About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 62
|
|
Tsotetsi v S [2004] ZAFSHC 62 (17 June 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. A146/2003
In die
saak tussen:
MAJOHA
MARTIN TSOTETSI
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
___________________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
R.P.
et
LOMBARD R.
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
7 JUNIE 2004
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE R.P.
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
17 JUNIE 2004
___________________________________________________________
Appellant is ân 37-jarige eerste oortreder wat in die Streekhof
tereggestaan het op drie aanklagte van verkragting van ân 16-jarige
dogter. Hy was deur ân prokureur verteenwoordig en het onskuldig
gepleit of al die aanklagte. Hy is egter skuldig bevind soos
aangekla en gevonnis tot 10 jaar gevangenisstraf op elke aanklag.
Die Verhoorhof het gelas dat die vonnisse op aanklagte 2 en 3
moet
saamloop. Die effektiewe vonnis is derhalwe ân totaal van 20 jaar
gevangenisstraf.
Die klaagster is op 19 Februarie 1999 te
Ficksburg deur ân sekere dr. Ndlovu ondersoek. Die geneesheer het
nie getuig nie, maar
sy of haar verslag op Vorm J88 is met instemming
van die verdediging ingehandig as Bewysstuk âAâ. Die verdediging
se instemming
was kennelik bedoel as ân erkenning van die inhoud
van die verslag. In die verslag word die klaagster beskryf as ân
âdeeply
depressed young female.â
Onder die opskrif âClinical findingsâ verskyn die volgende:
âmultiple bruises and abrasions posterior chest caused by probably
a sjambok
.
Lacerations both thighs medially caused by probably
nails.â
Die sketse in die verslag toon dan ook merke op die rug en aan die
binnekant van die bobene naby die geslagsdele. Wat die ondersoek
van
die geslagsdele betref, lees die verslag soos volg:
âLabia minora : Bruised.
Vestibule:
Bruised.
Hymen:
Perforated.
Vagina
(number of fingers admitted) 1 finger. Vaginal examination very
painful.
Perineum â anus: Lacerated.
Discharge } Vaginal bleeding caused by vaginal examination.
Haemorrhage }
Breasts:
Normal.â
In die
skets van die geslagsdele is merke aangebring wat klaarblyklik
hierdie beserings probeer voorstel.
Die pynlike ondersoek en die bloeding tydens die ondersoek dui
oorweldigend op vars beserings. Volgens die klaagster is sy op 6
Februarie 1999, 13 Februarie 1999 en 15 Februarie 1999 deur appellant
verkrag. Bewysstuk âAâ verleen onafhanklike stawing van
haar
bewerings.
Appellant is ân sakeman van Ficksburg. Hy het onder andere goedere
verkoop vanuit ân karavaan. Volgens klaagster het sy en
ene
Makamuelo en laasgenoemde se 4 of 5-jarige kind, vanaf Lesotho gekom
en by appellant en sy vrou gaan inwoon. Klaagster moes
na die kind
omsien en ook vir appellant in die karavaan help. Appellant se vrou
en Makamuelo was dikwels afwesig, blykbaar met besigheid
in Lesotho.
Hierdie 5 persone het in ân eenvertrek huis gewoon wat in twee
verdeel is deur middel van ân gordyn. Die een deel
was as kombuis
gebruik waar Makamuelo, haar kind en die klaagster geslaap het en die
ander deel het as slaapkamer vir appellant en
sy vrou gedien.
Volgens klaagster het die eerste verkragting in die slaapkamer
plaasgevind terwyl appellant se vrou nie daar was
nie en Makamuelo
vas aan die slaap was in die kombuis. By die tweede geleentheid was
nie een van die volwasse vrouens tuis nie en
by die derde geleentheid
het appellant haar met ân sambok gejaag en pak gegee in die veld
waarna hy haar verkrag het, aldus haar
getuienis.
Appellant
ontken ten ene male dat hy ooit met die klaagster gemeenskap gehad
het. Sy saak is dat beide sy vrou en Makamuelo vir klaagster
beïnvloed het om die vals klagtes teen hom aanhangig te maak. Nóg
Makamuelo nóg appellant se vrou kon opgespoor word om by die
verhoor
te getuig.
Die
verhoorlanddros beskryf die klaagster soos volg
â
Here was a young girl who had only two to three
weeks earlier arrived from Lesotho, having left school because her
parents could not
afford to keep her in school. The impressions that
she created in the mind of the court on her first appearance have
been noted.â
Vroeër in
sy uitspraak sê hy die volgende van haar:
âThis is just one of those cases that illustrate what can
be derived from making use of an intermediary. This court would no
doubt not have been given the story the way complainant gave
it were
it not for the intermediary.
Whereas on 10-04-2000 she had been nervous, subdued and
scared on 30-03-2001 she was bright, alert and totally confident. She
was
subjected to lengthy cross-examination by Mr Claasen and she
performed well under the circumstances.â
Namens appellant voer mnr. Phalatsi in sy hoofpunte van betoog aan
â
that the learned Magistrate indeed descended into the
arena during the testimony of the appellant in that the questions
asked amounted
to cross-examination of the appellant.â
ân Behoorlike nalees van die oorkonde staaf nie hierdie submissie
nie en mnr. Phalatsi het nie veel tyd hieraan bestee gedurende
sy
mondelinge betoog nie.
Die Staat het getuienis aangebied van rapporte wat die klaagster aan
Makamuelo en aan die Polisie gemaak het sonder dat die verdediging
beswaar gemaak het teen die tweede of verdere rapporte aan die
Polisie. Dit is egter nie baie belangrik nie omdat die rapporte aan
die Polisie blykbaar in die loop van die aanmelding van die klagtes
was. Soos reeds gemeld, het Makamuelo nie getuig nie en het
klaagster in haar getuienis bloot herhaal wat sy na bewering aan
Makamuelo sou gesê het.
ân Groot deel van mnr. Phalatsi se betoog is gewy aan die submissie
dat die Landdros homself wanvoorgelig het deur die sivielregtelike
bewysmaatstaf te gebruik, te wete die oorwig van waarskynlikhede
instede van bewys bo redelike twyfel. Vir hierdie submissie steun
hy
op die laaste twee sinne van die uitspraak op die meriete wat soos
volg lui:
â
Weighing the probabilities therefore the court comes
to the conclusion that the State has succeeded in proving his case
against the
accused.
And
the court finds that the accused is GUILTY ON ALL THREE COUNTS AS
CHARGED.â
Hierdie passasie moet nie in isolasie gesien word nie. Die betrokke
Landdros is ervare en het by meer as een geleentheid in die
Hooggeregshof waargeneem. Hy doen elke dag strafwerk en dit is
ondenkbaar dat hy nie weet wat die bewysmaatstaf in ân strafsaak
is
nie. Sy uitspraak is 26 bladsye lank. Nadat hy die getuienis
opgesom het, toets hy appellant se weergawe aan die waarskynlikhede
en vind op verskeie aspekte dat dit onwaarskynlik is. Daarna volg
die volgende passasie onmiddellik voor die passasie waarop mnr.
Phalatsi steun:
â
In find myself constrained by the facts as alluded to
herein to find that although the complainantâs evidence cannot be
said to
be perfect the probabilities therein are very persuasive
indeed and outweigh whatever may be left of the accusedâs largely
discredited
version.
In
S v Van Tellingen
1992 2 SACR 104
(C) it was said that:
â
Proof beyond a reasonable doubt does not mean proof
beyond any shadow of doubt.â
This case was following the case of
Miller
v Minister of Pensions
1947 2 AER 372
where it was said that proof beyond a reasonable doubt need not reach
certainty but must carry a high degree of probability.â
As die passasie waarop mnr. Phalatsi steun in konteks gelees word, is
ek tevrede dat die Landdros geen wanvoorligting begaan het
nie.
Die Landdros het in ân volledige uitspraak die
getuienis opgesom en oortuigende redes verstrek waarom appellant se
weergawe nie
redelik moontlik waar kan wees nie. Die klaagster het
soveel besonderhede van elkeen van die drie afsonderlike geleenthede
gegee
dat dit amper onmoontlik is dat haar weergawe óf ân
opgemaakte storie is (soos aan haar gestel in kruisondervraging) óf
voorgesê
is soos appellant getuig (en wat
nie
in kruisondervraging aan haar gestel is nie). Trouens, heelwat
belangrike gedeeltes van appellant se weergawe is nie in
kruisondervraging
aan die klaagster gestel nie en appellant was nie
in staat om te verduidelik hoekom nie. Die afleiding is onvermydelik
dat hy sy
seile na die wind gespan het en nie sy prokureur in sy
vertroue geneem het nie.
Vir die
redes uiteengesit in die Landdros se uitspraak, kan die appèl teen
die skuldigbevinding nie slaag nie.
Die
opgelegde vonnisse is deur mnr. Phalatsi aangeval as synde onvanpas
swaar. Hy het aangevoer dat alrie vonnisse samelopend uitgedien
moet
word. Die effektiewe vonnis van 20 jaar gevangenisstraf is inderdaad
baie swaar maar na my mening verdien appellant ân swaar
vonnis. Ek
stem saam met die volgende uitlating van die Landdros:
â
Be that as it may, this is a serious offence
taking into consideration as I have said the complainant, her
physical appearance at
the time when she had been forced by
circumstances back at her home to leave school to go and try and fend
for herself.
She was
sent to your house where it was probably believed that you as an
adult would help to see her through the difficulties of life.
You
had other ideas as soon as you set eyes on her. She was in your
house for just less than three weeks but during that time she
was
raped three times whereas you had your wife and there was this
Makamuelo who she, the complainant, saw how she did it but she
mentioned before this court that Makamuelo was your concubine.
What I am
trying to say is that you had two adult females at your disposal but
you also resorted to a helpless child. That is callousness.
A
person in your position should not have done that and because you did
it you deserve to be punished. The court will take into
consideration the fact that you are a first offender.
The court understands that you have children to take
care of. When they came into the picture I am not sure because it is
for the
first time that they are mentioned today. It does not look
like you were staying with them at the time when this offence was
committed.
Where they were staying I am not sure. However, the court accepts
that you have children and for that reason the court will want
to
believe that you should have known better than to molest a small
child like that and that says to court that your action was very,
very bad indeed.â
Die appèl
teen die vonnis kan derhalwe ook nie slaag nie.
Hierdie is een van vyf appèlle wat op dieselfde
datum in hierdie Hof aangehoor word. In drie van die appèlle was
die aanklag verkragting.
In nie een van die verkragtingsake het die
Distriksgeneesheer, of ander geneeshere wat die klaagsters ondersoek
het, getuig nie
maar is die onderskeie mediese verslae met instemming
van die verdediging as bewysstuk ingehandig. My indruk uit hierdie
drie oorkondes,
asook uit die oorkondes van talle ander
verkragtingsake, is dat dit nou mode geword het om
nie
die betrokke geneesheer as getuie te roep nie maar om te volstaan met
ân verslag wat dikwels nie maklik leesbaar is nie. Wat word
van
die Verhoorhof of die Hof van appèl verwag? Moet daar geraai word
wat die geneesheer geskryf het? Moet daar geregtelike kennis
geneem
word van mediese terme? Moet vrae wat die geneesheer self kon
antwoord maar in die lug bly hang? Die onvolledige of oppervlakkige
aanbied van die Staatsaak is nie bevorderlik vir behoorlike
regspleging nie en moet streng afgekeur word.
Gevolglik
word die appèl afgewys en word beide die skuldigbevinding en vonnis
bekragtig.
____________________
J.P. MALHERBE R.P.
EK STEM SAAM
_________________
D.J. LOMBARD R
Namens
Appellant:
Mnr. N.W. Phalatsi
i.o.v.
Phalatsi
& Vennote
Bloemfontein
Namens
Respondent:
Adv. E. van Rensburg
i.o.v.
Direkteur:
Openbare Vervolgings
Bloemfontein
/scd