About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 43
|
|
S v Radebe (SR67/2004) [2004] ZAFSHC 43 (20 May 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. SR67/2004
In
die spesiale hersiening tussen:
DIE
STAAT
En
PULE
EPHRAIM RADEBE
___________________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN
et
WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN COPPENHAGEN, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
20 MEI 2004
___________________________________________________________
[1] Artikel 92 van die Wet op Landdroshowe Nr.32 van
1944 soos ter sake in die onderhawige bepaal:
â
92(1) Behoudens
andersluidende uitdruklike bepalings in hierdie Wet of in ân ander
wet, kan die
hof, wanneer die hof ân persoon weens ân misdryf kan straf â
(a) met gevangenisstraf, gevangenisstraf vir ân
tydperk van hoogstens drie jaar oplê waar die hof nie die hof van
ân streekafdeling
is nie, of van hoogstens 15 jaar, waar die hof
die hof van ân streekafdeling is;
(b) met
boete, ân boete wat nie die bedrag wat die Minister van tyd tot tyd
by kennisgewing in die
Staatskoerant
vir die onderskeie howe in paragraaf (a) bedoel, bepaal, te bowe gaan
nie;
(c) .......
(d) met korrektiewe toesig, korrektiewe toesig vir ân tydperk soos
beoog in artikel 276A(1)(b) van die Strafproseswet, 1977 (Wet
51 van
1977), oplê.â
[2] Artikel 276 van Wet 51 van 1977
bepaal, onder andere, dat ân hof bevoeg is om by die oplegging van
vonnis verskeie opsies sal
hê waarby ingesluit is die oplegging van
gevangenisstraf en uiteraard natuurlik ook ân boete of
gevangenisstraf as alternatief
by wanbetaling van ân boete.
Dit behoef werklik geen verdere toeligting anders as om
te konstateer dat ân Landdros se strafregtelike jurisdiksie wat
betref die
oplegging van gevangenisstraf in die onderhawige geval
beperk is tot hoogstens drie jaar nie.
[3] Op 28 Februarie 2003 en na ân skuldigbevinding op
25 Februarie 2003 wat gevolg het op ân pleit van skuldig was die
beskuldigde
op ân klagte van huisbraak met die opset om te steel en
diefstal gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf voorwaardelik vir vyf
jaar
opgeskort sowel as drie jaar korrektiewe toesig op bepaalde
voorwaardes.
Gemelde vonnis wat ân potensiële
gevangenisstraf van ses jaar inhou oorskry die jurisdiksie van die
Landdros en is dus totaal
ultra
vires
.
[4] Die skuldigbevinding is in orde, die vonnis nie.
Die vonnis moet tersyde gestel en vervang word met ân gepaste
vonnis.
[5] Die beskuldigde was ten tye van die pleging van die
misdaad ân 37-jarige wewenaar en algemene arbeider. Sy verdienste
was R600,00
per maand. Hy was ân eerste oortreder wat berou vir sy
misdaad geverbaliseer en getoon het. Hy was verantwoordelik vir
minstens
twee van sy drie minderjarige kinders.
Uit die Landdros se uitspraak is dit duidelik dat ân
sogenaamde âbuitestrafâ anders as direkte gevangenisstraf wat
uitgedien
moes word gepas sou wees.
Gegewe die tydsverloop en veral die feit dat die
beskuldigde reeds vir meer as ân jaar met die spreekwoordelike
swaard van ân
opgeskorte vonnis oor sy hoof moes saamleef en ook
deel van sy korrektiewe vonnis uitgedien het, behoort die
onderstaande vonnis
gepas te wees.
[6] Die
volgende bevele word gemaak:
1. Die
skuldigbevinding word bekragtig.
2. Die vonnis die beskuldigde opgelê word tersyde
gestel en vervang met die volgende:
Twee (2) jaar gevangenisstraf wat
in geheel opgeskort word vir vyf (5) jaar op voorwaarde dat die
beskuldigde nie weer skuldig bevind
word aan huisbraak met die opset
om te steel en diefstal, gepleeg gedurende die periode van opskorting
nie.
__________________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
EK STEM SAAM
________________
G.F. WRIGHT, R
/scd