Breytenbach v Petro Save (EDMS) Beperk h/a Engen Quick Shop College Crossing, Bloemfontein [2004] ZAFSHC 57 (10 June 2004)

45 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Duty of care — Plaintiff injured after slipping on a slope at the entrance of a shop — Plaintiff claimed damages from the defendant, asserting a failure to maintain a safe environment — Court considered whether the slope constituted a dangerous condition and if the defendant had a duty to warn or take precautions — Holding that the slope, while slightly steeper than recommended standards, did not create a legal duty for the defendant to warn, as the plaintiff failed to demonstrate that the condition was inherently dangerous or that the defendant's actions were negligent.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 57
|

|

Breytenbach v Petro Save (EDMS) Beperk h/a Engen Quick Shop College Crossing, Bloemfontein [2004] ZAFSHC 57 (10 June 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr.: 1425/2003
In die
saak tussen:
S.G.
BREYTENBACH
Eiseres
en
PETRO
SAVE (EDMS) BEPERK
Verweerder
h/a
ENGEN QUICK SHOP, COLLEGE
CROSSING,
BLOEMFONTEIN
_____________________________________________________________________
CORAM:
LOMBARD,
R
_____________________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
28 & 30 APRIL 2004
_____________________________________________________________________
GELEWER
OP:
10 JUNIE 2004
_____________________________________________________________________
Eiseres spreek die verweerder aan vir
betaling van skadevergoeding ten aansien van beserings wat sy
opgedoen het toe sy op 11 Augustus
2000 op die helling in die
teëlvloer by die ingang na die Engen Quick Shop, College Crossing,
Bloemfontein, gegly en geval het.
Met die aanvang van die verhoor
het die Hof op versoek van die advokate ‘n bevel ingevolge die
bepalings van Hofreël 33(4) dat
slegs die meriete tans beslegting
verg, gemaak. As Bewysstuk “A” is ‘n verslag van Jan Wilkens
Argitek met foto’s (“JW1”,
“JW2” en “JW3”) asook vier
foto’s van die toneel (“A1 – A4”) ingehandig.
Mev. Sophia Gedia Breytenbach het getuig dat sy daardie
oggend om ± 7:45 die betrokke winkel op die sypaadjie vanuit ‘n
oostelike
rigting genader het – die winkel se ingang is aan die
noordekant. Nadat sy verby die pilaar (Bewysstuk “A1”) op die
sypaadjie
verbygestap het, het sy gegly en geval. Dit het later
geblyk dat sy op die helling aan die oostekant van die winkelingang
gegly
en geval het. Sy het die punt waar sy gegly en geval het met
‘n “X” op foto “A3” aangedui. Sy het gewone hoë hakskoene
met rubbersole en ‘n breë hak, (hoogte van ± 5 cm) aangehad. Sy
het getuig dat sy die betrokke winkel oor die jare heel dikwels
besoek het, sy skat ongeveer 80 tot 100 keer, maar het beklemtoon dat
sy dit in die verlede elke keer vanuit ‘n noordelike rigting,
m.a.w. op dieselfde vlak as die ryvlak-area, genader het. Sy het
nooit bewustelik die hellings aan weerskante van die ingang opgemerk
of waargeneem nie. Alhoewel dit duidelik blyk dat sy op die helling
gegly het, het sy nie besef dat daar ‘n helling was nie.
Op ‘n
stelling dat die helling duidelik sigbaar was het sy gereageer “ja,
as ek op die grond bly kyk het”. Of daar ‘n mat
(Bewysstuk “A2”,
“A3” en “A4”) voor die ingang van die winkel daardie betrokke
oggend was of nie, en of die oppervlakte
van die sypaadjie in die
onmiddellike omgewing van die ingang aan die oostekant nat was of
nie, kon sy ook nie onthou nie – sy
kon egter nie ontken dat die
oppervlakte die betrokke oggend droog was en dat daar ‘n mat voor
die ingang van die winkel gelê
het nie. Met ander woorde wat sy sê
is dat terwyl sy die ingang na die winkel genader het sy nie
waargeneem het dat daar ‘n helling
in die sypaadjie was nie – sy
gaan verder en getuig dat sy geen helling verwag het nie, want indien
sy sou, sy versigtiger te werk
sou gegaan het – toe dit aan haar
gestel was dat sy minstens ‘n helling moes verwag het, het sy
geantwoord dat sy nooit daaraan
gedink het nie.
Namens eiseres het mnr. Jan Wilkens ‘n argitek van
Bloemfontein getuig. Hy het op 16 April 2002 ‘n inspeksie van die
betrokke
toneel gedoen en ook foto’s geneem (Bewysstuk “A –
JW1”, “JW2” en “JW3”) en ‘n plan waarop vier snitte (“A”,
“B”, “C” en “D”) aangedui word, opgestel. Die snitte is
met ‘n nivelleer instrument gemeet en verwerk en daarna met
die
voorskriftelike Nasionale Bouregulasies, Wet 103 van 1977, Deel D3 en
D5 asook Geag-te-voldoen Reëls DD3(b) wat verwys na Deel
3 van
seksie 3 van SABS 0400 vergelyk. Deel DD3(b) lees as volg:
“
Moet ‘n oprit of inrypad wat deur
voetgangers gebruik word ‘n helling van hoogstens 1 op 8 hê.”
Laasgenoemde is bloot ‘n
aanbeveling van die Suid-Afrikaanse Buro van Standaarde en het nie
krag van enige wetgewing nie. ‘n
Helling van 1 op 8 beteken dat
die helling na 8 meter vir 1 meter vertikaal styg. Die oostelike
helling waarop eiseres gegly en geval
het is op ‘n gegewe stadium
1,4 op 8 wat beteken dat die helling na 8 meter, 40 sentimeter te
hoog is – die lengte van die betrokke
helling is, volgens hom, ±
850 tot 900 millimeter, d.w.s. die afwyking is minder as 5
sentimeter. Van die vier snitte wat hy geneem
het, is twee beter as
die aanbevole standaard, een is op standaard en slegs die betrokke
een is onder standaard, d.w.s. 1,4 op 8.
Die hele sypaadjie
insluitende die hellings is met Vitro ongeglassuurde teëls wat
allerweë in winkelsentrums gebruik word, geteël
– die rede synde
dat dit die gly van voetgangers tot ‘n groot mate beperk.
Die ander twee dames wie ook namens eiseres getuig het
se relase neem hierdie aangeleentheid, myns insiens, niks verder nie
en verg
gevolglik geen verdere aandag nie.
Namens die verweerder het mnr. Philip Piek getuig. Hy
is die “eienaar” van die betrokke perseel waarop, onder andere,
die garage
en winkel gebou is. Hy het destyds met Engen Petroleum
Maatskappy onderhandel en nadat laasgenoemde ingestem het om, onder
meer,
die winkelkompleks en vulstasie daar op te rig, het hulle hulle
eie argitekte, ingenieurs, boukontrakteurs ens. aangestel en na
voltooiing
van die hele kompleks en nadat ‘n okkupasiesertifikaat
deur die plaaslike owerheid uitgereik is, het hy daarop gedurende
1996
begin sake doen. Hy het aanvaar dat alles veilig en in orde
was.
Mnr. Piek se verdere onbetwiste getuienis was dat vanaf
Januarie 2003 tot Desember 2003 gemiddeld 36 800 persone per maand in
die
betrokke winkel aankope gedoen het – ‘n syfer wat volgens sy
navorsing wesenlik dieselfde gedurende die jaar 2000 was. In die
±
8 jaar wat die besigheid bestaan, het daar dus ongeveer 3 miljoen
persone in die betrokke winkel aankope gedoen – dit sluit
nie
brandstofverkope en ook nie persone wat die persoon wat in die winkel
gekoop het, vergesel het nie en ook nie die aantal persone
wat slegs
op die sypaadjie by die winkel verbygeloop het nie. Hy het ook
getuig dat die betrokke sypaadjie ten tyde van hierdie
voorval droog
was – iets wat die eiseres nie kon ontken nie.
Alvorens die meriete oorweeg word, word dit sinvol geag
om na sommige bewerings in eiseres se besonderhede van vordering te
verwys.
Paragrawe 5.1 en 5.2 lees as volg:
“
5.
Verweerder het te alle tye ‘n regsplig gehad om:
5.1 die perseel en meer bepaald die vloeroppervlakte daarvan, in so
‘n toestand te hou dat lede van die publiek wat die perseel
besoek,
nie beseer word nie;
5.2 sodanige voorsorgmaatreëls te tref as wat redelikerwys nodig is
om te voorkom dat lede van die publiek beserings opdoen wanneer
hulle
die voormelde perseel besoek.”
(Pleitstukke p.5 en 6)
In paragrawe 6.1, 6.3 en 6.4 word beweer:
“
6.
Verweerder moes te alle tersaaklike tye redelikerwys voorsien dat:
6.1 lede van die publiek wat die voormelde sentrum besoek beseer kan
word as gevolg van die feit dat ‘n skielike vlakverskil in
die
vloeroppervlakte voorkom net voor die winkelingang op die betrokke
perseel;
6.2 .....
6.3 lede van die publiek wat die voormelde perseel
besoek, geregtig is om te aanvaar dat die vloeroppervlakte nie
skielike vlakverskille
sal bevat nie en/of glad en/of glyerig en
derhalwe onveilig sal wees nie, tensy behoorlike
waarskuwings-kennisgewings aangebring
is;
6.4
die
redelike oplettende lid van die publiek wat die perseel besoek
,
sal waarneem en ervaar dat die vloeroppervlakte daarvan redelik
gly-vry en enkelvlakkig is en daardeur ‘n verwagting geskep word
dat die vloeroppervlakte deurgaans veilig is.”
(Pleitstukke p.6 en 7) (My onderstreping)
Tydens die verhoor was dit duidelik dat eiseres in wese
daarop steun dat die skielike vlakverskil of helling in die sypaadjie
aan
die oostekant van die winkelingang tot so ‘n mate ‘n
gevaarsituasie geskep het dat dit redelikerwys van verweerder verwag
was
om bevredigende voorsorgmaatreëls te tref dat lede van die
publiek nie daarop sal gly en of val en hulle in die proses beseer
nie,
m.a.w. daar was ‘n regsplig op die verweerder om byvoorbeeld
kennisgewings aan te bring.
Vir soverre dit die skuinste of
skielike vlakverskil aangaan moet in gedagte gehou word dat daar geen
getuienis is dat die eiseres
nou heel toevallig gegly en geval het op
daardie gedeelte van die helling wat onder die aanbevole standaard,
soos deur Wilkens getuig,
is nie – inteendeel, mnr. Daffue,
namens eiseres, het toegegee dat - as sy effens links of regs van die
“gevaarsone” sou
gegly en geval het die resultaat in elk geval
dieselfde sou wees.
In
CAPE
TOWN MUNICIPALITY v BAKKERUD
2000 (3) SA 1049
(SCA) op 1060E-F
sê Marais, AR die volgende:
“
It
is axiomatic that manmade streets and pavements will not always be in
the pristine condition in which they were when first constructed,
and
that it would be well neigh impossible for even the largest and most
well funded municipalities to keep them all in that state
at all
times. A reasonable sense of precaution is called for.
The
public must be taken to realise that, and to have a care for its own
safety when using the roads and pavements
.... It would, I think, be going too far to impose a legal duty upon
all municipalities to maintain a billiard table like surface
upon all
pavements, free of any subsidences or other irregularities which
might
cause an unwary pedestrian to
stumble and possibly fall. It will be for a plaintiff to place
before the Court in any given case,
sufficient evidence to enable it
to conclude that a legal duty to repair or to warn should be held to
have existed. It will also
be for a plaintiff to prove that the
failure to repair or to warn was blameworthy
(attributable to
culpa
).”
(My onderstreping)
In
ADMINISTRATEUR
VAN TRANSVAAL v VAN DER MERWE
[1994] ZASCA 83
;
1994 (4) SA 347
(AA)
sê Olivier, WnAR (soos hy toe was) op
361G-H
en
362A
die volgende:
“
In
die afwesigheid van ‘n gevaarskeppende positiewe handeling, is
blote beheer van eiendom en versuim om dit uit te oefen met
gevolglike
benadeling van ‘n ander,
dus
nie
per se
onregmatig nie
. Die kernvraag is steeds
of die voorsorgmaatreëls wat die beheerder volgens die benadeelde
moes geneem het om die nadeel te voorkom,
onder die omstandighede
redelikerwys en uit ‘n praktiese oogpunt, van hom geverg kan word.
Die onderliggende filosofie is dat ‘n
gevolg slegs onregmatig is indien in die lig van al die omstandighede
redelikerwys van die
verweerder verwag kan word om positief op te
tree en die voorgestelde voorsorgmaatreëls, vir die versuim waarvan
hy deur die eiser
vewyt word, te tref.
Ten
einde vas te stel of ‘n positiewe handeling of late sodanig is dat
dit as onregmatig aangemerk kan word, moet gevolglik onder
andere die
onderskeie belange van die partye, die verhouding waarin hulle tot
mekaar staan en die maatskaplike gevolge van die oplegging
van
aanspreeklikheid in die betrokke soort gevalle, versigtig teen mekaar
opgeweeg word.
Faktore wat ‘n
belangrike rol speel in die opwegingsproses is, onder andere, die
waarskynlike of moontlike omvang van nadeel vir
andere; die graad van
risiko van intrede van sodanige nadeel; die belange wat die
verweerder en die gemeenskap of beide gehad het
in die betrokke
dadigheid of late; of daar redelik doenlik maatreëls vir die
verweerder beskikbaar was om die nadeel te vermy; wat
die kanse was
dat gemelde maatreëls suksesvol sou wees’ en of die koste verbonde
aan die neem van sodanige maatreëls redelikerwys
proporsioneel sou
wees tot die skade wat die eiser kon lei.
”
(My onderstreping)
Die vraag is nou of daar voldoende
getuienis deur die eiseres aangebied is om aan te toon dat daar ‘n
regsplig op die verweerder
was om byvoorbeeld waarskuwingstekens in
die onmiddellike omgewing van, onder meer, die oostelike helling aan
te bring?
Ten einde hierdie vraag te beantwoord moet as
vertrekpunt vasgestel word of daar aangetoon is dat die verweerder
(Piek) van die “gevaarsituasie”
op sy perseel bewus was. Sy
onbetwiste getuienis is ontkennend.
Die volgende vraag is of daar bevind kan word dat in die
lig van al die omstandighede dit redelikerwys van die verweerder
verwag kan
word om enige voorsorgmaatreëls soos byvoorbeeld
kennisgewings te tref.
Ek
is nie van voornemens om die getuienis weer te herhaal nie en
volstaan met die volgende en dit is dat:
(i) Mnr. Piek die gebouekompleks wat
deur Engen ontwerp, opgerig en waarvoor ‘n okkupasiesertifikaat
uitgereik was, in ontvangs
geneem en begin sake doen het (gedurende
1996).
(ii) Hy vir ‘n tydperk van ± 8 jaar (ten tyde van
hierdie gebeure was dit ± 4 jaar) ononderbroke op dieselfde perseel
sake doen
en dat in al die tyd geen enkele insident van ‘n
voetganger(s) wat op die betrokke sypaadjie en in die onmiddellike
omgewing van
die winkelingang as gevolg van die helling gestruikel
en/of geval het, voorgekom het nie – aan hom is geen so iets
rapporteer nie
en in hierdie verband moet onthou word dat letterlik
miljoene persone die betrokke sypaadjie gedurende die gemelde periode
gebruik
het.
(iii) Dit
ex
facie
die foto’s
Bewysstuk “A2”, “A3” en “A4” duidelik is dat die helling
van uit ‘n oostelike rigting vir ‘n afstand
van ten minste ± 8
meter duidelik sigbaar is in dié sin dat daar ‘n geleidelike
verandering of verlaging van die sypaadjie-oppervlakte
voor die
ingang van die winkel is, en dat die ingang vanaf die ryvlak, die
suidekant, op dieselfde laer vlak is.
(iv) die betrokke helling met die blote oog op ‘n
afstand van meters duidelik sigbaar en op die oog af normaal en
veilig is en dat
dit ‘n argitek met ‘n hoogs gesofistikeerde
nivelleer instrument gekos het om vas te stel dat ‘n gedeelte
daarvan nie aan die
aanbevole standaard voldoen nie – ‘n feit
wat, soos alreeds aangedui, streng gesproke vir huidige doeleindes
irrelevant is.
(v) die eiseres se weergawe in wese daarop neerkom dat
sy nie bewustelik gesien of waargeneem het dat daar ‘n helling voor
haar
in die sypaadjie was nie en dat sy op die waarskynlikhede die
winkelingang genader het asof daar geen helling was nie, m.a.w. sy
het versuim om ‘n behoorlike uitkyk te hou en of sy het nie soos
“die redelike oplettende lid van die publiek wat die perseel
besoek” opgetree nie.
As die beginsels soos, onder meer, in
die
ADMINISTRATEUR,
TRANSVAAL
-saak
uiteengesit op die onderhawige feite toegepas word, is ek eweneens,
met respek, van oordeel
“
... dat die objektiewe redelikheidskriterium
nie van die appellant (verweerder) verg om die voorgestelde
voorsorgmaatreëls (of enige)
te getref het nie. Sy late was dus nie
onregmatig nie.
Nalatigheid
‘n
Bevinding dat appellant se late nie onregmatig was, bring mee dat
daar geen sprake van nalatigheid kan wees nie. Nie alleen
is dit dus
ondoenlik om oor moontlike nalatigheid aan die kant van appellant te
spekuleer nie, maar dit is trouens juridies onmoontlik.
Die
nalatigheidsvraag kan naamlik slegs beantwoord word as presies
vasstaan welke regsplig op ‘n verweerder gerus het en dat
daardie
regsplig verbreek is. (Sien ook Boberg
The
Law of Delict
op 271.) In die lig
van die bevinding dat daar geen regsplig op appellant was met
betrekking tot voorbrande op die relevante gedeelte
van die pad nie,
is daar dus geen sprake van ‘n nalatigheidsprobleem nie.”
(per Olivier, WnAR in die
ADMINISTRATEUR,
TRANSVAAL
-saak
op
364F-H
).
Die
eiseres se vordering word met koste van die hand gewys.
_________________
D.J. LOMBARD, R
Namens
Eiseres:
Adv.
J.P. Daffue
i.o.v.
McIntyre
& Van der Post
Namens
Verweerder:
Adv.
L. le R. Pohl
i.o.v.
Honey
Prokureurs
/scd