S v Nala (1038/2004) [2004] ZAFSHC 72 (22 July 2004)

45 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Appeal against sentence — Accused convicted of escape from lawful custody — Original sentence of two years imprisonment deemed excessive — Accused a first offender with no dependants and minimal culpability in the escape — Sentence reduced to twelve months imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 72
|

|

S v Nala (1038/2004) [2004] ZAFSHC 72 (22 July 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. 1038/2004
In
die hersiening tussen:
DIE STAAT
en
FREDDY SELLO NALA
___________________________________________________________
CORAM:
LOMBARD,
R
___________________________________________________________
GELEWER OP:
22
JULIE 2004
___________________________________________________________
Die beskuldigde is tereg aan ontvlugting (oortreding
artikel 117(a), Wet 111 van 1998) skuldig bevind en tot 2 jaar
gevangenisstraf
gevonnis.
In
antwoord op ‘n vraag deur die Regter-President aangaande die vonnis
het die landdros, onder meer, as volg gereageer:
“Volgens die aanklaer is daar sake van 2002 wat nou weer teen
beskuldigde geopen moet word. Van die sake is al afgehandel teen
ander beskuldigdes, wat dit waarskynlik nou moeiliker gaan maak vir
die Staat om die aanklagte teen beskuldigde te bewys, aangesien
hy
nou die blaam op die ander beskuldigdes gaan pak. Staatsgetuies sal
nou vir ‘n tweede keer gedagvaar moet word om te getuig,
indien
hulle nog beskikbaar is.
Beskuldigde het dus met sy optrede die verloop van die regspleging
belemmer. Dit kan nie geduld word nie.”
Vir
soverre dit bogemelde aanhaling aangaan, word die landdros verwys na
Hiemstra –
Suid-Afrikaanse Strafproses
– 6de uitgawe op p.692 waar die volgende gesê word:
“Soms beskik die hof egter oor geregtelike kennis van
strafverswarende inligting, byvoorbeeld die hoë voorkoms van die
betrokke
misdaad in die hof se regsgebied (
S v Boesigo
1956 (1) SA 234
(A) op 237H), waarvoor die hof beswaarlik sy oë kan
sluit. Dit is dan die voorsittende beampte se plig om die partye
daaroor in
te lig en hul die geleentheid te bied om daarmee te
handel, hetsy met getuienis of andersins (
S v Smith
1977 (2) SA 954
(A) op 960G-H). Private inligting waaroor die hof
beskik, in teenstelling tot dié waarvan geregtelike kennis geneem
kan word, mag
nooit gebruik word nie (
S v Mkhwanazi
1989 (2) SA 802
(T)).”
Dat
die beskuldigde se gedrag laakbaar is en dat direkte gevangenisstraf
aangewese is, staan vas. Ek bly egter van oordeel dat in
al die
omstandighede die opgelegde vonnis so onvanpas is dat inmenging
aangewese is.
Die beskuldigde is ‘n 27-jarige eerste oortreder met
geen afhanklikes. Dit is verder duidelik uit die ondervraging
ingevolge artikel
112(1)(b) van die Strafproseswet dat die
beskuldigde, nadat die selmuur deur ‘n mede-aangehoudene oopgekap
was, hy vir ongeveer
“10 minute daarna gewag het voordat hy besluit
het om te vlug” m.a.w. die initiatief om te ontsnap was nie syne
nie.
Die
skuldigbevinding word bekragtig maar die vonnis word deurgehaal en
vervang met
“
Twaalf (12) maande gevangenisstraf” wat geag sal
word op 15 Junie 2004 opgelê te gewees het.
__________________
D.J.
LOMBARD, R
/scd