S v Mogoloza (A372/2003) [2004] ZAFSHC 66 (17 June 2004)

60 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Appeal — Conviction and sentence — Appellant convicted of housebreaking with intent to steal, possession of stolen firearms, and attempted murder — Appellant's appeal against conviction and sentence dismissed — Evidence established that appellant and co-accused unlawfully entered complainant's home, stole goods, and shot complainant, resulting in serious injury — Sentences considered appropriate in light of the seriousness of the offences and the impact on the victim — Appeal court upheld lower court's findings and sentences as not excessive.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 66
|

|

S v Mogoloza (A372/2003) [2004] ZAFSHC 66 (17 June 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. A372/2003
In
die saak tussen:
PHILLIP
MOGOLOZA
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
___________________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
R.P. et VAN COPPENHAGEN R
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
24 MEI 2004
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN COPPENHAGEN R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
17 JUNIE 2004
___________________________________________________________
[1] In die klagstaat was dit
appellant, wat as beskuldigde 2 siteer was, en sy mede-beskuldigdes
ten laste gelê;
(a) dat hulle op 7 September 2000 die
huis van ene L.H. Pretorius oopgebreek en binnegegaan het met die
opset om goed te steel en
inderdaad goedere gesteel het soos in die
aanhangsel uiteengesit – klagte 1;
(b) dat hulle op 7 September 2000, 1 x Aya haelgeweer, 1
x 12 boor Harrington en Richards haelgeweer en 1 x 308 Musgrave
geweer ter
oortreding van artikel 2 gelees met artikels 39((i)(h),
39(2)(a) en 39(2)(b) van Wet 75 van 1969 besit het – klagte 2; en
(c) dat hulle op 7 September 2000 gepoog het om L.H.
Pretorius te vermoor – klagte 3.
Op voormelde klagtes het appellant en sy
mede-beskuldigdes na arrestasie op 3 November 2000 uiteindelik op 28
Januarie 2002 onskuldig
gepleit.
Appellant en sy mede-beskuldigdes was egter op al drie
die ten laste gelegde klagtes op 12 Desember 2002 skuldig bevind en
op dieselfde
datum gevonnis as volg:
Klagte 1
: 3
jaar gevangenisstraf ingevolge artikel 276(1)(b) van Wet 51 van 1977;
Klagte
2
: 2 jaar
gevangenisstraf ingevolge artikel 276(1)(b) van Wet 51 van 1977; en
Klagte
3
: 12 jaar
gevangenisstraf ingevolge artikel 276(1)(b) van Wet 51 van 1977.
Teen die skuldigbevindings en vonnisse hom opgelê kom
appellant nou in hoër beroep.
[2] In die verhoor was dit gemeensaak dat op 7 September
2000 tussen ongeveer 17:30 en 18:35 in die afwesigheid van mnr. L.H.
Pretorius,
die klaer, toegang tot laasgenoemde se woning op die
plaas Klein Rocklands, distrik Bloemfontein, verkry was. Verskeie
items, onder
andere, twee haelgewere, ‘n .308 jaggeweer, R42,00
kontant, ‘n radio en verkyker met ‘n totale waarde van nagenoeg
R16 800,00
was gesteel.
Met klaer se terugkeer op die plaas om ± 18:35 net
nadat hy by die woning aangekom en uit sy voertuig geklim het, was hy
in die linkerarm
deur ‘n projektiel afkomstig uit ‘n geweer
getref.
Klaer
se linkerarm was as gevolg van die verwonding geamputeer.
[3] Klaer, wat net een aanvaller in die persoon van
appellant se mede-beskuldigde gesien het, het laasgenoemde as die
skut geëien,
en dit terwyl hy nog steeds klaer se 308 jaggeweer in
sy hand gehad het en op klaer gerig gehou het.
[4] Filemon Pelesa was deur die Staat as medepligtige
tot die aanval op klaer beskou en was as sulks ingevolge artikel 204
van Wet
51 van 1977 voor aflegging van getuienis namens die Staat
gewaarsku.
Blykens sy getuienis was appellant en sy
mede-beskuldigdes kort voordat klaer verwond was in besit van twee
vuurwapens, ‘n tang,
‘n radio en ‘n verkyker, wat volgens hulle
mededeling uit klaer se huis geneem was. Appellant het ook gesê dat
hy klaer wou
skiet omdat laasgenoemde aan hom geld skuld.
‘
n Rukkie na voormelde gesprek en mededeling het klaer
met sy voertuig na sy woning gery waarna ‘n geweerskoot deur die
getuie gehoor
was.
[5] Kagiso Dimpane se getuienis, kortliks, was dat
appellant se mede-beskuldgide op ‘n stadium ‘n geweer met ‘n
teleskoop aan
hom gegee het as betaling vir herstelwerk aan sy,
appellant se mede-beskuldigde, se skoene en dat die mede-beskuldigde
en die polisie
later die vuurwapen kom soek het. Hy het ook getuig
dat appellant later tydens ‘n gesprek tussen appellant se
mede-beskuldigde
en homself opgedaag het.
[6] Charles Garing het getuig dat hy die radio wat klaer
as sy gesteelde eiendom geëien het, by appellant gekoop het.
[7] Die Staat het ook getuienis van uitwysings en
mededelings daartydens wat na ‘n binneverhoor as getuienis
toegelaat was, aangebied.
[8] Uit die totaliteit van die aangebode en aanvaarde
Staatsgetuienis is die afleiding onvermydelik dat:
(a) appellant en sy makkers wel klaer se woning
binnegegaan het met die opset om te gaan steel;
(b) dat hulle inderdaad die goedere soos deur klaer
vermis, onder andere ook die vuurwapens, gesteel het, en dit as deel
van die gesamentlike
buit besit het;
(c) dat nadat hulle die goedere gesteel het, dit die
uitgesproke bedoeling en voorneme was om klaer te gaan skiet; en
(d) dat klaer inderdaad deur appellant se
mede-beskuldigde in uitvoering van daardie voorneme geskiet was.
[9] Appellant en so ook sy mede-beskuldiges se getuienis
is tot die effek dat elke Staatsgetuie wat hulle impliseer ‘n
leuenaar
is en dat die Staatsgetuies in ‘n amperse onheilige
alliansie saamgespan het.
[10] Die landdros het appellant en sy
mede-beskuldigdes se getuienis verwerp; ‘n bevinding wat slegs
omvergewerp kan word indien
appellant kan oortuig dat die landdros ‘n
onreëlmatigheid begaan het, hom wanvoorgelig het of dat die
bevinding duidelik verkeerd
is (cf.
J
v S
1998 (2)
All SA 267
(A) te 271C
;
S v FRANCIS
1991 (1) SASV 198 (A) te 204c-e
).
[11] In haar betoogshoofde het adv. Wright, namens die
appellant, nie ‘n enkele aspek gerep of voorgehou waarom die
landdros se
geloofwaardigheidsbevindings met betrekking tot die
uitwysings en die mededelings daartydens, fouteer kon word nie. Ek
kon ook nie
enige mistasting vind nie.
Die getuienis aangaande die uitwysings en die
mededelings daartydens is alleenstaande verdoemend teen appellant en
word die bevinding
van die landdros wanneer gemelde getuienis in
samehang met die ander getuienis oorweeg word, onaanvegbaar.
[12] Die appèl teen die skuldigbevinding kan om
voormelde rede nie slaag nie.
[13] Die opgelegde vonnisse word aangeveg op grond
daarvan dat die landdros nie die appellant as persoon behoorlik
oorweeg het nie,
deur die aard en erns van klagte 3, poging tot
moord, te oorbeklemtoon en dat die kumulatiewe effek van die vonnisse
buitensporig
swaar en onvanpas is.
[14] Die landdros het wat betref die aard en erns van
die misdrywe, veral dan klagte 3, die volgende beklemtoon:
(a) die
toename in voorkoms van die betrokke misdade;
(b) die
feit dat die dade almal vooraf beplan was;
(c) die feit dat klaer sy linkerarm as gevolg van die
aanval verloor het.
Myns insiens kon die landdros byvoeg tot voormelde -
(d) dat klaer mediese koste van nagenoeg R180 000,00
weens die aanval moes aangaan;
(e) die feit dat klaer twee jaar na die voorval nog
steeds pyn moet verduur;
(f) die feit dat klaer se verlies aan goedere in
finansiële terme ongeveer R15 600,00 bedrae; en
(g) die feit dat appellant by klaer gewerk het en van sy
intieme kennis van klaer se bewegings misbruik gemaak het.
[15] Die persoonlike omstandighede van appellant, te
wete dat hy 21 jaar oud en ongetroud is, asook dat hy ‘n eerste
oortreder is
wat bykans twee jaar in aanhouding was en as tuinier
R600,00 per maand verdien het, word deur die verhoorlanddros
aangeteken en was,
so moet aanvaar word, by oorweging van ‘n
gepaste vonnis in aanmerking geneem.
[16] Oplegging van ‘n vonnis is primêr die taak van
die verhoorbeampte wat ‘n diskresie uitoefen. Met daardie
diskresie uitoefening
sal nie ligtelik ingemeng word nie.
[17] Die omstandighede heersend ten
tye van die pleging van die misdrywe, die gesindheid waarmee die
misdrywe gepleeg is en die aard
en omvang en erns van veral die
poging tot moord verg myns insiens dat die strafdoelstellings
voorkoming, afskrikking en retribusie
in ‘n gepaste vonnis
weerklank moet vind. Alles in ag genome is die vonnis van 12 jaar
vir gemelde misdaade opgelê nie buitensporig
nie.
[18] Die vonnis van drie jaar gevangenisstraf opgelê
vir huisbraak met die opset om te steel en diefstal is die
gebruiklike vir gemelde
oortreding. As sulks kan dit nie fouteer word
nie.
[19] Die onwettige besit van ‘n vuurwapen is in die
huidige tyd ‘n ernstige oortreding. Wat die laakbaarheid van die
oortreding
vererger is dat die wapen gesteel was skynbaar met die
doel om die waarlike eienaar daarvan te skiet. Twee jaar
gevangenisstraf
is in die omstandighede nie onvanpas nie.
[20] Die effek van voormelde is dat appellant 17 jaar
gevangenisstraf moet uitdien. Indien die twee jaar wat appellant
verhoorafwagtend
was bygereken word, is die totaal wat hy in die
gevangenis moet deurbring 19 jaar. Negentien jaar mag vir ‘n
eerste oortreder
miskien as ‘n strawwe vonnis voorkom. Die vonnis
wat ek in gedagte het verskil egter nie dermate van die opgelegde
vonnisse dat
laasgenoemde as onvanpas aangemerk kan word nie.
[21] Die
volgende bevele word gemaak:
Die appèl word afgewys. Die skuldigbevindings en
vonnisse word bekragtig.
__________________________
G. VAN COPPENHAGEN R
EK STEM SAAM
___________________
J.P. MALHERBE R.P
Namens
Appellant:
Adv.
G.J.M. Wright
i.o.v.
Regshulpraad
Bloemfontein
Namens
Respondent:
Adv.
N.J. Keulder
i.o.v.
Direkteur:
Openbare Vervolgings
Bloemfontein
/scd