Venter NO en 'n Ander v Coetzee en Andere (916/2003) [2004] ZAFSHC 67 (17 June 2004)

62 Reportability

Brief Summary

Companies — Liquidation — Locus standi of liquidators — Liquidators of BSM Marketing Management (Edms) Bpk sought a court order declaring the company operated an illegal investment scheme and holding the respondents liable for the company's debts — Respondents challenged the liquidators' authority to bring the application without prior authorization from the Master of the High Court — Court found that the liquidators lacked locus standi as they did not obtain necessary authorization, rendering the application invalid.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 67
|

|

Venter NO en 'n Ander v Coetzee en Andere (916/2003) [2004] ZAFSHC 67 (17 June 2004)

IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN
SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE
AFDELING)
Saaknommer : 916/2003
In die saak tussen:
CJ
VENTER NO
1st
Applikant
JH
JANSE VAN RENSBURG NO
2de
Applikant
en
BB
(BEN) COETZEE
1st
Respondent
JJ
(KOBIE) COETZEE
2de
Respondent
JE
(JOHAN) COETZEE
3de
Respondent
JA
HUYSAMEN
4de
Respondent
JKB
FINANSIëLE BELEGGINGS
5de
Respondent
SPAZAGO
MANAGEMENT SERVICES BK
6de Respondent
TRESSO
TRADING 351 (EDMS) BEPERK
7de
Respondent
BLUESKEYE
PRIVATE EQUITY (EDMS) BEPERK
8ste
Respondent
BB
(BEN) COETZEE NO
9de
Respondent
(in sy hoedanigheid as trustee
van die
JOBENKO
TRUST)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
10de
Respondent
(in sy hoedanigheid as trustee
van die
JOBENKO
TRUST)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
11de
Respondent
(in sy hoedanigheid as trustee
van die
JOBENKO
TRUST)
BB
(BEN) COETZEE NO
12de
Respondent
(in sy hoedanigheid as trustee
van die
BENJOKO
TRUST)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
13de
Respondent
(in sy hoedanigheid as trustee
van die
BENJOKO
TRUST)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
14de
Respondent
(in sy hoedanigheid as trustee
van die
BENJOKO
TRUST)
BB
(BEN) COETZEE NO
15de
Respondent
(in sy hoedanigheid as trustee
van die
COETZEE
BROERS FAMILIE TRUST, IT5515/02)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
16de Respondent
(in sy hoedanigheid as trustee
van die
COETZEE
BROERS FAMILIE TRUST, IT5515/01)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
17de
Respondent
(in sy hoedanigheid as trustee
van die
COETZEE
BROERS FAMILIE TRUST, IT5515/01)
BB
(BEN) COETZEE NO
18de
Respondent
(in sy hoedanigheid as trustee
van die
ESM
TRUST)
JJ
(KOBIE) COETZEE NO
19de
Respondent
(in
sy hoedanigheid as trustee van die
ESM TRUST)
JE
(JOHAN) COETZEE NO
20ste
Respondent
(in sy hoedanigheid as trustee
van die
ESM
TRUST)
COETZEE
BOERDERY VENNOOTSKAP
21ste
Respondent
___________________________________________________________________
CORAM:
BECKLEY,
R
___________________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
3,
4, 5, 6 & 7 MEI 2004
___________________________________________________________________
GELEWER
OP:
17
JUNIE 2004
___________________________________________________________________
Die
applikante hierin is die likwidateurs van BSM Marketing Management
(Edms) Bpk, ‘n maatskappy wat op 4 November 2002 in finale
likwidasie geplaas is. In hul voormelde hoedanigheid as liwidateurs
het hulle die Hof op 14 Maart 2003
ex
parte
genader om ‘n bevel
nisi
wat, onder andere, die volgende behels het:
“
2.1 Dat
dit verklaar word dat BSM Marketing Management
(Edms)
Bpk ‘n onwettige skema bedryf het op een of meer of almal van die
volgende basisse:
2.1.1 deurdat dit ‘n onwettige
piramidale beleggerskema was;
2.1.2 deurdat
dit ‘n onwettige skema was soos in die vooruitsig gestel in
Regulasie 1135, uitgevaardig in terme van artikel 12(6)
van die Wet
op Verbruikersake (onbillike sake praktyke) Wet No. 71 van 1988, soos
gepubliseer in Staatskoerant 20169 gedateer 9 Junie
1999;
2.1.3 deurdat dit onwettig bedryf
was op ‘n wyse strydig met die bepalings van artikel 11 van die
Bankwet, Wet No.94 van 1990;
2.1.4 deurdat dit op ‘n
onwettige bedrieglike wyse bedryf is, met die oogmerk om die
beleggingspubliek te mislei.
2.2 Dat dit verklaar word dat die
respondente deelgeneem het aan die voormelde onwettige skema van BSM
Marketing Management (Edms)
Bpk, alternatiewelik dat hulle willens en
wetens begunstigdes was van gemelde onwettige skema;
2.3 Dat die respondente
gesamentlik en afsonderlik, die een betaal die ander kwytgeskeld te
word, aanspreeklik gestel word vir die
skulde van BSM Marketing
Management (Edms) Bpk, ingevolge die bepalings van artikel 24(1) van
die Maatskappewet, Wet No.61 van 1973,
in die bedrag van
R50 410 095,00.
2.4 Alternatiewelik tot 2.3, dat
die respondente ingevolge die bepalings van artikel 423 van die
Maatskappyewet gelas word om gesamentlik
en afsonderlik, die een
betaal die ander kwytgeskeld te word, die bedrag van R50 410 095,00
aan die applikante in hul hoedanigheid
as likwidateur van BSM
Marketing Management (Edms) Bpk terug te betaal.
2.5 .........
2.6 .........
2.7 .........
2.8 Dat magtiging aan die
applikante verleen word vir die openbaarmaking en gebruik van die
getuienis wat afgelê is voor die Kommissie
van Ondersoek, asook
magtiging aan die applikante om hierdie aansoek te kan loods, in
terme van onderskeidelik die bepalings van
artikel 214(7) en artikel
387 gelees met artikel 386 van die Maatskappyewet, Wet No.61 van
1973.”
‘
n
Bevel
nisi
is verleen ooreenkomstig voormelde smeekbedes en dit is voorts gelas
dat die bevel in smeekbedes 2.6, 2.7 en 2.8 hierbo sal dien
as ‘n
tussentydse interdik met onmiddellike werking. Die keerdatum van die
bevel
nisi
wat verleen is, is daarna van tyd tot tyd verleng totdat die aansoek
vir vyf (5) dae ter rolle geplaas is vir die beredenering daarvan.

Die rede vir laasgenoemde is omdat die aansoekstukke intussen
eskaleer het tot 2522 bladsye. Daarbenewens is die oorkonde van die
ondervraging voor adv. H.A.L. Schreuder in opdrag van die Meester van
die Hooggeregshof ook voor die Hof geplaas wat 1207 bladsye
beslaan,
asook die aansoekstukke en uitspraak van ‘n aansoek wat in die
Transvaalse Provinsiale Afdeling aangehoor is deur Van
der Walt, R op
19 Maart 2002 en wat in totaal 1067 bladsye beslaan. Nadat die datum
bepaal is vir die aanhoor van die aansoek, is
betoogshoofde ingedien
van bykans 330 bladsye tesame met kennisgewings van deurhaling van
sekere gedeeltes van die oorkonde.
Alvorens
die betoë van die advokate op die meriete aangehoor kon word, is ‘n
reeks aspekte
in
limine
geopper namens en ten behoewe van die respondente deur onderskeidelik
mnre. Ploos van Amstel en Danzfuss. Vanweë die omvang van
die
argumente van die hoofaansoek en ten einde ‘n verdaging of uitstel
te vermy, wat sou volg indien uitspraak voorbehou moes word
ten
opsigte van enige van die aansoeke wat
in
limine
geopper is, het die Hof slegs ‘n bevinding gemaak ten aansien van
die aspekte wat
in
limine
beredeneer is en aangedui dat redes, indien nodig, later ingedien sal
word. Nadat die betoë rakende die meriete van die hoofaansoek
afgehandel is, is ek versoek om redes te verskaf rakende die
locus
standi
van die applikante en, tweedens, die vraag rakende die
toelaatbaarheid van die verrigtinge voor die Kommissaris.
Ek
handel eerstens met die kwessie van die
locus
standi
van die applikante. Mnr. Ploos van Amstel, namens sommige van die
respondente, en mnr. Danzfuss, namens die oorblywende respondente,
se
argumente rakende hierdie aspek het gewentel om die bepalings van
artikel 386 en artikel 387 van die Maatskappyewet, Wet No.61
van
1973, en was kortliks as volg: Kragtens artikel 387 word voorgeskryf
wat die prosedure is wat deur ‘n likwidateur gevolg moet
word by
die administrasie van die bates van die maatskappy, naamlik om eers
opdragte te neem van die skuldeisers. Indien daar meningsverskil
bestaan onder die skuldeisers, kan die likwidateur by die Meester
aansoek doen om opdragte; wanneer die Meester weier om opdragte
te
gee, kan die likwidateur by die Hof aansoek doen. In die onderhawige
geval blyk dit nie, aldus die betoog, duidelik te wees of
die Meester
versoek is om magtiging te verleen vir die instel van die onderhawige
verrigtinge nie. ‘n Skrywe van die Meester gedateer
14 Maart 2003
word wel aangeheg waaruit die volgende blyk:
“ U
skrywe dateer 25/02/03 verwys.
Vanweë beleidsoorwegings kan ek
nie toestem tot die gebruik van die getuienis indien alle ander
partye daartoe nie kennis ontvang
het nie.
Indien sodanige kennis in die
omstandighede nie gegee kan word nie, kan ek as gevolg daarvan nie
magtiging verleen vir die bring van
die aansoek nie.
Ek laat dit
in die diskresie van die Agbare Hof.”
Betreffende die
brief, meld die eerste applikant in die stawende verklaring die
volgende:
“
In
en as gevolg van voormelde beleidsoorweging van die Meester van die
Hooggeregshof, is dit daarby inbegrepe dat hy nie magtiging
kan
verleen
onder
die bepalings van artikel 387 gelees met artikel 386 van die
Maatskappyewet, Wet No.61 van 1973 nie, en word sodanige magtiging
ten opsigte van die openbaarmaking van gemelde getuienis asook die
loods van hierdie aansoek, eerbiediglik, in die lig van die feite
in
hierdie aansoek vervat, van die Agbare Hof versoek”.
Die
Meester handel nie, na my mening, in die skrywe met verlof of
magtiging om die aansoek te loods nie, aangesien hy nie versoek
is om
sodanige magtiging te verleen nie. Hy handel slegs met die
openbaarmaking van die verrigtinge voor die Kommissaris. Artikel
387
handel met die administrasie van ‘n bate van ‘n boedel en is nie
relevant by oorweging van die
locus
standi
van die likwidateurs nie.
Voorts
het mnre. Ploos van Amstel en Danzfuss betoog dat, kragtens die
bepalings van artikel 386(4) van die Maatskappyewet bepaal
dat die
likwidateurs die bevoegdheid het om in die naam van die maatskappy
enige aksie of geregtelike stappe van ‘n siviele aard
kan instel
onderhewig aan die voorbehoud in artikel 386(4)(a), rakende die
nodige magtiging van die Meester. Na my mening is artikel
386(4)(a)
ook nie op die onderhawige aansoek van toepassing nie, aangesien dit
nie “geregtelike stappe vir die verhaal van bestaande
rekenings”
is nie. Ek is ook verwys na ‘n aantal beslissings, waarmee ek
kortliks wil handel: In
TURNOVER
HOLDINGS (PTY) LTD v SAPHI (PTY) LTD
1997 (1) SA 263
(T)
het Horwitz, AR beslis dat, waar ‘n likwidateur bates van ‘n
maatskappy wou vervreem, hy eers die toestemming van die Meester
moet
verkry, en, indien die Meester sou weier om toestemming te verleen,
die likwidateur die Hof kan nader. Hierdie beslissing handel
dus ook
met die administrasie van die bate van ‘n boedel, en is dus op die
feite geheel en al onderskeibaar van die beginsels wat
ter sprake is
in die onderhawige aansoek.
Daar
is tot ‘n groot mate, as ‘n alternatiewe argument wat die eerste
aspek
in
limine
betref, gesteun op
TOUBKIN
NO v DöNGES NO
1951 (3) SA 72
(T)
waar Blackwell, R ‘n aansoek van die hand gewys het en die
likwidateur gelas het om die koste
de
bonis propriis
te betaal aangesien die (applikant) likwidateur nie beweer het dat hy
gemagtig was om die aansoek te bring nie. In
WAISBROD
v POTGIETER AND OTHERS
1953 (4) SA 502
(W)
het Ramsbottom, R, hom as volg uitgelaat met betrekking tot die
TOUBKIN
-saak:
“
In
Toubkin
N.O. v Dönges N.O.
,
Blackwell, J. held that a liquidator has no power to institute an
“action or other legal proceedings of a civil nature” unless
he
has been authorised by a resolution of creditors and contributories.
He dismissed the application and ordered the liquidator,
who had
brought it without the authority of a resolution, to pay the costs
de
bonis propiis
.
That case undoubtedly supports Mr Munnik’s contention, but it is
in conflict with
Tannenbaum’s
Executors and Tannenbaum v Quakley and Liquidator of Varachia Store
(Pty) Ltd
.,
1940 WLD 209
, a case decided by me. In that case a liquidator
applied for leave to intervene as a defendant in an action for
provisional sentence.
It was objected that as he was not duly
authorised to do so by a resolution of creditors and contributories
leave to intervene could
not be granted. The objection was overruled
on two grounds, first that the liquidator had shown that he was duly
authorised to apply
for leave to intervene, and second that the
objection was not one which the plaintiffs were entitled to take. In
dealing with the
second ground I said (at p. 214):
“
Buckley
on the
Companies
Acts
(11th ed., p.419) contains the following statement: ‘The defendant
to proceedings brought by the liquidator in the name of the
company
cannot take the objection that the sanction of the Court has not been
obtained,’ and the authority relied upon by the learned
author,
namely,
Dublin
City Distillery v Doherty
clearly establishes the proposition. Mr
Brink
did not contend that a different rule would apply under the Union
Companies Act, and if a defendant cannot object that a liquidator
who
sues in the name of the company is not duly authorised, then
similarly the objection cannot be taken by the respondent to the
liquidator’s application to intervene”.
This statement
was not
obiter,
it was one of the grounds of the decision. That decision is
supported by
Patel
v Paruk’s Trustee
1944 AD 469
and
Alli
v Premier Timber Co & Another
1952 (1) SA 689
(N). Neither
Tannenbaum
v Quakley
nor
Patel
v Paruk’s Trustee
was quoted by counsel in
Toubkin
NO v Dönges NO
nor was either of those cases mentioned in the judgment; they appear
to have been overlooked. The decision in
Tannenbaum
v Quakley
has not been shown to be wrong. I must therefore consider myself
bound by my own earlier decision and I hold that it is not open
to
the respondents to object that the applicant is not duly authorised
to make this application.”
Die
geleerde skrywer Meskin (
Henochsberg
on the Companies Act
)
som die trefwydte van artikel 386(4) van die Wet as volg op te p.821
infra
:
“
The
failure by a liquidator to obtain the authority requisite for the
purpose is not fatal to any proceedings brought by him against
a
third party because it is not open to the latter to challenge the
liquidator’s authority. As were those of s 130(2)(a) of the
1926
Act, the provisions of s 386(4)(a) have been enacted for the
protection of creditors and members and to prevent the assets of
the
company from being sq
uandered
in useless litigation; if the liquidator were to be unable
effectively to act withouth authority such protection may be
lost;
but if he in fact acts without authority then, as between himself and
the company, he may have to bear the costs personally
......... see
Blou
v Lampert and Chipkin NNO
1973 (1) SA 1
AD at 14-15;
Bowman
NO v Sacks
1986 (4) SA 459
(W) at 461. In
Toubkin
NO v Dönges NO
1951 (3) SA 72
(T) it was held that the liquidator’s lack of
authority was fatal to the proceedings; this conclusion, which was
not followed
in either the
Waisbrod
case
supra
or the
Sifris
case
supra
,
was, it is respectfully submitted, wrong.”
Vergelyk
ook die kommentaar van Blackman en Andere,
Commentary
on the Companies Act
,
Juta Vol.3, par 14 p.330-331.
Na
my mening is die respondente in die omstandighede dus in ieder geval
nie geregtig om die applikante se
locus
standi
te bevraagteken nie, en, vir voormelde redes, is die betrokke punt
in
limine
afgewys.
Vervolgens
moet oorweeg word of die applikante geregtig is om die getuienis wat
voor die Kommissie afgelê is, te openbaar. Die agtergrond
hieromtrent is kortliks as volg: Nadat die applikante aangestel is
as voorlopige likwidateurs, het dit na hul mening duidelik geword
dat
‘n in-diepte ondersoek na die sake van die maatskappy nodig was en
is adv. H.A.L. Schreuder as Kommissaris aangestel. Een
van die terme
van die aanstelling lees as volg:
“
6. Die
inhoud van hierdie aansoek en alle verrigtinge hieropvolgens sal
konfidensieel en privaat gehou word en sal nie openbaar word
sonder
die vooraf magtiging van die Meester van die Hooggeregshof,
Vrystaatse Provinsiale Afdeling nie.”
Voormelde
bewoording stem in breë terme ooreen met artikel 417(7) van die
Maatskappyewet, wat as volg lees:
“
(7) ‘n Ondervraging of
ondersoek kragtens hierdie artikel of artikel 418 en enige aansoek
daarom is privaat en vertroulik, tensy
die Meester of die Hof, hetsy
in die algemeen of ten opsigte van ‘n besondere persoon, anders
gelas.”
Wat
betref die getuienis wat afgelê is voor die Kommissaris, het ek
reeds hierintevore verwys na die bewerings in die stawende verklaring
met betrekking tot die rede daarvoor. Ek het reeds ook hierintevore
verwys na die skrywe van die Meester gedateer 14 Maart 2003.
Mnr.
Danzfuss se betoog rakende die skrywe is dat daar geen aanduiding is
dat kennis van die aansoek nie aan die ander partye -
in
casu
die respondente - gegee kan word nie en dat die Meester derhalwe nie
finaal geweier het om toestemming te verleen tot die openbaarmaking
van die getuienis nie. Ek kan nie met hierdie benadering saamstem
nie, aangesien dit duidelik die applikante se houding was dat vooraf
kennis van die aansoek nie aan die respondente gegee kan word nie, en
klaarblyklik was die skrywe van die applikante se prokureurs
aan die
Meester gedater 25 Februarie 2003 ook tot daardie effek. Na my
mening het die Meester nie voorsien of verwag dat die applikante
aan
die respondente kennis sal gee van die aansoek en dan die Meester
daarna weer versoek om toestemming te verleen nie, aangesien
die
Meester nie in daardie omstandighede te kenne sou gegee het dat hy
dit oorlaat aan die Hof se belissing om magtiging te gee nie.
Die
houding van die Meester was derhalwe dat hy finaal weier om die
nodige toestemming te gee en dat hy dan die applikante uitnooi
om die
Hof te nader. Eerste en vierde respondente se houding dat hulle hul
lot bekla het omdat hulle onder die indruk gebring is
dat die
ondervraging vertroulik sal bly toe hulle getuienis afgelê het, is
nie na my mening van wesenlike belang nie. Die getuienis
wat afgelê
is deur, in die besonder eerste en vierde respondente, is getuienis
wat onder eed afgelê is en dit is ondenkbaar dat
hulle getuienis sou
verskil indien hulle besef het dat dit later openbaar sou word.
Daarbenewens was hulle ook verplig om op alle
vrae wat aan hulle
gestel is voldoene antwoorde te verskaf. Vir voormelde redes is die
tweede aspek wat
in
limine
geopper is, derhalwe ook beslis teen die respondente. Soos
hierinlater sal blyk, neem ek glad nie die getuienis wat voor die
Kommissaris,
Schreuder, gelei is in aanmerking wanneer die
hoofaansoek oorweeg word nie.
Die
regsverteenwoordigers was
ad
idem
dat sekere feitegeskille bestaan wat sommige van die smeekbedes van
die hoofaansoek betref en dat dit nie op die stukke beslis kan
word
nie. Wat die hoofaansoek betref, is ek dus voornemens om sekere
geskille te verwys vir die aanhoor van mondelinge getuienis.
Die
vraag van die toelaatbaarheid van die getuienis wat afgelê is voor
die Kommissaris en die bewyswaarde daarvan is aspekte wat
derhalwe by
die verhoor beslis kan word en meen ek dat dit nie raadsaam is dat ek
op hierdie stadium enige mening uitspreek met betrekking
tot die
toelaatbaarheid van die getuienis van een deponent teen ‘n ander of
die bewyswaarde daarvan nie.
Ek
handel vervolgens met die hoofaansoek. Mnr. Zietsman se betoog was
dat paragraaf 2.1 van die bevel
nisi
bekragtig kan word en het toegegee dat, wat die balans van die
smeekbedes betref, dit verwys moet word vir die aanhoor van
mondelinge
getuienis. Mnre. Ploos van Amstel en Danzfuss het aan die
hand gedoen dat die bevel
nisi
opgehef moet word, vanweë die feitegeskille asook die feit dat die
applikante nie aangetoon het dat hulle ‘n saak uitgemaak het
vir
bekragtiging van die bevel
nisi
nie.
Wat
betref die werkswyse van Blueskeye en dié se opvolger, BSM Marketing
Management (Edms) Bpk, die huidige maatskappy in likwidasie,
bestaan
daar ‘n wesenlike feitegeskil. Die applikante beweer dat ‘n
piramideskema bedryf is, terwyl die respondente beweer dat
hulle op
‘n behoorlike en regmatige wyse beleggersgelde aangewend het om
blokke aandele in voorgenoteerde maatskappye vir en namens
die
beleggers gekoop en daarna teen ‘n wins verhandel het. Die wyse
waarop ‘n Hof moet handel met ‘n feitegeskil, is as volg
uiteengesit deur Corbett, AR, soos hy destyds was, in
PLASCON-EVANS
PAINTS LTD v VAN RIEBEECK PAINTS (PTY) LTD
[1984] ZASCA 51
;
1984 (3) SA 623
(A) te 634H
:
“
It seems to
me, however, that this formulation of the general rule, and
particularly the second sentence thereof, requires some clarification
and, perhaps, qualification. It is correct that, where in
proceedings on notice of motion disputes of facts have arisen on the
affidavits,
a final order, whether it be an interdict or some other
form of relief, may be granted if those facts averred in the
applicant’s
affidavits which have been admitted by the respondent,
together with the facts alleged by the respondent, justify such an
order.
The power of the Court to give such final relief on the
papers before it is, however, not confined to such a situation. In
certain
circumstances the denial by respondent of a fact alleged by
the applicant may not be such as to raise a real, genuine or
bona
fide
dispute of fact (see in this regard
Room
Hire Co (Pty) Ltd v Jeppe Street Mansions (Pty) Ltd
1949 (3) SA 1155
(T) at 1163-5;
Da
Mata v Otto NO
1972 (3) SA 858
(A) at 882D-H). If in such a case the respondent has
not availed himself of his right to apply for the deponents concerned
to be
called for cross-examination under Rule 6(5)(g) of the Uniform
Rules of Court (
cf
Petersen
v Cuthbert & Co Ltd
1945 AD 420
at 428;
Room
Hire
case
supra
at 1164) and the Court is satisfied as to the inherent credibility of
the applicant’s factual averment, it may proceed on the basis
of
the correctness thereof and include this fact among those upon which
it determines whether the applicant is entitled to the final
relief
which he seeks ....... Moreoever, there may be exceptions to this
general rule, as, for example, where the allegations or
denials of
the respondent are so far-fetched or clearly untenable that the Court
is justified in rejecting them merely on the papers
....”
In
ADMINISTRATOR,
TRANSVAAL AND OTHERS v THELETSANE AND OTHERS
[1990] ZASCA 156
;
1991 (2) SA 192
(A)
het Botha, AR die posisie as volg saamgevat te
197A:
“
For
my purpose it is enough to s
ay
that in motion proceedings, as a general rule, decisions of fact
cannot properly be founded on a consideration of the propabilities,
unless the Court is satisfied that there is no real and genuine
dispute on the facts in question, or that the one party’s
allegations
are so far-fetched or clearly untenable as to warrant
their rejection merely on the papers, or that
viva
voce
evidence would not disturb the balance of propabilities appearing
from the affidavits.”
Sien
ook
1982
(3) SA 893
(
ASSOCIATED
SOUTH AFRICAN BAKERIES (PTY) LTD v ORYX & VEREINIGTE BÄCKEREIEN
(PTY) LTD EN ANDERE
A) te 923G
waar Botha AR dit as volg saamvat:
“
As
algemene uitgangspunt
kan ‘n applikant in mosieverrigtinge op finale regshulp van die
soort wat hier ter sprake is op die stukke en sonder die aanhoor
van
mondelinge getuienis aanspraak maak slegs as dit blyk dat hy op
sodanige regshulp geregtig is op grondslag van die bewerings
wat
gemaak word deur die respondent en sodanige van die applikant se
bewerings as wat deur die respondent erken word .... Ek sal
na
hierdie posisie verwys as die algemene reël wat geld by
mosieverrigtinge. Op die algemene reël is daar wel uitsonderings,
soos
bv waar die bewerings of die ontkennings van die respondent so
vergesog of klaarblyklik onhoudbaar is dat die verwerping daarvan
bloot op die stukke geregverdig is.”
Mnr.
Ploos van Amstel se betoog in hierdie verband was dat die vraag of
paragraaf 2.1 van die kennisgewing van mosie bekragtig behoort
te
word, dus beoordeel moet word op die opponerende verklarings van die
eerste en vierde respondente. Uiteraard behoort nie na die
gemelde
verklarings in isolasie gekyk word nie, maar teen die agtergrond van
die bewerings gemaak in die stawende verklarings, tesame
met die
aanhangsel daartoe. Ek meen egter dat dit aangewese is dat die
verslae van Deloitte & Touche asook die getuienis wat
tydens die
ondervraging voor die Kommissaris afgelê is, buite rekening gelaat
(behoort te) word en om dan te bepaal, teen voormelde
agtergrond van
die stawende stukke, of die weergawe van die respondente dermate
vergesog en onhoudbaar is dat dit bestempel kan word
as inherent
onwaarskynlik en dat dit vir daardie rede verwerp kan word. Ek is
nie gevra om die bekragtiging van smeekbede 2.1 van
die kennisgewing
van mosie te verwys vir die aanhoor van mondelinge getuienis nie.
Mnr. Zietsman se betoog was dat smeedbede 2.1
óf bekragtig óf
opgehef behoort te word en het hy uiteraard die Hof versoek om dit te
bekragtig. Om te bepaal of dit bekragtig
behoort te word, is ek
voornemens om slegs te let op die inhoud van die opponerende
verklarings van, in die besonder, die eerste
en tweede respondente,
tesame met die aanhangsels daartoe.
Die feitelike
agtergrond wat aanleiding gegee het tot die aansoek kan kortliks as
volg saamgevat word: Eerste respondent het grootgeword
in die
Edenburg distrik. Hy was talle jare betrokke by die
boerdery-gemeenskap en was terdeë bewus van die moeilike finansiële
omstandighede waaronder die boere gebuk gegaan het. Gedurende die
begin van 1999 het hy met ene Pretorius van die Management Advisory
Trust in verbinding getree. Pretorius het aan hom verduidelik hoe
winste gegenereer kan word deur beleggings te doen in die
kapitaalmarkopsies.
Nadat hy hom vergewis het van die detail, het hy
die hele skema rakende kapitaalmarkopsies met die boere bespreek en
dit aan hulle
verduidelik. Hulle het belanggestel om betrokke te
raak en hy het voorgestel dat die beleggings aan hom gemaak word, dat
hy die
beleggings van die hoofsaaklik boeregemeenskap in “hulpfondse”
sal groepeer en dat hy dan op ‘n maand tot maand basis die geld
vanuit die hulpfonds oorbetaal aan Management Advisory Trust sodat
laasgenoemde beleggings op die kapitaalmark kan doen met die geld
wat
die boere by hom, eerste respondent, inbetaal het. Hy het as
besigheidsnaam besluit op JKB Finansiële Beleggings (vyfde
respondent)
en het daarna begin om beleggings te neem en kwitansies
uit te reik. Hy het gebruik gemaak van sy eie spaarrekening te Absa
Bank,
Edenburg. Die meerderheid van die beleggers, indien nie almal
nie, se beleggings is aan eerste respondent handeldrywende as JKB
Beleggings in kontant betaal, dit wil sê banknote. Vanuit daardie
rekening is vanaf Juniemaand 1999,
R148 000,00
oorbetaal na Management Advisory Trust, R301 000,00 op 8 September
1999 en R73 000,00 op 26 November 2000. In totaal
het hy ‘n bedrag
van R572 100,00 by die Management Advisory Trust belê wat ‘n
totale opbrengs gelewer het van R680 439,27.
Gedurende Junie 1999
het die eerste respondent gevoel dat hy meer kennis behoort in te win
rakende beleggings in aandele en het hy
te hore gekom van ‘n
beleggingsbesigheid wat in die Goudveld bedryf is deur ene Jurie
Erwee. Erwee het onder die naam en styl
van Stilbo Stocks in
buitelandse waarborge belê en het aansienlike opbrengs gewaarborg:
minstens 50% opbrengs is uitgekeer na 4
tot 6 maande. Op 17 Augustus
1999 het die een-en-twintigste respondent, klaarblyklik met die
medewerking van die eerste respondent,
R300 000,00 by Stilbo Stocks
belê. Opeenvolgende beleggings is namens en ten behoewe van kliënte
deur bemiddeling van die eerste
respondent by Stilbo Stocks belê in
‘n totale bedrag van R7 627 543,00. Ten aansien van elkeen van die
beleggers is ‘n sertifikaat
van ontvangs uitgereik, ingevolge
waarvan 50% groei op die belegging gewaarborg was binne 4 tot 6
maande. Die opbrengs is deur Stilbo
Stocks oorbetaal aan Nelfin
Makelaars, wat dit dan aan JKB Finansiële Beleggings oorgedra het
vir verrekening aan eerste respondent
se kliënte. Die geld is met
gereelde tussenposes van 4 tot 6 maande uitbetaal en die gewaarborgde
opbrengs is deurgaans gehandhaaf.
Ongelukkig, aldus die eerste
respondent, het Jurie Erwee hom aan die einde van 2000 meegedeel dat
hy die beleggingsbesigheid gaan
staak. Stilbo Stocks was op daardie
stadium R4 973 720, 19 aan JKB Finansiële Beleggings se kliënte
verskuldig. Geen sent van
voormelde bedrag is ooit terug ontvang
vanaf Stilbo Stocks nie, aangesien Blueskeye die totale besigheid van
JKB Finansiële Beleggings
oorgeneem het, het Blueskeye die
verpligtinge van Stilbo Stocks oorgeneem.
Benewens beleggings
te maak by Stilbo Stocks, is ander beleggings deur die eerste
respondent gemaak by ander maatskappye, onder andere,
YTECH en
Blueskeye en het hy, op die stadium toe hy die slegte nuus verneem
het vanaf Erwee rakende Stilbo Stocks, reeds persoonlik
R1,7-miljoen
aan kommissie verdien uit beleggings wat hy by YTECH gemaak het.
Eerste respondent was bereid om R867 713,20 van sy
eie fondse aan te
wend om kliënte te betaal wat geld by Stilbo Stocks belê het,
latende ‘n balans van R4 106 006,90. Blueskeye
het daarna YTECH
aandele aan die beleggers in Stilbo Stocks laat uitreik vir
laasgenoemde bedrag.
Intussen,
en wel op 31 Augustus 2000, het eerste respondent vir vierde
respondent ontmoet. Op daardie stadium was vierde respondent
nog in
diens van YTECH Holdings Bpk, maar het hy later Spazago Management
Services BK h/a Blueskeye (sesde respondent) begin om
as onafhanklike
party aandele van YTECH te bemark. Eerste en vierde respondente het
kort na hulle ontmoet het, besluit om kragte
saam te snoer en het
Blueskeye Private Equity (Edms) Bpk, die agste respondent, die lig
gesien. Luidens vierde respondent se verklaring,
is ‘n
rakmaatskappy, Tresso Trading 251 (Edms) Bpk (sewende respondent)
aangekoop en is die naam verander na Blueskeye Private
Equity (Edms)
Bpk wat geïnkorporeer is op 26 Maart 2001, met die eerste en vierde
respondente as enigste direkteure. Eerste respondent
sou die
Bloemfontein kantoor hanteer, met ander woorde beleggings inneem,
terwyl vierde respondent in Kaapstad die aankope van ongenoteerde
aandele sou hanteer. Eerste respondent beklemtoon die feit dat geen
belegger of koper van aandele deur bemiddeling van Blueskeye
enige
illusies gehad het rakende hul beleggings nie: Hulle het geweet dat
die geld wat hulle belê
via
JKB Beleggings en
via
Blueskeye gebruik word om ongenoteerde aandele aan te koop in
opkomende maatskappye, welke aandele weer teen ‘n wins op die ope
mark oor die toonbank oftewel “Over the Counter” of “OTC”
verhandel is, wat ‘n hoë opbrengs “gewaarborg” het, in die
sin
dat beleggers 45% wins sou ontvang op hul kapitaal binne ‘n periode
van 4 tot 6 maande. Benewens die feit dat beleggers deurgaans
45%
wins ontvang het op hul beleggings, het eerste respondent kommissie
verdien op die aankope van YTECH aandele en wel in die bedrag
van R1
683 040,61 vir die tydperk 31 Augustus 2000 tot 2 Februarie 2001, en
het hy ook kommissie verdien in die bedrag van R1 161
314,48
gedurende die tydperk 3 Februarie 2001 tot en met 16 Maart 2002.
Vierde respondent
handel in sy opponerende verklaring breedvoerig met die werksaamhede
van Blueskeye. Hy verduidelik dat Blueskeye
‘n aktiewe rolspeler
was in die waagkapitaalmark, wat hoofsaaklik daarop gemik was om nuwe
opkomende maatskappye te ondersteun
en te kapitaliseer. Sodanige
“start-up” maatskappye neem gewoonlik drie jaar om hulle tot by
wasdom te neem en maak gewoonlik
vir die eerste tydperk ‘n verlies
voordat dit gelykbreek en dan daarna begin (om) wins te lewer. Hy
verduidelik die werksaamhede
van Blueskeye as volg:
“
37.24 Die
hoë risiko van die belegger, bring egter ook die potensiaal van
buitengewone hoë opbrengste en winste: Wanneer ‘n belegger
op die
“grondvloer” inkom, is die beloning vir die risiko wat hy geneem
het om die nuwe of opkomende maatskappy te ondersteun,
gewoonlik baie
groot, veral wanneer die maatskappy later op ‘n sekuriteite of
effekte beurs genoteer word. In so ‘n geval vind
publieke
verhandeling van die aandele plaas ooreenkomstig markpersepsies en
markkragte wat ‘n maklike uitgang (“exit”) verseker
en hoë
opbrengste, veral indien die belegger ‘n groot blok ongenoteerde
aandele teen lae waarde kon inkoop (omdat die maatskappy
nog nie ‘n
wins geskiedenis het nie) en dit dan later teen ‘n aansienlike
premie kan verkoop. ......
37.33 Soos
hierinlater meer volledig aangetoon, het Blueskeye Private Equity
(Edms) Bpk sake gedoen deur blokke aandele teen afslagpryse
namens en
behoewe van kliënte aan te koop, dit as genomineerde van daardie
kliënte ooreenkomstig ‘n skriftelike volmag in ‘n
poel te hou,
aan opvolgende kopers te verhandel en om terselfdertyd die maatskappy
waarin aandele opgeneem is, finansieel te ondersteun
vir doeleindes
van suksesvolle notering van daardie aandele, wat enorme opbrengste
sou verseker .....
(g) Die direksie van ‘n
ongenoteerde maatskappy besluit naamlik self oor die waarde van die
maatskappy se ongenoteerde aandele aan
die hand van toekomstige
verdienste .... wat bepaal word aan die hand van konserwatiewe
winsprojeksies;
(h) Blueskeye Private Equity
(Edms) Bpk, die agste respondente hierin, het nie die reg om van ‘n
direksie te verskil aangaande die
prys van ongenoteerde aandele nie:
die keuse is eenvoudig, of daardie aandele word teen die bepaalde
prys opgeneem, of ‘n ander
maatskappy se aandele word aangekoop.
Wat Blueskeye Private Equity (Edms) Bpk egter wel met uitnemende
hoogte suksesvol bewerkstelling
het, was om sogenaamde “deep
discounting” met sodanige direksies te beding, deurdat aandele in
blokke aangekoop is wat groot
diskonto’s in die hand gewerk het
(sogenaamde “wholesaling”). Hierdie blokke aandele word verder
meer nie in ‘n enkele maatskappy
aangekoop nie, maar in meerdere
“start-up companies” ten einde die risiko te versprei, soos
hierbo uiteengesit. .....
39.5 Ons het ‘n maksimum
geplaas op die opbrengs wat ‘n verkoper van aandele op sodanige
verkoop sou kry (“cap”), tot ‘n
maksimum van 45%. Hierdie
bo-perk het slegs gegeld ten aansien van die opbrengs wat die
verkoper van die aandele gekry het: Inderwaarheid
is die aandele
egter teen ‘n veel groter wins verhandel, waaruit kommissies,
administrasiekoste en dies meer geneem is, sodat die
koper van
aandele altyd waarde vir sy koopsom gekry het. Indien ‘n persoon
vir Blueskeye byvoorbeeld opdragte sou gee om namens
en ten behoewe
van hom ongenoteerde aandele ten bedrae van R10 000,00 aan te koop,
het hy die volle waarde van R10 000,00 ontvang
in ongenoteerde
aandele. Baie van die aankopers was boere en hul fondse is in ‘n
gesamentlike hulpfonds geplaas sodat aankope
van aandele per blok
gedoen kon word, wat Blueskeye in staat gestel het om aandele teen ‘n
sterk diskonto aan te koop, en sodoende
wins te behaal vir die
aandeelhouer wanneer hy sy aandele verkoop.
So byvoorbeeld, kon Blueskeye
daarin slaag om ‘n prys van 16 sent by YTECH Holdings Bpk te
beding, terwyl die aandele van daardie
maatskappy op daardie stadium
oor die toonbank verhandel het teen 25 sent: dit was die heersende
OTC-prys, maar Blueskeye het dit
teen ‘n sterk diskonto bekom.
.....
49.7 By herverkoop van daardie
aandele, selfs indien die maatskappy genoteer sou word teen ‘n
aansienlike premie, sou daardie aandele
egter steeds in opdrag van
die aandeelhouer namens hom verhandel word, maar sou die aandeelhouer
steeds nie meer as 45% wins op sy
aandele-transaksie neem nie; die
addisionele wins sou teruggeploeg word in die maatskappy self, wat
die waarde en potensiaal van
die maatskappy sou vergroot en sodoende
waarde sou skep vir aandeelhouers en ook vir die maatskappy.”
Vierde respondent
verduidelik voorts dat Blueskeye namens en ten behoewe van kliënte
aandeelportefeuljes bekom het in verskeie maatskappye,
wat in
verskillende stadia van ontwikkeling was: sommige was reeds sterk
winsgewend, en op die punt van notering; ander was in ‘n
ontwikkelingsfase en ander was by gelykbreekpunt. Dit was duidelik
Blueskeye se doelwit om ‘n sterk belang en verteenwoordiging
in
swart bemagtigingsmaatskappye te bekom. Blueskeye Private Equity
(Edms) Bpk is later – die datum blyk nie uit die stukke nie
-
omskep in BSM Marketing (Edms) Bpk, die maatskappy waarvan die
applikante tans die likwidateurs is. Vierdie respondent sit in
sy
verklaring ook uiteen welke aandeelhouding Blueskeye gehou het kort
voor Januarie 2002, toe die werksaamhede daarvan gestaak is.
Die
aandeelhouding is, aldus vierde respondent, in onder meer Duka
Holdings Bpk, Eclipse-New Media Agency (Pty) Ltd, Airless Tyres
South
Africa Limited, The United Arbitration Forum Holdings Limited, Tactec
(Pty) Ltd en Africa’s Best 177 Beperk. Vierde respondent
meld
ongelukkig nie wanneer of op welke stadium of datums voormelde
aandele aangekoop is of teen watter prys nie.
Dit
het tydens beredenering van die aansoek geblyk hoofsaaklik uit die
betoog van mnr. Ploos van Amstel, dat Blueskeye beleggersgelde
slegs
in drie entiteite belê het, naamlik YTECH Holdings, The United
Arbitration Forum en Africa’s Best 177 Holdings Ltd. Voormelde
betoog van mnr. Ploos van Amstel was strydig met die indruk wat
ekself (en so ook mnr. Zietsman namens die applikante) gehad het
aangesien nóg eerste respondent nóg vierde respondent dit enigsins
uitdruklik vermeld. My eie indruk was dat beleggersgelde belê
is
deur Blueskeye in die maatskappye waarin vierde respondent beweer
Blueskeye ‘n belang gehad het, byvoorbeeld Duka Holdings (12%
belang), Airless Tyres SA (5% belang), Duka Information Technology
Ltd (7%). Voormelde indruk dat beleggersgelde inderdaad nie net
in
drie entiteite gekoop is nie, blyk uit die volgende passasie van die
vierde respondent:
“
(dd) Op
Aanhangsel A
H95(A)
word aangedui dat die bedrag van R21 476 423,60 aan opkomende
maatskappye uitbetaal is ten aansien van die aankoop van blokke
ongenoteerde aandele, soos uiteengesit word in Aanhangsel AH98
hiertoe.”
Voormelde
aanhangsels wat aangeheg is tot Huysamen se verklaring, toon
allermins dat blokke ongenoteerde aandele gekoop is in slegs
bogemelde drie maatkappye, en toon inderdaad aan dat daar ook belê
is in maatskappye soos
Airless
Tyres SA, Duka Holdings Ltd, en Duka Information Technology. Ek sal
vir doeleindes van hierdie aspek, aanvaar dat beleggersgelde
slegs in
drie maatskappye belê is, soos aanvanklik deur mnr. Ploos van Amstel
aan die hand gedoen of slegs twee maatskappye, soos
hy in sy
aanvullende betoogshoofde uiteengesit het, naamlik YTECH en The
United Arbitration Forum, ondanks die bewering van vierde
respondent
dat hy gedien het op al die maatskappye waarin beleggings gemaak is
se direksies, terwyl hy op sy eie weergawe ‘n direkteur
was van
onder andere Duka Holdings, Eclipse-New Media Agency, Duka Media
Holdings, Airless Tyres SA, maar inderdaad nie van YTECH
nie. Voorts
meld die vierde respondent uitdruklik dat “opeenvolgende
verhandelings van die ongenoteerde aandele het in die
aandeelhouerspoel
plaasgevind ooreenkomstig ‘n bestuurde
toedelingsrekening”, met ander woorde dat aandele klaarblyklik
nooit aan buitestaanders
verkoop of verhandel is nie, maar by
herhaling, telkens weliswaar teen ‘n hoër prys wat deur die
direksie van die ongenoteerde
maatskappy bepaal is, aan latere
beleggers. Daar is geen sprake van verhandeling van beleggers se
aandele aan kopers wat nie
via
JKB Beleggings geld belê het nie. Vierde respondent erken ook dat
kontant- transaksies plaasgevind het in dié sin (soos beweer
deur
applikant) dat nuwe beleggers se kontant nie in die spaarrekening van
JKB, eerste respondent of Blueskeye se bankrekening gedeponeer
is
nie, maar om vroeëre beleggers in kontant uit te betaal. Dit word
ook nie deur eerste of vierde respondent betwis dat hierdie
kliënte
wat op ‘n stadium wou aandele koop, wel soms aandele by bestaande
aandeelhouers gekoop het nie.
Voorts
blyk dit uit vierde respondent se verklaring dat ‘n skrywe deur
Blueskeye ontvang is gedateer 16 Oktober 2001 waarin die
Registrateur
van Banke beweer dat hy vermoed dat Blueskeye die besigheid van ‘n
bank bedryf. ‘n Paar dae later het mnre. Alberts,
Spies en Stander
by die Blueskeye kantore te Bloemfontein aangemeld, gewapen met
aanstellings van die Vise-President van die Reserwe
Bank. Hulle het
as inspekteurs namens die Reserwe Bank telefonies in verbinding
getree met Blueskeye se kliënte en sakevennote.
Die gevolg was dat
Blueskeye sy verhandeling van ongenoteerde aandele moes terughou. In
die proses is sakevertroue ernstig geskaad
en het van die maatskappye
begin swaarkry omdat Blueskeye hul kapitalisering- en bedryfskostes
moes terughou. Vanweë die feit dat
Blueskeye sy sake-aktiwiteite en
investering moes staak, het verskeie maatskappye, wat daardie
befondsing broodnodig gehad het finansieel
ondergegaan en is
maatskappye wat op daardie stadium kapitaalkragtig was, gelikwideer,
onder andere, The Shopping Matrix.Com, YTECH
Holdings Bpk,
Insectonet, Airless Tyres SA. Ander maatskappye waarin Blueskeye
belê het, is tans dormant, soos byvoorbeld Eyedea,
Duka Oil (Pty)
Ltd, Tactec en Dual Elements.
In
die lig van die voormelde bewerings van die eerste en vierde
respondente onderskeidelik in hul beëdigde verklarings, moet die
vraag beantwoord word of ‘n
bona
fide
feitegeskil bestaan tussen die applikante en die respondente. Indien
wel, moet die bevel
nisi
opgehef word. Indien die feitegeskil nie
bona
fide
is nie, en die bewerings of ontkennings van die respondente so
vergesog is of klaarblyklik onhoudbaar is dat die verwerping daarvan
bloot op die stukke geregverdig is, is die applikante geregtig op
bekragtiging van paragraaf 2.1 van die kennisgewing van mosie.
Ek
het tot die gevolgtrekking geraak, na deeglike oorweging van die
bewerings in die respondente se stukke, dat die weergawes van
eerste
en vierde respondente inderdaad bestempel kan word as vergesog en
onhoudbaar, en dat daar nie ‘n wesenlike en
bona
fide
feitedispuut bestaan nie. Die redes vir voormelde bevinding is die
volgende:
1. Ek
sal aanvaar dat hierdie Hof nie geregtelik kennis kan neem van
rentekoerse nie, enersyds omdat die omvang van geregtelike kennis
baie gering is (
ROWE
v ASSISTANT MAGISTRATE, PRETORIA
1925 TPA 361 te 368
)
en andersyds dat, soos wisselkoerse verskil van tyd tot tyd,
rentekoerse ook wissel en daarom nie ‘n alombekende feit is nie
(vgl.
BARCLAYS
BANK OF SWAZILAND v MNYEKETI
1992 (3) SA 425
(W)
).
Die Hof kan egter geregtelike kennis neem van die persentasie
rentekoerse soos afgekondig in die Staatskoerant van tyd tot tyd
uit
hoofde van die bepalings van die Woekerwet, Wet No. 73 van 1968. In
Staatskoerant 20997 van 24 Maart 2000 is die rentekoerse
van 22%
afgekondig vir doeleindes van artikel 21(1) van die Woekerwet. In
Staatskoerant No. 22631 van 7 September 2001 is die rentekoers
verminder na 21% (waar die geldwaarde van die hoofskuld R10 000,00
oorskry) en in Staatskoerent No. 22801 gedateer 9 November 2001
is
die rentekoers verminder na 20% in soortgelyke gevalle. As verdere
maatstaf meen ek dat gelet kan word op die
moratore
rentekoers, wat te alle tersaaklike tye hiertoe 15,5% per jaar was.
Daarteenoor is die rentekoerse wat in die onderhawige saak ter
sprake
is 45% oor ‘n periode van 4 tot 6 maande: op die beste vir die
respondente beteken dit dan dat, indien die kapitaal belê
word vir
‘n periode van 6 maande en daarna, na die verstryking van die
eerste 6 maande vir ‘n tweede termyn van 6 maande, die
rente-opbrengs 90% per jaar is. Die verskil tussen voormelde
rentekoerse van 15,5% tot 22% in terme van voormelde wetgewing en
90%,
is sodanig dat dit onrealisties op sigself voorkom en sonder
twyfel aanduidend is daarvan dat die respondente se weergawe
onrealisties
en nie
bona
fide
is nie.
2. Daar is geen
sprake in die opponerende verklarings van enige aanvangskapitaal
waaroor Blueskeye beskik het of kon aanwend om aandele
te koop in eie
reg uitgesonderd die wins wat op die verhandeling gemaak is nadat die
belegger sy 45% “groei” ontvang het nie.
Daar is ook geen sprake
daarvan dat, terwyl Blueskeye sake gedoen het en blokke aandele
gekoop het namens beleggers, dit enige aandele
namens, of ten behoewe
van buitestaanders gedoen het nie, dit wil sê persone wat nie deur
middel van die hulpfondse of deur JKB
Beleggings gelde belê het nie.
Daar is byvoorbeeld geen aanduiding dat Blueskeye aandele gekoop het
met geld wat nie in die hulpfondse
was of wat nie deur bemiddeling
van die eerste respondent geïn is nie. Aanvanklik, volgens die
Deurlopende Opeenvolgende Verhandelingsregister
in Aandele,
Poel-verband van Toegekende OTC Ongenoteerde Aandele gehou deur
genomineerde, Blueskeye Equity, wat aangeheg is by die
vierde
respondent se verklaring as Bylae “AH74” (p.761 e.v.) blyk dit
dat vanaf 29 Augustus 2000 tot en met 29 November 2000
Blueskeye
slegs by YTECH voorgenoteerde aandele gekoop het, en wel teen 16 sent
per aandeel en dat dit weer verhandel is teen 25
sent per aandeel
gedurende 20 Desember 2000 tot 30 Maart 2001. Anders gestel, is die
“ou beleggers” se geld aangewend om aandele
te koop teen 16 sent
en ‘n paar maande later is die “ou beleggers” se aandele weer
verhandel teen 25 sent aan Blueskeye se
“nuwe beleggers”. Die
winsgrens ten aansien van dié betrokke transaksies, is 56%. Daarna
is die aandele wat deur die “nuwe
beleggers” aangekoop is teen 25
sent per aandeel, gedurende die periode 7 Desember 2000 tot 1
Februarie 2001 verkoop teen 40 sent
per aandeel, met ander woorde met
60% wins. Laasgenoemde verkooptransaksies sou plaasgevind het
gedurende die periode 30 April 2001
tot 29 Junie 2001. Gedurende
die periode 1 Februarie 2001 tot 10 Februarie 2001 is aandele
weereens aangekoop teen 16 sent per
aandeel en op 29 Junie 2001
verkoop vir 25 sent per aandeel. Volgens die vierde respondent se
weergawe sou Blueskeye se inkomste,
nadat die beleggers se wins
“gecap” is teen 45%, aanvanklik (11)% beloop het, en, wat die
daaropvolgende transaksies betref,
waar die aandele verkoop is teen
40 sent, sou Blueskeye se inkomste bestaan uit 15% “wins”, synde
die verskil tussen die 45%
wat aan die belegger uitbetaal word en die
60% wins wat behaal is. Daar is geen aanduiding in die
Verhandelingsregister van YTECH
aandele wat teen 29 sent verhandel
is, soos vierde respondent beweer in paragraaf 60(a)(cc)(viii)
(p.598) nie.
Gedurende die
tydperk 29 Augustus 2000 tot 29 Junie 2001, dit wil sê ‘n periode
van ongeveer 10 maande, was die wins wat Blueskeye
toegeval het,
derhalwe, bereken teen 11 of 15%, ‘n geringe bedrag wanneer
voormelde persentasiepunte in aanmerking geneem word.
Uit winste
Blueskeye toegekom, sou Blueskeye nie eers in staat gewees het om 20%
kommissie, soos die eerste respondent beweer hy
geregtig was om te
ontvang, te betaal nie. Dit blyk ook uit die Verhandelingsregister
dat die aandele in The United Arbitration Forum
aangekoop is vanaf 1
Julie 2001 tot 30 November 2001 en verkoop is in die periode 27
November 2001 tot 26 April 2002, dit wil sê
baie lank nadat die
skrywe van die Registrateur van Banke op 16 Oktober 2001 ontvang is.
3. Benewens
die 45% wins wat terugbetaal is aan die beleggers as rente, het die
groepkoste, dit wil sê kommissies en infrastruktuur
en bedryfskoste
volgens die vierde respondent die bedrag van
R7
834 592,31 beloop. Hy verwys in sy opponerende verklaring na ‘n
aanhangsel gedateer 28 Februarie 2003 (Bylae “AH95(A), p.1223;
Huysamen p.601 paragraaf (ff)). Klaarblyklik sou die “groepkoste”
ook van toepassing gewees het gedurende die eerste 10 maande.
Op die
syfers waarna ek hierbo verwys het, inaggenome die winsgrens, sou dit
onmoontlik gewees het om die agentekommissie te betaal,
en is daar
nie sprake dat daar ‘n
bona
fide
inkomste vir Blueskeye was wat aangewend kon word vir bedryfskoste en
infrastruktuur nie.
4. Dit
blyk ook voorts uit Aanhangsel “AH95(A)” dat die bedrag van R21
467 423,60 aan opkomende maatskappye uitbetaal is. Hierdie
bedrae
moes klaarblyklik betaal word uit die wins wat Blueskeye gemaak het
nadat beleggers 45% na ‘n periode van 6 maande ontvang
het. (Vierde
respondent p.600 (dd), Aanhangsel “A98” p.1305). Die bedrag van
R21 467 423,60 kan net, op die betoog van mnr.
Ploos van Amstel, die
bedrag wees waarmee Blueskeye in eie reg aandele gekoop het, en wat
hulle klaarblyklik nooit gehad het nie.
5. ‘n
Bedrag van R4 106 006,00 van Blueskeye se fondse is aangewend om
YTECH aandele te koop om die skade wat beleggers in Stilbo
Stocks sou
gely het, nadat Stilbo Stocks nie verder uitbetaal het nie, te
vergoed.
6. Wanneer in
gedagte gehou word dat Blueskeye op 26 Maart 2001 geïnkorporeer is,
en dat die werksaamhede gestaak is op 16 Oktober
2001 of kort na die
ontvangs van die brief van die Registrateur van Banke, is dit des te
meer onwaarskynlik dat Blueskeye, benewens
die 45% wat aan beleggers
uitbetaal is, uit hulle eie wins die volgende bedrae kon betaal:
Bedryfskoste ten
bedrae van R 7 834 592,00
Beleggings
in opkomende maatskappye R 21 467 423,00
Stilbo
Stocks
R
4 106 006,00
Totaal
R33
408 021,00
Om
te beweer, soos die respondente doen, dat hierdie tipe opbrengs
gegenereer kon word deur in twee maatskappye blokke aandele te
verkoop, is na my mening nie net vergesog nie, maar met eerbied,
absurd.
7. Die
tydperk waarbinne aandele volgens die Verhandelingsregister aangekoop
is, rym nie met die tydperk waarbinne Blueskeye sake
gedoen het nie:
die Register dui aan dat die aankope gedoen is vanaf 29 Augustus 2000
en die laaste The United Arbitration Forum
-aandele waarvan die
verkoopprys aangegee is, verkoop is op 20 Junie 2001. Daarna, tot en
met 26 April 2002, en derhalwe nadat Blueskeye
reeds sy
bedryfbesigheid moes gestaak het, word die verkoopprys van die pryse
van die aandele in The United Arbitration Forum aangedui
as “TBA”,
met ander woorde, “To Be Announced”.
8. Ondanks die feit
dat beide eerste en vierde respondente beweer dat omsigtigheidnasoeke
gedoen is met betrekking tot al die opkomende
maatskappye waarin
Blueskeye belê het (sien vierde respondent p.509 paragraaf 38), is
daar geen aanduiding dat dit wel gedoen is
in die geval van enige van
die maatskappye waarin belê is nie. Daarom is dit myns insiens nie
vreemd dat die maatskappye waarin
belê is, feitlik almal ondergegaan
het toe Blueskeye sy befondsings gestaak het nie. Die afleiding is
onweerstaanbaar dat vierde
respondent die maatskappye gestig het
nadat Blueskeye gestig is, met die doel om die betrokke maatskappye,
waarvan hy ‘n direkteur
was, finansieel te ondersteun deur die
beleggersgelde wat Blueskeye veronderstel was om aandele mee te koop
daarvoor aan te wend.
9. Dit is nie maklik
om te verstaan waarom die meerderheid van die beleggings in kontant
inbetaal is by JKB Finansiële Beleggings
se rekening in Edenburg
nie. Weereens is die afleiding na my mening onweerstaanbaar dat die
rede daarvoor was dat die kontant van
die een belegger aangewend is
om vroeëre beleggers te betaal, sonder om aandele met die eerste
beleggers of die tweede stel beleggers
se kontant te koop. Dit, op
sigself, is ‘n kenmerk van ‘n piramidesisteem.
10. Dit
blyk dat alle aandele wat deur Blueskeye namens beleggers aangekoop
is, weer aan latere beleggers verhandel is, en dat daar
geen sprake
is daarvan dat enige aandele, teen watter prys ookal, verkoop is aan
buitestaanders nie. Die aaneenlopende binneverhandeling
van aandele
is duidelik ook ‘n aanduiding dat die respondente besig was om ‘n
piramideskema te bedryf.
Voormelde bevindinge
is gebaseer op mnr. Ploos van Amstel se betoog dat beleggersgelde
slegs aangewend is om aandele te koop in YTECH
en The United
Arbitration Forum en in geen ander maatskappy nie. Ek het reeds
daarop gewys dat dit my persepsie was dat die opponerende
verklarings
van eerste en vierde respondente vatbaar was vir die interpretasie
dat beleggersgelde belê is in opkomende maatskappye
(waarvan vierde
respondent deurgaans ‘n direkteur was) en wat ‘n sterk swart
bemagtigingsagtergrond het, soos byvoorbeeld blyk
uit die raad van
direkteure van die betrokke maatskappye. Indien hierdie persepsie
korrek sou wees, en ek het ‘n sterk vermoede
dat dit inderdaad die
geval was, ondanks mnr. Ploos van Amstel se betoog, is vierde
respondent se weergawe des te meer vergesog vanweë
die volgende
redes:
(a) Al die
maatskappye waarin Blueskeye op hierdie interpretasie van die stukke
belê het, is baie jong maatskappye, wat maar vir
‘n kort periode
bestaan het voordat Blueskeye sy werksaamhede moes staak: Volgens
die registrasienommers van die maatskappye is
vier daarvan gedurende
2000 geregistreer, naamlik Duka Holdings Ltd, Duka Media, ATSA
(Airless Tyres SA) en Africa’s Best 177 Bpk.
Vier ander
maatskappye is so onlangs soos 2001 geregistreer, naamlik Eclipse,
Duka IT, Duka Development en Eyedea. Dit moet in
gedagte gehou word
dat Blueskeye eers op 26 Maart 2001 geïnkorporeer is.
(b) Die
vierde respondent is op sy eie weergawe bewus van die teorie dat ‘n
maatskappy gewoonlik drie jaar (die spreekwoordelike
duisend dae) kan
neem voordat dit gelykbreek;
(c) Indien
vierde respondent beleggersgelde aangewend het om aandele in die
betrokke opkomende maatskappye te bekom, soos hy beweer
Blueskeye met
hulle eie fondse gedoen het, is dit ondenkbaar dat die aandele na 4
tot 6 maande sou kon verkoop teen 45% wins of meer;
vierde respondent
verkies om nie te openbaar wat die datums is waarop voormelde aandele
gekoop is nie.
(d) Indien
beleggersgelde aangewend is om die aandele in jong maatskappye te
koop, met ander woorde indien dit nie Blueskeye se geld
in eie reg
was wat in jong maatskappye belê is nie, maak dit sin dat byna al
die jong maatskappye ondergegaan het toe die vloei
van beleggersgelde
via
Blueskeye na die opkomende maatskappye gestaak is;
(e) Die
feit dat beleggersgelde nie net in die twee voormelde maatskappye,
YTECH en The United Arbitration Forum belê is nie, maar
inderdaad
in die kleiner jonger maatskappye, strook met eerste respondent se
bewering dat hulle (Blueskeye) “aandele in ‘n reeks
maatskappye
opneem”; (p.1471 paragraaf 12.10) en vierde respondent se bewering
dat kliënte se geld in verskeie opkomente maatskappye
belê is
(p.617, paragraaf 71.6).
(f) Eerste
respondent se bewering dat behoorlike en sorgvuldige
omsigtigheidsnasoeke gedoen is in die maatskappye waarin Blueskeye
belê het, dat almal enorme potensiaal getoon het; (p.1462 paragraaf
51.5), terwyl geen sodanige nasoeke gedoen is ten opsigte van
YTECH
en The United Arbitration Forum nie.
Voormelde
interpretasie strook ook met die vierde respondent se bewerings dat
Blueskeye namens en ten behoewe van kliënte aandele
bekom het in
“verskeie” maatskappye; Die maatskappye was in drie stadia:
sommige sterk winsgewend, ander in ‘n ontwikkelingsfase
en ander by
gelykbreekpunt.
(g) Hyself (vierde
respondent) het op die Raad van Direkteure van al die maatskappye
gedien waarin beleggings gedoen is namens beleggers,
terwyl hyself
nooit ‘n direkteur van YTECH was nie, en Blueskeye 61,627,704
aandele in YTECH gehad het. (p.598 paragraaf iv).
Ek
is, uit hoofde van die redes hierbo uiteengesit, oortuig dat dit
bewys is dat BSM Marketing Management (Edms) Bpk ‘n onwettige
skema
bedryf het deurdat dit ‘n onwettige piramidale skema was, en dat
smeekbede 2.1.1 van die bevel
nisi
bygevolg bekragtig behoort te word. Wat betref smeekbede 2.1.2,
naamlik die vraag of dit ‘n onwettige skema was soos in die
vooruitsig
gestel deur Regulasie 1135, uitgevaardig in terme van
artikel 12(6) van die Wet op Verbruikersake (onbillike sakepraktyke),
Wet Nr.
71 van 1988, soos gepubliseer in Staatskoerant 20169 gedateer
9 Junie 1999 meen ek dat, vir dieselfde redes wat hierbo genoem is,
en op vierde respondent se weergawe, dat die besigheid wat deur hulle
bedryf is, bestempel kan word as ‘n onbillike sakepraktyk.
Ek
het reeds hierbo verwys na die aansoek voor Van der Walt, R waarin
die bedrywighede en werksamehede van Blueskeye Private Equity
(Edms)
Bpk ter sprake was en Van der Walt, R bevind het dat die besigheid
wat onder die dekmantel van aandelebeleggings bedryf is,
niks minder
en niks meer was as ‘n bedryf wat strydig is met die bepalings van
artikel 11 van die Bankwet, Wet Nr.94 van 1990
nie. Daar is geen
verskil tussen die werksaamhede van Blueskeye en die wyse waarop die
eerste en vierde respondente die saak van
BSM Marketing Management
(Edms) Bpk bedryf het nie. Insgelyks meen ek derhalwe dat paragraaf
2.1.3 van die bevel
nisi
ook vir dieselfde redes bekragtig behoort te word. Dit volg, na my
mening, dat smeekbede 2.1.4 ook bekragtig behoort te word, aangesien
die werksaamhede van die eerste en vierde respondente, soos hierbo
uiteengesit, die oogmerk gehad het om die beleggingspubliek te
mislei. Die resultaat is dan dat smeekbede 2.1 van die bevel
nisi
in sy geheel bekragtig behoort te word.
Wat
betref die oorblywende smeekbedes, dit wil sê vanaf 2.3 tot en met
2.6, was die regsverteenwoordigers
ad
idem
dat hierdie smeekbedes se beregting verwys behoort te word vir die
aanhoor van mondelinge getuienis. In die lig van die feit dat
smeekbede 2.1 bekragtig word, meen ek dat die applikante geregtig is
op die koste van die aansoek.
Derhalwe
word die volgende bevel verleen:
1. Smeekbede
2.1 van die bevel
nisi
word bekragtig.
2. Die eerste en
vierde respondente word gesamentlik en afsonderlik gelas om die koste
van die aansoek te betaal.
3. Die
geskilpunte wat bestaan rakende smeekbedes 2.2, 2.3, 2.4 en 2.5 van
die bevel
nisi
word verwys vir die aanhoor van mondelinge getuienis ingevolge die
bepalings van Hofreël 6(5)(g) van die Eenvormige Hofreëls.
4. Die
getuienis sal dié wees van enige getuie wat die partye mag verkies
om as sulks te roep, onderworpe aan die voorwaardes soos
uiteengesit
in paragraaf 5 hieronder:
5. Behalwe vir die
getuies in bogenoemde aansoek wat reeds beëdigde verklarings afgelê
het in die aansoek, sal geen party geregtig
wees om getuienis van
enige persoon as ‘n getuie aan te bied nie, tensy:
(a) sodanige party
minstens 10 dae voor die datum waarop die getuienis aangehoor sal
word, aan die teenparty ‘n verklaring beteken
het waarin ‘n
uiteensetting verskaf is ten aansien van die getuienis wat
hoofsaaklik deur so ‘n getuie afgelê sal word:
(b) die
Hof, tydens die aanhoor van die getuienis, verlof aan ‘n party
verleen om sodanige getuie te roep afgesien van die feit
dat geen
sodanige verklaring soos in paragraaf (a) hierbo bedoel,
dienooreenkomstig beteken is nie.
6. Die feit dat ‘n
party ‘n verklaring beteken het ooreenkomstig paragraaf 5 hierbo,
of as getuie gedagvaar word, sal nie ‘n
party verplig om sodanige
getuie te roep in die omstandighede nie.
________________
A.P.
BECKLEY, R
Namens
Applikante
:
Adv
P Zietsman
Bygestaan
deur Adv JG Gilliland
In
opdrag van
Naudes
Namens
1ste, 4de, 5de
Adv
C Ploos van Amstel, SC
6de,
9de, 12de, 15de & 18de
in
opdrag van
Respondente:
Schoeman
Maree Ing.
Namens
2de, 3de, 10de, 11de,
Adv
FWA Danzfuss, SC
13de,
14de, 16de, 17de & 21ste
in opdrag van
Respondente:
Schoeman
Maree Ing.
/scd