About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 45
|
|
Liwani v S [2004] ZAFSHC 45 (24 May 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. A468/2003
In
die saak tussen:
TIGER
VUYANE LIWANI
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
___________________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
R.P.
et
VAN COPPENHAGEN R.
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
24 MEI 2004
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE R.P.
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
27 MEI 2004
___________________________________________________________
Appellant is 31 jaar oud. Ten tyde
van die voorval waaroor hierdie saak handel, was hy verbonde aan die
Suid-Afrikaanse Weermag en
gestasioneer te Tempe Weermagbasis,
Bloemfontein. Hy het in die plaaslike Streekhof tereggestaan op twee
aanklagte ingevolge die
Wet op Vuurwapens en Ammunisie (Wet Nr.75 van
1969). Aanklag 1 beweer ân oortreding van artikel 2, te wete die
besit van ân
9mm semi-outomatiese pistool sonder ân lisensie wat
daardie besit magtig. In aanklag 2 word ân oortreding van artikel
36 ten
laste gelê deurdat hy op dieselfde datum en plek 7 x 9mm
rondtes ammunsie in sy besit gehad het sonder die magtiging van ân
lisensie.
Hy is deur ân prokureur verteenwoordig en het onskuldig
gepleit op beide aanklagte. Hy is skuldig bevind op beide aanklagte
en
soos volg gevonnis:
Aanklag
1:
2 jaar
gevangenisstraf.
Aanklag
2:
6 maande
gevangenisstraf.
Hy kom nou in hoër beroep teen beide die
skuldigbevinding en vonnis.
Dit is gemeensaak dat appellant op die betrokke dag deur
die Polisie in besit gevind is van die pistool en ammunisie wat in
die klagstaat
genoem word en dat hy nie ingevolge die toepaslike Wet
gelisensieer is om dit te besit nie. Namens hom het Me. Wright dan
ook tereg
reeds in haar hoofpunte van betoog toegegee dat die
skuldigbevinding in orde is. Die appèl teen die skuldigbevinding
kan derhalwe
nie slaag nie.
Die
Verhoorhof was onder die indruk dat die Strafregwysigingswet (Wet
Nr.105 van 1997) van toepassing was op hierdie geval, soos blyk
uit
die volgende aanhaling uit die uitspraak:
â
Die
hof het ingevolge wet 105 van 1997, geen ander keuse as om u tot
gevangenisstraf te vonnis nie. Die hof kan afwyk van
die voorgeskrewe minimum vonnis van vyftien jaar gevangenisstraf
indien die hof bevind dat daar dwingende en wesenlike omstandighede
bestaan wat ân mindere vonnis regverdig.
Daar is geen besondere dwingende en wesenlike omstandighede aan die
hof voorgehou nie. Die hof is egter van mening dat die aard
van die
misdryf sodanig is dat vyftien jaar gevangenisstraf onbillik en
onregverdig teenoor u sal wees.
In die lig van wat gesê is in
S
v Shongwe
1999 2 SASV 220 (O) kan die
hof dit op sigself as ân dwingende en wesenlike omstandigheid
aanmerk. Die hof is egter steeds van
mening dat gevangenisstraf die
enigste gepaste vonnis vir u is.â
Die Strafregwysigingswet (
supra
)
is nie van toepassing op die onderhawige geval nie. (
NDLOVU
v DIE STAAT
,
ongerapporteerde uitspraak in hierdie Afdeling, gedateer 29 April
2004). Die
NDLOVU
-uitspraak
volg die uitspraak in
S
v KHONYE
2002 (2) SASV 621 (T)
wat onlangs bekragtig is in
S
v MOOLEELE
2003 (2) SASV 255 (T)
.
Ter versagting van die Verhoorlanddros moet daarop gewys word dat sy
appellant op 13 November 2002 gevonnis het en dat die
KHONYE
-beslissing
(
supra
)
in alle waarskynlikheid toe nog nie gepubliseer was nie omdat dit in
die Desember 2002 uitgawe van die Strafregverslae verskyn het.
Hoe
dit ookal sy, 15 jaar gevangenisstraf was nie die voorgeskrewe
minimum vonnis vir ân eerste oortreder op aanklag 1 nie maar
wel ân
maksimum van R12 000,00 boete of 3 jaar gevangenisstraf of beide
ingevolge artikel 39(2)(b) van die Wet. Benewens hierdie
oorweging
bevat die klagstaat geen verwysing hoegenaamd na die
Strafregwysigingswet nie. Sien in hierdie verband ân ander
NDLOVU
-uitspraak,
nl.
S v NDLOVU
2003 (1) SASV 331 (HHA)
,
paragrawe
[8] â
[13]
waar dit
beklemtoon word hoe belangrik dit is om ân beskuldigde betyds en
behoorlik in te lig dat daar staat gemaak gaan word
op die
voorgeskrewe minimum vonnisse van die Strafregwysigingswet.
Die Verhoorlanddros het appellant tereg as ân eerste
oortreder beskou omdat sy enigste vorige veroordeling weens diefstal
reeds
12 jaar oud was. Sy het ook as redelik moontlik aanvaar dat
appellant in besit van die pistool en ammunisie was as pand vir ân
lening van R100,00 wat hy vroeër daardie dag aan ân kollega gemaak
het terwyl beide onder die invloed van drank was. Volgens
appellant
se getuienis het hy die pistool vroeg die betrokke Saterdagoggend van
die eienaar ontvang en sou hy dit hou tot die eersvolgende
Maandag
wanneer die eienaar geld sou leen om die R100,00 terug te betaal. Hy
is deur die Polisie gearresteer nie lank nadat hy besit
van die
vuurwapen geneem het nie.
Nadat
sy appellant se weergawe omtrent die pistool as pand in sy guns
aanvaar het, sê die Landdros die volgende:
âDie hof het egter ân plig om toe te sien dat die gemeenskap se
reg op veiligheid beskerm word. Beskonke persone in besit van
onwettige vuurwapens is nie bevorderlik vir die gemeenskap se
veiligheid nie.â
Ek stem hiermee volkome saam.
In die
NDLOVU
-uitspraak
(
supra
)
het die Hoogste Hof van Appèl vir presies soorgelyke oortredings as
in die onderhawige appèl ân vonnis van 3 jaar gevangenisstraf
opgelê vir die onwettige besit van ân 9mm pistool en 1 jaar
gevangenisstraf vir die onwettige besit van 8 rondtes ammunisie.
Die
Hof het ook gelas dat die vonnisse saamloop. In die lig van daardie
vonnisse kan nie gesê word dat die totale vonnis van 2½
jaar
gevangenisstraf onvanpas swaar is nie. Die Landdros sê tereg die
volgende in haar uitspraak:
â
U is ân lid van die Suid-Afrikaanse Nasionale
Weermag en vertroud met vuurwapens. U was, op u eie weergawe, maar
te deeglik bewus
daarvan dat u nie in besit mag wees van ân
vuurwapen as u nie ân lisensie daarvoor het nie.â
Gevolglik word die appèl afgewys en word beide die
skuldigbevinding en vonnis bekragtig.
____________________
J.P. MALHERBE R.P.
EK STEM SAAM
__________________________
G. VAN COPPENHAGEN R
Namens
Appellant:
Adv.
G. Wright
i.o.v.
Regshulpraad
Bloemfontein
Namens
Respondent:
Adv.
N.J. Keulder
i.o.v.
Direkteur:
Openbare Vervolgings
Bloemfontein
/scd