S v Radebe (SR67/2004) [2004] ZAFSHC 43 (20 May 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Jurisdiction of magistrate's court — Accused convicted of housebreaking with intent to steal and sentenced to three years' imprisonment, suspended for five years, and corrective supervision for three years — Sentence exceeding magistrate's jurisdiction as per section 92 of the Magistrates' Courts Act 32 of 1944 — Sentence declared ultra vires and replaced with appropriate sentence. The accused, a 37-year-old widower and first-time offender responsible for three minor children, was convicted on 25 February 2003 and initially sentenced on 28 February 2003. The court found the original sentence to exceed the jurisdictional limits of the magistrate's court, necessitating a revision of the sentence. The court upheld the conviction but set aside the original sentence, replacing it with a two-year suspended sentence for five years, conditional upon no further convictions for similar offenses during the suspension period.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 43
|

|

S v Radebe (SR67/2004) [2004] ZAFSHC 43 (20 May 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. SR67/2004
In
die spesiale hersiening tussen:
DIE
STAAT
En
PULE
EPHRAIM RADEBE
___________________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN
et
WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN COPPENHAGEN, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
20 MEI 2004
___________________________________________________________
[1] Artikel 92 van die Wet op Landdroshowe Nr.32 van
1944 soos ter sake in die onderhawige bepaal:
“
92(1) Behoudens
andersluidende uitdruklike bepalings in hierdie Wet of in ‘n ander
wet, kan die
hof, wanneer die hof ‘n persoon weens ‘n misdryf kan straf –
(a) met gevangenisstraf, gevangenisstraf vir ‘n
tydperk van hoogstens drie jaar oplê waar die hof nie die hof van
‘n streekafdeling
is nie, of van hoogstens 15 jaar, waar die hof
die hof van ‘n streekafdeling is;
(b) met
boete, ‘n boete wat nie die bedrag wat die Minister van tyd tot tyd
by kennisgewing in die
Staatskoerant
vir die onderskeie howe in paragraaf (a) bedoel, bepaal, te bowe gaan
nie;
(c) .......
(d) met korrektiewe toesig, korrektiewe toesig vir ‘n tydperk soos
beoog in artikel 276A(1)(b) van die Strafproseswet, 1977 (Wet
51 van
1977), oplê.”
[2] Artikel 276 van Wet 51 van 1977
bepaal, onder andere, dat ‘n hof bevoeg is om by die oplegging van
vonnis verskeie opsies sal
hê waarby ingesluit is die oplegging van
gevangenisstraf en uiteraard natuurlik ook ‘n boete of
gevangenisstraf as alternatief
by wanbetaling van ‘n boete.
Dit behoef werklik geen verdere toeligting anders as om
te konstateer dat ‘n Landdros se strafregtelike jurisdiksie wat
betref die
oplegging van gevangenisstraf in die onderhawige geval
beperk is tot hoogstens drie jaar nie.
[3] Op 28 Februarie 2003 en na ‘n skuldigbevinding op
25 Februarie 2003 wat gevolg het op ‘n pleit van skuldig was die
beskuldigde
op ‘n klagte van huisbraak met die opset om te steel en
diefstal gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf voorwaardelik vir vyf
jaar
opgeskort sowel as drie jaar korrektiewe toesig op bepaalde
voorwaardes.
Gemelde vonnis wat ‘n potensiële
gevangenisstraf van ses jaar inhou oorskry die jurisdiksie van die
Landdros en is dus totaal
ultra
vires
.
[4] Die skuldigbevinding is in orde, die vonnis nie.
Die vonnis moet tersyde gestel en vervang word met ‘n gepaste
vonnis.
[5] Die beskuldigde was ten tye van die pleging van die
misdaad ‘n 37-jarige wewenaar en algemene arbeider. Sy verdienste
was R600,00
per maand. Hy was ‘n eerste oortreder wat berou vir sy
misdaad geverbaliseer en getoon het. Hy was verantwoordelik vir
minstens
twee van sy drie minderjarige kinders.
Uit die Landdros se uitspraak is dit duidelik dat ‘n
sogenaamde “buitestraf” anders as direkte gevangenisstraf wat
uitgedien
moes word gepas sou wees.
Gegewe die tydsverloop en veral die feit dat die
beskuldigde reeds vir meer as ‘n jaar met die spreekwoordelike
swaard van ‘n
opgeskorte vonnis oor sy hoof moes saamleef en ook
deel van sy korrektiewe vonnis uitgedien het, behoort die
onderstaande vonnis
gepas te wees.
[6] Die
volgende bevele word gemaak:
1. Die
skuldigbevinding word bekragtig.
2. Die vonnis die beskuldigde opgelê word tersyde
gestel en vervang met die volgende:
Twee (2) jaar gevangenisstraf wat
in geheel opgeskort word vir vyf (5) jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie weer skuldig bevind
word aan huisbraak met die opset
om te steel en diefstal, gepleeg gedurende die periode van opskorting
nie.
__________________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
EK STEM SAAM
________________
G.F. WRIGHT, R
/scd