Van Rensburg en Andere v Departementshoof: Departement van Toerisme Omgewings- en Ekonomiese Sake Vrystaat Provinisie (2473/2003) [2004] ZAFSHC 82 (4 August 2004)

60 Reportability
Administrative Law

Brief Summary

Administrative Law — Fair Administrative Action — Suspension of employees — Applicants, senior officials in the Department of Tourism, challenged their suspension by the first respondent on grounds of alleged violation of constitutional rights, including the right to fair administrative action and dignity — First respondent contended that the Labour Court had exclusive jurisdiction over the matter — High Court held that it has concurrent jurisdiction with the Labour Court to adjudicate on constitutional matters arising from the State's conduct as an employer — The suspension was found to be procedurally unfair as the applicants were not given adequate opportunity to respond before the decision was made, violating the principles of natural justice.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 82
|

|

Van Rensburg en Andere v Departementshoof: Departement van Toerisme Omgewings- en Ekonomiese Sake Vrystaat Provinisie (2473/2003) [2004] ZAFSHC 82 (4 August 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek
Nr. 2473/2004
In die
saak tussen:
LAETITIA
JANSE VAN RENSBURG
Eerste
Applikant
TEMBEKA
SHEILA MHLEKWA
Tweede Applikant
ANDREW
MODISOATSILE RANTHO
Derde
Applikant
en
DIE
DEPARTEMENTSHOOF:
Eerste Respondent
DEPARTEMENT
VAN TOERISME,
OMGEWINGS-
EN EKONOMIESE SAKE,
VRYSTAAT
PROVINSIE
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE
Tweede Respondent
RAAD
VIR DIE DEPARTEMENT
TOERISME,
OMGEWINGS- EN
EKONOMIESE
SAKE, VRYSTAAT
PROVINSIE
_____________________________________________________________________
CORAM:
HANCKE,
R
_____________________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
29 JULIE 2004
_____________________________________________________________________
GELEWER
OP:
4
AUGUSTUS 2004
_____________________________________________________________________
Applikante vorder hierin regshulp dat
‘n sekere besluit, wat eerste respondent geneem het op 8 Julie
2004, om applikante te skors,
hersien, vernietig en tersyde gestel
word. Eerste applikant is die Hoofdirekteur: Toerisme in die
Departement Toerisme, Omgewings-
en Ekonomiese Sake; derde applikant
is Hoofdirekteur en hoof Finansiële Beampte van dieselfde
departement, terwyl tweede en vierde
applikante direkteure is van die
betrokke departement. Eerste respondent is mnr. Noby Nyova Ngombane,
hierin gesiteer in sy amptelike
hoedanigheid en opponeer hy ook die
aangevraagde regshulp in gemelde hoedanigheid. Tweede respondent as
lid van die Uitvoerende
Raad van die Provinsie Vrystaat vir die
betrokke departement opponeer nie die aansoek nie en berus by die
uitspraak van hierdie Hof.
Applikante se aansoek is daarop gebaseer dat hulle
volgende fundamentele regte deur die eerste respondent geskend is, of
dat hy besig
is om dit te skend:
1. Die reg op billike arbeidspraktyke gewaarborg deur
artikel 23(1) van die Grondwet van die Republiek van Suid-Afrika, Wet
No. 108
van 1996 (hierinlater na verwys as “die Grondwet”);
2. Die reg op billike administratiewe
handelinge, gewaarborg deur artikel 33 van die Grondwet, soos
uitgebrei en/of aangevul deur
die Promotion of Administrative Justice
Act, 3/2000 (“PAJA”);
3. Die reg op menswaardigheid
gewaarborg deur artikel 10 van die Grondwet; en
4. die reg op vryheid en sekerheid van die persoon
waarop hy inbegrepe is die reg om nie op ‘n wrede, onmenslike of
vernederende
wyse handel te word nie, gewaarborg deur artikel 12 van
die Grondwet.
Mnr. Claasen, namens die eerste respondent, het
aangevoer dat die huidige aangeleentheid suiwer ‘n arbeidsregtelike
aangeleentheid
is en dat ingevolge die bepalings van die Wet op
Arbeidsverhoudinge, No. 66 van 1995 die Arbeidshof uitsluitlik
jurisdiksie het om
die huidige geskil te besleg.
Die jurisdiksie van die Arbeidshof word gereël deur
artikel 157 wat, onder andere, soos volg lui:
“(1) Behoudens die Grondwet en artikel 173, en behalwe waar hierdie
Wet anders bepaal, het die Arbeidshof uitsluitende jurisdiksie
ten
opsigte van alle aangeleenthede wat elders ingevolge hierdie Wet of
ingevolge enige ander Wet deur die Arbeidshof beslis moet
word.
(2) Die Arbeidshof het konkurente jurisdiksie met die Hoë Hof ten
opsigte van ‘n beweerde of dreigende skending van enige
fundamentele
reg in Hoofstuk 2 van die Grondwet van die Republiek van
Suid-Afrika, 1996, verskans wat voortspruit uit –
(a) indienshouding of indiensneming, en uit arbeidsverhoudinge;
(b) ‘n geskil oor die grondwetlikheid van enige uitvoerende of
administratiewe handeling of optrede, of enige dreigende uitvoerende
of administratiewe handeling of optrede, deur die
Staat in sy hoedanigheid as ‘n werkgewer; en
(c) die toepassing van enige wet vir die uitvoering waarvan die
Minister verantwoordelik is ...”
Twee onlangse beslissings, een van
die Hoogste Hof van Appèl, en een van die Grondwet Hof, reël tans
die regsposisie tot ‘n groot
mate.
In
FEDLIFE
ASSURANCE LTD v WOLFAARDT
2002 (1) SA 49
(HHA)
is gehandel met die regte van ‘n werknemer om ingevolge die
gemenereg
skadevergoeding te eis op grond van kontrakbreuk, aangesien sy
dienskontrak voor die verstryking daarvan onregmatig beëindig is,
asook met die vraag of ‘n Hooggeregshof jurisdiksie het om daarmee
te handel. Op
60J-61G
verklaar Nugent, WnA.R. soos volg:
“
[25] Furthermore,
s 157(1) does not purport to confer exclusive jurisdiction upon the
Labour Court generally in relation to matters
concerning the
relationship between employer and employee ... Its exclusive
jurisdiction arises only in respect of
‘matters
that elsewhere in terms of this Act or in terms of any law are to be
determined by the Labour Court’. Various provisions
of the 1995
Act identify particular disputes or issues that may arise between
employers and employees and provide for such disputes
and issues to
be referred to the Labour Court for resolution, usually after
attempts at conciliation have failed (see for example
ss 9, 24(7),
26, 59, 63(4), 66(3), 68(1), 69 etc). In my view, those are the
‘matters’ that are contemplated by s 157(1) and
to which the
Labour Court’s exclusive jurisdiction is confined ...”
Ten opsigte van interpretasie van
artikel 157(2) en die bevoegdheid om te handel met
grondwetlike
regte
, verklaar
O’Regan, R in
FREDERICKS
AND OTHERS v MEC FOR EDUCATION AND TRAINING, EC
[2001] ZACC 6
;
2002 (2) SA 693
(CC) op 714B-C
die volgende:
“
There
is no express provision of the Act affording the Labour Court
jurisdiction to determine disputes arising from an alleged
infringement
of constitutional rights by the
State
acting in its capacity as employer, other than s 157(2). That
section provides that challenges based on constitutional rights
arising from the State’s conduct in its capacity as employer is a
matter that may be determined by the Labour Court concurrently
with
the High Court. Whatever else its import, s 157(2) cannot be
interpreted as ousting the jurisdiction of the High Court since
it
expressly provides for a concurrent jurisdiction.”
Wat die hersieningsbevoegdhede soos
daar gestel in artikel 158 betref, word in dieselfde uitspraak op
714E-G
die volgende verklaar:
“
Whatever
the precise ambit of s 158(1)(h), it does not expressly confer upon
the Labour Court constitutional jurisdiction to determine
disputes
arising out of alleged infringements of the Constitution by the State
acting in its capacity as employer. Given the express
conferral of
jurisdiction in such matters by s 157(2), it would be a strange
reading of the Act to interpret s 158(1)(h) read with
s 157(1) as
conferring on the Labour Court an exclusive jurisdiction to determine
a matter that has already been expressly
conferred as a concurrent jurisdiction by s 157(2). Section
158(1)(h) cannot therefore be read as conferring a jurisdiction to
determine
constitutional matters upon the Labour Court sufficient,
when read with s 157(1), to exclude the jurisdiction of the High
Court.
In the absence therefore of a specific provision of the Act
conferring a jurisdiction to determine disputes arising out of
constitutional
matters upon the Labour Court that could be said to
give rise to an exclusive jurisdiction in terms of s 157(1) of the
Act, I must
conclude that this dispute is not excluded from the
jurisdiction of the High Court.”
Dit is duidelik dat die applikante
die huidige aansoek baseer op die aantasting van hul grondwetlike
regte, voortspruitende uit die
Staat se optrede in sy hoedanigheid as
werkgewer van die applikante. Die Hooggeregshof is derhalwe beklee
met konkurente jurisdiksie
en is dus bevoeg, en verplig, om die
huidige aansoek te bereg. Die beswaar
in
limine
kan dus nie
slaag nie.
Wat die
meriete
betref, is dit gemeensaak dat eerste respondent ‘n enersluidende
brief aan elk van die applikante oorhandig het gedurende die oggend
van 8 Julie 2004, waarin hy hulle meedeel dat hy ‘n ondersoek gelas
het na finansiële onreëlmatighede waarin die applikante betrek
word, dat hy die skorsing van die applikante in die vooruitsig stel
ten einde te verseker dat die proses nie verhinder word nie,
terwyl
die uitkoms van die ondersoek afgewag word en dat die applikante twee
ure geleentheid gegun word om redes aan te voer waarom
hulle nie
geskors sal word nie. Elk van die applikante het binne die
voorgeskrewe tydperk van twee ure gereageer tot die effek dat
hulle,
hulle bekla oor die kort tydperk wat aan hulle gegun word om redes
aan te voer, asook die feit dat daar geen inligting verstrek
is met
betrekking tot waartoe hulle redes moet aanvoer nie. Daarna het
eerste respondent ‘n skorsingsbrief aan die applikante
oorhandig
wat, onder andere, soos volg lui:
“
After having carefully considered all factors
relating to this matter, you are herewith suspended with immediate
effect pending the
outcome of investigations and/or disciplinary
proceedings.”
Ten
opsigte van die regmatigheid van die eerste respondent se optrede, al
dan nie, moet dit beoordeel word aan die hand van die Grondwet
wat
die hoogste gesag is. In hierdie verband lui artikel 2 van die
Grondwet as volg:
“
OPPERGESAG
VAN GRONDWET
2. Hierdie Grondwet is die hoogste reg van die
Republiek; enige regsvoorskrif of optrede daarmee onbestaanbaar, is
ongeldig, en die
verpligtinge daardeur opgelê, moet nagekom word.”
Die uitoefening van ‘n openbare amp
deur ‘n amptenaar van die Staat moet geskied in ooreenstemming met
die Grondwet en is die
legaliteitsbeginsel deel van ons reg.
PHARMACEUTICAL
MANUFACTURERS OF SA AND ANOTHER: In Re
EX
PARTE
PRESIDENT OF THE RSA AND OTHERS
[2000] ZACC 1
;
2000 (2) SA 674
(CC) te 687A-I
.
Alle optrede moet geskied in ooreenstemming met regtens verkreë
bevoegdhede: In
FEDSURE
LIFE ASSURANCE LTD AND OTHERS v GREATER JOHANNESBURG TRANSITIONAL
METROPOLITAN COUNCIL AND OTHERS
[1998] ZACC 17
;
1999 (1) SA 374
(CC)
word op
400D-E
die volgende verklaar:
“
It seems central to the conception of our
constitutional order that the Legislature and Executive in every
sphere are constrained
by the principle that they may exercise no
power and perform no function beyond that conferred upon them by
law.”
Dit is belangrik om daarop te let dat
alle onderdane geregtig is op regverdige administratiewe optrede. In
hierdie verband maak artikel
33(1) en (2) van die Grondwet
voorsiening vir die volgende:
“(1) Elkeen het die reg op administratiewe optrede wat regmatig,
redelik en prosedureel billik is.
(2) Elkeen wie se regte nadelig geraak is deur administratiewe
optrede het die reg op die verskaffing van skriftelike redes.”
Artikel 33 van die Grondwet vind
aansluiting by die reëls van natuurlike geregtigheid, in die
besonder die
audi
alteram partem
beginsel. Corbett, H.R. verklaar in
DU
PREEZ AND ANOTHER v TRUTH AND RECONCILIATION COMMISSION
[1997] ZASCA 2
;
1997 (3) SA 204
(A) op 231F-H
die volgende:
“
The
audi
principle is but one facet, albeit an important one, of the general
requirement of natural justice that in the circumstances postulated
the public official or body concerned must act fairly .... The duty
to act fairly, however, is concerned only with the manner in
which
decisions are taken: it does not relate to whether the decision
itself is fair or not.”
In dieselfde saak word met
goedkeuring aangehaal uit die saak van
DOODY
v SECRETARY OF STATE FOR THE HOME DEPARTMENT AND OTHER APPEALS
[1993] 3 All ER 92
(HL) te 106d-h:
“
(5) Fairness
will very often require that a pe
rson
who may be adversely affected by the decision will have an
opportunity to make representations on his own behalf either before
the decision is taken with a view to producing a favourable result,
or after it is taken, with a view to procuring its modification,
or
both.
(6) Since the person affected usually cannot make worthwhile
representations without knowing what factors may weigh against his
interests
fairness will very often require that he is informed of the
gist of the case which he has to answer.”
Administratiewe optrede word verder
statutêr gereël en uitgebrei deur artikel 3 van PAJA wat soos volg
lui:
“
3.
Procedurally
fair administrative action affecting any person –
(1) Administrative action which materially and adversely affects the
rights or legitimate expections of any person must be procedurally
fair.
(2)(a) A fair aministrative procedure depends on the circumstances of
each case.
(b) In order to give effect to the right to procedurally fair
administrative action, an administrator, subject to subsection (4),
must give a person referred to in subsection (1) –
(i)
adequate notice
of the nature and purpose of the proposed administrative action;
(ii) a
reasonable opportunity
to make representations;
(iii) a clear statement of the administrative action;
(iv) adequate
notice of any right or review or internal appeal, where applicable;
and
(v) adequate
notice of the right to request reasons in terms of section 5.”
(My
beklemtoning)
Inaggenome die aard en erns van die
bewerings is ek van mening dat die tydperk van twee uur wat die
applikante gegun was om vertoë
te rig, sonder om enige besonderhede
van die beweerde klagtes te verstrek (alhoewel ‘n mens op hierdie
stadium nie detail besonderhede
in die vooruitsig sou stel nie)
onredelik en prosedureel onbillik was en dus strydig is met die
bepalings van artikel 33(1) van die
Grondwet, artikel 3 van PAJA,
asook die gemeenregtelike reëls van natuurlike geregtigheid. Dit is
egter nie waar die eerste respondent
se probleme eindig nie.
Wat eerste respondent se bevoegdheid
betref om werknemers te skors, is dit beperk tot die gedragskode en
–prosedure vir lede van
die Senior Bestuursdiens in die Staatsdiens
waarvan Regulasie 2.7(2), onder die opskrif “
Disciplinary
Enquiry
”, soos
volg lui:
“(2)
Precautionary
suspension or transfer
(a) The employer may suspend or transfer an(sic) member on full pay
if –
the member is alleged to have committed a serious offence; and
the employer believes that the presence of a member at the workplace
might jeopardise any investigation into the alleged misconduct,
or
endanger the well being or safety of any person or state property.
(b) A suspension or transfer of this kind is a precautionary measure
that does not constitute a judgement, and must be on full pay.
(c) If a member is suspended or transferred as a
precautionary measure, the employer must hold a disciplinary hearing
within
60 days
.
The chair of the hearing must then decide on any further
postponement.”
Uit bogemelde aanhaling blyk dit dat alvorens ‘n
werknemer geskors kan word, moet die werkgewer:
1. Beweer
dat ‘n lid ‘n ernstige oortreding begaan het; en
2. glo dat die teenwoordigheid van die lid by die
werkplek enige ondersoek na die beweerde wangedrag benadeel of die
welstand of veiligheid
van enige persoon, of Staatseiendom, in gevaar
mag stel; en
3. ‘n dissiplinêre verhoor binne 60 dae hou.
Alvorens ‘n werkgewer ‘n bewering
van ‘n ernstige oortreding kan maak, moet daar redelike gronde
bestaan wat die werknemer
prima
facie
verbind met
so ‘n oortreding
Ten opsigte van die beweerde ernstige oortreding, word
in die kennisgewing van skorsing, wat gerig was aan die applikante,
verwys
na
“
an
investigation in
to
financial irregularities involving yourself for the year 2003 to
date.”
In die opponerende eedsverklaring
word die bogemelde deur die eerste respondent afgewater na die
volgende:
“Again, in the circumstances, it is premature to mention in the
aforesaid notice that it is intended to discipline the applicants.

There may, or may not be any disciplinary proceedings ... It is
therefore only a precautionary suspension and not a kind of the
usual
suspension during a disciplinary hearing, or a suspension that can
last for an unreasonable period.”
Tydens die skorsing van die
applikante het die eerste respondent ‘n besluit te dien effekte
geneem. Dit is ‘n diskresie wat uitgeoefen
moet word ooreenkomstig
die gees en oogmerk van artikel 33 van die Grondwet. Die dae van die
outokratiese burokraat wat nie verantwoording
vir sy of haar besluite
hoef te doen, is iets van die verlede.
DEACON
v CONTROLLER OF CUSTOMS AND EXCISE
1999 (2) SA 905
(SOK) te 915F-H.
‘
n
Kultuur van regverdiging is besig om te ontwikkel ooreenkomstig die
gees en oogmerke van die grondwet, waarin elke magsuitoefening
veronderstel is om geregverdig en billik te wees.
SIDOROV
v MINISTER OF HOME AFFAIRS
2001 (4) SA 202
(T) te 210B-C.
Dit behels verder dat enige uitoefening van diskresie nie arbitrêr
mag wees nie. Elke beslissing moet rasioneel wees en in
ooreenstemming
wees en betrekking hê op die doelwit waarvoor die mag
verleen was. Ten opsigte van die toets in hierdie verband, word in
PHARMACEUTICAL
MANUFACTURERS
(supra) te
708F
die volgende verklaar:
“
The
question whether a decision is rationally related to the purpose for
which the power was given calls for an objective enquiry.
Otherwise
a decision that, viewed objectively
,
is in fact irrational, might pass muster simply because the person
who took it mistakenly and in good faith believed it to be rational.

Such a conclusion would place form above substance and undermine an
important constitutional principle.”
In die funderende eedsverklaring
verwys die applikante na die feit dat eerste respondent, asook die
huidige tweede respondent se voorganger,
reeds verlede jaar opdrag
gegee het aan die forensiese afdeling van die geoktrooieerde
rekenmeesters, KPMG, om ‘n ondersoek te
doen na die departement,
welke ondersoek gedoen is onder die leiding van adv. Lubbe wat
verbonde is aan die forensiese afdeling
van die betrokke firma. Die
ondersoek is afgehandel en ‘n finale verslag in hierdie verband is
reeds aan die begin van Junie aan
die eerste respondent oorhandig.
Applikante beweer verder dat beide die tweede respondent, asook sy
voorganger, hulle meegedeel
het dat daar niks in die verslag is wat
hulle impliseer by ernstige wangedrag nie, maar dat eerste respondent
wél daarby betrek
word. Verbasend is die eerste respondent se
reaksie ten opsigte van hierdie bewerings waar hy te kenne gee dat
hierdie bewerings
irrelevant is! Hy gaan verder om te kenne te gee
dat hierdie verslag eers aan die Premier, daarna aan die Uitvoerende
Komitee van
die Provinsie beskikbaar gestel moet word alvorens dit
openbare kennis word. Indien daar sprake was van enige ongerymdhede
waarby
enige van die applikante betrokke sou wees, sou dit seer
sekerlik in hierdie forensiese verslag vermelding geniet het en sou
dit
sterk
prima
facie
getuienis
teen die applikante daargestel het ten einde ernstige onreëlmatighede
aan te dui.
Soos hierbo aangetoon, was die eerste
respondent regtens verplig om sy optrede te regverdig. In hierdie
verband word hy nie met ‘n
bewyslas opgesaal om te bewys dat die
applikante skuldig is aan ‘n ernstige oortreding (soos vereis deur
Regulasie 2.7(2)) nie,
maar sou
prima
facie
getuienis
voldoende gewees het, byvoorbeeld om die forensiese verslag
beskikbaar te stel, of ‘n eedsverklaring van ‘n bevoegde
deskundige te liasseer van die beweerde finansiële onreëlmatighede
wat die applikante ten laste gelê word. Eerste respondent
het
oorvloedige geleentheid gehad om sy optrede op hierdie wyse, of
andersins te regverdig, maar het hy geen enkele feit aangevoer
ter
regverdiging van sy optrede nie. Die applikante het dus ‘n
behoorlike saak uitgemaak vir die verlening van die aangevraagde
regshulp.
In
die lig van die slotsom waartoe geraak is, is dit nie nodig om te
handel met die ander argumente wat namens die applikante aangevoer
is
nie.
Wat koste betref, het mnr. Colditz,
namens die applikante, aangevoer dat die eerste respondent se optrede
‘n bestraffende kostebevel
regverdig. Sekere van die feite wat
daarop dui dat eerste respondent kwaadwillig opgetree het, is in
geskil en kan nie op die stukke
besleg word nie. Eerste respondent
beweer ook dat hy sekere besluite geneem het na aanleiding van advies
wat hy van sy regsadviseurs
ontvang het. Alhoewel hierdie advies
klaarblyklik verkeerd is, kan daar nie gesê word dat hy nie
bona
fide
die advies
gevolg het nie. Alhoewel daar gronde is vir die verlening van ‘n
spesiale kostebevel, is ek van mening dat daar nie
in die huidige
omstandighede ‘n behoorlike saak uitgemaak is vir die verlening van
sodanige spesiale kostebevel nie.
Bygevolg
word die volgende bevele verleen:
1. Die besluit wat eerste respondent geneem het op 8
Julie 2004 om die applikante te skors, word hersien, vernietig en
tersyde gestel.
2. Eerste
respondent word gelas om die koste van die aansoek te betaal op ‘n
party en party skaal.
__________________
S.P.B.
HANCKE, R
Namens Applikante:
Mnr.
P.H.T. Colditz
i.o.v.
Schoeman
Maree Ingelyf
Namens 1st Respondent:
Adv.
J.Y. Claasen
i.o.v.
Phatshoane
Henney Ing.
Namens 2de Respondent:
Adv.
S.E. Motloung
i.o.v.
Staatsprokureurs
/scd