About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 40
|
|
S v Sibeko (675/2004) [2004] ZAFSHC 40 (20 May 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. 675/2004
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
En
ZIKHALI
SIBEKO
___________________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN
et
WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
20 MEI 2004
___________________________________________________________
Die beskuldigde is skuldig bevind aan veediefstal van
een skaap en gevonnis tot ân boete van R500,00 of drie maande
gevangenisstraf.
ân Verdere ses maande gevangenisstraf is
opgeskort vir vier jaar onderhewig aan gepaste voorwaardes.
Dit blyk dat die beskuldigde ân 65-jarige eerste
oortreder was. Hy het ook skuldig gepleit en in besonderhede vertel
van hoe hy
die skaap geslag het en huis toe geneem het en dit gekook
het. Daarna is hy gearresteer.
Hy
het ân opgeskorte vonnis versoek en vermeld dat hy werkloos is en
nie ân pensioen kry nie. Sy vrou is ook oorlede, sy kinders
is uit
die huis uit en hy het berou oor wat hy gedoen het.
In hierdie saak is die uitstaande feit dat die
beskuldigde ân 65-jarige eerste oortreder is. Gewoonweg sou daar
in dié omstandighede
ân totaal opgeskorte vonnis opgelê word.
Die vonnis van R500,00 of drie maande gevangenisstraf is egter nie
buitensporig nie.
Ek kan egter glad nie verstaan waarom daar nog ân
opgeskorte vonnis van ses maande gevangenisstraf opgelê is nie.
Indien daar
geen boete opgelê is nie en die beskuldigde nie hierdie
strafversagtende omstandighede gehad het nie, sou ân vonnis van
hoogstens
ses maande gevangenisstraf seker opgelê gewees het.
In
die lig van bogemelde faktore is die opgeskorte gedeelte van die
vonnis sodanig onvanpas dat daarmee ingemeng behoort te word.
Bygevolg
word die skuldigbevinding bekragtig, maar die vonnis tersyde gestel
en vervang met die volgende:
ân
Boete van R500,00 of drie (3) maande gevangenisstraf.
________________
G.F. WRIGHT, R
EK STEM SAAM
__________________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
/scd