About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 83
|
|
S v Phahlane (A1032/2004) [2004] ZAFSHC 83 (5 August 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. A1032/2004
In
die saak tussen:
DIE
STAAT
en
KHOTSO
ERIC THULO PHAHLANE
___________________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP & CILLIé R
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE RP
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
5 AUGUSTUS 2004
___________________________________________________________
Beskuldigde is 34 jaar oud. Hy het in die Landdroshof,
Virginia verskyn op ân aanklag van diefstal van 1 blok kaas ter
waarde van
R11,90 vanuit ân kafee. Hy het sy eie verdediging
waargeneem en skuldig gepleit. Tydens sy ondervraging ingevolge
artikel 112(1)(b)
van die Strafproseswet verduidelik hy dat hy die
kaas in sy broeksak gesteek het en uit die kafee gestap het sonder om
daarvoor te
betaal
âomdat
ek nie genoeg geld gehad het om daarvoor te betaal nie.â
Na skuldigbevinding het hy die volgende vorige
veroordelings erken:
29.10.1991
: Diefstal: R120,00 of 30 dae gevangenisstraf. Plus 60 dae
gevangenisstraf opgeskort vir 3 jaar.
12.03.1992
: Besit van dagga: R80,00 of 40 dae gevangenisstraf.
08.09.1993
: Diefstal: R150,00 of 75 dae gevangenisstraf.
14.10.1993
: Aanranding: R60,00 of 60 dae gevangenisstraf.
15.06.1994
: Huisbraak met die opset om te steel en diefstal: 2 jaar
gevangenisstraf.
24.01.1995
: Poging tot Moord (2 Aanklagte): 5 jaar gevangenisstraf.
Kwaadwillige saakbeskadiging: 18 maande
gevangenisstraf.
11.07.2002
: Huisbraak met die opset om te steel en diefstal: 24 maande
gevangenisstraf waarvan 4 maande opgeskort is vir 4 jaar.
Hy is op 1 September 2003 vrygelaat op parooltoesig tot
10 Maart 2004. (Die onderhawige misdryf is op 7 Maart 2004 gepleeg).
Die Landdros
het hom gevonnis tot 3 jaar gevangenisstraf â haar
maksimum strafbevoegdheid vir hierdie gemeenregtelike misdryf.
Toe die oorkonde vir hersiening voor my gelê is, het ek
die volgende navraag aan die Landdros gerig:
âVerstrek
asseblief redes vir vonnis.
Moet die vonnis maar net elke keer vir dieselfde misdryf swaarder en
swaarder word onafgesien van die waarde van die gesteelde goedere
en
die omstandighede van die beskuldigde?â
Die Landdros het nou die gevraagde
redes verstrek en met verwysing na verskeie gerapporteerde
beslissings die opgelegde vonnis probeer
regverdig. Een van die
beslissings waarna sy verwys, en waaruit sy aanhaal, is
S
v LISTER
1993 (2) SASV 228 (A)
.
Sy haal uit die uitspraak aan soos volg:
âIt
is clear that you did not commit the crime on the spur of the moment.
You had time to come to your senses. The misappropriations
were
affected in a calculated and carefully planned manner. That is of
course an aggravating fact as far as the imposition of sentence
is
concerned.â
Ek vind nie hierdie woorde in die
uitspraak nie maar woorde met dieselfde strekking is wel gebruik. In
elk geval is sulke woorde
gladnie van toepassing op die onderhawige
saak nie omdat die feite in die
LISTER
-saak
totaal onderskeibaar is. Mev. Lister is skuldig bevind aan diefstal
van R95 700,00 van haar werkgewer. Haar
modus
operandi
word soos
volg deur die Hoogste Hof van Appèl beskryf:
âPart of her duties as an employee was to
prepare cheques for signature or approval by her superior. She did so
with ink which
she could afterwards erase. Once the cheque was
signed, she altered the particulars, increasing the amount of, say, a
cheque for
petty cash. She would then cash the cheque and pocket the
difference. In this manner she managed, over a period of some 11
months,
to skim off the not inconsiderable sum mentioned earlier.â
Die volgende woorde in die uitspraak
van die Hof
a quo
onderstreep verder die verskille:
âThere
are, however, severe aggravating factors, particularly in the amount
stolen, the period over which the theft was committed,
the fact that
numerous misappropriations must have taken place which were carefully
effected, the fact that appellant was in the
employment of the
complainant and appellantâs previous convictions.â
Dit is nie onwaarskynlik nie dat die beskuldigde in die
onderhawige saak die stuk kaas op die ingewing van die oomblik gevat
en in
sy sak gesteek het.
Die veelvuldige voorkoms van winkeldiefstal en
beskuldigde se vorige veroordelings regverdig gevangenisstraf. Die
termyn van 3 jaar
is egter onvanpas en skokkend swaar in al die
omstandighede van hierdie saak. Indien die Landdros se klaarblyklike
benadering korrek
is, nl. dat die vonnis vir ân soortgelyke misdryf
maar net elke keer swaarder en swaarder word, moet hierdie
beskuldigde volgende
keer in die Streekhof gevonnis word al het hy ân
lemoen ter waarde van R1,00 gesteel! Dit kan nie korrek wees nie.
Gevolglik word die skuldigbevinding bekragtig maar die
opgelegde vonnis word tersyde gestel en vervang met ân vonnis van 8
maande
gevangenisstraf.
___________________
J.P. MALHERBE R.P
EK STEM SAAM
______________
C.B. CILLIé R.
/scd