About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 42
|
|
S v Seooe (SR54/2004) [2004] ZAFSHC 42 (20 May 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. SR54/2004
In
die spesiale hersiening tussen:
DIE STAAT
en
MANOSI ISAAC SEOOE
___________________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN et WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK DEUR:
VAN
COPPENHAGEN, R
___________________________________________________________
GELEWER OP:
20
MEI 2004
___________________________________________________________
[1] Die beskuldigde het in die
Landdroshof, Hennenman tereggestaan op twee klagtes en was op 16
Oktober 2003 op gemelde klagtes skuldig
bevind.
In die eerste klagte was dit hom ten laste gelê dat hy
ter oortreding van artikel 65(1)(a) gelees met artikels 1, 69, 73 en
89(2)
van Wet 93 van 1996 op 25 Mei 2003 op ân openbare pad ân
voertuig bestuur het terwyl hy onder die invloed van alkoholiese
drank
was. In die tweede klagte was dit hom ten laste gelê dat hy
op 25 Mei 2003 ter oortreding van artikel 63(1) gelees met artikels
1, 63(2) en (3), 69, 73 en 89(5) van Wet 93 van 1996 ân voertuig
roekeloos op ân openbare pad bestuur het.
Vir die oortreding in die eerste klagte was die
beskuldigde gevonnis tot R1 500,00 of 80 dae plus vyf maande
gevangenisstraf opgelê
wat voorwaardelik opgeskort was.
Vir
die oortreding in die tweede klagte was beskuldigde gevonnis tot ân
boete van R1 500,00 of 50 dae gevangenisstraf.
[2] Op 25 Mei 2003 om ongeveer 18h30 het Andries van der
Linde, klaer, in sy 1996 Mazda 323 voertuig wat aan die kant van die
pad
onder straatligte parkeer was in Hennenman gesit toe beskuldigde
met sy swaer se Golf teen die regterkant daarvan gebots het. Klaer
het die voertuig wat deur die beskuldigde bestuur was te voet gevolg
tot by ân motorhawe waar dit gestop het en die beskuldigde
wat
dronk was agter die stuurwiel gevind. Latere toetse het getoon dat
die beskuldigde ân alkoholkonsentrasie van ,34 gram per
100ml bloed
in sy are gehad het.
[3] Na
skuldigbevinding en vonnis het ân prokureur die houdbaarheid van
die skuldigbevinding bevraagteken en die Landdros het hom
gerade geag
om die saak vir hersiening voor te lê met die versoek dat oorweeg
sal word of die skuldigbevinding nie ân vermenigvuldiging
is nie.
[4] Die oorkonde van die verrigtinge was aan die
Direkteur van Openbare Vervolgings, Vrystaat, vir kommentaar
voorgelê. Volledige
kommentaar deur adv. D.G. Claassens van gemelde
kantoor â waarvoor hy bedank word â was voorgelê. Die
gevolgtrekking is inderdaad
dat ân vermenigvuldiging van
skuldigbevindings plaasgevind het.
[5] Die beslissing
S
v ENGELBRECHT
2001 (2) SASV 38 (K)
en
S v WEHR
1998 (1) SASV 99 (K)
was deur die Landdros in sy voorlegging as die rede vir sy versoek
genoem.
[6] As rigtinggewende vertrekpunt in
die beslegting van die onderwerp aan die orde kan geput word uit die
dictum
in
S v BENJAMIN
EN âN ANDER
1980 (1) SA 950
(A) te 956E-H
:
â
Hierdie Hof het telkemale daarop gewys dat ons
regspraak nog nie daarin geslaag het om ân algemene vaste reël of
beginsel of toets
te formuleer waarmee daar in alle gevalle met
sekerheid bepaal kan word of ân mens in ân besondere geval met ân
onbehoorlike
splitsing van aanklagte te doen het of nie. Om te
beslis of daar in ân bepaalde geval ân onbehoorlike splitsing van
aanklagte
is, maak ons Howe veral van twee praktiese hulpmiddels
gebruik, nl:
(1) waar meerdere handelinge plaasgevind het, of hulle met ân
enkele opset verrig is as ân voortgesette gebeurtenis,
(2) waar
die getuienis om die een aanklag te bewys ook meteen die ander
aanklag bewys.
Hierdie twee praktiese hulpmiddels kan ook
afsonderlik of gesamentlik toegepas word. Dog selfs hierdie twee
praktiese hulpmiddels
is nie noodwendig deurslaggewend nie, soos
aangetoon deur hierdie Hof in
R v
Kuzwayo
1960 (1) SA 340
(A) te 344A
en
S v Grobler en ân Ander
1966 (1) SA 507
(A) te 511H. Wat veral in gedagte gehou moet word,
is dat daar steeds gelet moet word op die besondere omstandighede van
die betrokke
geval om vas te stel of daar ân onbehoorlike splitsing
van aanklagte is wat ân duplikasie van skuldigbevindings meebring
sodat
die beskuldigde twee maal vir dieselfde strafbare feit of
misdaadelement gestraf word. Raadpleeg veral
Ex
Parte Minister of Justice; In re R v Moseme
1936 AD 52
te 59;
Kuzwayo
se saak
supra
te 343H;
Grobler
se saak
supra
te 511-512;
S v Prins en ân Ander
1977 (3) SA 807
(A) te 813-814.â
[7] Na ân volledige bespreking van
verskeie sake wat in drie kategorieë opgedeel was, spreek Knoll, R
in
S v
ENGELBRECHT
(
supra
)
te
46H-47A
die wese van sake soos die onderhawige aldus aan:
âI turn now to consider the facts of the instant case.
It is appropriate to start by reference to the essential elements of
each of the two offences drunken and reckless driving.
The elements of the offence drunken driving are the following:
â
That
the accused (i) drove; (ii) a vehicle; (iii) on a public road; (iv)
while under the influence of liquor or drugs; (v)
mens
rea
â.
(Milton
South
African Criminal Law and Procedure
vol III: Statutory Offences at 43 G3/61.)
The
mens rea
referred to has been held to include
culpa
.
(See
S v Fouche
1973 (3) SA 308
(NC) and
1974 (1) SA 96
(A).)
The
elements of the offence of reckless driving are: âThat the accused
(i) recklessly (ii) drove (iii) a vehicle (iv) on a public
roadâ.
(See Milton (
op cit
at 38 G3/54).)
Section
120(2) of the Act provides that for the purposes of this section
recklessness, in addition to its ordinary meaning, includes
the
driving of a vehicle âin wilful or wanton disregard for the safety
of persons or propertyâ. Reckelssness in its ordinary
meaning is a
high degree of negligence. (See Milton (
op
cit
at 39 G3/56).)
The
driving of a vehicle on a public road is an element common to both
offences. Similarly the
mens rea
required in both offences is, or may be the same.
The only
element of the offence of drunken driving which the State is not
required to prove in a charge of reckless driving is that
the accused
was under the influence of liquor or drugs at the time he was
driving. However, as pointed out, in the analysis of the
cases
above, in order to establish that the accused was under the influence
of liquor the State must establish that his skill and
judgment were
impaired to the extent that he was not capable of driving the vehicle
with the necessary care. Driving in such a condition
is in itself a
reckless/negligent act. (Which of the two will depend on the degree
of impairment.)
Although
it is quite correct that it is not necessary for the accused to have
manifested any particularly aberrant driving action
for him to be
convicted of the offence of drunken driving and in that sense that a
negligent manner of driving is not an essential
element for the State
to prove (see
S v Collington
1970 (4) SA 325
(R)) nevertheless the State must at least prove that
he drove in a drunken condition negligently. The more aggravated the
impairment
of faculties as a result of the intake of liquor or drugs,
the higher the degree of negligence of the offending driver.
The magistrate in the instant case in my view erroneously holds the
view that what the statutory offence attempts to prevent or punish
is
a condition. It is not the condition of drunkenness which the
offence is designed to punish but the action of driving while in
such
condition.
The common thread running through the above
mentioned judgments dealing with the question of the duplication of
convictions on these
two offences seems to be that drunken driving
involves proof of an impairment of faculties which in turn relates to
the manner in
which the accused is capable of driving. If there is
any impairment of faculties therefore, that act of driving in such a
condition
is a negligent/reckless act. Any driving thereafter in a
manner which deviates from the norm of a reasonable man because of
this
impairment is therefore, in my view, a continuation of the
initial negligent act.â
Met
die uiteensetting en logika kan myns insiens nie fout gevind word
nie.
[8] Dit behoef op grond van die voorafgaande, toegepas
op die feite van die onderhawige, geen verdere toeligting vir die
konklusie
dat die skuldigbevinding inderdaad ân vermenigvuldiging
van skuldigbevindings is nie.
[9] Die
gevolgtrekking op die meriete van die skuldigbevindings affekteer ook
die vonnis en behoort ân gepaste vonnis opgelê te
word.
[10] Die
volgende bevele word gemaak:
1. Die skuldigbevinding en vonnis op
klagte 1 word bekragtig.
2. Die
skuldigbevinding en vonnis op klagte 2 word tersyde gestel en vervang
met die volgende:
Onskuldig
en ontslaan.
__________________________
G.
VAN COPPENHAGEN, R
EK STEM SAAM
________________
G.F. WRIGHT, R
/scd