S v Makibinyane (1087/2004) [2004] ZAFSHC 162 (19 August 2004)

43 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appropriateness of sentence — Accused convicted of dealing in 230 grams of dagga and initially sentenced to a fine or imprisonment — Sentence deemed inappropriate given the circumstances of the accused, a first offender with dependents and no income — Original sentence replaced with a lesser fine and suspended imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 162
|

|

S v Makibinyane (1087/2004) [2004] ZAFSHC 162 (19 August 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening no: 1087/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
en
DANIEL
MAKIBINYANE
_____________________________________________________
CORAM:
LOMBARD
et
VAN
COPPENHAGEN RR
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
LOMBARD
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
19 AUGUSTUS 2004
_____________________________________________________
Die beskuldigde is tereg aan handeldryf in 230 gram
dagga skuldig bevind en tot ‘n boete van R2500,00 of 6 maande
gevangenisstraf
en ‘n verdere 12 maande gevangenisstraf wat
voorwaardelik
in toto
vir
5 jaar opgeskort is, gevonnis.
Na my oordeel is die vonnis, veral inaggenome die
hoeveelheid dagga, so onvanpas dat inmenging aangewese is.
Die
beskuldigde is ‘n 24-jarige eerste oortreder, getroud met 2
minderjarige kinders – hy en sy eggenote is albei werkloos –
hy
haal aan “bly aan die lewe deur dagga te verkoop”. Hy het ook
skuldig gepleit.
Die
erns van die misdaad en die euwels daaraan verbonde verg geen
herhaling nie maar dit moet egter altyd in gedagte gehou word dat
elke saak op sy eie besondere omstandighede en feite benader en
beoordeel moet word.
In die omstandighede word die skuldigbevinding bekragtig
maar die vonnis word deurgehaal en met die volgende vervang:
‘n Boete van R1000,00 of 3 maande gevangenisstraf en
‘n verdere 6 maande gevangenisstraf wat opgeskort word vir ‘n
periode
van 5 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer
skuldig bevind word aan ‘n oortreding van Artikel 5 (b) van Wet
140 van
1992 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
Die vonnis sal geag word op 23 Junie 2004 opgelê te
gewees het.
_______________
D.J. LOMBARD R
EK STEM SAAM:
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN R
/ec