About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 54
|
|
S v Macholo (734/2004) [2004] ZAFSHC 54 (3 June 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. 734/2004
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
PETRUS
MACHOLO
___________________________________________________________
CORAM:
LOMBARD
et WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
3 JUNIE 2004
___________________________________________________________
Die beskuldigde, ân 35-jarige
eerste oortreder, is skuldig bevind aan veediefstal van een skaap ter
waarde van R400,00 en daarvoor
gevonnis tot nege maande
gevangenisstraf. Hy is ook skuldig bevind aan die oortreding van
artikel 170(1) van Wet 51 van 1977 (versuim
om die hof by te woon) en
gevonnis tot R100,00 of 50 dae gevangenisstraf. Navraag is gerig
omtrent beide vonnisse en wat betref
die vonnis ten aansien van
aanklag 2, spesifiek met betrekking tot die verhouding tussen boete
en die alternatiewe gevangenisstraf.
Die beskuldigde het skuldig gepleit en erken dat hy die
skaap geslag het. Hy was honger en het die vleis huis toe gevat om
te kook.
Op pad na sy huis het die polisie hom gevang en hom
toegesluit.
Ter
strafversagting het die beskuldigde getuig dat hy besef dat wat hy
gedoen het verkeerd is. Hy het verder gemeld dat hy siek is
en
rugprobleme het en ân opgeskorte vonnis gevra. Hy het ook vermeld
dat hy werkloos is en dat hy getroud is, maar dat sy vrou
weggeloop
het en dat die kind saam met haar is.
Aan
die anderkant het ons hier met ân ernstige misdaad te doen en word
dit besef hoe moeilik dit is om oortreders op te spoor.
Redes is van die landdros aangevra en
hy word bedank vir sy redes. In sy redes verwys hy na ân
hersieningsaak wat deur een van
my ampsbroers onderteken is en waarin
vermeld word dat die gebruiklike vonnis vir âân geval soos
hierdieâ ses tot nege maande
effektiewe gevangenisstraf is. Die
hersiening het egter betrekking op diefstal van
twee
skape, terwyl ons in die onderhawige saak met een skaap te doen het.
Gevangenisstraf van ses maande is die normale vonnis vir ân
oortreding waar een skaap ter sprake is, maar daar kan versagtende
omstandighede wees wat ân ligter vonnis regverdig en ook moontlik
verswarende omstandighede. In hierdie geval is daar geen
omstandighede wat ân vonnis van meer as ses maande regverdig nie en
bygevolg
is die vonnis wat opgelê is sodanig onvanpas dat daarmee
ingemeng behoort te word.
Wat die tweede aanklag betref, kan
daar slegs verwys word na die beslissing van
S
v KAPENG
1992 (1) SASV 596 (O)
.
Gevangenisstraf van 50 dae is ân relatiewe ernstige vonnis in
verhouding met ân boete van R100,00 en is glad nie gepas om so
ân
lang tydperk gevangenisstraf op te lê waar daar slegs ân boete van
R100,00 ter sprake is nie.
In die lig van al die omstandighede van die saak word
die skuldigbevinding bekragtig, maar beide vonnisse tersyde gestel en
vervang
met die volgende:
Aanklag 1 â ses (6) maande gevangenisstraf.
Aanklag
2 â R100,00 of 10 dae gevangenisstraf.
Die
vonnisse moet geag word opgelê te gewees het op 22 April 2004.
________________
G.F. WRIGHT, R
EK STEM SAAM
__________________
D.J. LOMBARD, R
/scd