Van Niekerk v Provinsiale Kommissaris Korrektiewe Dienste: Vrystaat en 'n Ander (1190/2003) [2004] ZAFSHC 56 (10 June 2004)

65 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Correctional Services — Remission of sentence — Applicant, a sentenced prisoner, sought remission of sentence based on alleged agreements with correctional officials — Legal interpretation of section 68 of the Correctional Services Act, which allows for a special remission of up to two years for meritorious service — Court held that the provision permits only a single special remission of up to two years, but does not preclude further remissions if the total does not exceed the statutory limit — Respondents' argument regarding the finality of previous remissions rejected, allowing for the possibility of additional remission based on the applicant's service.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 56
|

|

Van Niekerk v Provinsiale Kommissaris Korrektiewe Dienste: Vrystaat en 'n Ander (1190/2003) [2004] ZAFSHC 56 (10 June 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. 1190/2003
In die
saak tussen:
GIDEON
JOUBERT VAN NIEKERK
Applikant
en
DIE
PROVINSIALE KOMMISSARIS
Eerste Respondent
KORREKTIEWE
DIENSTE: VRYSTAAT
DIE
MINISTER VAN KORREKTIEWE
Tweede Respondent
DIENSTE
_____________________________________________________________________
CORAM:
HANCKE,
R
_____________________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
1 JUNIE 2004
_____________________________________________________________________
GELEWER
OP:
10 JUNIE 2004
_____________________________________________________________________
Die applikant hierin is ‘n
gevonnisde gevangene wat regshulp verlang dat die respondente
remissie of afslag aan hom verleen, soos
ooreengekom, en dat sy
vonnis verwerk en aangepas word, met onmiddellike werking.
Nadat
die aansoek aangehoor is, het Kruger, R die saak uitgestel en ook die
volgende bevel verleen:
“Die aangeleentheid word vir getuienis verwys sodat die hof kan
bepaal:
(i) of die eerste respondent enige ooreenkoms met of belofte aan
applikant gemaak het dat remissie van 6 maande per dissiplinêre
verhoor waarin die applikant getuig, aan applikant toegestaan sal
word;
(ii) of die applikant geregtig is op remissie van 6 maande per
dissiplinêre verhoor voordat met die volgende dissiplinêre verhoor
gehandel sal word;
(iii) of daar enige basis is waarop die applikant geregtig is op die
remissie deur hom gevorder.”
By die aanvang van die verhoor het
mnr. Williams, namens die respondente, ‘n regspunt ingevolge
Hofreël 33(4) geopper en aangevoer
dat die beslissing daarvan die
hele aangeleentheid tot finaliteit kan bring, en dat dit dus nie
nodig is om enige mondelinge getuienis
aan te hoor nie. In hierdie
verband het hy gesteun op die bepalings van artikel 68 van die Wet op
Korrektiewe Dienste, Nr. 8 van
1959 (die “Wet”) , asook die
interpretasie wat daaraan geheg is in die uitspraak van Van der
Merwe, R in
JEN-CHIN
HUANG EN ‘N ANDER v DIE PROVINSIALE KOMMISSARIS: KORREKTIEWE
DIENSTE (VRYSTAAT) EN ‘N ANDER
(Saak Nr. 2194/2003 wat gelewer is op 23 Oktober 2003).
In die applikant se eedsverklaring steun hy daarop dat
hy by vyf verhore getuig het en dat ingevolge ‘n ooreenkoms tussen
hom en
beamptes van die respondente daar ‘n ooreenkoms is dat hy
ses maande afslag sal ontvang ten opsigte van elke saak. Toe die
saak
voor Kruger, R gedien het, het hy alreeds in ses sulke verhore
getuig, terwyl hy by die aanhoor van die huidige verrigtinge te kenne
gegee het dat hy in sewe verhore getuig het en dat hy in totaal dus
aanspraak maak op remissie van 42 maande waarvan hy slegs 12
maande
ontvang het, dit wil sê ‘n verdere 30 maande is hy op geregtig.
Die
vraag of die applikant geregtig is op verdere remissie hang af van
die interpretasie van artikel 68 van die Wet, wat soos volg
lui:
“
Ondanks
andersluidende bepalings kan die Kommissaris ‘n spesiale afslag van
vonnis
van
hoogstens twee jaar óf onvoorwaardelik óf op sodanige voorwaardes
as wat hy mag bepaal, verleen aan ‘n gevangene wat hoogs
verdienstelike diens gelewer het.”
In die saak van
HUANG
(
supra
)
verklaar Van der Merwe, R teenoor paragraaf [9] die volgende:
“
Die
bewoording van die artikel dui myns insiens op sigself reeds aan dat
slegs ‘n eenmalige afslag van hoogstens twee jaar beoog
word. Die
artikel maak naamlik voorsiening vir ‘n
spesiale
afslag (“a special remission”). Gebruik van die lidwoord “’n”
is ‘n duidelike aanduiding van eenmaligheid en dit word
ondersteun
deur die woord “spesiale”. Wanneer na die samehang of konteks
soos hierbo vermeld, gekyk word, word die saak na my
oordeel buite
twyfel gestel. Die beginpunt is artikel 65(1) van die Wet wat bepaal
dat ‘n gevangene vrygelaat word by die verstryking
van die termyn
gevangenisstraf wat hom opgelê is. Vervolgens is daar die bepalings
wat paroolrade daarstel en wat bepaal dat ‘n
gevangene soos die
applikante, voor verstryking van die termyn van gevangenisstraf wat
hom opgelê is, op aanbeveling vervat in ‘n
verslag van ‘n
paroolraad, op parool uitgeplaas kan word.”
Teenoor
paragraaf [12] word soos volg afgesluit:
“
My
gevolgtrekking is derhalwe dat die betekenis van artikel 68 van die
Wet is dat ‘n enkele spesiale afslag van hoogstens twee jaar
ingevolge daarvan verleen mag word.
”
Dit is belangrik op daarop te let dat
die feite in die
HUANG
-saak
(
supra
)
verskil van die huidige saak. Die eersgenoemde saak het die
Kommissaris reeds die afslag van twee jaar verleen gehad en was hy
nie bevoeg om verder afslag te verleen nie. In die huidige saak het
die Kommissaris slegs twaalf maande van die vier-en-twintig
wat hy
geregtig is om te verleen, inderdaad toegestaan. Om “‘n spesiale
afslag” as ‘n eenmalige afslag te interpreteer waar
‘n minder
afslag, soos in die huidige saak, reeds verleen is, kan lei tot
absurde resultate. Gestel ‘n gevangene wat ‘n lang
termyn vonnis
uitdien (soos die huidige applikant) lewer aan die begin van sy
vonnis “hoogs verdienstelike diens” waarvoor hy
byvoorbeeld ‘n
week afslag kry. Op ‘n later stadium, verhoed hy byvoorbeeld ‘n
grootskaalse ontsnapping van verskeie gevaarlike
prisoniers, wat die
gevangene geregtig sou maak op 18 maande afslag. Dit kan tog nie die
bedoeling van die Wetgewer gewees het om
verdere afslag in sulke
omstandighede te verhoed nie. Anders gestel, ‘n gevangene word nie
gediskwalifiseer indien hy een maal
afslag gekry het, solank die
totale afslag uiteindelik nie meer beloop as die twee jaar, soos
bedoel in artikel 68 van die Wet nie.
Dit volg dus dat die eenmalige
afslag, na my mening, slegs van toepassing is in gevalle waar die
gevangene reeds twee jaar afslag
gekry het, soos in die
HUANG
-saak
(
supra
),
maar nie die geval is, soos in die huidige saak, waar slegs twaalf
maande afslag verleen is nie.
Bygevolg
kan die regspunt van die respondent nie slaag nie.
Gevolglik word die saak uitgestel
sine die
ten einde uitvoering te gee aan die Hofbevel gedateer 12 Junie 2003.
__________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens
Applikant:
In
persoon
Namens
Respondente:
Adv.
A. Williams
i.o.v.
Staatsprokureur
/scd