S v Molapong (142/86) [1986] ZASCA 136 (27 November 1986)

70 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Robbery with aggravating circumstances — Appellant convicted of robbery after pleading guilty to certain charges and not guilty to others — Evidence presented by victims identified appellant as assailant — Appellant's alibi not substantiated — Court found evidence of victims credible despite their limited understanding and background — Death penalty imposed based on aggravating circumstances of the robbery and appellant's criminal history — Appeal against conviction and sentence dismissed as evidence sufficient to uphold findings of trial court.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 136
|

|

S v Molapong (142/86) [1986] ZASCA 136 (27 November 1986)

DANIËL MOLAPONG
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(
APPELAFDELING
)
In die
saak tussen:
DANIËL MOLAPONG
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
Coram
: CORBETT, AR , GALGUT et BOSHOFF, Wn
ARR
Verhoor
: 20 November 1986
Gelewer
: 27 November 1986
UITSPRAAK BOSHOFF, Wn AR
:
Die appellant het in die rondgaande hof op Vryburg voor 'n regter en twee
assessore op ses
aanklagte /2
-2-aanklagte tereggestaan. Op aanklagte 1, 5 en 6 het hy
skuldig gepleit en is daarna behoorlik skuldig bevind en daarop gevonnis.
Op
aanklagte 2, 3 en 4 het hy onskuldig gepleit. In aanklag 3 word beweer dat die
appellant skuldig is aan roof met verswarende omstandig-hede
deurdat hy op 6
November 1984 op die plaas Jordaansrust wederregtelik vir Gert Jacobus Jordaan
(Gert) en Jan Barend Jordaan (Jan)
aangerand het en met mag en geweld sleutels,
'n knipmes, n windbuks, 'n kragopwekker, n gasbottel en R25,00 kontant, die
eiendom
of in die regmatige besit van Gert en/of Jan, uit hul besit geneem het.
Aanklagte 2 en 4 was gebaseer op die aanrandings wat onderskeidelik
op Gert en
Jan gepleeg is om die
roof /3
-3-roof te bewerkstellig. Omdat die verhoorhof van oordeel was dat
daar 'n duplisering van aanklagte was, het die verhoorhof die appellant
slegs op
aanklag 3 skuldig bevind en op aanklagte 2 en 4 onskuldig bevind. Weens die
aanwesigheid van verswarende omstandighede het
die verhoorregter in die
uitoefening van sy diskresionêre bevoegdheid kragtens art 277 (1) (c) (i)
van die Straf-proseswet
No 51 van 1977 hom die doodvonnis opgelê.
Die appellant kom nou in hoër beroep teen beide die skuldigbevinding op
aanklag 3 en die dood-vonnis wat opgelê is.
Wat die skuldigbevinding betref word namens die
appellant /4
-4-appellant aangevoer dat die getuienis wat voor die
verhoorhof gelê is nie afdoende is om te bewys dat die appellant die
persoon
is wat die roof op die twee klaers gepleeg het nie.
As vertrekpunt is dit nodig om te meld dat die appellant, toe hy onskuldig
gepleit het, te kenne gegee het dat sy verweer 'n
alibi
is sonder om
enige
aanduiding te gee waar hy was toe die beweerde roof gepleeg is, dat die
getuienis onteenseglik bewys dat 'n
roof op beide Gert en Jan gepleeg is en dat die appellant, nadat die
staatsaak gesluit is,self nie getuienis afgelê het nie.
Die /5
-5-
Die verhoorhof het in sy uitspraak gemeld dat daar onbevredigende aspekte in
die getuienis van Gert en Jan is maar nogtans bevind
dat hulle getuienis, wat
die appellant identifiseer as die persoon wat hulle aangerand en beroof het,
betroubaar is eh verder dat
die appellant se versuim om getuienis af te lê
om hulle te weerspreek, hulle getuienis in hierdie opsig versterk.
Wat die doodvonnis betref is namens die appellant aangevoer dat die
omstandighede van die roof nie sodanig is dat dit die roof kwalifiseer
as 'n
"uiterste geval" wat die oplegging van die doodvonnis regverdig nie.
Die verhoorregter het in sy redes vir vonnis
verwys /6
-6-
verwys na die wyse waarop die roof gepleeg is en die beserings wat aan
Jan en Gert veroorsaak is,en bevind dat die appellant 'n gevaarlike
persoon en
'n bedreiging vir ánder mense is en iemand is teen wie ander mense
beskerm moet word, en verder ook dat hy aan
die hand van sy vorige veroordelings
klaarblyklik 'n persoon is wat uit gewoonte misdade pleeg. In die lig hiervan
het die verhoorregter
die roof met verswarende omstandighede as 'n uiterste
geval beskou wat die oplegging van die doodvonnis reg-verdig.
Hierdie betoë en bevindings moet nou aan die
hand van die getuienis en bewese feite ondersoek en beoordeel word.
Die /7
-7-
Die twee klaers, Jan en Gert, is twee broers wat alleen, sonder
bediendes of arbeiders,in armoedige en uiters eenvoudige en agterlike
omstandighede in 'n huis op Jan se eiendom, Jordaansrust, woon. Hulle weet nie
juis hoe oud hulle is nie en dit is ook nie baie duidelik
hoever hulle geleerd
is nie. Hulle altwee het 'n persoonskaart en daaruit blyk dit dat Jan op 14
Januarie 1925 en Gert op 14 Julie
1940 gebore is. Dit maak hulle onderskeidelik
61 en 44 jaar oud toe die roof op 6 November 1984 gepleeg is. Volgens Jan het hy
skoolgegaan
tot so by standerd 5 rond en volgens Gert was hy op 'n domskool
(skynbaar 'n skool vir verstandelik vertraagdes) tot by standerd
6. Dit blyk uit
die
oorkondes..../8
-8-
oorkondes van die saak dat hulle beide 'n swak Afrikaans praat, 'n
beperkte woordeskat het en hulle self nie baie duidelik en akkuraat
uitdruk nie.
Die verhoorhof het hulle twee as "dom" beskryf. Om sake te vererger. was hulle
altwee erg aangerand en het hulle ernstige
hoofbeserings opgedoen tydens die
roof wat op hulle gepleeg is. Dit is nie duidelik of, en in hoe 'n mate indien
enige, hierdie hoofbeserings
hulle geheue affekteer het nie.
Jan beweer dat hy nou aan duiseligheid ly as hy 'n ent geloop het en Gert
beweer dat daar bloeding plaasvind waar die koeëlpunt
nog agter sy nek
onder sy regteroor onder die vel vassit, as hy werk en dat
dit /9
-9-
dit aanleiding gee tot lighoofdigheid en 'n dronkgevoel in sy kop. Ongelukkig
was die saak eers verhoor en het hulle hulle getuienis
afgelê meer as
agtien maande na die roof op hulle gepleeg is.
Dit dui alles daarop dat hulle getuienis met versigtigheid en omsigtigheid
benader moet word.
Jan se relaas van die gebeure kan kortliks as volg gestel word. Hy en Gert
het ongeveer 06h00 op-
gestaan om 'n paar koeie te gaan melk. Daarna het Gert hulle bokke na die
aangrensende stuk grond, wat aan Gert behoort en bekend
is as Hoekplaas, gejaag
om daar te laat wei. Gert bly by die bokke totdat hulle moet
terugkom /10
-10-
terugkom om water te suip by die suipbak
langs die sinkdam by die windpomp naby die opstal op Jordaansrust. Ongeveer
13h00 se kant
toe (volgens die posisie van die son in die lug want hulle het nie
horlosies nie) het die bokke by die opstal opgedaag sonder Gert.
Jan het toe
self na die sinkdam gegaan om water in die suipbak te laat loop. Toe hy buk om
die kraan oop te draai het hy 'n hou teen
sy agter-kop gevoel wat hom katswink
geslaan het en op die grond laat neerval het. Toe hy weer regkom was sy hande
agter sy rug aanmekaar
vasgebind met 'n draad. Terwyl hy nog so half deurmekaar
was het hy teen die sinkdam probeer opstaan. Hy sien toe sy aanrander, wat
hy in
die verhoorhof as die appellant uitgeken het,voor hom staan. Die aanrander
het
'n /11
-11-'n rewolwer tussen sy hemp en broek aan sy regtersy uit-gehaal,
op hom gerig en hom beveel om te gaan wys waar hy sy geld in die
huis bêre
aangesien hy gehoor het dat hy baie geld het. Toe Jan omdraai het hy weer
'n
paar houe teen sy rug en kop gevoel. Jan het geval maar opgestaan en stadig
huistoe geloop.
Die sinkdam en die windpomp is met draad toegespan en daar word tuin gemaak
in die kampie. Tus-sen hierdie kampie en die huis is 'n
kraal waardeur hulle
moes loop om by die huis te kom. In die kraal het Jan omgekyk en gesien dat die
aanrander 'n groot klip en 'n
tuinvurk met 'n ystersteel by hom het. Net
anderkant die huis is die grensdraad van sy buurman,
ene /12
-12-ene Bruwer. Anderkant die draad in Bruwer se grond het Jan
toevallig 'n Swartman sien loop en na hom geroep maar die Swartman
het net
aangehou loop. As gevolg van Jan se roep het die aanrander vir Jan met die vurk
se steel agter teen sy rug geslaan en hom
op sy knieë laat neersak. Jan het
weer opgekom en hulle het aange-stap na die huis toe. Die deure van die huis en
Gert se kamer,
wat 'n buitekamer aan die huis is, was gesluit. Gert het sleutels
vir die deure gehad en dit aan 'n bos sleutels gedra. Jan het sy
eie sleutels
gehad. Volgens Jan het die aanrander die voordeur met Gert se bos sleutels
oopgesluit. Die aanrander en Jan het binne
gegaan en in die kombuis uit 'n emmer
water gedrink.
Jan /13
-13-
Jan se hande was nog steeds agter sy rug vasgebind. Jan het op 'n
stoel gesit terwyl die aanrander die huis en kaste deursoek het.
Een van die
kaste was gesluit en Gert het die sleutel aan sy bos gehad. Die aanrander het
die kas met die sleutel uit Gert se bos
oopgesluit. Op 'n vraag van die
aanrander het Jan hom vertel dat daar net 'n bietjie geld in 'n koevert in die
bliktrommel is. Die
aanrander het die trommel se goed uitgegooi en die koevert
met R25,00 geneem. Die ander papiere en bewyse wat in die trommel was,
het die
aanrander aan die brand ge-steek. Die aanrander is naderhand uit die huis uit.
Jan het na 'n rukkie die vuur doodgetrap en
ook na buite gegaan en op die stoep
gestaan. Hy het gehoor dat die aanrander
in /14
-14-
in Gert se kamer besig is. Op die stoep was Gert se kragopwekker en
gasbottel en 'n paar haelpatrone wat die aanrander alreeds uit
die huis gedra
het. Daar het honde begin blaf en die aanrander het na hulle geskiet met Gert se
windbuks wat in sy kamer was. Hy
het Jan op die stoep gesien staan en hom met
die windbuks in sy kaal voet geskiet. Sy skoen het hy langs die pad van die
sinkdam
af verloor. Hy het sy sleutel wat aan 'n sakdoek vasgeknoop was en sy
knipmes, wat beide oorspronklik in sy sak was,ook nie meer
by hom gehad nie. Die
aanrander het 'n betonsteen wat daar gelê het geneem en Jan daarmee agter
teen die rug ge-stamp en hom
beveel om binne die huis te gaan. Hy
het /15
-15-
het hom ook met 'n stok,wat drie voet (0,914 m) lank en een en 'n half duim
(3,81 cm) dik is, agter teen die rug geslaan. Jan het
in die kombuis gaan sit.
Die aanrahder het die huis toegesluit en is toe weg. Om-trent 16h00 het die
buurman Bruwer en luitenant
Brandt van die polisie op Vryburg daar opgedaag en
die voordeur se slot gebreek om toegang tot die huis te verkry. Jan is toe
ontset
en voor op die stoep het hy Gert se bos sleutels, sy knipmes en die
haelpatrone wat toe nog daar gelê het,gesien. Die kragopwekker
en die
gasbottel was weg. Aangesien Gert nog nie uit die veld terugge-keer het nie, het
hulle hom gaan soek maar kon hom nie kry
nie. Jan is na die hospitaal op Vryburg
geneem
waar /16
-16-waar hy vir 'n paar dae gebly het. Hy het geweier
om
langer daar te bly. Jan het kneusings en skaafwonde gehad oor sy rug,
skouers, maag en bo-bene. Sy gesig was gekneus en sy linkeroog
was blou en
toegeswel. Daar was oopwonde op sy heup, voorkop en regterskouer en 'n skietwond
in sy regter voet. Foto's wat ingehandig
is toon sy wonde en hoe ernstig hy
aangerand is.
Op 8 November 1984, twee dae na die voorval
en
terwyl hy nog in die hospitaal was, het hy 'n verklaring aan luitenant Brandt,
die ondersoekbeampte, gemaak waarin hy die gebeure
die dag daar op die plaas
uiteensit en waarin hy 'n beskrywing gee van sy aanvaller in die volgende
woorde:-
"Ek..../17
-17-
"Ek kan my aanvaller beskryf. Hy is tussen 5 vt 10 dm en 6 vt lank, skraal
gebou met 'n geel gelaatskleur met 'n skerp spitsken. Sy
hare was kortgesny en
sy gesig skoongeskeer. Sy ouderdom skat ek 40 jaar of selfs ouer. Hy was geklee
in 'n donker-kleurige broek,
ek meen swart en 'n wit langmouhemp wat baie vuil
was met die moue opgerol tot net onder sy elmboë. Ek kan nie sê watse
skoene hy aangehad het nie. Hy het 'n klein spitsneus, middelmatige grootte mond
en normale lippe en ronde, klein, plat ore teen
sy kop. Hy het Afrikaans goed
gepraat sonder enige plat aksent. Ek het nie littekens of tatoeëermerke
gesien nie en sal die
man beslis herken as ek hom weer sien."
Op 10 November 1984 was Jan in Bloemfontein en daar moes hy vir 'n lid van
die polisie die gelaatstrekke
van /18
-18-
van sy aanvaller beskryf en so met verskillende stukkies getekende gesig 'n
gesig saamstel wat lyk soos die van sy aanvaller. Met
die stukkies wat hy so
uitgesoek het en saamgestel het, is 'n portret (identikit) van die aanvaller
geskep wat as bewysstuk E by
die verhoorhof ingehandig is. Die verhoorhof het
bevind dat die por-tret 'n wesenlike ooreenkoms toon met die foto van die
appellant
en die voorkoms van die appellant soos die verhoorhof hom waargeneem
het.
Op 11 November 1984 op die plaas van 'n sekere mnr Holtzhausen het luitenant
Brandt 7 foto's van Swart-mans, waaronder 'n foto van
die appellant ook was, aan
Jan oorhandig om vas te stel of sy aanvaller een va'n
hulle ./19
-19-
hulle was. Volgens Jan het hy die appellant uitgeken aan sy foto onder al die
foto's. Die foto's is by die verhoorhof ingehandig en
volgens die verhoorhof is
dit duidelik die appellant wat hy met die foto, bewysstuk F 1, uitgeken het.
Op 28 November 1984 het Jan 'n uitkenningsparade in die polisiekantore in
Kimberley bygewoon. Hy is met
'n hysbak geneem na die kantoor waar hy moes wag voordat hy na die parade
geneem is. Hy het nog nooit vantevore in n hysbak gery nie
en het met die opstyg
flou geword. Daarna was hy naar en dronkerig in sy kop. Volgens hom is hy op die
parade waár die appellant
ook was, ge-vra om sy aanvaller uit te wys maar
het nie gereageer nie.
Hy /20
-20-Hy is toe gesê dat hy voor die manne op die parade moet
verby loop sodat hy hulle van naby kon beskou maar het nog-tans
niks gesê
nie en ook nie daaraan gehoor gegee nie. Hy is toe weggeneem sonder dat hy
iemand uitgewys het. Sy verduideliking
is dat hy dronkerig en naar gevoel het as
gevolg van die hysbak rit en dat dit die rede was dat hy die dag glad nie
gereageer het
nie.
Alhoewel Jan die appellant in die hof maklik uitgeken het as sy aanvaller,
kon hy nie meer so mooi onthou watter beskrywing hy van
sy aanvaller aan die
polisie gegee het toe hy sy verklaring op 8 November 1984, meer as agtien maande
vantevore, gemaak het nie.
Op 9 Oktober 1985, amper 'n maar na die roof, het
luitenant /21
-21-luitenant Brandt weer na Jordaansrust gegaan en
'n
video-film geneem van alles wat Jan uitgewys het en gesê het wat met die
roof gebeur het. Daar is
'n transkripsie gemaak van alles wat hy gesê
het. Daar is geringe afwykings in sy verklaring wat hy op 8 Novem-ber 1984
gemaak
het, die video-film wat op 9 Oktober 1985 geneem is en sy getuïenis
in die hof op 25 Junie 1986. Die staatsaanklaer het sy verklaring
en die
transkripsie aan die appellant se advokaat beskikbaar gestel sodat hy vir Jan
daarop kon kruisvra,wat die advokaat toe wel
gedoen het. Na hierdie afwykings
verwys die verhoorhof in sy uitspraak soos volg:-
"Daar..../22
-22-
"Daar is verkille tussen sy getuienis en die verklaring wat hy afgelê
het en die transkripsie maar hulle is nie wesenlik sover
dit die identiteit van
sy aanrander raak nie en handel meer oor die vraag wat presies of hoe presies
die voor-val verloop het."
Gert se relaas van die gebeure kom in breë trekke op die volgende neer.
Hy is op 6 November 1984 ongeveer 07h00 saam met die
bokke na Hoekplaas om hulle
daar te laat wei. Hy sou hulle ongeveer 13h00 terugbring na Jordaansrust om
hulle water te gee. Hy het
'n bos sleutels in sy sak gehad. Omstreeks 12h00 het
hy skielik iemand so 6 meter van homaf gesien en 'n skoot van 'n rewolwer gehoor
en 'n slag agter teen sy kop gevoel. Hy het
geval /23
-23-geval en was toe heeltemal deurmekaar en het eers weer in
die hospitaal sy sinne herwin. Hy is op 7 November 1984, die dag nadat
hy
aangerand is, in die veld op Hoekplaas deur die polisie gevind en na die
hospitaal op Vryburg geneem. Volgens die geneesheer wat
hom op 7 November 1984
in die Vryburg hospitaal ondersoek het, was hy toe nog half bewusteloos en het
hy die volgende" wonde en beserings
gehad: krapmerke aan sy borskas, skaafwonde
op beide skouers en aan beide elmboë, kneus-wonde aan sy heup, skaaf en
kneuswonde
aan beide enkels, 'n hematoom aan die linkerkant van sy nek en aan sy
bors-kas, 'n diep snywond aan sy regterhand-wysvinger, oop-wonde
aan sy bolip,
die linkerkant van sy kop, en die
middel /24
-24-middel en regterkant van sy agterkop, n skedelfraktuur met
n oopwond aan die linkerkant van sy kop en 'n skiet-wond in die regter
agterkant
van sy kop (die ingangswond was aan die regter agterkant van sy nek en volgens
X-strale sit die koeëlpunt in die nek
teen die werwels). Foto's wat
ingehandig is toon die erns van die beserings. Hy is op 8 November 1984 na die
hospitaal op Bloemfontein
oorgeplaas en het daar gebly tot 26 November 1984.
Gert het beweer dat hy die persoon wat daar by hom in die veld was,gesien het
en
dat dit die appellant is. Vol-gens hierdie relaas van hom moes hy sy aanvaller
net oombliklik gesien het as hy hom ooit gesien
het.
Op 28 November 1984 het hy op Kimberley 'n
verklaring.../25
25
verklaring aan luitenant Brandt gemaak. Die staats-aanklaer het die
verklaring aan die advokaat van die appellant beskikbaar gestel.
In die
verklaring vertel hy hoe hy die dag aangerand is en hoe hy sy beserings opgedoen
het. Dit word in n groot mate gestaaf deur
wat die polisie op die plek van die
verskillende aan-randings wat hy noem, gevind het. In sy getuienis voor die
verhoorhof meld hy
slegs die eerste aanranding en is hy nie bewus van verdere
aanrandings nie omdat hy toe deurmekaar was. In kruisondervraging het
hy
toegegee dat van die feite wat hy in sy verklaring meld, aflei-dings kan wees
wat hy gemaak het of selfs dinge kan wees wat hy
gehoor het. Dit mag natuurlik
ook wees dat
hy /26
-26-
hy, weens sy toestand as gevolg van sy hoofbeserings, nie meer alles
kan onthou wat met hom gebeur het nie. Hy het in sy verklaring
die volgende
beskrywing van sy aanvaller gegee:
"Die Swartman wat my aangeval en geskiet het, is amper net so lank soos ek.
Hy het sulke getekende prente en goed geskryf op sy linker-arm,
die voorarm
gedeelte. Ek
kan /27.
-27-
kan onthou die man het 'n gewone lang-mouhemp aangehad waarvan die moue
opgerol was, maar ek kan nie die hemp se kleur onthou nie,
die lang-broek was
donker van kleur, maar ek kan nie onthou bruin of wat nie. Ek dink ek sal die
man kan herken as ek hom weer sien."
In die verhoorhof is Gert nie gevra om 'n
beskrywing van sy aanvaller te gee nie. Hy is net
gevra oor sy kleredrag en sy antwoorde blyk uit die volgende:-
"Kan u onthou wat die beskuldigde se kleredrag was op daardie dag? —
Nie mooi nie, hy was so swart-bruin broek.
So 'n swart-bruin? — Die hemp was so swarterig en broek so bruin. En
die broek was bruin, sê u? — Ja.
HOF
: Beskrywe net vir ons
die hemp, u sê hy was swarterig? -- Swarterig,
ja /28
-28-
ja, maar hy was korterig. Hy was
'n bietjie korterig.
0, kortmoue?
— Ja.
Maar kyk, 'n mens kry mos nou 'n
swart, soos die advokaat, die baadjie
en toga wat die advokaat het?
— Nee,
hy was nie so swart nie.
Nie so swart nie, nou hoe swart
sou
u dan sê? — Hy was 'n bietjie ligter,
anderster.
Ja, maar verduidelik vir ons? — Hy
was amper so.
Soos die mikrofoon daar voor u? — Ja.
So grys-swart dan, né? -- Ja.
MNR OLIVIER
: Ja, hy wys so 'n
grys
kleur.
MNR BOSHOFF
: Mag ek net vra da't op
rekord geplaas word dat hy het die
hemp se lengte só
gewys.
HOF
: Ja, dit is 'n kortmou.
MNR BOSHOFF
: Die kortmou,
maar
maar ek wil net .. (tussenbeide)
HOF
: Ja, die helfte van die
boarm,
dit is reg, ja.
MNR OLIVIER
: Mnr Jordaan, ken u
die verskil tussen 'n kortmouhémp
en /29
-29-
en 'n langmouhemp waarvan die moue opgerol is? -- Die lange is so, sê
maar onder by 'n mens se hand. Ja, u ken 'n langmouhemp,
maar u sê hierdie
was 'n kortmouhemp? — Ja.
HOF
: Nie 'n hempsmou wat opgerol is nie?
— Nee, hy was nie heelte-mal opgerol nie."
Sy beskrywing van die aanvaller se kleredrag kom nie juis presies ooreen met
die van Jan nie. Nie-temin op 28 November 1984 was Gert
saam met Jan op
Kimberley toe die uitkenningsparade gehou is en volgens hom het hy onder die 10
persone wat op die parade gestaan
het,vir die appellant uitgewys as die persoon
wat hom op 6 November 1984 aangerand het. Niemand het voor die tyd aan hom
vertel hoe
die appellant gelyk het nie.
Gert /30
-30-
Gert het vertel wat by die uitkenningsparade gebeur het en hoe hy na die
parade geneem is. Dit is nodig om hier te meld dat 'n mens
nie uit sy getuienis
met enige mate van sekerheid kan vasstel hoe die uitkenningsparade gereël
en gehou was en wat op die parade
gebeur het nie, In die verhoorhof toe hy
getuienis afgelê het, het hy die appellant uitgeken as die persoon wat hom
aangeval
het.
Die verhoorhof het met Gert se getuienis in hierdie verband as volg
gehandel:-
"Dit is dus duidelik dat Gert se ge-tuienis in hierdie hof wesenlik ver-skil
van sy polisie-verklaring. Ver-al sê hy in sy verklaring
dat hy weet hoe
die ander beserings hom toegedien is. Dit is ook so dat
hy /31
-31-
hy net momenteel sy aanrander op 'n afstand van 6 meter gesien het, tog het
hy hom onthou en sonder huiwering op 'n uitkenningsparade
uitgewys. Daar is
betoog deur adv Boshoff dat die uitkenningsparade nie behoorlik bewys is nie,
maar volgens Gert het die uitkenningsparade
heeltemal vol-gens die
regsreëls plaasgevind en daardie getuienis van hom is nie in twyfel getrek
nie. Dit is te
'n groot toeval dat Gert dieselfde persoon uitwys wat sy broer reeds heelwat
vroeër uitgewys het as die persoon wat hom op dieselfde
dag, ongeveer
dieselfde tyd op dieselfde plaas aangerand het en toevallig ook Gert se sleutels
gehad het."
Soos reeds gemeld bewys die getuienis wat voor die verhoorhof geplaas is
onteenseglik dat Jan en Gert beroof is en ook ernstig aangerand
is. Trouens
die
getuienis /32
-32-
getuienis toon ook dat dit hoogs waarskynlik is dat die roof op die twee
broers deur dieselfde persoon gepleeg is.
Die enigste punt wat nou in geskil is en ook in die verhoorhof in geskil was,
is die identiteit van hulle aanrander.
Daar is natuurlik die feit dat die appellant, nadat die staatsaak gesluit is,
nie self getuienis onder eed afgelê het nie maar
die belangrikheid daarvan
hang noodwendig af van die besondere omstandighede van die betrokke geval. In
die saak van
S v Mthet
wa 1972(3) SA 766 op bladsy 769 B-F word die
posisie
as /32(a)
-32(a)-as volg gestel:-
"(a) Where the State case against an
accused is based upon circumstantial evidence and depends upon the drawing of
inferences therefrom, the extent to which his failure
to give evidence may
strengthen the inferences against him usually depends upon various
con-siderations. These include the cogency
or otherwise of the State case, after
it is closed, the case (sic) with which the accused could-meet it if innocent,
or the possibility
that the reason for his failure to testify may be explicable
upon some
hypothesis /33
-33-
hypothesis unrelated to his guilt; see
R v Ismail
,
1952 (1) SA 204
(AD)
at p 210 and
S v Letsoko ant Others
,
1964 (4) SA 768
(AD) at p
776B-D.
(b) Where, however, there is direct
prima facie
evidence implicating the
accused in the commission of the offence, his failure to give evidence,
whatever his reason may be
for such failure, in general
ipso facto
tends to strengthen the State case, because there is then nothing to gainsay it,
and there-fore less reason for doubting its credibility
or reliability; see
S
v Nkombani and Another
,
1963 (4) SA 877
(AD) at p 893G, and
S v
Snyman
,
1968 (2) SA 582
(AD) at p 588G. In the latter case this Court went
on to say, at p 588H,
'The ultimate requirement, of course, is
proof of guilt beyond reasonable doubt'; and this depends upon an appraisal of
the totality
of the facts, including the fact that he did not give
evidence.'"
Die /34
-34-
Die woord "case" in die tweede sin van paragraaf (a) van die aanhaling is
skynbaar bedoel om "ease" te wees.
In die onderhawige saak is daar geen omstandig- heidsgetuienis wat enige
aanduiding kan gee wie Jan en Gert se aanrander was nie.
Daar is slegs die
getuienis van 'Jan en Gert self dat hulle die appellant as hulle
aanrander uitken en van te vore uitgeken het. Hierdie is dus 'n geval wat
onder (b) van die aanhaling hierbo ressorteer indien dit
gesê kan word dat
hulle getuienis
in hierdie verband neerkom op direkte
prima facie
ge-tuienis wat die
appellant betrek by die pleeg van die
roof.
Mnr /35
-35-
Mnr Williams namens die appellant het in wese betoog dat die
getuienis van Jan en Gert in soveel op-
sigte aanvegbaar is dat geen waarde
daaraan en die uit-
kenning van die appellant deur hulle geheg kan word nie.
In hierdie verband is dit nodig om in die eerste
plek te verwys na die polisieverklarings wat Jan en Gert onderskeidelik
gemaak het en ook die transkripsie van die onderhoud wat die
polisie met Jan
gehad het en op 'n video-film laat opneem het. Hierdie verklarings en
transkripsie val nie onder enige van die uitsonderings
wat gemaak word ten
opsiqte van vroeëre ooreenstemmende verklarings nie en is gevolglik
ontoelaatbaar as nie relevant nie. Hulle
was aan die appellant se advokaat
beskikbaar /36
-36-
beskikbaar gestel slegs om hom 'n geleentheid te gee om vir Jan en Gert te
krúisvra oor inligting daarin wat in stryd is met
die getuienis wat hulle
onderskeidelik in die verhoorhof afgelê het. Slegs die teenstrydige
inligting daarin was dus tersaaklik
en van nut en enige waarde insoverre dit
hulle geloofwaardigheid geraak het. In hierdie opsig was sekere getuienis van
Jan, wat in
stryd was met sy vroeëre verklarings, gediskrediteer insoverre
die strydighede onverklaar was. Wat Gert aanbetref was al sy
getuienis heeltemal
onverklaarbaar in die lig van die vroeëre teenstrydige verklaring wat hy
gemaak het.
Getuienis van 'n vorige identifikasie buite die
hof /37
-37-
hof is toelaatbaar ondanks die feit dat die getuie sy identifikasie
in sy beëdigde getuienis herhaal. Die rede vir hierdie uitsondering
op die
reël dat 'n vorige enersluidende verklaring ontoelaatbaar is, is dat die
vorige identifikasie normaalweg heelwat meer
gewig dra as die latere
identifikasie. Wanneer 'n getuie iemand in die hof uitken, is sy getuienis
uiteraard verdag want die omstandighede
suggereer as't ware sy antwoord aan hom.
Getuienis dat hy tevore reeds in ander omstandig-hede dieselfde persoon uitgeken
het, is
dus beslis relevant,
Bewysreg
, tweede uitgawe, C W 'n Schmidt,
bladsy 367.
Mnr Olivier namens die Staat het op sy beurt
betoog..../38
-38-
betoog dat daar genoegsame getuienis voor die hof is om die appellant met die
roof op Jan en Gert te verbind en steun weer, soos hy
gedoen het in die
verhoorhof sterk op (a) die saamgestelde gesigsbeeld wat met behulp van Jan se
beskrýwings en aanwysings
geskep is, (b) die getuienis van Jan dat hy die
appellant se foto onder sewe foto's uitgewys het, (c) die feit dat Jan en Gert
vir
die appellant in die verhoorhof uitgewys het en (d) die getuienis van Gert
dat hy die appellant op 'n uitkenningsparade uitgewys
het.
Die saamgestelde gesigsbeeld kan slegs aandui wat Jan se algemene indruk van
die gesig van sy aanrander was. Inderdaad is dit noodwendig
'n rowwe en
onsekure
weergawe /39
-39-
weergawe van die werklike gesig en kan sekerlik nooit 'n ewebeeld
wees nie. Op die hoogste gestel kan dit alleen dien as 'n aanduiding
van die
soort van gesig wat die aanrander volgens Jan se waarneming het. Daar kan dus
talle ander persone wees wat ook so 'n soort
gesig het of wat 'n ooreenkoms toon
met die rowwe trekke van die saamgestelde gesigsbeeld. In hierdie beperkte mate
is daar wel 'n
ooreenkoms tussen die foto van die appellant en die saamgestelde
gesigsbeeld. Trouens, daar is ook so 'n moontlike vergelykbare ooreenkoms
tussen
die gesig van 'n persoon op een van die ander foto's, waar-onder die foto van
die appellant was, en die saamgestelde gesigsbeeld.
Vanweë /40
-40-
Vanweë die hoë eise wat gestel word vir die betroubare uitkenning
van 'n verdagte persoon en die klaarblyklike tekortkominge
van 'n saamgestelde
gesigs-beeld, het 'n saamgestelde gesigsbeeld nouliks geen waarde vir die
positiewe uitkenning van 'n verdagte
per-soon nie.
Die enigste getuienis voor die hof dat Jan die appellant se foto tussen sewe
foto's uitgewys het, is die getuienis van Jan self. Vroeër
in hierdie
uit-spraak is alreeds verwys na sy tekortkominge as persoon en getuie. Afgesien
daarvan is daar geen getuienis van . die
omstandighede waaronder hy die foto
uitgewys het nie en in besonder hoe die uitwysing gereël en gedoen was
nie /41
-41-nie. So 'n uitwysing kan as getuienis teen 'n verdagte persoon
van waarde wees slegs indien 'n verantwoordelike persoon verduidelik
hoe te werk
gegaan is en wat gedoen is om te verseker dat die prosedure wat gevolg is nie
onbillik enonregverdig teenoor die verdagte
persoon is nie. In die huidige geval
is daar nie sulke getuienis nie en is die uitwysing dus onbetroubaar en van geen
waarde nie.
Jan het op 11 November 1984, toe hy die appellant se foto sou uitgewys het,
'n geleentheid gehad om die appellant se gesig op die
foto te sien. Op 28
Noyember 1984, ongeveer 17 dae nadat Jan die foto van die appellant gesien het,
was Jan saam met Gert in Kimberley
by die
uitkenningsparade..../42
-42-
uitkenningsparade daar. Behalwe die onbevredigende getuienis van Jan
en Gert, was daar hoegenaamd geen getuienis voor die hof nie
hoe die
uitkenningsparade gereël was, hoe die parade saamgestel was, watter
prose-dure gevolg was, wat gedoen was om te verseker
dat die verrigtinge billik
en regverdig teenoor die verdagte persoon, die appellant in hierdie
geval,verloop en hoe dit met die uitwysing
gevaar het. Jan en Gert kon te
begrype feitlik niks van die hou van die uitkennings-parade vertel nie en om te
oordeel volgens hulle
getuienis het hulle slegs geweet dat hulle na 'n
uitkenningsparade geneem is en dat hulle hulle aanrander moes uitwys. As twee
leke
was hulle nie in staat om enigiets meer te
vertel /43
-43-
vertel nie.
Ondanks die feit dat Jan die foto van die appellant vantevore gesien het, het
hy hom nie op die uitkenningsparade uitgewys nie. Sy
verduideliking daar-vooris
dat hy na die rit in die hysbak naar en dronkerig in sy kop gevoel het en
gevolglik niks by die uitkennings-parade
gesê of gedoen het nie ondanks
die versoeke van die persoon wat daar saam met hom was. Hierdie deel van die
saak is uiters
onbevredigend grootliks omdat daar nie getuienis van 'n
verantwoordelike persoon voor die hof is oor wat by die uitkenningsparade
gebeur
het nie. Dit is heel onwaarskynlik dat die persoon in bevel van die
uitkenningsparade nie sou opgemerk het dat Jan ongesteld
is /44
-44-
is en sake daarby aangepas het nie deur eers 'n rukkie te wag dat Jan herstel
of deur die uitkenningsparade uit te stel. Omdat nie
een van hierdie twee dinge
ge-doen is nie, is die afleiding onweerstaanbaar dat Jan nie die verdagte
persoon kon uitwys nie.Sy onvermoë
om die appellant uit te wys as sy
aanrander het. enige waarde, indien enige, wat die saamgestelde gesigs-beeld en
die uitwysing van
die foto vir die Staat mag gehad het daarmee vernietig.
Volgens Gert het hy self inderdaad vir die appellant op die uitkenningsparade
uitgewys. Die waarde van so 'n uitwysing moet eintlik
nul wees as in gedagte
gehou word dat volgens sy getuienis in die verhoorhof
hy... /45
-45-
hy sy aanrander werklik nie gesien het nie. Indien hy hom wel gesien het moes
dit slegs oombliklik gewees het. Inderdaad is sy getuienis
oor wat hy van sy
aanrander ge-sien het uiters onbevredigend. Boonop is sy getuienis oor die
gebeure hoehy aangerand is gediskrediteer
met sy vroeëre
polisieverklaring.
In die lig van al hierdie kritiek teen Jan en Gert se getuienis ten opsigte
van die uitkenning van die appellant as hulle aanrander,
verloor hulle uitwysing
van die appellant in die verhoorhof enige waarde wat dit mag gehad het. Dit is
veral so omdat Jan met die
foto en Gert met die uitkenningsparade vooraf kennis
gemaak het met die identiteit van die appellant.
Indien /46
-46-
Indien hierdie beskouing van Jan en Gert se uitkenning van die appellant as
hulle aanrander korrek is, is daar geen direkte
prima facie
getuienis wat
die áppellant met die pleeg van die roof op Jan en Gert be-trek nie en
regverdig die versuim van die appellant
om getuienis af te lê, geen
nadelige afleidings teen hom nie. Volgens die getuienis in die geheel gesien is
die saak dus nie
bo redelike twyfel teen die appellant bewys nie.
Die verhoorhof het kennelik besef dat die uit-kenningsgetuienis in die saak
met versigtigheid en omsigtigheid benader moet word maar
het dit klaarblyklik
nie gedoen nie soos blyk uit die bevindings van die
verhoorhof..../47
-47-
verhoorhof in verband met die waarde van die saamgestelde
gesigsbeeld, foto-uitkenning en uitkenningsparade en die betroubaarheid
van Jan
en Gert as getuies in hierdie opsig. Trouens daar was geen aanvaarbare grond
waarop die verhoorhof kon bevind het dat Jan
en Gert betrou-bare uitkennings
gemaak het nie en het dus in hierdie opsig misgetas.
Die slotsom is dat die betoog van mnr Williams gehandhaaf moet word en die
appèl moet slaag. Met hierdie gevolgtrekking is
dit natuurlik nie nodig
om met die betoog ten aansien van die doodvonnis te handel
nie.
Die /48
-48-
Die appèl slaag en die skuldigbevinding op aanklag 3 en die
doodvonnis wat opgelê is word tersyde
gestel.
BOSHOFF, Wn AR ,
Corbett AR)
Galgut, Wn AR) Stem saam