About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 77
|
|
S v Janneke (1011/2004) [2004] ZAFSHC 77 (29 July 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANGE
VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. 1011/2004
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
GIDEON
ANDRIES JANNEKE
___________________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
RP & VAN DER MERWE R
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE RP
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
29 JULIE 2004
___________________________________________________________
Hierdie is ân hartseer verhaal. Beskuldigde is ân
61-jarige pensionaris wat in die Landdroshof, Virginia tereggestaan
het op
2 aanklagte, te wete besit van 230 gram dagga en aanranding op
sy vrou deurdat hy gedreig het om haar dood te skiet. Hy het sy eie
verdediging waargeneem en skuldig gepleit op aanklag 1. Op aanklag 2
het hy onskuldig gepleit. Hy is skuldig bevind op beide aanklagte
en
die volgende vorige veroordelings is deur hom erken:
8.12.1980: Northam : Bestuur onder die invloed van
drank: R240 of 120 dae gevangenisstraf
19.9.1986: Thabazimbi : Besit van dagga. R120 of 20 dae
gevangenisstraf.
29.9.1989 : Thabazimbi : Besit van dagga. R800 of 6
maande
gevangenisstraf.
26.9.1991 : Thabazimbi : Besit van dagga. R500 of 90 dae
gevangenisstraf
19.9.1994 : Welkom : Diefstal.
R300 of 30 dae
gevangenisstraf.
30.5.1995 : Welkom : Besit van dagga. 9 maande
gevangenisstraf
in geheel
opgeskort plus 12 maande
korrektiewe
toesig.
9.11.1995 : Welkom : Besit
van dagga. R300 of 3
maande
gevangenisstraf in die
geheel
opgeskort.
15.8.1997 : Welkom : Besit
van dagga. R800 of 4
maande
gevangenisstraf in die
geheel
opgeskort.
Nadat
die Landdros die getuienis van 2 maatskaplike werkers aangehoor het,
het hy die beskuldigde soos volg gevonnis:
Aanklag 1
: 36 maande
gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort is vir 5 jaar op die
volgende voorwaardes:
(i) Dat beskuldigde nie weer skuldig bevind word nie aan
oortreding van artikel 4(b) van Wet 140 van 1992 gepleeg gedurende
die tydperk
van opskorting.
(ii) Dat
beskuldigde hom vir die volle termyn van die vonnis onderwerp aan die
beheer en toesig van ân proefbeampte soos aangewys
deur die
Departement van Maatskaplike Ontwikkeling, Welkom.
(iii) Dat beskuldgide homself onderwerp aan opleiding en
behandeling vir alkohol/dwelmverslawing in ân geregistreerde
Rehabilitasiesentrum
soos aangewys deur die Departement van
Maatskaplike Ontwikkeling, Welkom.
Aanklag 2
: 14 maande
gevangenisstraf wat in die geheel opgeskort is vir 5 jaar op
voorwaarde dat hy nie weer skuldig bevind word nie aan aanranding
gewoon op Anna Jacoba Janneke, gepleeg gedurende die tydperk van
opskorting.
Hy
is ook onbevoeg verklaar om ân vuurwapen te besit.
Die
Landdros het op versoek aanvullende redes vir vonnis verstrek.
Reeds tydens sy ondervraging ingevolge artikel 112(1)(b)
van die Strafproseswet met betrekking tot aanklag 1 het die
beskuldigde die
hof meegedeel dat hy vir 44 jaar dagga rook, dat hy
aan myntering ly
âen dit help my, ek voel net baie beter in my longe as ek dit
gerook het.
.... Ag so
dan werk ek in die tuin en as ek voel die pyn slaan my hier agter,
oral dan rook ek dit. Dan voel ân ou weer beter.â
Sy vrou het bevestig dat hy vir baie jare dagga en drank
misbruik en dat hy dit op die dag van die voorval ook gebruik het.
Volgens
haar, sowel as die Polisiebeampte wat ure na die dreigement
op die toneel opgedaag het, was beskuldigde
âsterk onder die invloed van drank.â
Dit
blyk verder uit mev. Janneke se getuienis dat beskuldigde ontrevrede
was omdat sy ân manlike kuiergas die betrokke dag openlik
gesoengroet het toe hy en sy dogter vertrek het. Nadat die gaste
vertrek het, het beskuldigde haar gevra waar die .22 ârewolwertjieâ
was; sy het dit in ân skede aan hom oorhandig en hy het gedreig om
âdie man wat weer hier kom en jou soengroet sal ek saam met jou
doodskietâ
sonder
om die vuurwapen op
haar te rig.
Ek
meen dat die Landdros tereg bevind het dat beskuldigde uit gewoonte
dagga rook en drank misbruik. Sy vorige veroordelings dui
reeds
daarop en beide hy en sy vrou getuig aldus. Die Landdros wou
klaarblyklik met die opgelegde vonnisse die beskuldigde tot stilstand
ruk. Ek haal uit sy uitspraak aan:
âMnr. Janneke, u sit met ân geweldige probleem. U wil nie erken
nie dat u verslaaf is aan dagga nie. U wil ook nie erken dat
u ân
probleem het wat drank aanbetref nie. En u wil ook nie erken dat die
twee gekombineer, soos die dag van die voorval, dat
dit u aantas nie
en u wil ook nie erken dat u u vrou wel gedreig het en sodoende haar
aangerand het, deur haar te dreig deur te sê
dat u haar sal
doodskiet nie. Ek sien u skud al weer u kop, maar nou moet u vir my
luister mnr. Janneke.
U het
vandag ân kruispad bereik. U sal vandag moet besluit mnr. Janneke
wat u met u lewe gaan doen. Want ek kan vir u waarborg,
want nadat
ek hierdie vonnis opgelê het, vat u aan ân drankie, vat u aan
dagga, is u onmiddellik tronk toe. Dreig u u vrou op
enige wyse
hoegenaamd, raak u aan haar, slaan u haar, is die effek meneer dat u
daarvoor ook direk tronk toe kan gaan. Want dit gaan
die
opskortingsvoorwaardes wees, dat u nie dagga gebruik nie of skuldig
bevind word aan besit van dagga nie en ook nie dat u u vrou
aanrand
nie.
Mnr.
Janneke, u sal moet gaan introspeksie doen. U is ân verskriklike
hardkoppige mens. Ek het min in my loopbaan so ân hardkoppige
persoon soos u teëgekom. U is reg, al die ander mense is verkeerd.
Kom ek sê nou vir u baie mooi meneer, dit is omgekeerd. U
is
verkeerd, die ander mense is reg. U vrou is reg. Sy wil, soek hulp.
Kom ek sê vir u een ding meneer, dagga, ek weet nie of
u dit besef
nie, aandhoudende gebruik van dagga maak dat u verslaaf word. En
buiten dit meneer, is dit bewys dat dagga aanleiding
gee tot
geestesongesteldheid, soos skisofrenie. U moet pasop mnr. Janneke, u
het amper die punt van geen omdraai bereik.â
âIn kort wat ek vandag vir u sê, dit is die laaste keer meneer. U
moet nou iets doen om uself te rehabiliteer, want niemand kan
u meer
help nie meneer. Uself moet u nou help. U vrou kan u nie meer help
nie, die Hof kan u nie meer help nie. U alleen is die
persoon wat
homself nou moet help.
En ek
waarsku vir u ân verdere ding mnr. Janneke, u moet u humeur en u
hardkoppigheid laat staan. Gesinsgeweld word deur die Howe
in ân
uiters erntige lig beskou. Ek kan vir u waarborg meneer, raak u aan
u vrou is die kans 99,9% dat u gevangenis toe gaan.
Mnr.
Janneke, besit van dagga, veral as ek kyk na u vorige veroordelings
is skokkend. Skokkend om te sien dat ân persoon van u
ouderdom so
ân misdaad rekord het. Maar dan is dit ook vir dronkbestuur ook.
So, dit wys vir my u het ân drankprobleem met drank
ook. En u sal
nou baie mooi moet dink wat u vorentoe gaan doen.â
Ek
het begrip vir die Landdros se sterk woorde, asook vir sy poging om
deur middel van die vonnisse die beskuldigde te help om te
rehabiliteer. Nogtans meen ek dat die onderskeie termyne van
gevangenisstraf, alhoewel opgeskort, onvanpas swaar is.
Drankmisbruik
is so oud soos die mensdom self. Ongeveer 40 jaar
gelede is die volgende gesê met betrekking tot drankmisbruik in
S
v NDHLOVU (2)
1965 (4) SA 692
(A) op
p.695C-D
:
âIntoxication is one of humanityâs age-old frailties, which may,
depending on the circumstances, reduce the moral blameworthiness
of a
crime, and may even evoke a touch of compassion through the
perceptive understanding that man, seeking solace or pleasure in
liquor, may easily over-indulge and thereby do things which sober he
would not do.â
Ek stem met eerbied met hierdie gevleuelde woorde saam.
Dit is na my mening ook van toepassing op verslaafdheid aan ân
dwelmmiddel
soos dagga.
In die lig van beskuldigde se vorige veroordelings, die
getuienis van sy vrou en sy eie erkenning, is dit nie onwaarskynlik
nie dat
hy in die toekoms weer sal dagga rook of besit en in ân
beskonke toestand weer sy vrou of enigiemand anders mag dreig met
liggaamlike
leed. (Die Landdros gee in sy aanvullende redes toe dat
die opskortingsvoorwaarde dat hy nie weer sy vrou aanrand nie,
gewysig behoort
te word om na aanranding in die algemeen te verwys).
Indien hy as gevolg van âhumanityâs age-old frailtiesâ weer
oortree,
sal die opgelegde termyn van gevangenisstraf beslis te swaar
wees. ân Veel korter termyn behoort genoegsame afskrikkingswaarde
te hê vir ân sieklike, 61-jarige drank - en dagga â deurtrekte
persoon soos beskuldigde.
Gevolglik
word die volgende bevele uitgereik:
1. Die
skuldigbevinding op beide aanklagte word bekragtig.
2. Die termyn van gevangenisstraf op aanklag 1 word
geskrap en vervang met ses (6) maande gevangenisstraf.
3. Die termyn van gevangenisstraf op aanklag 2 word
geskrap en vervang met ses (6) maande gevangenisstraf.
4. Die woorde âop Anna Jacoba Jannekeâ in die vonnis
op aanklag 2 word geskrap.
____________________
J.P. MALHERBE R.P.
EK STEM SAAM
__________________________
C.H.G. VAN DER MERWE R
/scd