Brobus (Edms) Beperk and Another v Morobe and Another (A128/2003) [2004] ZAFSHC 163 (26 August 2004)

60 Reportability

Brief Summary

Delict — Defamation — False imprisonment — Appellants accused respondents of theft in public — Respondents claimed damages for defamation and false imprisonment — Appellants contended that summons not properly served on first appellant, rendering judgment against it a nullity — Court found that first appellant had waived any objection to service — Evidence presented was mutually destructive, requiring assessment of probabilities — Respondents succeeded in proving their claims on a balance of probabilities, leading to an award of damages.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 163
|

|

Brobus (Edms) Beperk and Another v Morobe and Another (A128/2003) [2004] ZAFSHC 163 (26 August 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. A128/2003
In
die saak tussen:
BROBUS
(EDMS) BEPERK
Eerste Appellant
LODEWYK
BOTHA
Tweede Appellant
En
MNR
T.G.G. MOROBE &
Respondente
MEV.
M.A. MOROBE
___________________________________________________________
CORAM:
LOMBARD
et
MUSI, RR
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
2 AUGUSTUS 2004
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
LOMBARD, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
26 AUGUSTUS 2004
___________________________________________________________
Die tersaaklike agtergrond van hierdie appèl is
kortliks die volgende:
(i) Op 22 April 1999 is daar in die Landdroshof vir die
distrik Kroonstad twee dagvaardings uitgereik te wete:
(a) In Saak Nr. 2380/1999 is die eiser mnr. T.G.G.
Morobe (later het dit geblyk dat sy van eintlik Morabe is) en mnr.
Lodewyk Botha
(Botha), die verweerder. In die besonderhede van
vordering wat ‘n aanhangsel tot die dagvaarding is, word Brobus
(Edms) Bpk (Brobus)
as eerste verweerder en Botha as tweede
verweerder gesiteer.
(b) In Saak Nr. 2381/1999 is die eiseres mev. M.A.
Morobe (haar van ook verkeerd gespel) en Brobus en Botha die eerste
en tweede verweerders.
Die partye word ook so in die besonderhede
van vordering siteer.
(c) Paragrawe 4 en 5 van die besonderhede van eis in elk
van hierdie sake lees as volg:
“
4.
Op of omtrent 15 April 1999 het Tweede Verweerder terwyl hy in diens
was van Eerste Verweerder en opgetree het in die uitvoering
van sy
pligte as sodanig, wederregtelike en opsetlike, alternatiewelik
nalatiglik Eiser(es) gearresteer en beskuldig dat Eiser(es)
‘n pen
gesteel het, welke bewerings gemaak is in die teenwoordigheid van
derdes en welke bewerings van alle waarheid ontbloot is
en slegs
gemaak is met die uitsluitlike doel om Eiser(es) in sy goeie naam,
eer en waardigheid aan te tas.
5.
As gevolg van Tweede Verweerder se optrede voormeld, het Eiser(es)
skade gely in die bedrag van R20 000,00;
DERHALWE
eis Eiser(es):
1. Betaling van die bedrag van R20 000,00;
2. Rente a tempora morae gereken op voormelde bedrag vanaf 15 April
1999;
3. Koste van die geding;
4. Verdere
en/of alternatiewe regshulp.”
(Oorkonde
p.3 & p.12)
(ii) Namens die verweerders is in elk van die sake onder
meer ‘n verweerskrif afgelewer waarin alle wesenlike bewerings
ontken word.
(iii) By die aanvang van die verhoor het die partye
ooreengekom dat die twee sake gekombineer sal word en dat die getuies
slegs eenkeer
sal getuig en dat die uitspraak van die hof op albei
sake bindend sal wees.
(iv) Nadat die getuienis afgehandel
en eisers se regsverteenwoordiger die hof toegespreek het, is die
saak uitgestel ten einde verweerders
‘n geleentheid te bied om
skriftelike betoogshoofde af te lewer.
(v) In
die tussentyd het eisers aansoek gedoen om paragraaf 4 van die
besonderhede van vordering in elk van die sake te wysig om as
volg te
lees:
“
4.
Op of omtrent 15 April 1999 het Tweede Verweerder, terwyl hy in diens
was van Eerste Verweerder en opgetree het in die uitvoering
van sy
pligte as sodanig, wederregtelik en opsetlik Eiser(es) voorgekeer en
aangehou, waarop Eiser(es) in die teenwoordigheid en
ten aanskoue van
derdes beskuldig is dat eiser(es) ‘n pen gesteel het en gevisenteer
is. Die bewerings van diefstal, is van alle
waarheid ontbloot en
slegs gemaak, met die uitsluitlike doel om Eiser(es) in sy goeie
naam, eer en waardigheid aan te tas.”
(Oorkonde p.195 & p.204)
Alhoewel sodanige aansoeke opponeer
was, is die wysigings toegestaan.
(vi) Die verhoorhof het op 23 Oktober 2002 vonnis in elk
van die sake ten gunste van die eiser en die eiseres onderskeidelik
ten bedrae
van R1 000,00 plus rente en koste teen die eerste en
tweede verweerders gesamentlik en afsonderlik, as die een betaal word
die ander
kwytgeskeld, toegestaan. (Oorkonde p.209-211).
(vii) Die landdros se redes ingevolge Landdroshofreël
51 is in elk van die sake op 27 Desember 2002 verstrek. (Oorkonde p.
212 &
p.216).
(viii) Die verweerders het teen die hele uitspraak en
bevel van die verhoorhof in elk van die twee sake appèl aangeteken.
(Oorkonde
pp.217 – 221).
Daar
sal egter voortaan nog steeds na die partye soos wat hulle in die
verhoorhof gesiteer was, verwys word.
Met die aanvang van die aanhoor van hierdie appèl het
die volgende aspekte na vore getree:
(a) Alhoewel die toestaan van die wysiging van paragraaf
4 van die eisers se besonderhede van vordering in beide sake ‘n
grond van
appèl is, het mnr. Gilliland, namens die verweerders,
aangedui dat hy nie daarmee voortgaan nie en is dit laat vaar.
(b) Insgelyks het hy toegegee dat
indien die weergawe van die eisers op appèl aanvaar sou word hul
vordering teen die verweerders
moet slaag en dat die
quantum
van die genoegdoening nie aangeveg word nie.
(c) Hy het egter volhard in sy betoog
dat aangesien die dagvaarding (en besonderhede van eis) in Saak Nr.
2380/1999 nie op Brobus
beteken was nie, laasgenoemde nooit ‘n
party tot die aksie was nie en gevolglik is die vonnis teen Brobus
“defektief” of soos
hy later betoog het ‘n “nulliteit”.
As vertrekpunt is die volgende
dictum
van Thirion R in
MILLS
v STARWELL FINANCE (PTY) LTD
1981 (3) SA 84
(NPD) op 90G
uiters insiggewend:
“
The
summons, as we have seen from
Voet
2.4.1 and
Merula
4.24.2, serves the dual purpose of preventing a defendant from being
condemned unheard and of calling the defendant before a competent
court to answer the plaintiff’s claim.”
In die onderhawige geval is daar geen spake dat Brobus
in sy afwesigheid benadeel kon word nie aangesien, onder meer, nie
alleen al
die kennisgewings, verweerskrifte ens. namens beide
verweerders afgelewer was nie, maar mnr. J.M. Prinsloo het onder eed
getuig dat
hy die besturende direkteur van die eerste verweerder is.
Afgesien
van bogemelde was hierdie hele kwessie aangaande die nie-betekening
van die dagvaarding in Saak Nr. 2380/1999 op Brobus op
geen stadium,
hetsy in die pleitstukke en of getuienis, in geskil geplaas nie en
kan daar, myns insiens, redelikerwys aanvaar word
dat Brobus daarvan
afstand gedoen het, m.a.w. dat hy afstand gedoen het van die feit dat
die dagvaarding nie op hom beteken was nie
–
BAY
LOAN INVESTMENT (PTY) LTD v BAY VIEW (PTY) LTD
1971 (4) SA 538
(CPD)
.
Dit was in elk geval ook nie ‘n
grond van appèl nie en kan dus, myns insiens, nie in die besondere
omstandighede van hierdie saak
nou op appèl vir die eerste keer
geopper word nie. Herbstein & Van Winsen,
The
Civil Practice of the Supreme Court of South Africa
(now the High Court and Supreme Court of Appeal) 4de uitg. p.912-3.
As
die uitsprake van die verhoorhof in elk van hierdie sake en die redes
ingevolge Landdroshofreël 51 van nader beskou word (Oorkonde
pp.208
– 210 en pp.212-216), word onder meer gevind dat:
(a) Alhoewel die getuienis van die eisers aan die
eenkant en Botha s’n aan die anderkant heel volledig weergegee word
en albei se
weergawes gedeeltelik aanvaar en gedeeltelik verwerp
word, dit geskied het sonder die opgaaf of verskaffing van enige
redes en of
enige geloofwaardigheidsbevindinge – laat staan nog die
oorweging van waarskynlikhede.
(b) Afgesien van bogemelde word daar glad nie na die
getuienis van mnre. Rasenswere, Beukes, Prinsloo, Eekhout en J.H.J.
Botha en
mev. Brits verwys nie. – laat staan nog enige kommentaar
betreffende die kwaliteit of gebrek aan kwaliteit en of die
waarskynlikhede
daarvan.
Die tersaaklike getuienis hierin is in ‘n neutedop dat
die eisers die betrokke middag by Shoprite Checkers in Kroonstad gaan
inkopies
doen het en dat nadat hulle alreeds daarvoor betaal het en
op pad na die uitgang was hulle deur twee manlike sekuriteitswagte
voorgekeer
en van diefstal van ‘n pen of penne beskuldig was.
Hulle is ook albei daar en dan in die openbaar deur die
sekuriteitswagte deursoek
en vandaar na ‘n ander verdieping geneem
waar hulle in die privaat weer deursoek was. Verweerders se relaas
is dat die eiser(es)
penne in die winkel gesteel het en dat hulle
deur die twee sekuriteitswagte voorgekeer en beleefd versoek was om
hulle na die volgende
verdieping te vergesel om deursoek te word en
wat hulle gedoen het.
Die
weergawes van die partye is duidelik uiteenlopend en wedersyds
onversoenbaar.
Soos
alreeds aangedui het die verhoorhof ongelukkig geen
geloofwaardigheidsbevindinge van die getuies gemaak nie – hetsy op
grond
van die waarneming van die getuies of hetsy op grond van die
waarskynlikhede of andersins.
Wanneer die geloofwaardigheid van die
verskillende getuies en die waarskynlikhede van hul onderskeie
weergawes beoordeling verg, is
hierdie Hof as Hof van appèl nou
aangewese op die benadering soos in
BARING
EIENDOMME BPK v ROUX
2001 (1) ALL SA 399
(A) op 401j-402f
deur Grosskopf AR uiteengesit:
“
[7] Die
uiteenlopende weergawes van die partye is wedersyds onversoenbaar.
Wat ‘n hof in so ‘n geval te doen staan, word soos
volg
uiteengesit in die
beslissing van die volle hof in die saak van
National
Employers’ General Insurance Co Ltd v Jagers
1984 (4) SA 437
(E) op 440E-441A (per Eksteen Wnd.RP):
“... where there are two mutually destructive stories, [the
plaintiff] can only succeed if he satisfies the Court on a
preponderance
of probabilities that his version is true and accurate
and therefore acceptable, and that the other version advanced by the
defendant
is therefore false or mistaken and falls to be rejected.
In deciding whether that evidence is true or not the Court will weigh
up
and test the plaintiff’s allegations against the general
probabilities. The estimate of the credibility of a witness will
therefore
be inextricably bound up with a consideration of the
probabilities of the case and, if the balance of probabilities
favours the plaintiff,
then the Court will accept his version as
being probably true. If however the probabilities are evenly balanced
in the sense that
they do not favour the plaintiff’s case any more
than they do the defendant’s, the plaintiff can only succeed if the
Court nevertheless
believes him and is satisfied that his evidence is
true and that the defendant’s version is false.
This view seems to me to be in general accordance with the views
expressed by Coetzee J in
Koster Ko-operatiewe
Landboumaatskappy Bpk v Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens
[1974 (4) SA 420
(W)] and
African Eagle Assurance Co Ltd v
Cainer
[1980 (2) SA 234
(W)]. I would merely stress however
that when in such circumstances one talks about a plaintiff having
discharged the onus which
rested upon him on a balance of
probabilities one really means that the Court is satisfied on a
balance of probabilities that he
was telling the truth and that his
version was therefore acceptable. It does not seem to me to be
desirable for a Court first to
consider the question of the
credibility of the witnesses as the trial Judge did in the present
case, and then, having concluded
that enquiry, to consider the
probabilities of the case, as though the two aspects constitute
separate fields of enquiry. In fact,
as I have pointed out, it is
only where a consideration of the probabilities fails to indicate
where the truth probably lies, that
recourse is had to an estimate of
relative credibility apart from the probabilities”.”
Dit
is duidelik dat die eisers se saak in wese daarop neerkom dat hulle
gekrenk en belaster is deur, eerstens, in die openbaar van
diefstal
beskuldig te word en, tweedens, deur in die openbaar deur verweerders
se sekuriteitswagte deursoek te word en veral die
feit dat eiseres
deur ‘n manspersoon deursoek was. Alhoewel die valse beskuldiging
van die diefstal van die pen of penne nie die
hoofbron van hul
skuldoorsaak is nie, is dit myns insiens onlosmaaklik aan hul
daaropvolgende deursoeking gekoppel.
Die eiser het getuig dat hy en die
eiseres op die betrokke namiddag by Shoprite Checkers te Brandstraat,
Kroonstad by die kruideniersafdeling
ingegaan het om inkopies te
doen. Hy het ‘n trollie met twee mandjies, een bo en een onder,
geneem. In die boonste mandjie was
‘n leë penhouer met plastiek
oorgetrek. Eiseres het dit op ‘n rak ongeveer 3 tot 4 meter vanaf
die naaste betaalpunt ten aanskoue
van almal geplaas. Nadat hulle
met hul inkopies klaar was, het hulle na die betaalpunt beweeg waar
hulle daarvoor betaal het en
waarvandaan hulle na die uitgang of
buitedeur beweeg het toe hulle deur twee manlike sekuriteitswagte
ongeveer een meter vanaf die
uitgang ingewag was. Een vra toe “waar
is die penne?” In reaksie op eiseres se vraag “watse penne”,
is geantwoord “die
penne wat julle gesteel het”. Daarna het die
wagte eers die plastiese sakke met die inkopies en daarna die eisers
ten aanskoue
van lede van die publiek deursoek. Vandaar is hulle na
private kantore op die eerste verdieping geneem waar albei weer
deursoek
was – eiseres hierdie keer deur ‘n damespersoon.
Weereens is daar geen gesteelde items in hul besit gevind nie. Die
hoof sekuriteitsbeampte
het hul om verskoning gevra vir wat aan hulle
gedoen sou gewees het en bygevoeg dat indien hulle enige regstappe
wens in te stel,
dit hulle sou vrystaan om so te doen.
In
kruisverhoor is, onder meer, aan die eiser gestel dat:
(a) die sekuriteitswagte sal ontken dat hulle (eisers)
daar ten aanskoue van die publiek en die eiseres deur ‘n
manspersoon deursoek
was;
(b) die sekuriteitswagte ook sal ontken dat hulle van
die diefstal van penne beskuldig was;
(c) die sekuriteitswagte hulle daar beleefd gevra het of
hulle bereid sal wees om deursoek te word waarop hulle “out of your
own
free will” toegestem het;
(d) getuies en mnr. Duvenhage sal kom getuig dat hy
gesien het hoe die eiseres ‘n pakkie penne van die rak afhaal en
dit oopmaak;
(e) Botha sal getuig dat eiseres aan eiser een pen gegee
en dat sy met ‘n ander een haar inkopielys afgemerk het;
(f) Botha sal ook getuig dat hy ook gesien het dat die
eiseres die leë penhouer in ‘n rak in die kruideniersafdeling gooi
waar
hy dit opgetel het;
(g) Botha sal verder getuig dat hy gesien het dat eiser
by die kassier met sy gesteelde pen sy inkopielys afmerk en nie vir
die pen
betaal nie;
(h) Botha sal voorts getuig dat die volgende oggend ‘n
winkelassistent, ene Rebekka Maseko, buite die kantore waar hulle
deursoek
was ‘n pen of penne tussen die kartonne gevind het.
Die eiseres se weergawe stem in alle wesenlike aspekte
ooreen met dié van die eiser en in daardie gevalle waar daar geringe
afwykings
mag voorkom is sy egter nie daarmee gekonfronteer ten einde
haar in staat te stel om enige verskil te verduidelik en of op te
klaar
nie. Haar getuienis gaan in sekere opsigte verder as dié van
die eiser en wel ten aansien van onder meer die volgende:
(i) Sy beweer dat met haar “openbare deursoeking” sy
die sekuriteitswag pertinent gevra het waarom sy deur ‘n
manspersoon deursoek
word, waarna hulle versoek was om na die privaat
kamers te gaan.
(ii) Tydens haar deursoeking sy so skaam was dat haar
neus begin bloei het.
(iii) By die betaalpunt sy ‘n Parker pen by ‘n ander
dame geleen het, en
(iv) dat die sekuritietswagte hard gepraat het toe hulle
beskuldig is dat hulle penne gesteel het.
Tydens kruisverhoor is daar verskeie stellings in die
algemeen aan haar gemaak, maar insiggewend is die feit dat ten
opsigte van haar
getuienis soos in (i) – (iv) hierbo uiteengesit
geen stellings gemaak is dat dit betwis sou word nie – wat meer is,
sy is ook
glad nie gekonfronteer met die wyse waarop sy die pakkie
penne van die rakke sou afgehaal het nie. (Sien weereens die
stellings hierbo).
Aan haar is ook nie gestel dat Botha of wie ookal
pertinent sal ontken dat daar ooit ‘n beskuldiging van die diefstal
van penne
was nie. Die naaste wat daaraan gekom was, is die volgende
stelling:
“
Goed,
ek stel dit aan u dat u of u man se eer en waardigheid en u goeie
naam glad nie geskaad is omdat u nooit daarvan beskuldig
i
s
dat u gesteel het nie, maar indien die agbare Hof sou aanvaar dat u
wel daarvan beskuldig is dat u gesteel het, dan stel ek dit
aan u dat
u aansien en u eer en u waardigheid geensins aangetas is nie.”
(Oorkonde p.63, reël 15-20)
Dit is in elk geval glad nie aan haar
gestel dat dit betwis sal word dat sy en die eiser daar in die
openbaar deur die sekuriteitswagte
deursoek was nie.
Mnr. Rasenswere het die hof meegedeel dat hy gedurende
April 1999 by Shoprite Checkers, Kroonstad as ‘n pakker gewerk het.
Op die
betrokke dag het hy ‘n “geraas of lawaai” in die
rigting van die deur van die winkel gehoor (± 7 meter van hom af) en
gesien
dat sekuriteitswagte met die eisers praat en vra waar is
daardie penne, waarop eiseres gevra het “watter pen soek u”.
Daarna
het hulle eers die eiseres se plastiese sakkies deursoek
waarna die een manlike sekuriteitswag die eiseres en die ander
manlike sekuriteitswag
die eiser ten aanskoue van lede van die
publiek
deursoek het.
Tydens kruisverhoor is daar geen
stellings aan hom gemaak dat die sekuriteitswagte sal ontken dat die
eisers ten aansien van lede
van die publiek deursoek was nie en of
dat daar geen sprake van ‘n pen of penne was nie.
Mnr. Beukes het die hof meegedeel dat hy by Brobus te
Bloemfontein werksaam was en dat hul opleiding onder meer bepaal dat
klante
van sê Shoprite Checkers nie in die openbaar deursoek mag
word nie, maar dat dit wel gebeur het “dat my kollegas dit doen en
ons
het daaroor gepraat”.
Dit was die getuienis namens die
eisers.
Mnr. J.M. Prinsloo, die besturende direkteur van eerste
verweerder (Brobus) het bevestig dat hy die getuienis van die eisers
gehoor
het. Hy het verduidelik dat wanneer ‘n klant onregmatig
deursoek sou word die winkelbestuurder hom skakel “om soiets aan te
meld en te vereis dat ek die betrokke persoon(e) onmiddellik
verwyder”. Alhoewel daar te alle tye ‘n bestuurder of assistent
bestuurder aan diens moet wees, het niemand hom in hierdie verband
geskakel nie. Hy het toegegee dat indien ‘n bestuurder wat
wel van
enige onregmatige deursoeking sou bewus wees en hom nie daarvan
verwittig nie, hy salig onbewus daarvan sal wees. Niks is
in hierdie
verband aan hom rapporteer nie.
Mnr. L.C. Botha, die tweede verweerder, het die hof
meegedeel dat hy tydens hierdie gebeure ‘n sekuriteitsbeampte in
diens van die
eerste verweerder was. Sy weergawe was dat hy daardie
dag in die winkel gepatrolleer het toe hy die eisers by die
penne-afdeling
gesien het waar hulle twee BIC oranje penne van die
rak afhaal vanwaar hulle na die seeppoeierrak beweeg het en waar die
pennehouer
deur die eiseres oopgeskeur is en elkeen ‘n pen geneem
het – die leë penhouer is by die volgende rak, die blikkieskosrak,
weggegooi.
Hy het hierdie leë penhouer opgetel en die eisers tot by
die betaalpunt agtervolg waar hulle vir hul inkopies, uitsluitende
die
penne, betaal en met die penne die inkopielys afgemerk het By
die voordeur is die eisers deur homself en mnr. Eekhout, sy kollega,
wat by die voordeur op diens was, voorgekeer en versoek om saam met
hulle te gaan, wat hulle gedoen het. Hulle is toe in die privaat
deursoek.
Tydens kruisverhoor het hy, onder meer, getuig dat toe
die penhouer van die rak afgehaal was eisers ± 10 meter van hom af
was en
dat hulle hom gekleed in ‘n uniform kon gesien het – lede
van die publiek het ook vrylik daar rondbeweeg. Hy het voorts
beskryf
hoe die eiseres die penne in haar mandjie bo-op ander
inkopies geplaas het. Hulle het nie ‘n trollie gehad nie maar
slegs ‘n
mandjie. Terwyl eisers by die betaalpunt was, het hy na
die voordeur beweeg vanwaar hy hulle dopgehou het. Eiser het met die
pen
in sy hand daar gestaan, ‘n afstand van ongeveer 13 meter van
hom af. Hy het ook verduidelik dat toe hulle met die eisers op pad
na die volgende verdieping was, het “hulle die penne weggegooi”
en later gesê dit was ene Rebekka wat sou gesê het dat sy gesien
het dat die eiseres die pen daar neergooi. Toe aan hom gestel is wat
namens verweerders aan die eiser gestel was oor wat hy sou
getuig,
het hy verskeie van hierdie stellings ontken.
Mnr. J.E.J.C.W. Eekhout het getuig dat hy daardie
betrokke dag as sekuriteitswag op diens was toe die vorige getuie,
Botha, vir hom
kom sê het dat hulle twee persone wat by die
betaalpunt op daardie stadium was moet voorkeer omdat “hulle penne
gevat het sonder
om te betaal”. Hy het die manspersoon met ‘n
pen in sy hand by die betaalpunt sien staan en ook gesien dat daar
nie vir die
pen betaal word nie. Op pad na die voordeur het hy hulle
voorgekeer en beleefd gevra om saam te gaan om deursoek te word,
waartoe
hulle ingestem het en is hulle toe privaat deursoek.
In kruisverhoor het hy gesê dat die betrokke pen ‘n
geel balpuntpen was en het hy by herhaling gesê dat hy glad nie weet
wat van
die betrokke pen tussen die betaalpunt en die deursoeking van
die eiser geword het nie. Hy het ook getuig dat ene Rebekka, ‘n
shop stewart by Checkers, die volgende oggend die pen(ne) vir hulle
gebring het.
Mnr. J.H.J. Botha was ten tyde van
hierdie gebeure ‘n supervisor by Brobus. Op die betrokke dag was
hy op die eerste verdieping
by sekuriteit toe twee kollegas met die
twee verdagtes opgekom het. Hulle het hom meegedeel dat hulle
vermoed dat daar diefstal
in die winkel gepleeg is. Die eisers is
toe daar deursoek. Hy het ook getuig dat “die penne in Shoprite se
sakke” gekry is
later daardie dag nadat eisers alreeds die perseel
verlaat het. Hy het beklemtoon dat hy die eisers daardie dag die
eerste keer
gesien het toe hulle met die trappe na die eerste
verdieping opgekom het en enige stellings aan die eiser dat hy op ‘n
vroeëre
stadium teenwoordig sou wees, is onwaar. Hy het ook getuig
dat wanneer vermoed word dat ‘n persoon iets kon gesteel het aan om
of haar verduidelik word waaroor dit gaan – “ons verduidelik
hulle hoekom ons hulle vat”.
Mev.
C.M. Brits het bekragtig dat sy die eiseres in die privaat deursoek
het nadat Botha haar versoek het om dit te doen “dit gaan
oor penne
wat sy by haar het”. Sy het egter niks gevind nie.
Dit
het die getuienis voltooi.
As daar na die weergawes van die eisers teruggekeer
word, is dit by die deurlees daarvan duidelik dat hulle mekaar ten
aansien van
die kerngeskilpunte steun en is daar myns insiens ook
niks onwaarskynlik omtrent die totaliteit daarvan nie.
Die indruk wat ek by die deurlees van
die oorkonde kry is dat die eisers volwasse en verantwoordelike
persone is wat daardie betrokke
dag gaan inkopies doen het en dat
hulle optrede doodnormaal onder die omstandighede was en dat hulle
hulself onverwags in ‘n groot
verleentheid bevind het – soseer so
dat die eiseres se neus begin bloei het. Om te suggereer, soos wel
gedoen was, dat hulle ‘n
valse beeld aan die hof voorgehou het en
in die proses doelbewus die sekuriteitswagte valslik wou beskuldig is
myns insiens naïef.
Wat hierdie suggestie of betoog myns insiens
heeltemal ontsenu is die feit dat hul relaas tot ‘n baie groot mate
deur ‘n onafhanklike
“supervisor” Rasenswere gestaaf word.
Soos
alreeds aangedui is laasgenoemde se getuienis glad nie tydens
kruisverhoor bevraagteken of in twyfel getrek nie, en sy relaas
is
vir alle praktiese doeleindes onbetwis. Ek is terdeë bewus van die
feit dat onbetwiste getuienis nie noodwendig geloofwaardig
is nie.
Eiseres se weergawe is ook nie ten aansien van, onder andere, haar
deursoeking deur die manlike sekuriteitswag in die openbaar
pertinent
betwis nie. Ook is dit ook nie betwis dat haar neus begin bloei het
nie. Wat sake nog verder vir die verweerders bemoeilik
is dat
getuienis wat deur hulle of namens hulle aangebied is glad nie aan
veral eiseres en Rasenswere gestel was nie. In hierdie
verband is
die volgende
dictum
van die Grondwetlike Hof in
PRESIDENT
OF THE REPUBLIC OF SOUTH AFRICA AND OTHERS v SOUTH AFRICAN RUGBY
FOOTBALL UNION AND OTHERS
2000 (1) SA (CC) op 36J-37E
insiggewend:
“[61] The institution of cross-exmination not only constitutes a
right, it also imposes certain obligations. As a general rule
it is
essential, when it is intended to suggest that a witness is not
speaking the truth on a particular point, to direct the witness’s
attention to the fact by questions put in cross-examination showing
that the imputation is intended to be made and to afford the
witness
an opportunity, while still in the witness-box, of giving any
explanation open to the witness and of defending his or her
character. If a point in dispute is left unchallenged in
cross-examination, the party calling the witness is entitled to
assume that
the unchallenged witness’s testimony is accepted as
correct. This rule was enunciated by the House of Lords in
Browne
v Dunn
(1893) 6 R 67 (HL) and has been adopted and
consistently followed by our Courts.
[62] The rule in
Browne v Dunn
is not merely one of
professional practice but ‘is essential to fair play and fair
dealing with witnesses’. [See the speech of
Lord Herschell in
Browne v Dunn
, above] ...
[63] The precise nature of the imputation should be made clear to the
witness so that it can be met and destroyed ... particularly
where
the imputation relies upon inferences to be drawn from other evidence
in the proceedings. It should be made clear not only
that the
evidence
is
to be challenged but also
how
it is to be
challenged. This is so because the witness must be given an
opportunity to deny the challenge, to call corroborative
evidence, to
qualify the evidence given by the witness or others and to explain
contradictions on which reliance is to be placed.”
As
die eisers regtig penne wou steel waarom doen hulle dit dan ten
aanskoue van die publiek en ‘n sekuriteitswag en waarom steek
hulle
dit dan nie weg in ‘n handsak of broeksak nie? Waarom word die
houer oopgeskeur en weggegooi en die penne oop en bloot gebruik
om
inkopielys(te) af te merk – of is die suggestie dat die penne vir
laasgenoemde doel gesteel was? Alhoewel eiser nog in besit
van die
gesteelde pen by die betaalpunt was, was dieselfde pen ‘n paar
minute later tydens sy deursoeking skoonveld. Rebekka sou
blykbaar
gesien het hoe eiser dit voor die deursoeking sou weggooi en sy dit
die volgende oggend daar gekry en aan, onder andere,
Botha uitgewys
het. Sy word egter nie as getuie geroep nie. Botha het die
oopgeskeurde penhouer opgetel maar doen ook niks verder
daaromtrent
nie.
By die deurlees van Botha en Eekhout se weergawe kry ek
die indruk dat hulle nie die verhoorhof in hul vertroue geneem het
nie. Hulle
het mekaar weerspreek en het ook nie getuig soos wat aan
eisers tydens kruisverhoor te kenne gegee was nie. Die
waarskynlikhede begunstig
ook nie hul relaas nie. Dit is myns
insiens hoogs onwaarskynlik dat die eisers bloot beleefd versoek was
om deursoek te word en
dat hulle doodluiters daartoe ingestem het
(eiseres se neus het darem begin bloei). In hierdie verband is die
getuienis van die
ander Botha (Duvenhage) myns insiens meer
aanvaarbaar en dit is dat aan verdagtes, alvorens hulle deursoek
word, verduidelik word
“waaroor dit gaan”. Beukes staaf ook nie
hul weergawe nie.
Volledigheidshalwe
kan net opgemerk word dat die getuienis van Prinsloo vir soverre dit
die betrokke gebeure hierin aangaan, nie van
veel waarde is nie –
hy kan maar net reageer op wat aan hom rapporteer word – wat die
oog nie sien nie, treur die hart nie oor.
Hy moes uit die aard van
die saak op die waarskynlikhede ook daarteen waak dat sy
sakeverbintenis met Shoprite Checkers nie deur
hierdie insident
benadeel of selfs beëindig kon word nie.
Opsommerderwys is ek dus van oordeel
dat die eisers se weergawe waar dit veral met Botha en Eekhout s’n
bots as die waarheid aanvaar
word en laasgenoemde s’n as vals
verwerp word. Nie net is die kwaliteit daarvan baie beter nie maar
is die waarskynlikhede oorweldigend
in hul guns. Die feit dat die
hoofsekuriteitsbeampte na die “formele deursoeking” vir eisers om
verskoning gevra en bygevoeg
het dat indien hulle regstappe sou
oorweeg dit hulle vrystaan om dit te doen is myns insiens aanduidend
van ‘n persoon wat in ‘n
verleentheid was.
In die lig van bogemelde word die
verweerders se appèl in elk van die twee sake met koste van die hand
gewys.
_________________
D.
J. LOMBARD, R
EK STEM SAAM
_____________
H.M.
MUSI, R
Namens Appellante:
Adv.
J.G. Gilliland
i.o.v.
Azar & Havenga Ingelyf
Bloemfontein
Namens Respondente:
Adv.
J.Y. Claasen
i.o.v.
Naudes
Bloemfontein
/scd