About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 61
|
|
S v Molehe (404/2002) [2004] ZAFSHC 61 (17 June 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. 404/2002
In die
saak tussen:
ITUMELENG
ISAAC MOLEHE
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
___________________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
R.P.
et
LOMBARD R.
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
7 JUNIE 2004
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE R.P.
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
17 JUNIE 2004
___________________________________________________________
Appellant is ân 25-jarige eerste oortreder wat
in die Streekhof verskyn het op ân aanklag van verkragting van ân
41-jarige vrou.
Hy was deur ân prokureur verteenwoordig en het
onskuldig gepleit op die aanklag. Hy is skuldig bevind soos aangekla
en gevonnis
tot 10 jaar gevangenisstraf. In sy brief uit die
gevangenis, wat as kennisgewing van appèl aanvaar kan word, bekla hy
hom slegs
oor die skuldigbevinding. Sy prokureur het hom ook tot die
skuldigbevinding beperk en het geen argumente met betrekking tot die
vonnis voorgedra nie.
In sy pleitverduideliking het appellant by monde van sy prokureur,
onder andere, die volgende op rekord geplaas:
â
Eerstens, die beskuldigde erken dat hy die klaagster
wel ken. Die beskuldigde erken dat hy die aand van die voorval saam
met die
klaagster gedrink het in ân sjebeen. Die beskuldigde erken
dat hy saam met die klaagster vanaf die sjebeen na sy woning gestap
het aangesien die klaagster se vrykêrel langs die beskuldigde
woonagtig is.â
Die
oënskynlike botsing tussen die klaagster se getuienis en die
ondersoek deur die geneesheer oor die datum van die voorval is
derhalwe
nie belangrik nie.
Dit is gemeensaak dat appellant en die klaagster
mekaar nie net geken het nie maar mekaar goed geken het. Dit is ook
gemeensaak dat
die beligting die betrokke nag voldoende was vir hulle
om mekaar te herken by die plek waar die klaagster beweer sy verkrag
is.
Beide stem in hulle getuienis saam dat hulle die aand of nag van
die voorval by ân sogenaamde taverne, of drinkplek, waarna in
die
getuienis verwys word as Sethlogo se plek, ontmoet het en gesellig
saam gesels het. Beide het ook by die taverne bier gedrink.
Hulle
getuig ook beide dat hulle vanaf die taverne saam gestap het tot naby
appellant se huis. Hy was oppad om te gaan slaap en
die klaagster
wou by appellant se bure, waar haar vorige kêrel gebly het, gaan
slaap. Volgens klaagster was dit toe ongeveer drie-uur
die oggend
terwyl appellant getuig dat dit omstreeks middernag was. Albei
getuig dat hulle die onderskeie erwe binnegegaan het om
die inwoners
wakker te klop. Volgens klaagster het niemand die deur van die huis
waar sy geklop het, oopgemaak nie en is sy deur
ân opening in die
heining na ân ander erf en vandaar na ân ander straat. Sy het
pas in daardie straat begin stap na haar tante
se huis waar sy
destyds gewoon het, toe appellant haar van agter nader, haar laat val
en twee keer met haar geslagsverkeer gehad
het teen haar wil nadat hy
haar sweetpakbroek en damesbroekie uitgetrek het. Appellant se
getuienis is dat hy by sy ouerhuis geklop
het, dat sy suster, Alice
Molehe, die deur vir hom oopgemaak het en dat hy gaan slaap het. Sy
staaf sy weergawe.
Klaagster getuig verder dat sy ongeveer 5:00 voormiddag by haar tante
se huis aangekom het. Daar was niemand tuis nie en sy het
ân
rukkie gaan lê as gevolg van ontsteltenis en skok, asook die feit
dat haar neus gebloei het. Sy verduidelik dat die neusbloei
verband
hou met hoë bloeddruk waarvoor sy destyds behandel is. Later
daardie selfde dag, getuig sy, het sy ân klagte by die Polisie
gaan
lê en appellant se noemnaam, nl. Papi, uitdruklik genoem as haar
verkragter. Inspekteur Khakudi getuig dat klaagster die klagte
op
Maandag 30 Julie 2001 by hom gelê het en dat die Verkragting-eenheid
daarna die saak oorgeneem het. Die mediese verslag vorm
J88
(Bewysstuk âBâ) dui aan dat klaagster op 30 Julie 2001 om 14:55
ondersoek is. Die geneesheer het ook die volgende aangeteken
wat
klaarblyklik deur die klaagster aan hom of haar gesê is:
âOm Sondag 29/07 om 04h00 verkrag deur bekende man.
Oppervlak:
Gruisstraat.
Penetrasie: Vaginaal.
Ejakulasie: Intravaginaal.â
Dat die klaagster wel verkrag is, is bewese. Al wat werklik in
geskil was, is die identiteit van haar verkragter. In die lig van
die feite wat gemeensaak is en wat hierbo uiteengesit is, is dit so
onwaarskynlik dat die klaagster ân fout maak met betrekking
tot die
identiteit van haar aanvaller, dat dit as redelike moontlikheid buite
rekening gelaat kan word. Die appèl teen die skuldigbevinding
kan
derhalwe nie slaag nie.
Gevolglik
word die appèl afgewys en word beide die skuldigbevinding en vonnis
bekragtig.
____________________
J.P. MALHERBE R.P
EK STEM
SAAM
_________________
D.J. LOMBARD R
Namens
Appellant:
Prokureur
M. Litheko
Thaba
Nchu
Namens
Respondent:
Adv.
E. van Rensburg
i.o.v.
Direkteur:
Openbare Vervolgings
Bloemfontein
/scd