About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 50
|
|
S v Maliehe (410/2004) [2004] ZAFSHC 50 (27 May 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. 410/2004
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
En
CLIFTON
THABENG MALIEHE
___________________________________________________________
CORAM:
LOMBARD
et
WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
27 MEI 2004
___________________________________________________________
Die beskuldigde, ân 32-jarige man,
is skuldig bevind aan diefstal van twee sakke varkgroei (meel) met ân
waarde van R200,00 en
gevonnis tot 36 maande gevangenisstraf waarvan
18 maande op gepaste voorwaardes opgeskort is.
Die beskuldigde het skuldig gepleit en oop kaarte met
die hof gespeel en gevra dat die hof hom moet waarsku. Dit blyk
egter dat hy
verskeie vorige veroordelings het waarop die landdros
baie klem gelê het in sy redes. Hy het drie oortredings van
huisbraak, maar
een het reeds in 1988 plaasgevind en twee is ten
opsigte van oortredings wat op dieselfde dag plaasgevind het. Dan
het hy ook twee
oortredings van diefstal, een waarvan reeds in 1989
plaasgevind en hiervoor is hy gevonnis tot vier houe met ân ligte
rottang.
Die ander oortreding is nie relevant nie. Alhoewel sekere
van die oortredings relevant is, moet die geheel van die oortredings
in perspektief gesien word.
Die landdros het verder daarop staat gemaak dat daar
baie diefstalle by die betrokke plaas plaasgevind het, maar dit wil
natuurlik
nie sê dat daar enigsins ân afleiding gemaak kan word
dat hierdie beskuldigde daarby betrokke was nie. Dit is nogtans ook
ân
verswarende faktor.
In geheel gesien moet daar egter ook gelet word op die
waarde van die goedere wat gesteel is en die feit dat die beskuldigde
vir ongeveer
drie maande in hegtenis was. Indien daar na al die
omstandighede gekyk word wat hierbo vermeld is asook al die faktore
wat blyk
uit die oorkonde, meen ek dat die vonnis sodanig onvanpas is
dat daarmee ingemeng behoort te word.
Bygevolg
word die skuldigbevinding bekragtig, maar die vonnis tersyde gestel
en vervang met die volgende:
Vier en twintig (24) maande gevangenisstraf waarvan agt
(8) maande gevangenisstraf opgeskort word vir drie (3) jaar op
voorwaarde
dat die beskuldigde nie weer skuldig bevind word aan die
misdryf diefstal of poging tot diefstal, gepleeg gedurende die
tydperk van
opskorting nie.
Die
vonnis moet geag word opgelê te gewees het op 2 Maart 2004.
________________
G.F. WRIGHT, R
EK STEM SAAM
__________________
D.J. LOMBARD, R
/scd