About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 126
|
|
Land- en Landbou Ontwikkelings-Bank h/a Landbank v Meester van die Hooggeregshof (Vrystaatse Provinsiale Afdeling) and Others (1074/2004) [2004] ZAFSHC 126 (26 August 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
No.: 1074/2004
In
die saak tussen:
LAND- EN LANDBOU ONTWIKKELINGS-
APPLIKANT
BANK
H/A LANDBANK
en
DIE MEESTER VAN DIE
1STE
RESPONDENT
HOOGGEREGSHOF (VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
CHARL JACOB VENTER N.O.
2de
Respondent
SENWES BEPERK
3de
Respondent
_____________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN R.
_____________________________________________________
AANGEHOOR OP:
19
AUGUSTUS 2004
_____________________________________________________
GELEWER OP:
26 AUGUSTUS 2004
_____________________________________________________
[1] Applikant
doen aansoek om die volgende regshulp:
â1. Dat die besluit van die Eerste Respondent
om die Applikant se beswaar teen die eerste en finale
likwidasie- en distribusierekening
in die insolvente boedel
van P.W.V. Van Heerden van die hand te wys, hersien word en
tersyde gestel word.
2. Dat
enige van die Respondente wat hierdie aansoek opponeer gelas word
om die koste daarvan te betaal.â
Die
respondente opponeer nie die aansoek nie maar berus by die
uitspraak van die Hof.
[2] In die skriftelike betoogshoofde namens applikant
voorberei en opgehandig deur adv. Bergenthuin SC word die feitelike
agtergrond
en die probleemstelling volledig en korrek uiteengesit.
Ek sal en kan gevolglik vrylik daaruit aanhaal:
[3] Applikant is die Landbank, ân skuldeiser in die
insolvente boedel van Pieter Willem Fransbacht van Heerden, ten
opsigte van
geld geleen en voorgeskiet aan die insolvent. Die
applikant het as sekuriteit vir sy vordering ân verband gehad oor
gedeeltes
van die plaas Welgegund in die distrik Welkom, Vrystaat
Provinsie.
Die tweede respondent is aangestel as die kurator van
die insolvent se boedel deur eerste respondent.
Die derde respondent is die petisionerende en dan ook
konkurrekte skuldeiser in die insolvente boedel.
[4] Applikant het ân eis in die bedrag van R8 289
476,47 teen die insolvente boedel bewys. In sy stawende beëdigde
verklaring
ter bewys van sy eis dui applikant aan dat hy oor
sekuriteit beskik, synde Verband No. B6223/1999, waaraan hy ân
waarde van R180
000,00 koppel.
In die stawende beëdigde verklaring ter bewys van sy
eis kwalifiseer applikant as volg:
âIn die geval van kontribusie gevaar, steun
die bank slegs op die opbrengs van sy sekuriteit.â
[5] Tweede respondent het ân eerste en finale
likwidasie- en distribusierekening voorberei waarin aangetoon word
dat applikant
se sekuriteit te gelde gemaak is vir die bedrag van
R192 720,00 en ook dat daar ân tekort in die boedel was en ân
kontribusie
betaalbaar was.
Kontribusie in die bedrag van R33,771,63 is teen
applikant gehef.
[6] Applikant het beswaar gemaak teen die eerste en
finale likwidasie- en distribusierekening op die grondslag dat vanweë
die feit
dat applikant op die opbrengs van sekuriteit gesteun het,
ter voldoening van sy vordering applikant nie verantwoordelik kan
wees
vir betaling van ân kontribusie soos in die rekening
uiteengesit nie.
[7] Tweede respondent het kommentaar gelewer op
applikant se beswaar en versoek dat die beswaar van die hand gewys
word. Tweede
respondent formuleer sy kommentaar as volg:
âSoos u sou merk verwys u beswaar na die
volgende frase wat in Landbank se eisdokument verskyn:
âIn geval van kontribusiegevaar, steun die Bank slegs op die
opbrengs van sy sekuriteit.â
Ons
behandel dan vervolgens die uitwerking hiervan:
1.
In terme van Art. 89 (2) van die Insolvensiewet No. 24 van 1936
moet ân skuldeiser ân onvoorwaardelike keuse uitoefen
of hy
wel steun op sy sekuriteit aldan nie.
2. Ons
verwys u na die hofuitspraak in die saak van
SNYMAN v THE
MASTER & OTHERS
2003 (1) SA 239
(T) waar die Hof
beslis het dat indien ân skuldeiser, soos die Landbank in
hierdie geval, voorwaardelik steun op sy sekuriteit
hy wel
kontribusie pligtig is.
3. Landbank
is dan inderdaad kontribusie pligtig soos bepaal in Art. 106 van
die Insolvensiewet.
In lig
van die bogemelde is ons die mening toegedaan dat u, met respek,
die beswaar van Landbank van die hand kan wys
en ontvang ons
graag bekragtiging van die likwidasie en
distribusie/kontribusierekening.â
[8] Op 14 Januarie 2004 het eerste respondent applikant
se beswaar van die hand gewys. Uit ân volledige gemotiveerde
verslag van
eerste respondent blyk dit dat eerste respondent van
mening was dat applikant in sy eis nie uitsluitend gesteun het op sy
sekuriteit
vir voldoening van sy vordering nie, en applikant om
daardie rede as ân konkurrente skuldeiser behandel is.
[9] Alhoewel die hersieningsaansoek van die eerste
respondent se beslissing nie tydig ingedien is nie was daar geen
beswaar daarteen
geopper nie en was die aansoek om kondonasie vir die
versuim verleen.
[10] Tydens argument was dit gemeensaak dat die
bepalings van artikel 89(2) van die Insolvensiewet No. 24 van 1936,
waarvan die Afrikaanse
teks geteken is, vir die bespreking van die
probleemstelling van deurslaggewende belang is.
Vir gemelde rede word die betrokke artikel volledig
aangehaal:
âArtikel
89(2) :
As ân ander versekerde skuldeiser dan die skuldeiser op wie se
versoek die betrokke boedel gesekwestreer is,in sy beëdigde
verklaring
ingedien tot stawing van sy vordering teen die boedel,
te
kenne gee dat hy hom tot voldoening van sy vordering uitsluitend
verlaat op die opbrings van die goed waaruit sy sekuriteit bestaan
,
dan is hy nie aanspreeklik vir ander sekwestrasiekoste as dié koste
vermeld in sub-artikel (1) en die koste waarvoor hy volgens
paragrawe
(a) en (b) van die voorbehoudsbepaling tot artikel 106 aanspreeklik
mag wees nie.â
(My onderstreping en beklemtoning)
Vir doeleindes hiervan is dit nie nodig om na
sub-artikel (1) van artikel 89 asook die bepalings van artikel 106
van die Insolvensiewet
te verwys nie.
[11] Die doel van artikel 89(2) van die Insolvensiewet,
No. 24 van 1936 is om ân krediteur wie se sekuriteit van waarde is
die geleentheid
te bied om ter voldoening van sy vordering hom slegs
op die sekuriteit te beroep en sodoende van aanspreeklikheid van
sekwestrasiekoste
gevrywaar te word (cf.
BANK
OF LISBON AND SOUTH AFRICA LTD v THE MASTER AND OTHERS
1987 (1) SA 276
A op 288(A â C).
Vir ân skuldenaar om binne die trefwydte van die
bepalings van artikel 89(2) voormeld te val, veral dan wanneer ân
skuldeiser
aanspraak maak op vrywaring teen kontribusiepligtigheid
moet die volgende jurisdiksionele feite aanwesig wees:
â
n nie-sekwestrerende;
versekerde skuldeiser wat
â
n eis ingevolge artikel 44 van die Insolvensiewet
ingedien het,
waarin ân bedoeling bekend gemaak word dat
vir voldoening van die eis uitsluitend op die opbrengs
van die sekurietit gesteun word en
uiteraard dat die eis wel aanvaar word.
Dit volg logies dat indien ân nie-sekwestrerende
versekerde skuldeiser nie binne die trefwydte van artikel 89(2) van
die Insolvensiewet
Wet 24 van 1936 val nie, die vrywaring teen
kontribusiepligtigheid nie ingevolge gemelde artikel verwerf word
nie.
[12] In die onderhawige geval is nie aangevoer dat
applikant nie ân eis teen die insolvente boedel bewys het nie; dit
kan ook nie
aangevoer word dat applikant nie bedoel het om ân eis
wat die waarde van die sekuriteit oorskry het, te bewys nie.
[13] Applikant het met sy kwalifikasies soos hierbo
aangehaal in sy bewys van vordering duidelik te kenne gegee dat
indien daar ân
vrye oorskot beskikbaar is gedeel wil word in
daardie oorskot, maar indien daar nie so ân oorskot is nie beroep
gedoen word op
voldoening uit die opbrengs van die sekuriteit. In
die uitoefening van die opsies by die indiening van die vordering het
applikant
gevolglik nie âuitsluitendâ vir voldoening van die
vordering âop die opbrengs van die goed waaruit sy sekuriteit
bestaan hetâ
gesteun nie, maar inderdaad deelname ook uit die vrye
oorskot, indien enige, beoog. Die gevolg van hierdie optrede is myns
insiens
dat applikant hom nie binne die raamwerk van die bepalings
van artikel 89 (2) van die Insolvensiewet gebring het nie en hy
derhalwe
gevolglik nie kan aanspraak maak op vrywaring teen
kontribusiepligtigheid wat in artikel 89(2) van die Insolvensiewet
verleen word
nie.
Die volgende bevel moet volg:
(1) Aansoek
word afgewys.
(2) Geen
kostebevel word gemaak nie.
______________________
G VAN COPPENHAGEN R
Namens Applikant: Adv. J.G. Bergenthuin SC
i.o.v.
Symington
en De Kok
BLOEMFONTEIN
Namens
2de Respondent: Naudes
BLOEMFONTEIN
Namens
3de Respondent: Senwes Beperk
KLERKSDORP
/ec