S v Mofokeng en Andere (798/2004) [2004] ZAFSHC 59 (10 June 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Individualization of sentence — Three accused found guilty of robbery; each sentenced to three years imprisonment — Court held that sentencing of second accused did not adequately consider individual circumstances — Second accused's lesser involvement and background warranted a lighter sentence — Original sentence of second accused set aside and replaced with eighteen months imprisonment.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 59
|

|

S v Mofokeng en Andere (798/2004) [2004] ZAFSHC 59 (10 June 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. 798/2004
In
die hersiening tussen
DIE
STAAT
en
AUBUTI
PIET MOFOKENG
Beskuldigde 1
PULE
PAUL DUMZELA
Beskuldigde 2
JOSEPH
NYANYAN MALETE
Beskuldigde 3
___________________________________________________________
CORAM:
CILLIé
et
VAN
DER MERWE, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN DER MERWE, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
10 JUNIE 2004
___________________________________________________________
[1] Die drie beskuldigdes in hierdie saak is tereg
skuldig bevind aan roof van ‘n hangertjie ter waarde van R120,00 en
‘n paar
skoene ter waarde van R220,00. Elkeen van die beskuldigdes
is daarna gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf.
[2] Na my oordeel moet die vonnisse van beskuldigdes 1
en 3 bekragtig word, maar nie dié van beskuldigde 2 nie.
[3] Individualisasie is ‘n grondbeginsel by
vonnisoplegging. Dit is een van die hoekstene van die diskresie van
die vonnisoplegger.
In my oordeel, vir die redes wat volg, is
hierdie beginsel oor die hoof gesien by die vonnisoplegging van
beskuldigde 2 in hierdie
geval.
[4] Dit blyk uit die oorkonde dat beskuldigde 1 19 jaar
oud is. Dit is beskuldigde 1 wat tydens die roof die mes hanteer het
en die
slagoffer daarmee bedreig het. Dit blyk ook dat die
onderhawige paar skoene in die besit van beskuldigde 1 gevind is.
Beskuldigde
1 is op 15 Januarie 2001 en 22 Mei 2002 onderskeidelik
skuldig bevind aan huisbraak en diefstal en huisbraak en aanranding
met die
opset om ernstig te beseer. Hy is by elke geleentheid ‘n
opgeskorte vonnis opgelê. Dit blyk verder dat beskuldigde 1 ten tye
van die onderhawige vonnisoplegging besig was om ‘n vonnis van twee
jaar gevangenisstraf uit te dien vir roof en aanranding.
[5] Beskuldigde 3 is 21 jaar oud. Hy het besit geneem
van die gemelde hangertjie. Hy is op 15 Januarie 2001 skuldig bevind
aan huisbraak
met die opset om te steel en diefstal en ‘n
opgeskorte vonnis opgelê in dieselfde saak waarin beskuldigde 1
gevonnis is. Ook
was beskuldigde 3 tydens vonnisoplegging in hierdie
saak in die proses van uitdiening van ‘n vonnis van twee jaar
gevangenisstraf
vir huisbraak en diefstal.
[6] Beskuldigde 2 is 18 jaar oud. Sy enigste deelname
aan die betrokke rooftog was dat hy saam met beskuldigde 3 die skoene
van die
slagoffer uitgetrek het. Hy het geen voordeel uit die roof
getrek nie. Sy enigste erkende of bewese vorige veroordeling was een
van besit van vermoedelik gesteelde goed waarvoor hy op 2 Mei 2003 ‘n
uitgestelde vonnis opgelê is. Beskuldigde 2 is werkloos
en
ongetroud.
[7] Die verhoorlanddros lê in sy redes klem op die hoë
voorkoms van hierdie tipe oortreding binne sy regsgebied en wys
daarop dat
dit veral deur jong oortreders gepleeg word. Beskuldigde
2 het ook reeds met die reg gebots. Op grond hiervan is ek tevrede
dat
direkte gevangenisstraf die enigste gepaste vonnis is. Die
vonnis moet egter weens voormelde oorwegings ligter wees dan dié van
sy medebeskuldigdes en nie van so ‘n aard wees dat dit die
beskuldigde se kanse op rehabilitasie sal verydel nie. Ek meen dat
‘n vonnis van agtien (18) maande gevangenisstraf in al die
omstandighede gepas is.
[8] Gevolglik word die vonnis van beskuldigde 2 tersyde
gestel en vervang met ‘n vonnis van agtien (18) maande
gevangenisstraf en
word die verrigtinge origens bekragtig.
___________________________
C.H.G. VAN DER MERWE, R
EK STEM SAAM
_____________
C.B.
CILLIé, R
/scd