About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 157
|
|
S v Phaliso (87/2004) [2004] ZAFSHC 157 (19 August 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèlno:
87/2004
In
die appèl van:
ERIC
PHALISO
En
DIE
STAAT
_____________________________________________________
CORAM:
LOMBARD
R, BECKLEY
et
WRIGHT
RR
_____________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
16
AUGUSTUS 2004
_____________________________________________________
UITSPRAAK:
BECKLEY
R
_____________________________________________________
GELEWER
OP:
19 AUGUSTUS 2004
_____________________________________________________
Die appellant is in die Streekhof skuldig bevind aan
verkragting van ân 6-jarige meisie en ná skuldigbevinding is die
saak na die
Hooggeregshof verwys vir vonnisdoeleindes ingevolge die
bepalings van Artikel 52(1)(a) van Wet 105 van Wet 1997. Op 18
Februarie
2002 is die appellant gevonnis tot 30 jaar gevangenisstraf.
Hy kom nou in hoër beroep teen die opgelegde vonnis met die verlof
van die Hof
a quo
.
Tydens die beredenering van die appèl het Me Claassens,
namens die Direkteur vir Openbare Vervolgings, toegegee dat die
opgelegde
vonnis nie ondersteun kan word nie aangesien dit in die
omstandighede van die saak treffend onvanpas is.
Die enigste aspek wat dus oorweeg moet word, is wat ân
gepaste vonnis sou wees. Dit spreek vanself, uit die aard van die
saak,
dat die vonnis net kan bestaan uit ân termyn van
gevangenisstraf. Mnr Marais, namens die appellant, het aan die hand
gedoen dat
die termyn van gevangenisstraf aansienlik verminder
behoort te word. Met daardie benadering stem ek saam.
Die Hof
a quo
het volledige redes verskaf vir die opgelegde vonnis en ek is nie
voornemens om dit hierin te herhaal nie. Klaarblyklik het die
jeugdigheid van die klaagster ân belangrike rol gespeel. Faktore
wat na my mening egter onderbeklemtoon is, is die jeugdigheid
van die
appellant â hy was tydens die verkragting maar 18 jaar oud â
asook die feit dat hy ân eerste oortreder is, skuldig
gepleit het
en reeds 15 maande in aanhouding was.
â
n
Verdere faktor wat moontlik ân rol gespeel het tydens die oorweging
van die termyn van gevangenisstraf in die Hof
a
quo
, is die feit dat die verteenwoordiger van
die Direkteur vir Openbare Vervolgings se betoog was dat die
beskuldigde gevonnis moet
word tot lewenslange gevangenisstraf, synde
die voorgeskrewe vonnis. Sodanige betoog was na my mening in die
onderhawige saak onvanpas
en onverantwoordelik: Die
verteenwoordigers van beide die Direkteur van Openbare Vervolgings
sowel as die beskuldigde se funksie
is om ân Hof behulpsaam te wees
deur sinvolle en verantwoordelike argumente voor te hou, wat betref
skuldigbevinding sowel as vonnis,
en nie om die Hof te probeer
oorreed om ân onrealistiese vonnis op te lê nie.
Wanneer die persoonlike omstandighede van die appellant,
die besonderhede rakende die misdryf wat hy gepleeg het en die
belange van
die gemeenskap op ân ewewigtige wyse oorweeg word, meen
ek dat ân vonnis van 14 jaar gevangenisstraf in die onderhawige
geval
gepas sal wees.
Bygevolg
word die volgende bevel gemaak:
1. Die
appèl teen die vonnis slaag.
2. Die opgelegde vonnis word tersyde gestel en vervang
met ân vonnis van 14 jaar gevangenisstraf.
3. Voormelde vonnis moet geag word opgelê te gewees het
op 18 Februarie 2002.
_______________
A.P. BECKLEY R
EK STEM SAAM:
_______________
D.J. LOMBARD R
EK STEM SAAM:
_____________
G.F. WRIGHT R
Namens Appellant: Adv. E. Marais
BLOEMFONTEIN
Namens Respondent: Adv. B.G. Claassens
Kantoor van die Direkteur:
Openbare
vervolgings
BLOEMFONTEIN
/ec