About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 160
|
|
S v Khonzani (1100/2004) [2004] ZAFSHC 160 (19 August 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening no: 1100/2004
In
die hersiening van:
DIE
STAAT
en
THAPELO
GODFREY KHONZANI
_____________________________________________________
CORAM:
LOMBARD
et
VAN
COPPENHAGEN RR
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
LOMBARD
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
19 AUGUSTUS 2004
_____________________________________________________
Die beskuldigde is tereg skuldig bevind dat hy in
ongeveer 10 gram dagga handel gedryf het en is tot 12 maande
gevangenisstraf wat
voorwaardelik vir 4 jaar opgeskort is, gevonnis.
Na my oordeel is die vonnis, alhoewel
in
toto
opgeskort so treffend onvanpas dat
inmenging aangewese is.
Die feite in ân neutedop is dat die beskuldigde as ân
gevonnisde prisonier in die Virginia Gevangenis op die betrokke dag
deur
ân bewaarder in die geselskap van ân mede gevangene in ân
kamer aangetref was. Tydens sy deursoeking is 67 lemmetjies dagga
in
koerantpapier toegedraai in sy besit gevind. (ân Lemmetjie se
grootte is 4 x 2 cm). Die beskuldigde was tydens hierdie gebeure
besig om ân vonnis van 3 jaar gevangenisstraf vir huisbraak uit te
dien.
Die beskuldigde se optrede om in die gevangenis aan sy
âkollegasâ dagga te verkoop is weersinwekkend en moet in ân
baie ernstige
lig beskou word. Dit moet egter nie uit die oog
verloor word dat elke saak op sy eie besondere omstandighede en
meriete beoordeel
moet word nie.
Vanweë die klein hoeveelheid dagga hier ter sprake sou
ân gepaste vonnis myns insiens gewees het dat aan die beskuldigde
ân keuse
van ân boete gegun moes geword het maar vanweë die feit
dat hy aan handeldryf in dagga skuldig bevind is, is so ân vonnis
onbevoeg
en is direkte gevangenisstraf verpligtend.
In
die omstandighede word die skuldigbevinding bekragtig maar die vonnis
word deurgehaal en met die volgende vervang:
Ingevolge Artikel 276 (1)(b) van Wet 51 van 1977 word
die beskuldigde tot 3 maande gevangenisstraf gevonnis wat in geheel
opgeskort
word vir 4 jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie
skuldig bevind word aan ân oortreding van Artikel 5 (b) van Wet
140 van
1992 gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
_______________
D.J. LOMBARD R
EK STEM SAAM:
_______________________
G. VAN COPPENHAGEN R
/ec