About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 68
|
|
S v van Rooyen (928/2004) [2004] ZAFSHC 68 (18 June 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. 928/2004
In die
hersiening tussen
DIE
STAAT
en
MANNETJIE
VAN ROOYEN
___________________________________________________________
CORAM:
WRIGHT
et
VAN DER MERWE RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN DER MERWE R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
18 JUNIE 2004
___________________________________________________________
[1] In hierdie aangeleentheid is op 10 Junie 2004
gelas dat die beskuldigde onmiddellik uit die gevangenis vrygelaat
word. Terselfdertyd
is aangedui dat redes later verskaf sal word.
Hierdie redes volg hierna.
[2] Die beskuldigde het in die Landdroshof tereggestaan op ân
aanklag van aanranding met die opset om ernstig te beseer. Hy het
op
14 Januarie 2004 onskuldig gepleit op daardie aanklag, waarna die
getuienis van die klaer aangebied is. Die Staatsaak is gesluit
na
die
voltooiing van die getuienis van hierdie
enkelgetuie. Vervolgens het die beskuldigde getuienis afgelê en toe
sy saak gesluit. Gedurende
die betoog van die aanklaer is besluit
dat die saak uitgestel moet word ten einde persone op te spoor wat
die verhoorhof oorweeg
het om as getuies te roep. Die saak is toe
uitgestel tot 11 Februarie 2004.
[3] Op 11 Februarie 2004 en weer op 23 Februarie 2004 is die saak
uitgestel, sodat dit weer op 17 Maart 2004 voor die verhoorhof
gedien
het. Op daardie datum, volgens die oorkonde, het die aanklaer die
hof foutiewelik meegedeel dat die beskuldigde reeds op
14 Januarie
2004 skuldig bevind is op die aanklag van aanranding met die opset om
ernstig te beseer. Weens ân oorsig het die verhoorlanddros
hierdie
mededeling as korrek aanvaar. Hierna het die beskuldigde sy vorige
veroordelings erken en het beide die beskuldigde en die
aanklaer die
hof voor vonnis toegespreek. Die beskuldigde is toe gevonnis tot 12
maande gevangenisstraf.
[4] Vir redes wat nie uit die stukke blyk nie, is die oorkonde vir
doeleindes van outomatiese hersiening eers ontvang by die kantoor
van
die Griffier van hierdie Hof op 9 Junie 2004. Die oorkonde was
begelei deur ân skrywe van die verhoorlanddros gedateer 2 Junie
2004 waarin hy die aangeleentheid verduidelik.
[5] Soos blyk uit die voormelde uiteensetting, is
eerstens nie aan die beskuldigde geleentheid gebied om die hof met
betrekking tot
die meriete van die saak toe te spreek nie en is die
beskuldigde, tweedens, gevonnis sonder dat hy ooit skuldig bevind is.
Daar
kan geen twyfel wees nie dat die beskuldigde nie ân billike
verhoor gehad het nie. Die reg van ân beskuldigde om die
verhoorhof
voor uitspraak toe te spreek, is vervat in artikel 175(1)
van die Strafproseswet, Nr.51 van 1977. Kragtens beslissings van
hierdie
Hof, waarmee ek met eerbied saamstem, het die ontsegging van
hierdie reg op sigself, d.w.s. sonder verwysing na die meriete van
die
saak, tot gevolg dat die betrokke beskuldigde nie ân billike
verhoor gehad het nie. Sien in hierdie verband
S
v MABOTE EN ANDERE
1983 (1) SA
745
(O)
en
S
v ZINGILO
1995 (9) BCLR 1186
(O)
.
[6] Meer belangrik egter in hierdie saak, is die tweede voormelde
aspek. Dit is na my oordeel ontwyfelbaar fundamenteel tot die
reg op
ân billike verhoor soos bedoel in artikel 35(3) van die Grondwet
van die Republiek van Suid-Afrika, 1996, dat slegs ân
persoon wat
skuldig bevind is, gevonnis kan word. Aangesien die beskuldigde
gevonnis is sonder dat hy skuldig bevind is, het hy
duidelik nie ân
billike verhoor gehad nie.
[7] Aangesien beskuldigde vir die voormelde redes nie ân billike
verhoor gehad het nie, het ân regskending plaasgevind. Gevolglik
moet die verrigtinge en die vonnis tersyde gestel word en word dit so
gelas.
________________________
C.H.G. VAN DER MERWE
EK STEM SAAM
_______________
G.F. WRIGHT, R
/scd