S v Baardman (844/2004) [2004] ZAFSHC 69 (18 June 2004)

40 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentence — Appropriateness of sentence — Accused found guilty of theft of scrap metal valued at R98.45 — Sentenced to 18 months imprisonment, with 6 months suspended — Sentence deemed excessive given the circumstances, including the accused's status as a first offender, unemployment, and family responsibilities — Original sentence set aside and replaced with a 6-month suspended sentence for 5 years on condition of no further theft convictions.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 69
|

|

S v Baardman (844/2004) [2004] ZAFSHC 69 (18 June 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. 844/2004
In die
hersiening tussen:
DIE STAAT
En
ANDRIES BAARDMAN
___________________________________________________________
CORAM:
CILLIé
et
VAN DER MERWE RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR: VAN DER MERWE R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
18 JUNIE 2004
___________________________________________________________
[1] Die beskuldigde in die aangeleentheid is skuldig bevind aan
diefstal en ingevolge artikel 276(1)(b) van Wet 51 van 1977 gevonnis
tot 18 maande gevangenisstraf waarvan ses maande gevangenisstraf
opgeskort word vir vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie
skuldig bevind word aan diefstal of poging daartoe gepleeg gedurende
die tydperk van opskorting nie.
[2] Die skuldigbevinding is ooreenkomstig die reg, maar die vonnis
nie.
[3] Die opgelegde vonnis wek ‘n duidelike gevoel van skok. Die
beskuldigde is ‘n 54-jarige eerste oortreder. Hy is werkloos
maar
doen tuinwerk teen betaling van R30,00 of R40,00 per dag. Hy is
getroud, sy vrou werk ook nie en die egpaar het kinders waarvan
die
ouderdom wissel van 24 jaar oud tot 9 jaar oud. Drie van hierdie
kinders is nog op skool. Beskuldigde is skuldig bevind aan
diefstal
van skrootmetaal ter waarde van slegs R98,45, wat in ieder geval
teruggevind is. Nóg die getuienis dat die beskuldigde
vroeër
dieselfde dag gewaarsku is om die betrokke perseel te verlaat, nóg
die algemene voorkoms van hierdie tipe misdryf waarop
die
verhoorlanddros veral klem lê, regverdig in hierdie omstandighede
enigsins die oplegging van direkte gevangenisstraf.
[4] Na my oordeel is ‘n vonnis van ses maande gevangenisstraf wat
in die geheel opgeskort is ‘n gepaste vonnis in al die
omstandighede
van hierdie saak.
[5] Gevolglik word die skuldigbevinding bekragtig, maar word die
opgelegde vonnis tersyde gestel en vervang met ‘n vonnis van ses
maande gevangenisstraf wat in geheel opgeskort word vir ‘n periode
van vyf jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie skuldig bevind
word aan diefstal gepleeg gedurende die tydperk van opskorting nie.
___________________________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
EK STEM SAAM
______________
C.B. CILLIé, R
/scd