About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 80
|
|
Louw end 'n Ander v Lid van die Uitvoerende Raad van die Vrystaat belas met Onderwys en Kultuur en 'n Ander (534/2002) [2004] ZAFSHC 80; [2006] 4 All SA 282 (O); 2005 (6) SA 78 (O) (29 July 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer : 534/2002
In die saak tussen:
MANDA
LOUW
Eerste
Eiser
MARTIN LOURENS
OOSTHUIZEN
Tweede
Eiser
en
DIE
LID VAN DIE UITVOERENDE RAAD VAN
DIE
VRYSTAAT BELAS MET ONDERWYS
EN KULTUUR
Eerste
Verweerder
DIE BESTUURSLIGGAAM VAN DIE
PRIMêRE SKOOL
FICKSBURG
Tweede
Verweerder
CORAM:
CILLIé
R
AANGEHOOR
OP:
UITSPRAAK
GELEWER OP:
29 JULIE 2004
[1] Kragtens ân ooreenkoms tussen
die partye bereik tydens ân Reël 37 samespreking word eerstens en
afsonderlik van ander geskilpunte,
ân beslissing ten aansien van
die houdbaarheid al dan nie van twee spesiale pleite wat
onderskeidelik deur eerste verweerder
en tweede verweerder geopper
was, versoek.
[2] Daardie
spesiale pleite is geopper teen ân besonderhede van eis die
relevante paragrawe waarvan as volg lees:
â
4.
4.1 Op 29 Februarie 2000 en te Ficksburg het Armand
ernstige breinskade opgedoen as gevolg van sirkulatoriese en
asemhalingsarres
en wel as gevolg van ân byna verdrinking.
4.2 Voormelde voorval is veroorsaak deur die nalatigheid
van ân personeellid alternatiewelik opvoeder wat in diens van
eerste verweerder
was, alternatiewelik in diens van tweede verweerder
was, alternatiewelik in diens van beide die eerste en tweede
verweerders was,
en wat in die uitvoering van haar dienste aldus
opgetree het, alternatiewelik deur die nalatigheid van tweede
verweerder.
7A
Eerste
Verweerder is aanspreeklik vir die skade of verlies veroorsaak deur
die voormelde handeling of versuim van die personeelid
en wel
ingevolge die bepalings van artikel 60(1) van Wet 84 van 1996, soos
gewysig.â
[3] Eerste
verweerder se spesiale pleit is as volg geformuleer:
â
1.
At
all times relevant or pertinent to this action:
1.1 the terms and provisions of the South African
Schools Act, Act 84 of 1996 (âthe Actâ) were of full force and
effect.
1.2 the
Ficksburg Primary School was a âpublic Schoolâ as contemplated in
and provided for in the Act;
1.3 âthe
staff member alluded to in plaintiffsâ (amended) Particulars of
Claim (and who had been identified in plaintiffsâ notice/letter
of
demand in terms of Act 94 of 1970) was an âeducatorâ as defined
in section 1 of the Act, alternatively a non-educator as envisaged
and provided for in section 20(5) of the Act;
1.4 the
said person was employed in terms of the provisions of section 20(4),
alternatively section 20(5) of the Act.
2.
Plaintiffsâ claim against the first defendant is
dependent on an act or omission of the aforementioned educator,
alternatively non-educator.
3.
As appears from,
inter alia
,
section 60 of the Act, first defendant is âthe Stateâ for
purposes of the plaintiffsâ action against the first defendant.
4.
In terms of the provisions of section 20(10) of the Act
âthe Stateâ and consequently, first defendant cannot be held
liable for
the acts and/or omissions of the said educator,
alternatively non-educator and pertinent to the plaintiffsâ claim.
Wherefore first defendant prays for judgment in its
favour with costs, payable by the plaintiffs jointly and severally.
Alternatively
first defendant prays that plaintiffsâ claim be
dismissed with costs, payable by the plaintiffs jointly and
severally.â
[4] Tweede
verweerder se spesiale pleit lees as volg:
â
3A.1 Die
Ficksburg Laerskool (die skool) is ân openbare skool soos bedoel in
die Suid-Afrikaanse Skolewet, 84 van 1996 (die Wet)
en tweede
verweerder is die beheerliggaam daarvan.
3A.2 Die
eisers beweer teen die tweede verweerder dat Armand breinskade
opgedoen het toe hy byna verdrink het tydens verpligte
swembedrywighede.
3A.3 Dat
die voorval veroorsaak is deur die nalatigheid van ân personeellid
wat in diens was van tweede verweerder en wat in die
uitvoering van
haar dienste aldus opgetree het, alternatiewelik deur die nalatigheid
van die tweede verweerder in die opsigte uiteengesit
in paragraaf 7
van die besonderhede van vordering.
3A.4 Die swembedrywighede waaraan Armand deelgeneem het,
is ân opvoedkundige aktiwiteit wat deur die skool aangebied is soos
bedoel
in artikel 60 van die Wet.
3A.5 Die
eisers se eis teen die tweede verweerder is derhalwe vir skade of
verlies wat veroorsaak is as gevolg van ân daad of versuim
in
verband met die voormelde opvoedkundige aktiwiteit.
3A.6 Indien
so ân eis sou slaag sou die skool aanspreeklik gewees het vir
sodanige skade en verlies was dit nie vir die bepalings
van artikel
60 van die Wet nie.
3A.7 Artikel 60 van die Wet bepaal dat die Staat
aanspreeklik is vir enige skade of verlies wat veroorsaak word as
gevolg van enige
daad of versuim in verband met enige opvoedkundige
aktiwiteit wat deur ân openbare skool bedryf word en waarvoor
sodanige openbare
skool aanspreeklik sou gewees het by gebrek aan die
bepalings van die artikel.
3A.8 Die
eisers se eis teen tweede verweerder is gevolglik onontvanklik en
regtens onverantwoordbaar.
3A.9 Gevolglik
versoek tweede verweerder dat die eisers se eis teen tweede
verweerder van die hand gewys word met koste.â
[5] Vir
soverre as wat dit nie reeds blyk uit wat
supra
aangehaal is
nie word die volgende agtergrond wat blyk uit die res van die
pleitstukke verskaf. Armand is die eerste en tweede
eiser se
10-jarige seun. Tydens swembedrywighede by die skool het hy
ernstige breinskade opgedoen. Hierdie swembedrywighede was
onder
toesig van ân tydelike personeellid. Hierdie personeellid is ene
mev Nel. Haar aanstelling het as volg plaasgevind:
Daar was ân
tydelike vakature by die skool en die hoof van die skool het by
eerste verweerder aansoek gedoen om haar in tydelike
hoedanigheid
aan te stel. Wat daarna plaasgevind het, blyk uit erkennings deur
tweede verweerder in terme van Hofreël 37 wat
as volg lees:
â
5.
Die eerste verweerder het die aansoek afgewys
8.
Na
die afwysing van die skool se voormelde aansoek deur die eerste
verweerder, het die tweede verweerder vir Nel as ân tydelike
onderwyser in diens geneem vanaf 1 Februarie 2000. Die aanstelling
het geskied itv Artikel 20(4) van die Wet.
9.
Op
29 Februarie 2000 was Nel in diens van die tweede verweerder as ân
tydelike onderwyser by die skool.
10.
Gedurende
die hele tydperk van diens van Nel is sy deur die tweede verweerder
vergoed.
11.
Die
eerste verweerder het geen betalings, van watter aard ook al, aan Nel
óf die skool gemaak ten opsigte van Nel se vergoeding nie.
12.
Die
eerste verweerder het geen aandeel of inspraak in óf beheer oor die
voormelde aanstelling van Nel gehad nie.
13.
Die
eisers se vordering is gebaseer op ân doen of late van Nel en/of
tweede verweerder tydens die voorval wat op 29 Februarie 2000
plaasgevind het en waarop die eisers se skuldoorsaak gebaseer is.
14.
Die bedoelde voorval was âân opvoedkundige
aktiwiteitâ wat deur die skool bedryf is en soos bedoel in artikel
60 van die Wet.
15.
Die eerste verweerder, synde âdie Staatâ soos bedoel
in die Wet, handhaaf die beskouing dat hy nie vir enige skade wat die
eisers
(en Armand) gely het as gevolg van beserings wat Armand tydens
die voormelde voorval opgedoen het, aanspreeklik gehou kan word nie
en wel op grond van die bepalings van artikel 20(10) van die Wet.
16.
Die tweede verweerder, daarenteen, huldig in sy spesiale
pleit die beskouing dat, uit hoofde van die bepalings van artikel
60(1) van
die Wet, slegs die eerste verweerder vir die eisers en
Armand se skade aanspreeklik is.â
[6] Volgens
die gewone beginsels van middellike aanspreeklikheid sou tweede
verweerder as die werkgewer van Nel aanspreeklik wees
vir haar
onregmatige dade gepleeg in die loop van haar diens en ter
uitvoering van haar pligte. (Vergelyk ook artikel 3(4) van
die Wet
op Indiensneming van Opvoeders no 76 van 1998 waarin bevestig word
dat tweede verweerder die betrokke personeellid se werkgewer
is.)
Die tweede verweerder steun egter in sy spesiale pleit daarop dat
artikel 60(1) van die SA Skolewet Nr 84 van 1996 (âdie
Skolewetâ)
hom ` kwytskeld van aanspreeklikheid en enige aanspreeklikheid wat
daar mag wees op eerste verweerder plaas.
Artikel
60(1) van âdie Skolewetâ lees as volg:
â
Die
Staat is aanspreeklik vir enige skade of verlies wat veroorsaak word
as gevolg van enige daad of versuim in verband met enige
opvoedkundige aktiwiteit wat deur ân
openbare
skool
bedryf word en waarvoor sodanige
openbare skool
aanspreeklik sou gewees het by gebrek aan die bepalings van hierdie
artikel.â
Dit is
doenlik om artikel 60(4) ook weer te gee. Dit lees as volg:
â
Ondanks
die bepalings van subartikel (1) is die Staat nie verantwoordelik vir
enige skade of verlies as gevolg van enige handeling
of versuim in
verband met enige onderneming of besigheid wat onder die beheer van
ân
openbare
skool
bedryf word vir doeleindes van die
aanvulling van die hulpbronne van die
skool
soos in artikel 36 beoog nie, met inbegrip van die aanbied van
praktiese opvoedkundige aktiwiteite in verband met daardie
onderneming
of besigheid.â
[7] Die
eerste verweerder daarenteen se spesiale pleit is uitsluitlik gegrond
op die bepalings van artikel 20(10) van âdie Skolewet
so word
aangevoer, eerste verweerder ontdaan van aanspreeklikheid.
Artikel
20(4) en (10) van âdie Skolewetâ lees (na die wysiging daarvan
deur artikel 6 van Wet 100 van 1997) as volg:
â
(4) Behoudens
hierdie Wet
,
die Wet op Arbeidsverhoudinge, 1995 (Wet No 66 van 1995), en enige
ander toepaslike wet kan ân
openbare skool
poste vir
opvoeders
instel en
opvoeders
in
diens neem bykomstig tot die diensstaat deur die
Lid
van die Uitvoerende Raad
bepaal ingevolge
artikel 3(1) van die Wet op die Indiensneming van Opvoeders, 1994.â
â
(10) Ondanks
artikel 60 is die Staat nie aanspreeklik vir enige handeling of late
by ân
openbare
skool
wat voortspruit uit sy kontraktuele
verantwoordelikheid as werkgewer teenoor die personeel aangestel
ingevolge subartikels (4) en
(5) nie.â
[8] Die
eiser het ân repliek afgelewer op hierdie spesiale pleite. Daarin
word aangevoer dat tweede verweerder gesamentlik en
afsonderlik met
eerste verweerder aanspreeklik is vanweë die bepalings van artikel
20(4) en (11) van die Skolewet saamgelees met
artikel 3(4) van die
Wet op die Indiensneming van Opvoeders no 76 van 1998 (âdie
Opvoederswetâ). Artikel 20(11) voormeld,
lees as volg:
â
(11) Na
oorleg soos beoog in artikel 5 van die Wet op die Nasionale
Onderwysbeleid, 1996 (Wet No 27 van 1996), kan die
Minister
norme en standaarde bepaal by kennisgewing in
die
Staatskoerant
betreffende die fondse wat gebruik word vir die aanstelling van
personeel beoog in subartikels (4) en (5), maar sodanige norme en
standaarde word nie uitgelê as sou die Staat die gesamentlike
werkgewer van sodanige personeel wees nie.â
[9] Die
spesiale pleite staan teen die agtergrond hierbo uiteengesit bereg
te word.
Die vraag
is of artikel 20(10) die âsaambreel effekâ van artikel 60(1)
ongedaan maak en eerste verweerder kwytskeld van eise
wat
voortspruit uit onregmatige dade gepleeg deur opvoeders wat deur
tweede verweerder aangestel en in laasgenoemde se diens is.
Voorts;
indien artikel 20(10) verstaan moet word as dat dit
nie
eerste verweerder se artikel 60(9) verworwe aanspreeklikheid
uitsluit nie, is die verdere vraag of artikel 60(1) uitsluitende
aanspreeklikheid
vir eerste verweerder of bloot bykomende
aanspreeklikheid tot tweede verweerder se gemeenregtelike middellike
aanspreeklikheid
daarstel.
[10] Omdat
volgens die gewone regsbeginsels van middellike aanspreeklikheid
tweede verweerder normaalweg aanspreeklik sou wees,
is dit doenlik
om eerstens te handel met die argument wat namens tweede verweerder
aangevoer word waarom tweede verweerder
nie
aanspreeklikheid
oploop nie.
Mnr De
Bruin namens die tweede verweerder betoog dat ân korrekte uitleg
van artikel 60(1)
uitsluitlike
aanspreeklikheid van die Staat
(eerste verweerder) daarstel. Sy betoog is dat die artikel in wye
terme gegiet is juis om te verhoed
dat openbare skole aanspreeklik
gehou word vir skade wat voortspruit uit ân opvoedkundige
aktiwiteit wat deur so ân skool bedryf
word. Hy steun in hierdie
verband onder andere op die uitspraak van Van der Walt, R, in
LUR
VIR OPVOEDING,
GAUTENG PROVINSIE EN ANDERE v
PADONGELUKKEFONDS
saak no A26/02 gedateer 28 Augustus 2002,
uitspraak gelewer op 23 September 2002. Daarin het Van der Walt, R,
ân wye trefwydte
aan die begrip âopvoedkundige aktiwiteitâ
gegee. Dit het die effek gehad dat die Staat op sterkte van artikel
60 aanspreeklik
bevind is vir ân onregmatige daad van ân
opvoeder. Die vraag of daardie opvoeder ân sogenaamde
departementele aanstelling
was, of andersyds soos in die onderhawige
geval, aangestel was in terme van artikel 20(4) van âdie Skolewetâ
(beheersliggaamspos)
blyk ongelukkig nie uit die uitspraak nie.
Mnr De
Bruin voer voorts aan dat die blote feit dat die bepalings van die
Wet op Staatsaanspreeklikheid no 20 van1957 in artikel
60(2) op ân
eis wat ingevolge artikel 60(1) teen die Staat ingestel word van
toepassing gemaak word aanduidend is daarvan dat
die Staat
uitsluitlike aanspreeklikheid opdoen. Hy wys ook daarop dat
aanspreeklikheid van die skool in artikel 60(4) in die plek
van die
aanspreeklikheid van die Staat gestel word omdat subartikel (4) die
Staat van die algemene aanspreeklikheid wat subartikel
(1) skep ten
aansien van aktiwiteite van die skool wat daarop gerig is om die
hulpbronne van die skool deur middel van ân besigheid
of
onderneming aan te vul, onthef.
Met
verwysing na artikel 20(10) van âdie Skolewetâ is sy betoog dat
dit ân uitsondering skep op die algemene aanspreeklikheid
wat
artikel 60(1) daarstel. Daardie uitsondering geld egter slegs ten
aansien van die skool se kontraktuele verantwoordelikheid
as
werkgewer teenoor die personeel wat deur die skool self aangestel is
en slaan luidens die betoog op aspekte soos salaris.
[11] Mnr
Wessels namens die eerste verweerder, steun sterk op die
woordgebruik, naamlik âhandeling of lateâ in artikel 20(10)
vir
sy betoog dat subartikel (10) nie beperk moet word tot die
kontraktuele verantwoordelikheid van die skool (tweede verweerder)
teenoor die personeel alleenlik nie. Sy betoog is dat dit
woordgebruik is wat asât ware sinoniem is met onregmatige dade.
Hy
betoog dat die ooreenstemming tussen artikel 60(4) en artikel
20(10) wat beide die aanspreeklikheid van die Staat in die vermelde
gevalle uitsluit, aanduidend is dat die bedoeling was om in beide
gevalle die totale aanspreeklikheid van die Staat uit te sluit
ten
aansien van opvoeders deur die bestuurdersliggaam aangestel. Ten
slotte wys mnr Wessels daarop dat ân uitleg van artikel
60(1) en
artikel 20(10) soos voorgestaan namens die tweede verweerder
skuldlose aanspreeklikheid vir die Staat (eerste verweerder)
daar
sou stel. Die bekende vermoede teen ân uitleg wat die gemene reg
wysig behoort volgens die betoog dan toegepas te word.
[12] Mnr
Van Rhyn bygestaan deur mnr Snellenburg namens die eisers het in hul
betoog die uitleg wat namens die tweede verweerder
voorgestaan word
ten dele ondersteun met die voorbehoud egter dat aangevoer word dat
artikel 60(1) eerste verweerder aanspreeklik
stel bykomend tot die
bestaande gemeenregtelike middellike aanspreeklikheid van die tweede
verweerder. Die betoog is dus dat
artikel 60(1) nie
uitsluitlike
aanspreeklikheid nie maar bykomende aanspreeklikheid op eerste
verweerder plaas. Die grondslag van hierdie betoog is dat siende
dat tweede verweerder die werkgewer van die betrokke opvoeder is die
tersaaklike wetgewing nie duidelik genoeg tweede verweerder
se
gemeenregtelike middellike aanspreeklikheid uitsluit nie.
[13] Die
gevolgtrekking waartoe ek gekom het, is dat die uitleg van die
wetteregtelike bepalings namens die tweede verweerder voorgestel
die
korrekte is. Artikel 60(1) is ân saambreelbepaling wat daarop
gerig is om aanspreeklikheid by die Staat te vestig in die
omstandighede waarna in die artikel verwys word. Opvoeding in ân
openbare skool is in die eerste instansie ân
staatsverantwoordelikheid.
Daarom maak dit sin dat die wetgewer die
Staat verantwoordelikheid wil laat aanvaar vir skade of verlies wat
veroorsaak word as
gevolg van ân daad of versuim wat voortspruit
uit ân opvoedkundige aktiwiteit by ân openbare skool. Die
aanstelling en vergoeding
van opvoeders deur ân bestuursliggaam
(tweede verweerder) dra die goedkeuring weg van die Staat (eerste
verweerder). (Vergelyk
artikel 20(4) van die Skolewet.) Na alles
is dit tot voordeel en hulp van die Staat in sy opvoedingsfunksie.
Mnr Van Rhyn namens
die eisers, het tereg in sy betoog gewys op die
skrikwekkende gevolge wat dit vir ân skool kan inhou as die
bestuursliggaam aanspreeklikheid
oploop vir delikte van ân
opvoeder gepleeg gedurende ân opvoedkundige aktiwiteit al is
daardie opvoeder deur daardie bestuursliggaam
aangestel. Dit maak
verder sin dat die Staat nie met verantwoordelikheid belas word vir
skade wat voortspruit uit nie-opvoedkundige
aktiwiteite (vergelyk
artikel 60(1)), die bedryf van ân onderneming of besigheid deur ân
skool al is dit hulpbronontwikkeling
(vergelyk artikel 60(4)) of die
skool se kontraktuele verantwoordelikheid teenoor sy eie personeel
deur die skool self aangestel
nie. (Vergelyk artikel 20(10).)
Vandaar dat sulke aktiwiteite spesifiek uitgesluit word van
staatsaanspreeklikheid. Die woorde
â....
waarvoor sodange openbare skool aanspreeklik sou gewees het by
gebrek aan die bepalings van hierdie artikelâ
skep die
indruk dat bdoel word om daardie aanspreeklikheid nou uit te sluit
en dit op die Staat te plaas.
Met
verwysing na mnr Wessels se betoog dat die woorde âhandeling of
lateâ in artikel 20(10) met delikte geassosieer word, is
dit
opvallend dat die woordgebruik âskade of verliesâ wat in artikel
60(1) gebruik word en eweseer indien nie meer so nie,
in verband
staan met delikte, nie in artikel 20(10) voorkom nie. Dit versterk
die uitleg dat dit nie beoog om delikte te betrek
nie. Die gebruik
van die woorde âteenoor die personeelâ in artikel 20(10) dui aan
dat die bedoeling was om te verwys na eise
van die personeel self
teen die skool en nie na eise van andere en wat voortspruit uit die
skool se posisie as werkgewer van so
ân personeellid nie.
[14] Mnr
Van Rhyn het betoog dat indien die spesiale pleit van enige
verweerder gehandhaaf word die ander verweerder gelas moet word
om
die koste van die verweerder wie se pleit gehandhaaf word te betaal.
Dit sê hy word geregverdig deur die feit dat die eisers
nie
gepenaliseer behoort te word met koste vanweë ân geskil wat
basies tussen die twee verweerders bestaan oor wie aanspreeklik
teenoor eisers is nie. Dit is nie die korrekte benadering nie. Dit
is weliswaar so dat die vraag welke verweerder aanspreeklik
sou wees
afhanklik is van die uitleg van bepaalde wetteregtelike bepalings
maar die eisers het verkies om op grond van die interpretasie
wat
deur hulle voorgestaan word beide verweerders aan te spreek. In
daardie uitleg is hulle nie gelyk gegee nie. Die eisers kan
na
alles nie verwag dat enige van die twee verweerders moet sê wie hy
beweer is aanspreeklik as daardie verweerder self bloot
sy eie
aanspreeklikheid ontken nie. Daar is dus geen rede waarom afgewyk
moet word van die gewone kostebevel dat eisers die verweerder
teen
wie nie geslaag word nie se koste moet betaal.
Die
eerste verweerder wie se spesiale pleit nie geslaag het nie sou
volgens die gewone beginsels die eiser se koste daardeur
teweeggebring
moetr betaal. In hierdie verband is ek egter namens
eerste verweerder versoek om die koste ten aansien hiervan voor te
behou op
die basis dat eisers dalk met hul eis op die meriete teen
eerste verweerder mag misluk. Die partye het beide dit egter
goedgevind
om die uitleg van die betrokke wetregtelike bepalings as
ân aparte geskilpunt by wyse van ân spesiale pleit bereg te kry.
Daardeur
het elk die risiko van ân negatiewe bevinding op daardie
geskilpunt aanvaar. Dit is dus billik dat die beregting van daardie
geskilpunt sy eie kostebevel dra onafhanklik van die uitslag van die
meriete van die eiser se eis.
Bygevolg
word die volgende bevel gemaak:
1. Die spesiale pleit deur eerste verweerder geopper word afgewys en
eerste verweerder word gelas om eisers se koste ten aansien
van die
beregting daarvan te betaal.
2. Die
spesiale pleit deur tweede verweerder geopper word gehandhaaf en
eisers se eis teen tweede verweerder word afgewys. Eisers
word gelas
om tweede verweerder se koste te betaal.
____________
CB
CILLIé, R
Namens Eisers : Adv AJR Van Rhyn en
Adv
N Snellenburg
In
opdrag van
Honey & Vennote Ing
Namens Eerste Verweerder : Adv MH Wessels, SC
In
opdrag van
Staatsprokureur
Namens Tweede Verweerder : Adv JP De Bruin, SC
In opdrag van
Naudes
/Jacobs