S v Moeketsi (992/2004) [2004] ZAFSHC 81 (29 July 2004)

55 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Right to legal representation — Withdrawal of counsel — Accused's right to address the court — Accused convicted of stock theft and sentenced to fines with alternative imprisonment — Counsel withdrew due to lack of funds — Accused informed the court of new representation but denied opportunity to address the court after request for postponement was denied — Court held that accused was not deprived of the right to address the court as he chose not to do so when given the opportunity — Conviction upheld as no substantial prejudice demonstrated.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 81
|

|

S v Moeketsi (992/2004) [2004] ZAFSHC 81 (29 July 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersienings
Nr. 992/2004
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
En
THEPO
ERNEST MOEKETSI
___________________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP & VAN DER MERWE R
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE RP
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
29 JULIE 2004
___________________________________________________________
Die beskuldigde is in die Landdroshof te Koppies skuldig
bevind op 2 aanklagte van veediefstal en gevonnis tot swaar boetes
met alternatiewe
termyne van gevangenisstraf, plus opgeskorte
gevangenisstraf. Hy was deurgaans verteenwoordig deur ‘n prokureur
van Kroonstad,
Mnr. Van Wyk.
Op 3 Julie 2003 het die Staat aansoek gedoen vir die
intrekking van beskuldigde se borgtog. Die aansoek het misluk. Op
11 Augustus
2003 het die verhoor ‘n aanvang geneem toe beskuldigde
onskuldig gepleit het op beide aanklagte. Daarna is die verhoor op
verskeie
datums voortgesit totdat die getuienis op 15 Oktober 2003
afgehandel is. Nadat die verdedigingsaak gesluit is, vind die
volgende
gesprek tussen die Landdros en Mnr. Van Wyk plaas:
“
MNR. VAN WYK
: As ek ‘n begeerte van my hart sal
uitspreek dan is dit soos u dit bepaal, dit liewers op ‘n later
stadium, as dit dalk getik
sou word, dan het ‘n mens die voordeel.
HOF
: Want kyk, die saak was ‘n bietjie, al ‘n hele rukkie terug, ek
sal graag deur ‘n getikte oorkonde liewers wil gaan en nie
net op
my notas nie. Maar dan dink ek, moet ons net ‘n oomblik verdaag
dat ek net hoor wat is die reëling met betrekking tot
die tik van
die oorkonde. As hulle dit nie hier kan laat doen nie, dan moet ek
dit saam met my vat.
MNR. VAN WYK
: Die saak is reg.
HOF
: En ons sukkel ‘n bietjie lank die laaste tyd om hulle
getik te kry. Maar dan kan ons dalk net ‘n oomblik verdaag.
HOF VERDAAG VIR ‘N RUKKIE – MET HERVATTING
AANKLAER
: Ons het ‘n datum gereël, 24 November. Die
beskuldigde is op borg.
HOF
: Uitstel tot 24 November 2003, 8:30 die oggend. Die saak word
uitgestel vir betoë en uitspraak.”
Op 24 November 2003 word die volgende deur die Landdros
genotuleer:
“Mnr. Van wyk afwesig, het gereël.
SA :
Transkripsie is nog nie beskikbaar nie.”
Na nog ‘n paar uitstelle vind die volgende plaas op 7
April 2004:
“______?____ : Ek verskyn namens mnr. Van Wyk, die beskuldigde se
prokureur. Dit is my instruksies om namens mnr. Van Wyk.
HOF
: Kan u ook dan net u name op rekord plaas?
MNR. DE WET
: My naam is De Wet, ‘n plaaslike prokureur
hier op Koppies.
HOF
: Ja?
MNR. DE WET
: Dit is my instruksies om namens mnr. Van Wyk as
prokureur vir die beskuldigde te onttrek in hierdie aangeleentheid.
HOF
: En die rede synde?
MNR. DE WET
: Die beskuldigde het nie mnr. Van Wyk in fondse
geplaas om hom verder te verteenwoordig nie.
HOF
: Wil u iets sê?
BESKULDIGDE
: Ek sal ‘n ander prokureur bekom, mnr. Van
Rensburg van Kroonstad.
HOF
: Waar is hy?
BESKULDIGDE
: Hy is op Kroonstad.
HOF
Ek gaan u nie verder uitstel gee in hierdie
aangeleentheid nie, want u is besig om te speel met die Hof so ek
gaan die saak vir
u ‘n oomblik laat afstaan. U is verskoon, u kan
maar gaan. Ek gaan die saak vir ‘n oomblik laat afstaan, want ek
wil ‘n ondersoek
hou met betrekking tot hoekom die ...(onhoorbaar)
ondersoekbeampte ...(onhoorbaar) nie betyds ...(onhoorbaar). Is die
ondersoekbeampte
hierso?”
Nadat die Landdros die ondersoekbeampte uitgetrap het
omdat die beskuldigde laat by die Hof was, gaan die saak soos volg
voort:
“
HOF
: Beskuldigde, wat is die posisie met betrekking tot u
prokureur?
BESKULDIGDE
: Vroeër vandag het hy onttrek van die saak af.
HOF
: Hoekom het u nie die prokureur in fondse geplaas nie?
BESKULDIGDE
: Ek was in aanhouding, ek het nie gewerk nie, om
hom te betaal nie.
HOF
: Nou hoe werk dit dat u nou ‘n ander prokureur het, hoekom het u
‘n ander prokureur?
BESKULDIGDE
: Dit is die nuwe prokureur op ‘n ander saak op Kroonstad. En ek
gaan met hom reël ek moet hom afbetaal.
HOF
: Hoekom is u prokureur nie hier vandag nie.
BESKULDIGDE
: Die Hof het my meegedeel dat vandag die
prokureur onttrek homself van die saak en nou ek is bereid om daardie
ander een wat my
verdedig op ‘n ander saak in Kroonstad ook hierso
te kry. Nou vandag ...(tussenbei).
HOF
: U aansoek om uitstel op hierdie saak word geweier, want u is nie
ernstig met die afhandeling van hierdie saak nie. Hierdie saak
kom
nou al van 23 Junie 2003 af en daar is geen begeerte by u om die saak
af te handel nie. As hierdie saak in die begin was sou
ek dit nog
oorweeg het om u uitstel te gee. Die getuienis is klaar gelewer, al
die getuies is geroep, die saak is net uitgestel
vir betoë en
uitspraak. So wat my aanbetref is daar minimale benadeling vir u en
in die lig van wat ek nou gesê het gaan ek hierdie
saak nou
afhandel. Het die Staat enige betoog?
AANKLAER SPREEK DIE HOF TOE VOOR UITSPRAAK
HOF
: Wil u iets sê op die meriete van die saak?
BESKULDIGDE
: Ek sal vra dat die Hof my ‘n kans gee vir my
prokureur, alhoewel dit kan môre wees.
HOF
: U uitstel is reeds geweier, wil u iets sê op die meriete van die
saak?
BESKULDIGDE
: Ek kan nie, want ek word hier onderdruk.
HOF
: U is nie onderdruk nie, u het hierdie saak vir ‘n
baie lang tyd gehad om die geleentheid te kry vir die saak en u
prokureur
in fondse te plaas. Ek vra vir u of u op die meriete van
die saak wil iets sê en of ek moet voortgaan met uitspraak.
BESKULDIGDE
: Die Hof weet, ek hoor, dit is nou die eerste keer om te hoor
vandag dat mnr. Van Wyk hom onttrek het. As ek by die laaste verhoor
gehoor het dat hy homself gaan onttrek ek sou ‘n ander prokureur
gekry het. Met ander woorde, ek word nie ‘n kans ...(tussenbei).
HOF
: Ek ken mnr. Van Wyk ten minste 20 jaar. Ek glo dit vir geen
oomblik dat hy vir u nie betyds in kennis sal stel as hy onttrek
het
nie. Mnr. Van Wyk is ‘n ervare prokureur en ek het hom nog altyd
beskou as ‘n uiters verantwoordelike persoon, so daar bestaan
by my
geen twyfel dat hy u nie baie lank voor die tyd, ten minste ‘n
redelike kennis sou gegee het dat hy onttrek nie. So ek vra
nou vir u
vir die laaste keer of u wil iets sê voordat ek voortgaan met
uitspraak.
TOLK
: Hy sê hy gaan nie op die meriete praat nie, hy praat
...(onhoorbaar) mnr. Van Wyk.”
Daarna gaan die Landdros voort en gee uitspraak.
Dit
is duidelik uit die oorkonde dat beide Mnr. Van Wyk en die Landdros
die voordeel van ‘n getikte oorkonde wou gehad het voordat
hulle
onderskeidelik betoog of uitspraak gee – klaarblyklik omdat daar
heelwat onderbrekings in die saak was en hulle nie graag
slegs op
hulle geheues of notas wou staatmaak nie. Dit is volkome te
verstane.
Die oorkonde toon verder aan dat Mnr. De Wet op 7 April
2004 vir die eerste keer die Hof meegedeel het dat Mnr. Van Wyk nie
langer
namens beskuldigde gaan verskyn nie weens gebrek aan fondse.
Beskuldigde se mededeling aan die Landdros dat hy op dieselfde datum
ook vir die eerste keer van Mnr. Van Wyk se onttrekking verneem het,
is na my mening verkeerdelik deur die Landdros verwerp. Dit
is
belangrik om te onthou dat beskuldigde in hegtenis was – blykbaar
op ‘n ander aanklag.
Ek
meen ook dat die oorkonde aantoon dat beskuldigde nie kans gesien het
om te betoog nie en die bystand van sy “nuwe” prokureur
wou gehad
het. Dit is net so goed te verstane. In die lig van die gebeure op
7 April 2004 het ek die volgende navraag aan die Landdros
gerig:
“Het die Landdros se weiering van ‘n verdere uitstel op 7 April
2004 nie in effek die beskuldigde die geleentheid ontneem om
die hof
toe te spreek nie? Was dit nie onreëlmatig nie? (Sien artikel 175
van die Strafproseswet en Hiemstra, 6de uitgawe pp454-455).
Watter
sinvolle betoog sou beskuldigde self kon voordra na so ‘n lang
verhoor waarin selfs sy prokureur graag ‘n getikte oorkonde
wou hê
voordat hy die hof toespreek? (Vgl
S v Zingilo
1995 (2) BCLR
1186
(O)).”
Ek
haal die tersaaklike gedeelte van die Landdros se redes aan:
“1. Ek het ongelukkig nie die beslissing van
S v Zingilo
1995 (2) BCLR 1186
(O) ter hand nie. As ek langer neem om dit eers te
bekom word beskuldigde weens die tydsverloop moontlik benadeel meer
so as die
skuldigbevinding op hersiening ter syde gestel word. Met
wat tot my beskikking is, sal ek dus na die beste van my vermoë
redes
verskaf.
2. Ek wil
begin deur te sê dat ek bewus daarvan is dat dit ‘n ernstige
onreëlmatigheid is om die beskuldigde die geleentheid te
ontneem om
die hof toe te spreek na die getuienis aangevoer is.
In die onderhawige saak is die beskuldigde nie van sy reg ontneem om
die hof toe te spreek nie. Die beskuldigde het self besluit
om nie
die hof toe te spreek toe hy die geleentheid daartoe gehad het nie.
Nadat uitstel geweier is toe beskuldigde se prokureur
onttrek het
omdat beskuldigde hom nie in fondse geplaas het nie het beskuldigde
geweier om die hof toe te spreek.
Ek gaan
nie verder argumenteer oor my besluit om uitstel te weier nie, die
saak sloer vanaf 23 Junie 2003 beskuldigde was by geleentheid
op
borgtog vrygelaat hy het genoeg tyd gehad om sy prokureur in fondse
te plaas. Sy aansoek om verdere uitstel is op behoorlike
gronde
geweier. Hy meen ek was met vertragingstaktiek besig.
3. Met die grootste respek meen ek dit is ‘n oorvereenvoudiging om
die weiering van uitstel en beskuldigde se daaropvolgende weiering
om
die hof toe te spreek gelyk te stel aan ‘n ontneming van die
beskuldigde se reg om die hof toe te spreek. Dit mag ‘n lang
verhoor gewees het, maar volgens my was die getuienis nie omvangryk
of ingewikkeld nie. Dit het nie gegaan oor ingewikkelde
regsargumente
nie. Die feit dat beskuldigde se prokureur ‘n
afskrif van die saak wou hê om later te betoog is nie sondermeer
genoegsame rede
vir die beskuldigde om te weier om die hof toe te
spreek nie. Beskuldigde is nie ongeletterd nie hy is ‘n geskoolde
gesondheidswerker.
4. Ek wil
kortliks net na een saak verwys. In
Staat versus Vermaas
1997
(2) SA 454
op bladsy 459 sê die geleerde Regter die volgende:- “Waar
‘n beskuldigde of sy regsverteenwoordiger weier om te betoog
verbeur
hy die betrokke reg –
ongeag die motief waarom hy
geweier het.
(My onderstreping). Ek het die beskuldigde gevra
of hy wil betoog hy het ‘n keuse uitgeoefen en geweier om te betoog
ek glo nie
die hof moet blameer word vir ‘n keuse wat die
beskuldigde uitoefen nie. Verder is dit so dat die beskuldigde
deurentyd regsverteenwoordig
was tot voor betoog stadium. Ek het die
getuienis wat gelewer is beoordeel en daarop ‘n bevinding gemaak.
Daar was volgens my
nie sodanige benadeling dat die skuldigbevinding
ter syde gestel behoort te word nie.”
Die
VERMAAS
-saak
waarna die Landdros verwys, is gladnie vegelykbaar met die
onderhawige saak nie. Die volgende aanhalings uit die uitspraak
illustreer die verskille:
“Die beskuldigde is ‘n prokureur met jare ondervinding van
strafproses in hierdie Hof; hy was deur ‘n advokaat en prokureur
bygestaan en het ook, soos Cooper, geweet wat sy regte was, ‘but he
made no attempt to exercise them’. Inderdaad het hy geweier
om so
te doen.”
“Ek het vanoggend alreeds ‘n kort uitspraak gegee in verband met
die beskuldgide se ‘voorlopige’ beëindiging van adv.
Toweel
en prokureur Van Huyssteen se mandate om namens hom op te tree. In
die woorde van adv.
Toweel
is hy en sy prokureur deur die
beskuldigde gesê om voorlopig van die saak te onttrek. Advokaat
Toweel
het gesê dat as gevolg van ‘n wesenlike botsing
tussen sy plig teenoor hierdie hof en sy plig teenoor die
beskuldigde, hy nie
verder aan die verrigtinge kon deelneem nie en
het hy onttrek. Mnr. Van Huyssteen het ook onttrek.
Die
beskuldigde het bekragtig dat hy die opdragte beëindig het deur
hulle te vra om ‘voorlopig’ te onttrek. Hy het klem gelê
op die
woord ‘voorlopig’, klaarblyklik omdat, wanneer dit hom sal pas,
hy van plan is om hulle weer aan te stel. Dit was klaarblyklik
deel
van die beskuldgide se taktiek. Ek was op daardie stadium nie seker
wat die omvang van die beskuldigde se taktiek was nie,
maar dit was
‘n poging om te verhoed dat enige verdere gedeelte van die betoog
nou gelewer word.
Een
probleem wat adv.
Toweel
gehad het was dat hy deur die
beskuldigde opgedra is dat hy nie ‘n erkenning of toegewing mag
maak sonder die voorafverkreë toestemming
van die beskuldigde nie.
Ek het uitgewys dat ‘n advokaat nie ‘n houtpop is nie en dat die
lewering van ‘n betoog in hierdie
Hof nie ‘n toneelspel is nie.
Ek verwys
na die uitsprake wat ek sedert Maandag, 7 Oktober gelewer het. Dit
blyk dat die beskuldigde ‘n aansoek wil loods om getuies
terug te
roep en ook verdere getuies te roep. Ek het beveel dat intussen die
betoog moet aangaan en enige verdere uitstel geweier.
Ek het bevind
dat daar tallose aspekte is waaroor betoog nou gelewer kan word wat
nooit deur enige verdere getuies of getuienis
geaffekteer kan word
nie. Daaroor kon adv.
Toweel
betoog.
Deur die
‘voorlopige’ beëindiging van die mandate het die beskuldigde
adv.
Toweel
en prokureur Van Huyssteen weer soos houtpoppe
probeer behandel. Dit affekteer ook hierdie Hof en ek mag byvoeg dat
ek ook nie onderworpe
aan die beskuldigde se taktiek is of sal wees
nie.”
“Nadat ek op die beskuldigde geroep het om met sy betoog voort te
gaan, het sy taktiek toe duidelik geword. Hy het beweer dat
hy nie
in staat is om dit te doen nie omdat die getuienis wat hy wil aanbied
die hele betoog sal verander en dat dit onmoontlik is
om enige
aspekte van die saak nou te behandel. Daardie stelling word geheel en
al verwerp.”
“Daar is dus verskillende aspekte van hierdie saak wat nooit in der
ewigheid getref kan word deur die getuies wat adv.
Toweel
gemeld het nie.
Waarom het
die beskuldigde sy advokaat se mandaat beëindig (dit maak nie saak
of dit voorlopig of finaal was nie)? Hy het besef
dat adv.
Toweel
met die betoog sou begin het en dit het die beskuldigde besluit hy
glad nie sal duld nie. Die eerste stap in sy taktiek was om sy
mandaat te beëindig, wat hy gedoen het. Die volgende stap in die
taktiek is dat die beskuldigde nou weier om self oor enige aspekte
van die saak te betoog. Sy beweerde rede daarvoor is dat elke aspek
van die saak deur die beoogde heropeningsaansoek geaffekteer
sal
word. Dit verwerp ek; dit kan nie so wees nie. Die beskuldigde het
wel geweet dat, indien die mandate beëindig word, hierdie
Hof op hom
sou roep om te betoog en, tot die mate dat dit sy saak is dat hy nie
dit kan doen nie, het hy die voortsetting van betoog
verydel deur
doelbewuste taktiek.
Om die
beskuldigde se optrede op te som word bevind dat hy besluit het dat
geen betoog nou gelewer sal word nie en dat hy hierdie
Hof se bevele
van 7 en 9 Oktober deur sy taktiek sal verydel en tot niet maak. Op
die totaliteit van hierdie feite het die beskuldigde
besluit om te
weier om te betoog, óf deur sy advokaat en prokureur óf deur
homself.”
“Waar ‘n beskuldigde of sy regsverteenwoordiger weier om te
betoog verbeur hy die betrokke reg – ongeag die motief waarom hy
geweier het. Die feit
in casu
dat die beskuldigde doelbewus
besluit het om twee hofbevele nie te eerbiedig nie en hulle te
frustreer is derhalwe geen verskoning
vir sy optrede nie.
Klaarblyklik wou adv.
Toweel
nie sodanige taktiek uitvoer nie;
derhalwe is sy mandaat beëindig. Dit help die beskuldigde ook nie.
Ek sal in ag neem wat die
beskuldigde self gedurende 1994 betoog het
asook die betoog van adv.
Toweel
wat alreeds gelewer is.
Die feite
in die huidige saak is sterker as enige van die sake waarna verwys
word. Deur sy taktiek het die beskuldigde verhoed dat
sy advokaat met
betoog kon voortgaan en hyself het ook geweier om so te doen. Die
beskuldigde het as gevolg van die voorafgaande
sy reg van verdere
betoog verbeur en/of geabandonneer.”
Na my mening het die beskuldigde in die onderhawige saak
nie vrywillig verkies om nie te betoog nie en kan daar derhalwe nie
sprake
daarvan wees dat hy die reg om te betoog verbeur of
geabandonneer het nie.
In
S v VERMAAS
(supra) word daar verwys na
R v KALENI (2)
1959 (4) SA 453
(E)
en word die volgende
passasie aangehaal:
“It is clear that failure to afford a party or his legal
representative an opportunity to address the court at the conclusion
of
a trial constitutes a gross irregularity, whether this failure is
due to a deliberate refusal, or merely to an oversight. If such
an
irregularity is calculated to cause prejudice and the court is not
satisfied that prejudice in fact did not result it is bound
to set
the proceedings aside.”
In die
ZINGILO
-uitspraak
waarna ek in my navraag verwys het, het die Landdros per abuis
nagelaat om aan die beskuldigde ‘n geleentheid te bied
om die hof
toe te spreek voor uitspraak. Die skuldigbevinding is op hersiening
tersyde gestel.
In die onderhawige geval meen ek dat die Landdros se
weiering van die gevraagde uitstel die beskuldigde effektiewelik die
geleentheid
ontneem het om die hof toe te spreek. Dit was ‘n
growwe onreëlmatigheid wat tot gevolg gehad het dat die beskuldigde
nie ‘n
billike verhoor gehad het nie. Die skuldigbevinding kan
derhalwe nie bly staan nie.
Gevolglik
word beide die skuldigbevinding en vonnis tersyde gestel.
___________________
J.P.
MALHERBE R.P.
EK STEM SAAM
__________________________
C.H.G. VAN DER MERWE R
/scd