlik insolvent
is, op sy eie weergawe, omdat hy nie verwys na al sy skulde nie.
Verder voer mnr Zietsman aan dat
die skuld waarop gesteun word dié
is waarin die respondent in die antwoordende eedsverklaing erken dat
daar ân geldleningsooreenkoms
met ene mnr Van Rooyen aangegaan is
wat namens die applikant opgetree het ten opsigte van gelde wat
betaal is aan die Allem Broers.
[6] Daardie
is ân heel ander geldleningsooreenkoms as dié waarop applikant in
die funderende stukke steun. In Mosieverrigtinge
is die applikant
gebonde aan sy beweringe in die funderende eedsverklaring. Sien
TITTYâS
BAR AND BOTTLE STORE
(PTY)
LTD v ABC GARAGE (PTY) LTD AND OTHERS
1974 (4) SA 362
(T) te 368 H; en
SHEPHERD
v MITCHELL
COTTS
SEAFREIGHT (SA) (PTY) LTD
1984 (3) SA 202
(T) te 205 E.
[7] Die
hele doel van die reël wat ân applikant beperk tot sy beweringe in
die funderende verklaring is om die respondent ân
billike kans te
gee om daarop te antwoord. ân Mens kan nie nou kyk na wat in die
repliek gesê word in antwoord op die antwoordende
beweringe, want
dit word dan nie in die konteks gesien van ân antwoord op beweringe
waarop die eiser steun nie. Dit is vir daardie
rede dat ân
applikant beperk word tot die saak wat hy in sy funderende
eedsverklaring gemaak het. As die verskuldigheid van die
respondente
op
bona
fide
en redelike gronde betwis word, sal ân aansoek om sekwestrasie
normaalweg van die hand gewys word. Sien
KALIL
v DECOTEX (PTY) LTD AND ANOTHER
1988
(1) SA 943
(AD) te 980 B â C.
[8] Op die stukke het die
applikant nie bewys dat daar ân gelikwideerde skuldbedrag is soos
vereis deur artikel 9(1) van die Insolvensiewet
nie en op daardie
basis alleen kan hierdie aansoek nie slaag nie.
[9] Mnr Zietsman het
aangevoer dat daar wel dade van insolvensie gepleeg is by wyse van
die vervreemding van goedere tot nadeel van
skuldeisers en in
besonder wat betref die ooreenkoms wat aangegaan is met Eerste
Nasionale Bank. Die feit dat respondent ân daad
van insolvensie
gepleeg het, beteken nie dat ân sekwestrasie aansoek toegestaan
moet word nie. In die konteks van hierdie aangeleentheid
het eiser
egter nie daarin geslaag om my te oortuig dat daar ân gelikwideerde
verskuldigheid is nie.
[10] Verder dien ook
daarop gelet te word dat artikel 10 van die Insolvensiewet ân
diskresie verleen om sekwestrasie te weier selfs
as aan die vereistes
voldoen is. Veral in hierdie geval waar die kontrak waarop applikant
steun ân ingewikkelde een is wat, soos
mnr Claassen aangevoer het,
moontlik aanvegbaar is, is daar soveel groter rede om die aansoek te
weier.
[11] ân Verdere kwessie
wat hier ter sprake is, is die feit dat hier landdrosverrigtinge ten
opsigte van die skuld waarop applikant
in die funderende aansoek
steun, hangende is. Namens die respondent word aangevoer dat toe die
applikant sien dat daar probleme
is met die opponering van ân
spesiale pleit van mediasie of arbitrasie verrigtinge in die
landdroshof en dat die applikant dus
nie daar met sy eis kon slaag
nie
hy daarom die sekwestrasie verrigtinge ingestel het. Mnr Zietsman sê
in antwoord hierop dat wat gebeur het is dat die applikant
inderdaad
gesien het dat daardie verrigtinge moontlik kan skipbreuk ly en dat
die respondend inderdaad insolvent is en dat dit sonder
enige punt is
om daardie verrigtinge verder te voer. Die belangrike punt is egter
dat daardie bewering nie in die stukke gemaak
word nie. In die
stukke word glad nie gesê dat daar nie voortgegaan word met die
landdroshof verrigtinge omdat die pleit ân goeie
pleit is en omdat
die applikant gesien het dat die respondent in feite insolvent is en
dat die verrigtinge sonder enige doel sou
wees nie. Inteendeel word
beweer dat in die summiere vonnis verrigtinge daar ân erkenning van
aanspreeklikheid gemaak word wat
eenvoudig nie waar is nie want dit
is nie ân erkenning van aanspreeklikheid nie.
[12] Die applikant het
nie ân gelikwideerde eis bewys nie, en dus nie ân saak uitgemaak
het waarom vorlopige sekwestrasie toegestaan
moet word nie.
[13] Die aansoek word met
koste van die hand gewys.
____________
A.
KRUGER R
Namens
Applikant: Advokaat P Zietsman
i.o.v.
EG
Cooper & Seuns
BLOEMFONTEIN
Namens
Respondent: Advokaat Claassen
i.o.v.
Naudes
BLOEMFONTEIN
/ec