About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 79
|
|
S v Molaoa (1223/2004) [2004] ZAFSHC 79 (29 July 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. 1223/2004
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
JOHANNES
MOLAOA
___________________________________________________________
CORAM:
CILLIé
et VAN DER MERWE, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN DER MERWE, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
29 JULIE 2004
___________________________________________________________
[1] In hierdie aangeleentheid is die beskuldigde op
grond van sy pleit van skuldig op ân aanklag van diefstal ingevolge
die bepalings
van artikel 112(1)(a) van die Strafproseswet, Nr. 51
van 1977, gevonnis tot ân boete van R1 800,00 of ses maande
gevangenisstraf
wat in geheel opgeskort is vir drie jaar op
voorwaarde dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan die
misdryf van diefstal
of poging daartoe, gepleeg gedurende die tydperk
van opskorting nie. Aangesien die bedrag van R1 500,00 vasgestel is
as die maksimum
boete ingevolge die bepalings van gemelde artikel
112(1)(a), is die opgelegde vonnis ongeoorloof en moet dit tersyde
gestel word.
[2] Ek ag dit in belang van geregtigheid om nie die
aangeleentheid na die Landdros terug te verwys vir vonnisoplegging
nie. Die beskuldigde
is skuldig bevind aan diefstal van
âFence +
1 x pole
valued R25,00.â
Hierdie gesteelde goedere is buitendien teruggevind.
Die beskuldigde is 47 jaar oud en het geen vorige veroordelings nie.
Hy is
geskei maar het vyf kinders wat hy onderhou en verdien ân
bedrag van R1 000,00 per maand by wyse van stukwerk. Die beskuldigde
het skuldig gepleit en sy berou oor sy misstap onder eed verklaar.
[3] In hierdie omstandighede meen ek dat ân boete van
R500,00 of 30 dae gevangenisstraf, wat in geheel opgeskort word, ân
gepaste
straf is.
[4] Gevolglik word die vonnis tersyde gestel en vervang
met ân boete van R500,00 of 30 dae gevangenisstraf wat in geheel
opgeskort
word vir drie jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie
skuldig bevind word aan diefstal of poging tot diefstal gepleeg
gedurende
die tydperk van opskorting nie. Die vonnis moet geag word
opgelê te gewees het op 15 Junie 2004.
__________________________
C.H.G.
VAN DER MERWE, R
EK STEM SAAM
______________
C.B. CILLIé, R
/scd