About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 65
|
|
Zwarts v Straszacker (3175/2002) [2004] ZAFSHC 65 (17 June 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. 3175/2002
In
die saak tussen
J
H ZWARTS
Eiser
en
N
U F STRASZACKER
Verweerder
___________________________________________________________
CORAM:
BECKLEY,
R
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
1, 2, 3 & 4 JUNIE 2004
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
17 JUNIE 2004
___________________________________________________________
Die eiser vorder in hierdie geding
betaling deur die verweerder van die bedrag van R376 885,24, synde
skade wat die eiser gely het
as gevolg van die verweerder se
kontrakbreuk, alternatiewelik vanweë sekere wanvoorstellings. By
die aanvang van die verhoor is
gelas, ingevolge Hofreël 33(4) dat
die
quantum
van eiser se skade sal oorstaan om later beslis te word. Wat
derhalwe in die onderhawige verrigtinge beslis moet word, is of die
verweerder kontrakbreuk gepleeg het, alternatiewelik sekere
wanvoorstellings gemaak het as gevolg waarvan die eiser skade gely
het.
Dit is ook nodig om te beslis of die verweerder kan skuil agter
ân voetstootsklousule in die verkoopsvoorwaardes ingevolge waarvan
die Jersey-koeie aan die eiser verkoop is.
Ek handel vervolgens met die eiser se getuienis: Hy is
ân melkboer wat in die Standerton distrik reeds 27 jaar ân
melkery bedryf.
Gedurende die relevante tyd het hy vars melk aan die
Nestlé melkdepot gelewer en daarna aan kopers in Johannesburg. Elf
jaar gelede
het hy ân depot begin waar hy suiwelprodukte soos room,
kaas en jogurt verkoop het. Aanvanklik het hy met Holstein
Friesbeeste
geboer, maar dit het later geblyk dat hy melk met ân
hoër roominhoud oftewel ryker melk benodig, waarop hy toe besluit
het om
Jerseybeeste aan te koop. In die Landbou Weekblad het hy ân
advertensie gesien waarin Jerseys- en Holsteinbeeste deur die
verweerder
adverteer word. Die relevante passasie van die
advertensie lees as volg:
âAlgehele
Uitverkoping 224 Jerseys & 108 Holsteins .....
Afslaers
Nota: â¢Mnr. Staszacker melk reeds vanaf 1978 â¢
Hoofsaaklik word van KI gebruik gemaak ⢠Die kudde word 6 weekliks
deur ân veearts besoek deur Dr. Pieter Malherbe van Vrede
⢠Geen
3-speen of probleem diere sal aangebied word nie ⢠Die kudde is
geënt teen Knopvelsiekte en die verse teen BM ⢠TB
neg. getoets op
7/2/99 en BM neg. getoets op 10/8/99 en 23/9/99 (sertifikate
beskikbaar)â
Die eiser se getuienis was dat hy op
daardie stadium ân geslote kudde gehad het, in die sin dat hy van
meet af van kunsmatige inseminasie
gebruik gemaak het; sy
plaaswerkers het nie vee aangehou nie en hy het nooit tevore diere
van buite aangekoop nie. Dit is nie in
geskil dat hy ân nougesette
en suksesvolle boer was en is nie. Hy het belang gestel in die diere
wat in die advertensie te koop
aangebied was en, aangesien hy oortuig
was dat dié beeste wat adverteer is, ook uit ân skoon kudde kom,
het hy die veiling bygewoon
op 26 Januarie 2000. Hy getuig dat, met
sy aankoms, hy ân katalogus ontvang het, waarvan die voorblad
ooreengestem het met die
advertensie in die Landbou Weekblad. Op ân
bladsy in die katalogus het hy sy besonderhede ingevul en aan ân
lid van die afslaer
se personeel oorhandig. Hy was nie bewus daarvan
dat daar sekere voorwaardes in fynskrif aan die agterkant van die
blad waarop hy
sy besonderhede ingevul het, gedruk was nie. Niemand
het sy aandag daarop gevestig nie. Hy het ook nie gevra om die
sertifikate
te sien waarvan melding gemaak is in die advertensie en
die dekblad nie. Hy het na die beeste gekyk, en het getuig dat,
voordat
die veiling ân aanvang geneem het, die afslaer die
voornemende kopers se aandag gevestig het op die verkoopsvoorwaardes
en aangedui
waar hulle te lees was. Daarna het hy 54 beeste gekoop,
wat later na sy plaas vervoer is. Op sy plaas het hy die 54
Jerseybeeste
in sy eie kudde integreer. Die melk van die Jerseys is
apart gehou en is nie na die Nestlé-depot gestuur nie, maar gebruik
om produkte
te vervaardig wat hy in sy eie depot verkoop het.
Eiser het getuig dat maandeliks melkringtoetse deur
Nestlé gedoen is. Sedert hy begin het met sy melkboerdery, het hy
nog nooit
probleme gehad met melk wat besmet was of wat ân
positiewe melkringtoets getoon het nie. Gedurende Maart en
Aprilmaand 2000 het
die Jersey-koeie begin kalf. Hy was nie gelukkig
met die wyse waarop die Jerseys in sy bestaande kudde ingeskakel het
nie, en het
ook verwag dat die Jerseys beter sou presteer. Hy het
besef dat die groter Friesbeeste die Jerseybeeste domineer en verdruk
en het
besluit om hulle te verkoop. In Meimaand 2000 het hy ân
advertensie in die Landbou Weekblad geplaas, en kort daarna van die
Jerseybeeste
aan ene Kriek verkoop.
Gedurende Junie 2001 het van sy eie Friesbeeste begin
aborteer, wat ân vreemde verskynsel was aangesien hy nooit tevore
sodanige
verskynsel in sy kudde gehad het nie. Die koeie wat
geaborteer het, was ongeveer sewe maande dragtig. Melkringtoetse is
onmiddellik
deur Nestlé gedoen en het sterk positief getoets.
Daarna is onmiddellik reëlings getref om die beeste te âbloeiâ,
met ander
woorde deur bloedmonsters daarvan te neem, en is
bloedmonsters van 235 vroulike diere getoets, naamlik al die vroulike
diere wat
in melk was asook dragtige diere. Onder die diere was 28
Jerseys waarvan 8 positief getoets het, en uit die 270 Frieskoeie het
ook
8 diere positief getoets vir besmetlike misgeboorte. Omgesit in
persentasiepunte was dit 38% van die Jerseys en 2,8% van die
Friesbeeste
wat positief getoets het vir besmetlike misgeboorte.
Kort daarna het Kriek, aan wie die eiser die Jerseys verkoop het,
aksie teen
hom ingestel vir skade wat Kriek gely het as gevolg van
besmette diere wat Kriek beweer het hy by die eiser aangekoop het.
Eiser
het daarop besef dat hy ân besmetlike misgeboorte-probleem in
sy kudde het; die besmette diere is afgesonder en daarna geslag.
Daarna, met verwysing na die nommers van die individuele diere wat
die eiser by die verweerder gekoop het, het hy vasgestel dat
18 van
die diere wat hy by verweerder gekoop het, glad nie getoets is vir
besmetlike misgeboorte nie, terwyl slegs 6 diere daarvan
een maal
getoets is en 10 van die koeie twee maal getoets is vir besmetlike
misgeboorte.
Onder kruisondervraging het die eiser toegegee dat,
voordat die veiling begin het, die afslaer kopers se aandag op die
verkoopsvoorwaardes
gevestig het. Ondanks die feit dat hy bewus was
van die voorwaardes, het hy dit nie gelees nie, want hy het gedink
dat daar nie
iets in kan wees wat hom kan benadeel nie. Hy het
voorts getuig dat, toe die Staatsveearts nadat die positiewe
melkringtoetse ontvang
is bloedmonsters van sy diere geneem het, wat
alle volwasse diere ingesluit het, omdat hulle deur die sisteem
beweeg het en op ân
stadium gemelk is. Hy het ook getuig dat, in
teenstelling met die advertensie, waarin na ân sertifikaat verwys
is, die dokument
waarop die verweerder steun, nie ân sertifikaat is
nie, maar ân verklaring. Volgens hom bestaan daar ân groot
verskil tussen
ân verklaring en ân sertifikaat en word die
sertifikaat slegs uitgereik in die geval van ân geakkrediteerde
kudde, want die
sertifikaat verwys na al die diere in ân kudde wat
ân geslote kudde moet wees.
Benewens die eiser, het dr. Van Aard, ân veearts,
getuig, wat hoofsaaklik as veearts te Kroonstad betrokke was by
gevalle van besmetlike
misgeboorte. Ook mnr. Naude, wat ses maande
gelede begin werk het by die kantoor van die Staatsveearts te
Bethlehem het getuienis
afgelê, mnr. Danie Cronje, wat by Nestlé
gewerk het tot 31 Maart 2004. Laasgenoemde getuie het getuig dat
Nestlé maandeliks melkringtoetse
doen op die melk van produsente in
hul laboratorium te Harrismith. Die resultate word opgesom en aan
die Staatsveearts gestuur.
Volgens hom het hy die positiewe toets
met die verweerder bespreek en hom meegedeel dat die melkringtoets
positief was en dat dit
ân aanduiding kan wees dat sy kudde of van
sy diere besmet is met besmetlike misgeboorte. Tydens
kruisondervraging het hy getuig
dat die boer wie se melkringtoets ân
positiewe uitslag lewer, soms na ân tweede toets gekontak word.
Mnr. Craus, wat tans verbonde
is aan Nestlé Harrismith as ân
landboukundige, het verduidelik dat daar maandeliks melkmonsters
geneem word uit die massatenks
van ân melkboer, dat die monsters
dan deur die vragmotorbestuurder wat die melk vervoer, na die
laboratorium vervoer waar die nodige
toetse uitgevoer word. Ek meen
nie dat dit nodig is om in detail te handel met die getuienis van
laasgenoemde aantal getuies nie,
aangesien dit nie geblyk het dat die
korrektheid van enige van die inligting wat uit die dokumente blyk
wat onder voormelde getuies
se beheer is, betwis of bevraagteken word
nie.
Laastens het dr. Jurgens, die Staatsveearts te
Standerton vanaf 1999 tot en met April 2003, getuig rakende die
bakterium Brucella
abortus, oftewel besmetlike misgeboorte. Hy het
getuig dat dit ân beheerde siekte is en dat, sodra ân melkmonster
positief toets
in ân melkringtoets, dit die Staat se verpligting is
om die diere wat positief toets, te identifiseer. Die prosedure wat
gevolg
is nadat die instansie wat die varsmelk koop, in die
onderhawige gevalle Nestlé, vind dat ân melkringtoets positief is,
word die
boer gekontak en aldus meegedeel. Dan word ân datum
gereël waarop die Staatsveearts die kudde kan besoek en al die
lakterende
diere bloei. Nadat hy bewus geword het van die feit dat
die eiser vermoedelik besmetlike misgeboorte in sy kudde het, is
bloedmonsters
geneem van al die vroulike diere wat dragtig is en
ouer. Die resultate is aan hom voorgelê, waarna kwekings in ân
laboratorium
te Ermelo gemaak is waarop hy vasgestel het dat 4 diere
se bloedmonsters tekens toon van Brucella abortus biotipe 2. Voorts
was
sy getuienis dat die melkringtoets primêr aangewend word om
besmetlike misgeboorte te identifiseer; ân positiewe toets kan ook
egter voorkom as gevolg van mastitis, diere wat of baie kort of baie
lank in laktasie is, asook sekere entstof, maar dat die eerste
oorsaak van die positiewe melkringtoets wat uitgeskakel moet word,
besmetlike misgeboorte is.
Vir doeleindes van die beregting van die onderhawige
saak, meen ek nie dat mastitis of ander oorsake die positiewe
melkringtoets kon
veroorsaak nie, in die lig van sekere toegewings
wat deur die verweerder self gemaak is, en bevind derhalwe dat die
positiewe melkringtoets
van die eiser se diere in alle
waarskynlikheid die gevolge was van die teenwoordigheid van
besmetlike misgeboorte. Dr. Jurgens het
dan ook getuig dat die lang
tydsverloop tussen die aankoopdatum in Januarie 2000 en die datum van
die eerste aborsies in Junie 2001,
vreemd voorgekom het maar dat,
nadat hy die eiser se rekords van elke koei, die sogenaamde
âkoeikaarteâ in detail ontleed het,
hy van mening was dat die
diere van die eiser wat aborteer het, die besmetlike misgeboorte kiem
gekry het vanaf die Jerseybeeste
wat hy by die verweerder aangekoop
het. Dit blyk uit sy kruisondervraging dat die hele doel van
serulogiese bloedtoetse is om die
grootste moontlike getal vroulike
diere van ân spesifieke boer te toets. Hy het ook getuig dat,
indien twee serulogiese toetse
ses weke uitmekaar negatief is, nadat
so ân sterk positiewe toets ondervind is, hy met serulogiese toetse
sal voortgaan totdat
hy die rede vind vir die positiewe
melkringtoets. Hy het ook daarop gewys dat dit nie noodwendig volg,
indien diere twee of drie
maande vroeër getoets is, dat dit dan ân
paar maande later steeds die geval sal wees nie.
Namens die verweerder is die getuienis aangebied van ene
Goosen, wat betrokke was by die hou van die veiling van die
verweerder se
Jerseybeeste. Volgens hom is die gebruik van die
afslaer om die persone by die veiling in te lig dat die veiling gehou
gaan word
op die voorwaardes wat op die keersy van die
registrasiedokument aangebring is. Volgens hom is die
verkoopsvoorwaardes nog nooit
in die afgelope 18 jaar gewysig nie.
Die verweerder self het getuig dat hy
reeds sedert 1978 ân melkboer is. Sy kudde, bestaande uit
Holsteins en Jerseys is gemelk
en hy het aanvanklik melk gelewer te
Harrismith en Standerton. Teen die einde van 1999 was hy moeg vir
die melkboerdery en wou ân
veiling hou in September 1999. Kort
nadat hy besluit het om ân veiling te hou, is hy deur ene Pieters,
wat volgens hom die Staatsveearts
was, telefoniese meegedeel dat
Nestlé te kenne gegee het dat daar ân probleem met sy melk is
aangesien die melkringtoets positief
was en die beeste gebloei moet
word. Hy getuig dat, indien Pieters hom nie van die probleem vertel
het nie, hy sou voortgaan met
die veiling. Nadat hy van die probleem
verneem het, het hy egter die veiling uitgestel. Op ân latere
datum was Pieters op die
plaas en is al die produserende beeste se
bloedmonsters geneem. Die uitslag was negatief en ses weke daarna is
opvolg-bloedtoetse
geneem van die produserende diere wat ook negatief
was. Pieters het hom daarop meegedeel dat hy kan voortgaan met die
reëlings
vir die veiling en dat ân sertifikaat uitgereik sal word
ten opsigte van sy kudde. Later het hy ân dokument ontvang waarna
hy
as die sertifikaat verwys het. Die veiling is toe later in
Januarie 2000 gehou, waartydens eiser die voormelde Jerseybeeste
gekoop
het. Aangesien van die verweerder se beeste nie verkoop is
nie, het hy weer ân melkboerdery begin, meer melkbeeste aangekoop
en
ân winkel begin waar hy van die melk verkoop het. Tydens
kruisondervraging het hy getuig dat sy Fries- en Jerseybeeste
deurmekaar
loop en dat die kudde dus nie ân geslote kudde kan wees
nie. Van sy plaaswerkers het ook beeste, wat hy by sy beeste laat
loop
en hulle drink water uit dieselfde krip. Hy het toegegee dat
tydens ân geleentheid op 23 Mei 2002 bloedmonsters van diere op sy
plaas geneem is, waaronder ân koei van een sy werknemers, Petrus,
wat positief getoets het vir besmetlike misgeboorte. Hy het
volhard
dat, tydens die veiling waarby die eiser die Jerseybeeste gekoop het,
hy nie ân vermoede gehad het dat sy kudde met besmetlike
misgeboorte besmet was nie. Toe hy deur Pieters meegedeel is van die
probleem, was hy geskok maar het Pieters nie uitgevra nie.
Hy getuig
ook dat, toe Pieters die bloedmonsters kom neem, hy die hele kudde
wou laat toets, alhoewel hy nie vir Pieters versoek
het dat dit
inderdaad gedoen word nie. Hy het volhard dat hy nie weet dat daar
ân verskil bestaan tussen ân sertifikaat en ân
verklaring nie
en dat hy tevrede was dat die dokument wat hy ontvang het, aangetoon
het dat sy kudde negatief getoets is. Dit was
sy houding, ondanks
die feit dat hy geweet het dat nie al die diere getoets is nie.
Voorts het die verweerder erken tydens kruisondervraging
dat hy in Januarie 2004 van sy melkbeeste verkoop het tydens ân
veiling
wat gehou is op sy buurman, Fanie Ferreira, se plaas. Hy het
ook getuig dat, indien ân dier serulogies positief toets, met ander
woorde dit positief toets vir besmetlike misgeboorte, dit met ân
hoofletter âCâ gemerk en verkoop moet word. Hy het erken
dat hy
desnieteenstaande daardie kennis, beeste wat nie met ân âCâ
gemerk is nie maar wel besmet is, op die veiling verkoop
het âvir
slagdoeleindesâ. Dit blyk ook dat hy rou melk, dit wil sê
ongepasteuriseerde melk, by sy depot verkoop het, wel wetende
dat die
melk afkomstig was van die diere wat positief getoets het vir
besmetlike misgeboorte. Al wat hy gedoen het met die diere
wat
positief getoets is, was om hulle apart te laat wei, maar hulle is
saam met sy ander beeste gemelk. Hy het inderdaad toegegee
dat eiser
se beeste in alle waarskynlikheid besmet is deur die Jerseys wat die
eiser by hom aangekoop het, en hy het ook toegegee
dat die leser van
die advertensie in die Landbou Weekblad die indruk kon kry dat sy
Jerseybeeste nie in aanraking kom met ander beeste
nie en dat die
advertensie dan in daardie opsig misleidend is. Hy het ook erken dat
hy mense bedrieg het op sy eie weergawe, maar
het volhard dat hy nie
destyds gedink het dat die advertensie misleidend is nie.
Dr. Coetzee, die Staatsveearts te Bloemfontein, se
getuienis stem wesenlik ooreen met dié van dr. Jurgens. Hy het
egter daarop gewys
dat, alhoewel die verklaring deur die
Staatsveearts uitgereik word nadat bloedmonsters geneem is van ân
aantal beeste, die boer
normaalweg onder die indruk verkeer dat die
verklaring verwys na die hele kudde. Hy het ook getuig dat in die
boerderybedryf, die
boere nie die verskil verstaan tussen ân
sertifikaat en ân verklaring wat uitgereik word vir doeleindes van
die vraag of ân
kudde âskoonâ is of nie. Hy het egter getuig
dat die verklaring wat uitgereik word inderdaad nie die hele kudde
waarborg nie
en dat al die beeste wat gemelk was toe die
melkringtoets positief getoets het, se bloed getoets moet word.
Volgens hom is Brucellose
ân ernstige siektetoestand, aansteeklik
teenoor diere sowel as mense en dat dit noodsaaklik is om dringend
aandag daaraan te skenk
sodra dit geïdentifiseer word.
Dit, dan, wat die getuienis betref. Wat
geloofwaardigheid betref, was mnr,. Van der Merwe, namens die
eiser, en mnr. Jordaan, namens
die verweerder, dit eens dat slegs die
geloofwaardigheid van die eiser en die verweerder in geskil is. Ek
aanvaar derhalwe vir doeleindes
van hierdie uitspraak dat die
getuienis van die ander getuies, insluitende die deskundiges, dr.
Jurgens en dr. Coetzee, aangemerk
kan word as geloofwaardige getuies.
Ek handel eerstens met die eiser se getuienis. Mnr.
Jordaan se kritiek teen die eiser se geloofwaardigheid is beperk tot
die argument
dat hy sy getuienis met betrekking tot die sertifikaat
of verklaring aanpas en dat die veskil tussen die twee dokumente die
kern
van sy skuldoorsaak is. Laasgenoemde argument is nie korrek
nie: In die pleitstukke word geensins verwys na die verskil tussen
ân verklaring en ân sertifikaat nie. Trouens, eiser het nie eers
tydens hoofverhoor na sodanige verskil verwys nie: Eers tydens
kruisondervraging het hy getuig dat die dokument wat deur verweerder
uitgereik is waarop hy steun, nie ân sertifikaat is nie, maar
bloot
ân verklaring. Toe hy op ân latere stadium herroep is, was sy
verdere antwoorde tydens kruisondervraging dat ân sertifikaat
slegs
uitgereik word in die geval van ân geakkrediteerde kudde, en wat
vir een jaar geldig is. Sy getuienis met betrekking tot
die verskil
tussen ân verklaring en ân sertifikaat is in ieder geval in
ooreenstemming met die regulasies wat uitgereik en gepubliseer
is in
terme van artikel 10 van die Wet op Dieresiektes, Wet Nr. 35 van
1984. Artikel 21 daarvan handel met die onderskeid tussen
ân
sertifikaat en ân verklaring.
Selfs
met laasgenoemde kritiek in gedagte, het die eiser beïndruk as ân
geloofwaardige en eerlike getuie. Soos hierinlater uiteengesit,
strook sy getuienis ook met die waarskynlikhede.
Dieselfde kan ongelukkig nie van die verweerder gesê
word nie. Sy weergawe in die Hof is eerstens strydig met die
pleitstukke:
In sy getuienis meld hy dat hy in Augustus 1999 ingelig
is van ân positiewe melkringtoets, as gevolg waarvan hy beeste laat
bloei
het en bloedtoetse laat neem het. In die pleitstukke word
beweer dat hy nie kennis dra van die melkringtoetse nie. Toe hy met
hierdie
teenstrydigheid gekonfronteer is, was die verweerder nie in
staat om dit te verduidelik nie. Uiteraard speel so ân
weerspreking
ân belangrike rol rakende sy geloofwaardigheid.
Daarbenewens was hy wat talle opsigte optref ontwykend, en moes vrae
tot vier
maal herhaal word voordat hy bereid was om ân antwoord op
die vraag te verskaf. Hy het ook in antwoorde op talle vrae uiters
vae
antwoorde verskaf. So het hy byvoorbeeld getuig dat, wanneer ân
dier serulogies positief toets, sodanige dier verkoop mag word;
later
het hy toegegee dat so ân dier met ân hoofletter âCâ gemerk
moet word en op ân veiling verkoop mag word âvir slagdoeleindesâ;
nog later het hy getuig dat, ondanks die feit dat hy sedert 1978 ân
melkboer is, hy nie 100% seker was of so ân dier geslag moet
word
of nie. Eers nadat ân passasie aan hom voorgelees is uit die
kopstuk van die Advies oor die Beheer van Brucellose, het hy
getuig
hy âkom dit nou weer agterâ. Voormelde passasie is weliswaar
afkomstig uit ân kennisgewing wat aan die eiser verskaf
is nadat
van sy beeste positief getoets is, maar die verweerder het nooit te
kenne gegee dat hy nie bewus was van sodanige voorskrif
nie. Die
voorskrif lees as volg:
â
Neem asseblief kennis dat u volgens
dieregesondheidswetgewing verplig is om al u bure in kennis te stel
dat u kudde besmet is. U
is ook verplig om enige voornemende kopers
van beeste vanuit die kudde in te lig oor die status van die kudde.
U kan verantwoordelik
gehou word vir die koste van besmetting van ân
ander persoon se kudde indien u sou versuim om dit te doen. Diere
wat negatief
toets in ân besmette kudde kan in die inkubasie
stadium van die siekte wees, en hoewel hulle nog nie positief toets
op daardie
stadium nie, kan hulle moontlik die siekte oordra. ân
Eienaar van ân melkkudde mag melk verkoop indien dit vooraf
gepasteuriseer
of gekook is, of dit aan âmaatskappyeâ verkoop wat
melk pasteuriseer. Verkoop van of gebruik van rou melk vanaf ân
besmette
Brucellose kudde is verbode.
Die volgende beeste is positief en moet met ân âCâ gebrandmerk
word so gou moontlik. Dit is in u eie belang dat hulle geïsoleer
word van alle ander beeste op die plaas. Indien hulle nie
onmiddellik afgesonder word nie sal die totale kudde onder kwarantyn
en
beperking van beweging geplaas word. Alle beeste, ook die wat
direk in kontak was, is onder kwarantyn tot hulle van die plaas
verwyder
word direk na ân abattoir onder beskerming van ân
rooikruis permit (uitgereik deur hierdie kantoor) vir slagdoeleindes,
so gou
as moontlik.â
Desondanks die feit dat die
verweerder nie ontken het dat hy kennis dra van voormelde voorskrifte
nie, het hy erken dat ân groot
aantal van sy beeste gedurende Mei
2002 tot Augustus 2002 positief getoets is besmetlike misgeboorte en
dat hy daarvan kennis gedra
het, dat hy ook die beeste op sy plaas
aangehou het en dat hy van die beeste wat hy geweet het positief
getoets is, sonder dat hulle
met ân âCâ gemerk is, gedurende
Januarie 2004 verkoop is op ân veiling van sy buurman. Hy het
toegegee dat âdit kan wees
dat ek roekeloos wasâ. Daarbenewens
het hy erken dat hy ân melkdepot op Vrede het waar hy vir ân
geruime tyd van die rou (ongepasteuriseerde)
meld van die besmette
diere aan die publiek verkoop het terwyl hy geweet het dat dit kan
lei tot miskrame indien swanger vrouens
van die melk gebruik.
Voormelde
erkennings van roekelose en onverantwoordelike gedrag is moeilik te
versoen met die verweerder se weergawe dat hy geglo
het dat sy kudde
âskoon isâ toe hy die advertensie geplaas het waarop die eiser
gereageer het.
Die verweerder se geloofwaardigheid kom ook in die
gedrang rakende die vraag of hy kennis gedra het van melkringtoetse
wat deur Nestlé
Harrismith gedoen is, die korrektheid waarvan nie
betwis word nie, en wat daarop dui dat melk wat deur die verweerder
gelewer is
positief getoets het by ses geleenthede gedurende 1999,
drie maal gedurende 2000, nege maal gedurende 2001, 10 maal gedurende
2002
en agt maal gedurende 2003. Die verweerder getuig dat hy
onbewus was hiervan: Dit is uiters onwaarskynlik, in ag genome die
gesondheidsimplikasies
wat dit ingehou het en die erns van sodanige
situasie.
Sy getuienis dat hy geskok was toe hy van die positiewe
toets ingelig is in Augustus 1999, is ook onwaarskynlik en verdag:
ondanks
die feit dat hy, aldus sy getuienis, geglo het dat sy kudde
âskoonâ is, vra hy nie vir dr. Pieters, terwyl hy onder die
indruk
was dat dr. Pieters die Staatsveearts was, en hy dit inderdaad
nie was nie, oor die datums van die positiewe melkringtoetse nie,
ongeag sy toegewing dat hy bewus is daarvan dat die datum waarop die
melkringtoets positief was, belangrik is. Sy getuienis dat Pieters
slegs die produserende diere wou toets is ewe onwaarskynlik op sy eie
weergawe, aangesien dit ân sinnelose prosedure sou wees om
nie al
die vroulike diere te toets nie, soos dr. Coetzee getuig omdat die
besmette diere dan nie identifiseer kan word nie.
Dit blyk ook duidelik uit sekere korrespondensie dat die
verweerder toetse aangevra het vanaf die Staatsveearts se kantoor te
Bethlehem.
Die rede waarom hy dit aangevra het, volgens sy
getuienis, is die feit dat hy ân aanmaningskrywe ontvang het vanaf
die eiser se
prokureurs. Voormelde rede kan egter nie die waarheid
wees nie, aangesien hy reeds op 8 September 2001 die toetsresultate
ontvang
het, terwyl die aanmaningskrywe se datum eers 11 September
2001 is.
Dit is nie in geskil dat ân groot aantal van die
verweerder se koeie wat aan die eiser verkoop is, se bloed nooit
serulogies getoets
is nie: Die eiser se getuienis, wat onbetwis is,
is dit 18 sodanige beeste glad nie getoets is nie, ander beeste slegs
een maal
getoets is. Gegewe die feit dat die verweerder inderdaad
probleme met besmetlike misgeboorte gehad het voor die veiling, dat
die
beeste wat eiser gekoop het, in alle waarskynlikheid reeds besmet
was voor die veiling, die feit dat die eiser nooit sedert hy begin
het as melkboer enige probleme met besmetlike misgeboorte gehad het
tot en met Junie 2001 nie, regverdig die afleiding as die mees
voor-die-hand-liggende afleiding dat die eiser se diere besmet is as
gevolg van kontak met die verweerder se besmette diere. Dit
was ook
trouens die getuienis van die verweerder en mnr. Jordaan het, heel
tereg, nie ernstig tot die teendeel betoog nie.
Wanneer
oorweeg moet word of die eiser of die verweerder se getuienis aanvaar
behoort te word, meen ek dat die eiser se getuienis
vir voormelde
redes aanvaar moet word en nie die getuienis van die verweerder nie.
In soverre die verweerder se getuienis strydig
is met dié van die
eiser en met die inherente waarskynlikhede, word sy getuienis
verwerp.
Ek handel vervolgens met die
verkoopsvoorwaardes. Eiser se getuienis is dat hy geweet het van die
voorwaardes en dat die afslaer
voor die veiling daarna verwys het.
Hy het dit nie gelees nie omdat hy nie gedink het dat daar iets in
kan wees wat hom nadeling
kan affekteer nie. Na my mening is die
eiser nieteenstaande gebonde aan die voorwaardes. In
SLABBERT,
VERSTER & MALHERBE v GELLIE SLAGHUISE
,
1984 (1) SA 491
(O) te 498
is die posisie as volg opgesom deur Malherbe WnR soos hy destyds was:
âân Lid van die publiek wat so ân veiling bywoon sal besef dat
die voorwaardes op sy aankoop of verkoping betrekking het en
is
daaraan gebonde of hy dit lees of nie. Versuim hy om dit te lees,
het hy net homself te blameer.â
Voormelde sienswyse is in
ooreenstemming met dié wat gevolg is in
SUN
COURIERS (PTY) LTD v KIMBERLEY DIAMOND WHOLESALERS
,
2001 (3) SA 110
(A) te 120D-E en
AFROX
HEALTH CARE v STRYDOM
2002 (6) SA 21
(A)
.
Die verkoopsvoorwaardes bevat, onder andere, die volgende klousule:
â6. Iedere en elke lot word voetstoots verkoop, sonder enige
waarborg, vrywaring of voorstelling en alle risikos verbonde aan ân
lot sal oorgaan op die KOPER onmiddellik met die val van die AFSLAER
se hamer, nieteenstaande die feit dat lewering nog nie deur
die KOPER
geskied het nie.â
Mnr. Van der Merwe se argument is,
selfs al is klousule 6 van toepassing, die Hof behoort te bevind dat
die verweerder bewus was
van die probleem in sy kudde, dat hy dit
verswyg het en dat hy derhalwe nie op die voetstoots-klousule kan
steun nie. In
VAN
DER MERWE v MEADES
,
1991 (2) SA 1
(A)
handel Joubert, WnHR volledig met die gemenereg wat hierdie aspek
betref en kom dan tot die gevolgtrekking dat ân koper wat ân
verkoper sy beskerming onder die voetstoots-klousule wil ontneem,
moet bedrog aan die kant van die koper bewys en dus dat die verkoper
by die aangaan van die koop bewus was van die bestaan van die
verborge gebrek wat hy opsetlik verberg het met die oogmerk om koper
te bedrieg.
Of
die eiser hom van bogemelde bewyslas gekwyt het, moet gelet word op
die verweerder se getuienis en, van groter belang, die toegewings
wat
hy gemaak het in die loop van sy kruisondervraging. Die toegewings
behels die volgende:
(a) Dat die bewering in die advertensie dat die
Jersey-kudde ân geslote kudde is, misleidend is omdat die eiser
onder die indruk
kon wees dat die Jerseys nie in aanraking kom met
ander diere nie, terwyl die Jerseys- en Friesbeeste gemeng word.
Volgens die verweerder
se getuienis beteken die verwysing na ân
geslote kudde dat die eienaar van die kudde nie ander beeste inkoop
nie. Mnr. Jordaan
het tydens sy argument voorgehou dat ân geslote
kudde ân genetiese betekenis het. Dit is nie die getuienis nie:
Die verweerder
se getuienis is dat sy Friese en Jerseys deurmekaar
loop en dat die kudde derhalwe nie ân geslote kudde kan wees nie.
Dit spreek
na my mening vanself, dat die kudde van die verweerder des
te minder ân geslote kudde kan wees indien sy plaaswerkers se
beeste
met sy eie melkbeeste meng.
(b) Dat die indruk geskep word in die advertensie dat
die hele kudde getoets is vir besmetlike misgeboorte en dat die
resultate negatief
was, terwyl hy geweet het dat die âkuddeâ nie
getoets is nie, maar slegs lakterende diere. Soos hierinlater blyk,
kan daar nie
sprake wees van slegs ân paar diere wat nie getoets is
nie, inaggenome die aantal diere wat deur die eiser gekoop is wat
nooit
getoets is nie.
(c) Dat hy mense bedrieg het op sy eie weergawe met die
bewoording van die advertensie en dat die advertensie bedrieglik is.
Benewens die bogemelde toegewings, blyk dit ook dat
verdere aspekte in die advertensie gemeld word wat nie korrek is nie.
Die indruk
wat geskep word, is dat dr. Pieter Malherbe vir geruime
tyd die kudde besoek elke ses weke, terwyl dit blyk uit die
verweerder se
getuienis dat dr. Malherbe slegs by enkele geleenthede
die kudde besoek het. Die klaarblyklike inlywing van die naam van dr.
Malherbe
in die advertensie is myns insiens om die indruk te skep dat
die verweerder se kudde deurlopend of minstens gereeld deur dr.
Malherbe
besoek is. Daar is, voorts, kennis gegee van die feit dat
dr. Malherbe as ân deskundige getuie geroep gaan word deur die
verweerder,
terwyl hy nie geroep is nie, omdat, aldus die verweerder,
hy nie bereid was om te getuig nie.
Verder het die verweerder toegegee dat hy nie die eiser
kan verkwalik indien hy die âsertifikateâ in die advertensie
bestempel
het as synde sertifikate inteenstelling met verklarings
nie. In ieder geval, wat betref die gebruik van sertifikate of ân
verklaring,
is dit belangrik om daarop te let dat die gebruikmaking
van sodangie dokumente verbied word in die regulasies. Regulasie
25(1) lees
as volg:
â
Niemand
mag ân verklaring wat ingevolge artikel 21(2), (3) of (4) van
hierdie Skema uitgereik is, in verband met die advertering
of verkoop
van die beeste ten opsigte waarvan dit uitgereik is, gebruik nie op
ân wyse wat voorgee of
heet voor te gee dat die betrokke beeste ten tyde van so ân
advertensie of verkoping vry van beesbrucellose is.â
Die laaste aspek wat oorweeg moet
word, is of die verweerder bewus was van die feit dat sy Jersey-kudde
besmet was met besmetlike
misgeboorte toe hy die advertensie geplaas
het en die diere verkoop het. Ek het reeds daarop gewys dat hy nie
ân geloofwaardige
getuie is nie. Dit kan nie betwis word dat hy
bewus was van die moontlikheid van besmetlike misgeboorte onder sy
kudde nie; minstens
het hy geweet van die positiewe melkringtoets.
Sy getuienis dat Pieters slegs lakterende diere se bloedmonsters wou
neem, is uiters
onwaarskynlik in die lig van die getuienis van drs.
Coetzee en Jurgens. Mnr. Van der Merwe se argument hieromtrent was
dat die hele
basis van die verweerder se onkunde berus op die
mededeling van Pieters, naamlik dat slegs lakterende diere getoets
moet word. Desondanks
die feit dat dit in geskil geplaas is, is
Pieters nooit geroep as ân getuie namens die verweerder nie.
Verder is dit ondenkbaar
dat die verweerder nooit in kennis gestel
sou wees van die feit dat die melkringtoetse vir etlike maande
positief was nie. Die voor-die-hand-liggende
afleiding is dat die
verweerder geweet het daarvan, en dat dit die rede is waarom hy nie
enige navraag gerig het toe Pieters hom,
aldus sy getuienis die
skokkende nuus meedeel nie, omdat hy nie rede gehad het om geskok te
wees nie.
Voorts is dit ondenkbaar dat hy aanvaar het (na ontvangs
van die verklaring) dat sy kudde âskoonâ is, terwyl hy geweet het
dat
talle diere of slegs een maal of glad nie getoets is nie. Die
onbetwiste getuienis van die eiser was dat, van die 54 diere wat
hy
by die verweerder gekoop het, 18 diere, dit wil sê â
, glad nie
getoets is nie en dat, van die oorblywende 36, slegs 6 diere
een maal
getoets is. Die afleiding is in daardie omstandighede onafwendbaar
dat die verweerder minstens roekeloos was om te beweer
in die
advertensie dat die kudde negatief getoets is. Hy moes en het in
alle waarskynlikheid besef dat daar ân baie sterk moontlikheid
is
dat van die diere wat nooit getoets is nie (en wat in alle
waarskynlikheid die rede was vir die positiewe melkringtoets) wel
besmet
is en dat hulle op die veiling aangebied sou word om verkoop
te word.
Roekelose
optrede aan die verweerder se kant is duidelik te bespeur toe hy in
Januarie 2004 ân aantal beeste wat besmet was met
besmetlike
misgeboorte na die veiling van sy buurman gestuur het en,
daarbenewens, besmette rou melk aan die publiek verkoop het
wel
wetende dat dit onbehoorlike en bedrieglike optrede is.
Die gevolgtrekking is dus dat die verweerder geweet het
van die risiko van besmette beeste, dat hy, terwyl hy dit geweet
het, die
advertensie se misleidende bewoording ooglopend goedgekeur
het en dat hy bygevolg nie kan skuil agter die voetstoots-klousule
nie.
Bygevolg
word die volgende bevel verleen:
1. Daar word verklaar dat die verweerder aanspreeklik is
vir sodanige skade as wat die eiser in staat is om te bewys.
2. Die verweerder word gelas om die koste van die geding
te betaal.
_________________
A.P. BECKLEY, R
Namens
Eiser:
Adv.
M.P. van der Merwe
i.o.v.
McIntyre
& Van der Post
Namens
Verweerder:
Adv.
A.F. Jordaan SC
i.o.v.
Naudes
/scd