Smith NO v Kotze NO en 'n Ander (1626/2004) [2004] ZAFSHC 63 (17 June 2004)

45 Reportability
Land and Property Law

Brief Summary

Spoliation — Application for restoration of possession — Applicant claimed unlawful deprivation of possession of vehicle — Respondents contended that vehicle was loaned and not sold — Disputed facts regarding ownership and possession — Court held that applicant failed to prove unlawful deprivation as a genuine dispute of fact existed, thus application dismissed.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 63
|

|

Smith NO v Kotze NO en 'n Ander (1626/2004) [2004] ZAFSHC 63 (17 June 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. 1626/2004
In die
saak tussen:
PIETER
HENDRIK SMITH N.O.
Applikant
en
JOHANNES
CHRISTIAAN KOTZE NO
Eerste Respondent
JOHANNES
CHRISTIAAN KOTZE
Tweede Respondent
___________________________________________________________
CORAM:
LOMBARD
R
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
10 JUNIE 2004
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
17 JUNIE 2004
___________________________________________________________
Hierdie is die vervroegde keerdatum van ‘n bevel
nisi
wat
deur hierdie Hof op 26 Mei 2004 uitgereik was en wat as volg lees:
“
1. Hierdie aansoek in terme van Hofreël 6(12) op ‘n
dringende basis aangehoor sal word en dat die Agbare Hof sal afsien
van die
vorms en betekening daarvan soos deur die hofreëls
voorgeskryf.
2. ‘n Bevel
nisi
uitgereik word wat respondente oproep om redes, indien enige, aan te
toon op Donderdag, 17 Junie 2004 om 09h30 by hierdie Hof waarom
die
volgende bevel nie geneem sal word nie:
2.1 dat eerste en/of tweede respondente gelas en beveel word om
onverwyld applikant in vreedsame en ongestoorde besit te plaas van
die Colt Rodeo V6 4x4 dubbelkajuit motorvoertuig met
registrasienommer 100 JCK FS.
2.2 Die
eerste respondent en/of tweede respondente gelas en beveel word om
onverwyld applikant in vreedsame en ongestoorde besit te
plaas van
die spaarsleutels van voormelde voertuig.
2.3 Dat respondente gelas en beveel word om die koste
van die aansoek gesamentlik en afsonderlik te betaal, betaling deur
die een
die ander kwytgeskeld te word.
3. Die bevele in 2.1 en 2.2 hierbo sal dien as
tussentydse interdik met onmiddellike werking hangende die finale
beregting van die
aansoek.
4. Sou eerste respondent en/of tweede respondent
versuim om uitvoering te gee aan die bevele in 2.1 en 2.2 hierbo word
die balju gemagtig
en gelas om die motorvoertuig en die spaarsleutels
in beslag te neem, waar en in wie se besit dit ookal gevind mag word
en aan applikant
te oorhandig.
5. Die
aansoekstukke, sowel as die Hofbevel moet op tweede respondent
ooreenkomstig die Hofreëls beteken word.
6. Die
hofbevel moet op eerste respondent ooreenkomstig die hofreëls
beteken word.”
(Oorkonde p.1 & 2)
Na ontvangs van die aansoekstukke en die bevel
nisi
het
respondente ‘n kennisgewing ingevolge die bepalings van Hofreël
6(8) vir die vervroeging van die keerdatum tot 31 Mei 2004
tesame met
‘n opponerende eedsverklaring afgelewer. Aangesien applikant van
oordeel was dat sodanige kennisgewing ‘n onreëlmatige
stap was, is
‘n aansoek vir die skrapping daarvan afgelewer welke aansoek egter
op 3 Junie 2004 met koste van die hand gewys en
die keerdatum tot 10
Junie 2004 vervroeg was. Applikant het in die tussentyd ‘n
repliserende eedsverklaring afgelewer.
Die tersaaklike bewerings deur mnr. Pieter Hendrik Smith in sy
hoedanigheid as trustee van die Piechapie Besigheidstrust (die
applikant)
in sy funderende eedsverklaring is dat:
(i) Op 29 Augustus 2003 ‘n mondelingse koopkontrak tussen applikant
en die eerste respondent, as trustee van die Jo-Marié Trust,
gesluit
is waarvolgens laasgenoemde aan hom ‘n Colt Rodeo V6 4x4 voertuig
(die voertuig) vir R194 000,00 verkoop het – ‘n deposito
van R15
000,00 is betaal en die balans plus rente sou betaalbaar wees “uit
kommissies verdien”. Die voertuig is aan hom oorhandig.
(ii) Op 11 Mei 2004 die partye op versoek van respondent mekaar by ‘n
motorhawe in Bloemfontein ontmoet het waar laasgenoemde weereens
versoek het dat fondse aan hom moes oorbetaal word – applikant se
reaksie was dat hy nie “nou geld by hom het nie” welke optrede
daartoe aanleiding gegee het dat respondent aggressief geraak, die
voertuig se sleutels by hom afgeneem en daarmee weggery het (Oorkonde
paragraaf 13 op p.11).
(iii) Op 21 Mei 2004 applikant se prokureurs ‘n skrywe aan
respondent gerig het waarin hy versoek word om die voertuig voor of
op 24 Mei terug in besit van die applikant te plaas by versuim
waarvan regstappe sou ingestel word.
Mnr. Johannes Christiaan Kotze, as trustee van Jo-Marié Trust
(eerste respondent), beweer onder meer, in sy opponerende
eedsverklaring
dat:
(a) hy (as trustee) die voertuig gedurende Februarie 2003 aangekoop
het welke transaksie deur Bankfin finansier word – ‘n
afbetalingsverkoopsooreenkoms
is met laasgenoemde aangegaan.
(b) Hy gedurende Augustus 2003 met die “applikant” in verband met
die koop van ‘n plaas in verbinding getree het – laasgenoemde
was
bewus van die feit dat die voertuig op daardie stadium te Swedo Tech
in Bloemfontein te koop aangebied was.
(c) Kort daarna, maar nog steeds gedurende Augustus 2003, die
applikant hom “gesmeek het” om die voertuig aan hom te verkoop
waarop hy beklemtoon het dat hy dit nie kan oorweeg alvorens Bankfin
nie afgelos was nie. Hy het hom egter meegedeel dat die koopprys
van
die voertuig R194 000,00 was. Aangesien applikant hom die
versekering gegee het dat hy teen Desember 2003 in staat sou wees
om
die voertuig vir R194 000,00 by hom te koop, het hulle ooreengekom
dat hy die voertuig in die tussentyd aan hom tot 22 Desember
2003 sou
leen op voorwaarde dat indien hulle nie op daardie tydstip ‘n
ooreenkoms sluit nie, applikant hom sou vergoed vir die
kilometers
wat deur hom met die voertuig afgelê is. Die voertuig is toe aan
die applikant op bogemelde basis oorhandig.
(d) Alhoewel die voertuig wel deur die applikant op 22 Desember 2003
teruggebring was, is dit egter weer aan hom op ‘n leen-basis
beskikbaar gestel aangesien hy nie die beloofde betalings kon maak om
die koopprys te delg nie.
(e) In die tussentyd het applikant verskeie beloftes vir die betaling
van die koopsom of ‘n gedeelte daarvan nie nagekom nie en
het sake
‘n stadium gedurende Maart 2004 bereik wat dit heeltemal
onaanvaarbaar was en het hy dit aan die applikant duidelik te
kenne
gegee dat sake finaliteit moet bereik.
(f) Hy op 11 Mei 2004 die applikant meegedeel het dat die “situasie
nou totaal en al onaanvaarbaar geraak het” en hom versoek
het om
die voertuig terug te gee wat die applikant op ‘n ooreengekome
plek, te wete Generaal de Wet Motors in Bloemfontein gedoen
het.
(g) Hy ontken dat hy op enige stadium met die applikant (as trustee)
onderhandel het, maar dat alle onderhandelinge en dies meer
met hom
in sy persoonlike hoedanigheid plaasgevind het.
Alhoewel
daar verskeie feitegeskille op die stukke aanwesig is ag ek dit vir
huidige doeleindes onnodig om dit volledig te behandel.
Vir soverre
dit die waarskynlikhede aangaan word dit onmiddellik toegegee dat die
respondent se weergawe alles behalwe vlekkeloos
is en dat daar beslis
waarskynlikhede in die guns van die applikant is.
Aangesien die onderhawige verrigtinge ‘n
spoliasie aansoek is, is die volgende
dictum
van Greenberg R in
VAN MALSEN v
ALDERSON & FLITTON AND ANOTHER
1931 TPD 38
op 39
insiggewend:
“
Now these are proceedings on motion, and it
seems to me that the ordinary rule with regard to motion proceedings
should prevail, that
is that in motion proceedings ordinarily the
Court cannot decide disputed questions of fact, and in order to
decide such questions
it is necessary to hear the evidence
viva
voce
. There may be exceptions to that
rule, but I do not think there are any relevant to the present
proceedings. It is quite clear
that in order to succeed in a
spoliation application the person asking for relief must show that
there has been an illicit deprivation
of the right of possession. If
the facts on which he contends that there is an illicit deprivation
are disputed on affidavit then
according to the ordinary rule, the
Court cannot decide.”
Die algemene reël (ordinary rule) wat in
mosieverrigtinge van toepassing is, is, onder meer, deur Botha WnAR
(soos hy destyds was)
in
ASA BAKERIES
(PTY) LTD v ORYX & VEREINIGTE BäCKEREIEN (PTY) LTD EN ANDERE
1982 (3) SA 893
(A) op 923G – 924B
as
volg uiteengesit:
“
As
algemene uitgangspunt kan ‘n applikant in mosieverrigtinge op
finale regshulp van die soort wat hier ter sprake is op die stukke
en
sonder die aanhoor van mondelinge getuienis aanspraak maak slegs as
dit blyk dat hy op sodanige regshulp gereg
tig
is op grondslag van die bewerings wat gemaak word deur die respondent
en sodanige van die applikant se bewerings as wat deur die
respondent
erken word (vlg
Stellenbosch Farmers’
Winery Ltd v Stellenvale Winery (Pty) Ltd
1957 (4) SA 234
(K) te 235E-G;
Burnkloof
Caterers (Pty) Ltd v Horseshoe Caterers (Green Point) (Pty) Ltd
1976 (2) SA 930
(A) te 938A-C;
Tamarillo
(Pty) Ltd v B N Aitken (Pty) Ltd
1982 (1) SA 398
(A) te 430G-431A). Ek sal na hierdie posisie verwys
as die algemene reël wat geld by mosieverrigtinge. Op die algemene
reël is
daar wel uitsonderings, soos bv waar die bewerings of die
ontkennings van die respondent so vergesog of klaarblyklik onhoudbaar
is
dat die verwerping daarvan bloot op die stukke geregverdig is.
Vir my doeleindes is dit nie nodig om verder hierop uit te brei nie.
Van belang is dat die algemene reël na
my mening klaarblyklik ook van toepassing is op verwere wat die
respondent teen die applikant
se eise opper in die beantwoordende
verklaring. As die respondent se bewerings ‘n verweer openbaar, dan
kan die applikant op die
stukke nie slaag nie, al sou hy sodanige
bewerings in sy repliserende verklaring ontken, en al sou die
bewyslas ten opsigte van die
verweer volgens die gewone toepaslike
reëls by die respondent
berus.”
(My onderstreping)
Aangesien mnr. Fourie, namens applikant, tot ‘n
baie groot mate op die onwaarskynlikhede in die respondent se relaas
staat gemaak
en dit volledig behandel het, is dit eweneens sinvol en
gepas om na die volgende opmerking van Trengove WnAR (soos hy destyds
was)
in
TRUST VAN AFRIKA v WESTERN
BANK EN ANDERE
1978 (4) SA 281
(A) op 294D-H
te verwys:
“
Ek
het met die oog hierop (dit is die Verhoorhof se bevinding dat die
respondent se weergawe so onwaarskynlik is dat dit ook sonder
die
aanhoor van mondelinge getuienis verwerp kon word) die getuienis in
die eedsverklaring sorgvuldig nagegaan en, ná oorweging
van die aard
en omvang van die feitegeskille wat daaruit voortspruit, tot die
slotsom gekom dat die Regter
a
quo
nie genoegsame rede gehad het om te
aanvaar dat die oorwig van waarskynlikhede, wat na sy mening in
Western Bank se guns is, nie
deur die aanhoor van getuienis
viva
voce
versteur sal word nie.”
Sien ook
DA MATA v
OTTO NO
1972 (3) SA 858
(A) op
865G-H
en
ROOM
HIRE CO (PTY) LTD v JEPPE STREET MANSIONS (PTY) LTD
1949 (3) SA 1155
(T) op 1162.
By ontstentenis aan ‘n versoek om die
verrigtinge vir aanhoor van mondelinge getuienis te verwys geld die
geykte beginsels en reëls
waarna so pas in die aangehaalde gedeelte
uit die
ASA BAKERIES
-saak,
verwys is. Die respondent het myns insiens nie slegs ‘n
onaanvegbare verweer nie, maar ook aangetoon dat daar ‘n ware
feitegeskil betreffende die kernvraag of die voertuig onregmatiglik
uit die besit van die applikant geneem is, bestaan. Nieteenstaande
sodanige feitegeskil, dring die applikant op ‘n bevel,soos in die
kennisgewing van mosie uiteengesit,aan. Die applikant kan na
my
oordeel nie daarop “aanspraak maak nie” en sy aansoek moet
misluk. Dit kan net hier volledigheidshalwe gemeld word dat mnr.
Fourie uitdruklik te kenne gegee het dat daar ‘n feitegeskil
bestaan, maar dat hy nie versoek dat die aangeleentheid of
verrigtinge
vir mondelinge getuienis verwys word nie. Ek is in elk
geval ook van mening dat dit nie kan aanvaar word dat die oorwig van
waarskynlikhede
wat in die guns van die applikant mag bestaan nie
deur die aanhoor van mondelinge getuienis sal versteur word nie.
‘
n
Ander aspek wat na vore getree het is die vraag of dit op die stukke
duidelik is presies wie die kontrakterende partye in die eerste
instansie was en onlosmaaklik daaraan gekoppel, uit wie se besit en
deur wie enige spoliasie sou gepleeg gewees het. Ek ag dit egter
onnodig om daarop uitsluitsel te probeer gee, aangesien ek van
oordeel is dat enige beslissing daaromtrent nie die applikant se
posisie
enigsins kan bevorder of verbeter nie.
Die bevel
nisi
gedateer 26 Mei 2004 word gevolglik met koste, wat die koste van 31
Mei 2004 insluit, opgehef.
_________________
D.J. LOMBARD R
Namens
Applikant:
Adv. J.A. Fourie
i.o.v.
Vermaak
& Dennis
Namens
Respondente:
Adv. W.J. Edeling
i.o.v.
Claude
Reid Ingelyf
/scd