S v Mokone (954/2004) [2004] ZAFSHC 73 (29 July 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Offences relating to liquor — Supply of alcohol to minors — Accused charged with supplying alcohol to persons under 18 years on licensed premises — Evidence insufficient to establish guilt beyond reasonable doubt — State failed to call key witness who could potentially contradict evidence — Conviction and sentence set aside. The accused was found guilty of supplying alcohol to a minor on a licensed premises and sentenced to a fine or imprisonment. The State's evidence relied on witness statements from minors who claimed to have purchased alcohol, but no direct evidence linked the accused to the sale. The legal issue was whether the State proved the accused's guilt beyond reasonable doubt. The court held that the State did not meet the burden of proof, leading to the conclusion that the conviction and sentence should be set aside, and the fine refunded.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 73
|

|

S v Mokone (954/2004) [2004] ZAFSHC 73 (29 July 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersienings
Nr. 954/2004
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
TSELANE
ELIZABETH MOKONE
___________________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN
et
WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN COPPENHAGEN, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
29 JULIE 2004
___________________________________________________________
[1] Die beskuldigde was aangekla en skuldig bevind aan
‘n klagte ter oortreding van artikel 45(a) van Wet 27 van 1989,
deurdat sy
op 9 September 2003, te Virginia op ‘n gelisensieerde
perseel drank aan ‘n persoon onder die ouderom van 18 jaar verskaf
het.
Die vonnis was ‘n boete van R2 000,00 of ses maande
gevangenisstraf.
[2] Artikel
45 van die Drankwet, Nr. 27 van 1989 sover te sake bepaal:
“45. Die houer van ‘n lisensie mag nie –
(a) drank op ‘n gelisensieerde perseel verkoop of verskaf aan
enigiemand wat onder die ouderdom van 18 jaar is nie;
(b) ....”
[3] Die polisie het op 9 September 2003 persone waarvan
die ouderdom geskat was op tussen 15 en 16 jaar buite die perseel en
ook op
die gelisensieerde perseel van die beskuldigde aangetref. Van
hierdie kinders was volgens die getuies “besig om drank in te neem”
en van die kinders het ook gesê dat hulle “die bier, die drank
gekoop het by die Victoria Taverne”.
[4] Op die perseel was volgens minstens een Staatsgetuie
benewens die beskuldigde ook ‘n ander persoon wat drank aan kliënte
verkoop
het.
Die beskuldigde het ontken dat sy self enige drank op
enige stadium aan enige van die persone onder die ouderdom van 18
jaar verkoop
het.
[5] Geen direkte getuienis van enige drankverkope deur
die beskuldigde aan persone onder die ouderdom van 18 jaar was,
nieteenstaande
die beskuldigde se pertinente ontkenning van enige
drankverkope deur haar, aangebied of gelewer en dit in weerwil
daarvan dat die
polisie minstens volgens hulle getuienis verklarings
van minstens drie persone wat gedrink het bekom het.
[6] Die bewyslas was deurgaans op die Staat om te bewys
as bewese bo redelike twyfel dat die beskuldigde sterk drank op die
betrokke
dag op die gelisensieerde perseel aan persone onder 18 jaar
verskaf het. Die beste en direkte getuienis hieromtrent sou
ongetwyfeld
die persoon wees aan wie die drank verskaf was en van wie
die polisie verklarings bekom het.
In
S v TEIXEIRA
1980 (3) SA 755
(A) te 764A-B
word die
gevolge van die versuim om ‘n getuie te roep wat relevant is as
volg toegelig:
“In my opinion, the failure by the State to call Tshabalala to
testify as a witness justifies the inference that in counsel’s
opinion his evidence might possibly give rise to contradictions which
could reflect adversely on Sarah’s credibililty and reliability
as
a witness.”
Gegewe die feit dat minstens een ander persoon ook drank
verskoop het, saamgeneem met die Staat se versuim om beskuldigde
direk met
die drankverkope te verbind terwyl daar moontlik sulke
getuienis was, moet volg dat die Staat nie sy saak bo redelike twyfel
bewys
het nie.
[7] Die
skuldigbevinding en vonnis moet tersyde gestel word.
Die
volgende bevele word gemaak:
(i) Die beskuldigde se skuldigbevinding en opgelegde
vonnis word tersyde gestel;
(ii) Die boete deur die beskuldigde betaal moet aan haar
terugbetaal word.
__________________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
EK STEM SAAM
________________
G.F. WRIGHT, R
/scd