Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole: Vrystaat en ' Ander v Departementshoof : Departement van Onderwys Vrystaat (2064/2004) [2004] ZAFSHC 39; [2004] 3 All SA 339 (O) (20 May 2004)

65 Reportability

Brief Summary

Employment Law — Appointment of educators — Interpretation of section 6A of the Employment of Educators Act — Applicants sought to prevent the respondent from filling vacant educator posts without adhering to statutory and regulatory requirements — Court considered whether the respondent's intended procedure for appointments was consistent with the provisions of the Act — Held that section 6A operates independently of section 6(3)(a), allowing for a distinct process for first-time appointments and those returning from service interruptions, thus affirming the validity of the respondent's approach.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 39
|

|

Federasie van Beheerliggame van Suid-Afrikaanse Skole: Vrystaat en ' Ander v Departementshoof : Departement van Onderwys Vrystaat (2064/2004) [2004] ZAFSHC 39; [2004] 3 All SA 339 (O) (20 May 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saaknommer:
2064/2004
In die
saak tussen:
FEDERASIE
VAN BEHEERLIGGAME VAN
Eerste Applikant
SUID-AFRIKAANSE
SKOLE: VRYSTAAT
SUID-AFRIKAANSE
ONDERWYSUNIE
Tweede Applikant
en
DIE
DEPARTEMENTSHOOF:
Respondent
DEPARTEMENT
VAN ONDERWYS
VRYSTAAT
_____________________________________________________________________
CORAM:
HATTINGH,
R
_____________________________________________________________________
GELEWER
OP:
20 MEI 2004
_____________________________________________________________________
Doel van Aansoek:
[1] Respondent is van voorneme om vakante poste op die
diensstate van openbare skole in die Vrystaat te vul, met ingang 1
Julie 2004.
Hierdie voorneme word vervat in ‘n Omsendskrywe
Nr.22/2004 (“MJR15”) wat ten doel het om die vakante poste te
vul ingevolge
die bepalings van artikel 6A van die Wet op
Indiensneming van Opvoeders, No. 76 van 1998 (die
“Indiensnemingwet”). Daardie vakatures
is almal op posvlak I,
(die laagste of intree vlak). Dit moet gevul word uit opvoeders wat
die eerste keer aansoek doen of wat na
‘n diensonderbreking
terugkeer.
[2] Applikante is van mening dat die wyse waarop
respondent hierdie vakatures wil vul strydig is met die duidelike
voorskrifte van
die Indiensnemingwet, regulasies wat in terme daarvan
uitgevaardig is en kollektiewe ooreenkomste. In breë terme word ‘n
bevel
aangevra om sodanige onregmatige gedrag te stuit en andersins
om die respondent te gelas om die toepaslike statutêre en
regulatoriese
bepalings na te kom by die aanstelling van hierdie
opvoeders.
[3] Die tersaaklike regsverligting wat applikante in
hulle kennisgewing van mosie versoek is dat die respondent verbied
om:
(a) Uitvoering te gee aan Omsendbrief Nr. 22 (Aanhangsel
“MJR15” tot die funderende beëdigde verklaring) met of sonder
die wysigings
daartoe soos bespreek op die RAVO (Raad op
Arbeidsverhoudinge in die Onderwys) vergadering van 26 Maart 2004;
(b) Vakante opvoerdersposte in openbare skole in die
Vrystaat te vul sonder dat die vakatures in ‘n vakaturelys
gepubliseer word;
(c) Opvoeders
wat permanent in diens van die respondent of ander departementshoofde
van Onderwys is, uit te sluit van die proses om
bestaande vakatures
te vul;
(d) Dat
die respondent gelas word om ‘n oop vakaturelys te publiseer binne
10 dae vanaf datum van die verlening van ‘n bevel hierin,
vir alle
bestaande posvlak I vakatures in die Vrystaat, op so ‘n basis dat
die aanstellings voltooi kan word teen 1 Julie 2004.
Die geskilpunt:
[4] Die kerngeskil is die uitleg en betekenis van
artikel 6A van die Indiensnemingswet. Indien dié artikel inderdaad
voorsiening
maak daarvoor dat dit ‘n eiesoortige prosedure skep,
soos wat die respondent betoog, en dat die respondent besig is om
daardie
prosedure te volg, is dit die einde van die aansoek. Tot die
teendeel, indien applikante korrek is dat die bestaande prosedure vir
aanstellings van opvoerders wat tans geld, behalwe tot die mate wat
dit beperk word deur die voorskrifte van artikel 6A, moet die
aansoek slaag.
[5] Sekere sogenaamde Personeel Administrasie Maatreëls
(“PAM”) is vasgestel deur die Minister van Onderwys in terme van
die
bepalings van die Indiensnemingswet, soos gepromulgeer in
Goewermentskennisgewing 22 van 18 February 1999.
Vertolking van relevante Wetgewing:
[6] Die Indiensnemingswet het op 2 Oktober 1998 in
werking getree. Die Engelse teks is die getekende een. Hoofstuk 3
handel met
die “Aanstellings, Bevorderings en Oorplasings”. Daar
sal geriefshalwe kollektief na “Aanstellings” verwys word.
[7] Die eerste artikel in hoofstuk 3 is artikel 6 wat
handel met die bevoegdhede van werkgewers. Subartikel (1) daarvan
bepaal dat
aanstellings op nasionale vlak deur die minister gedoen
moet word en op provinsiale vlak deur departementshoofde, soos die
respondent.
[8] Artikel 6(2) en 6(3)(a) van die Indiensnemingswet
skryf die wyse voor waarop aanstellings gedoen moet word. Dit lees
soos volg:
“(2) Behoudens die bepalings van hierdie hoof
stuk,
die Wet op Arbeidsverhoudinge of ‘n kollekiewe ooreenkoms wat deur
die Raad vir Arbeidsverhoudinge in die Onderwys gesluit
is, moet
aanstellings in, en bevorderings of oorplasings na, poste op ‘n
diensstaat van opvoeders kragtens hierdie Wet gedoen word
ooreenkomstig die prosedure en die vereistes wat die Minister bepaal.
(3)(a) Behoudens paragraaf (d) mag ‘n aanstelling in, of
bevordering of oorplasing na, ‘n pos op die diensstaat van
opvoeders
van ‘n openbare skool of ‘n inrigting vir verdere
onderwys en opleiding slegs op aanbeveling van die Beheerliggaam van
die openbare
skool of die Raad van die inrigting vir verdere onderwys
en opleiding, na gelang van die geval, gedoen word en, indien daar
opvoeders
in die betrokke provinsiale departement van onderwys
oortollig tot die diensstaat van opvoeders van ‘n openbare skool of
inrigting
vir verdere onderwys en opleiding op grond van
bedryfvereistes is, kan daardie aanbeveling slegs van sodanige
oortollige kandidate
wat die departementshoof identifiseer en wat
beskik vir die betrokke pos is, gedoen word.”
[9] Paragraaf (d) van artikel 6(3) handel met die
omstandighede waar die aanbeveling in artikel 6(3)(a) nie binne twee
maande gedoen
word nie en is dit gevolglik onsaaklik tot hierdie
aansoek.
[10] By wyse van artikel 10 van Wet 50 van 2002 word ‘n
nuwe artikel by name 6A ingevoeg onder Hoofstuk 3 van die
Indiensnemingwet.
Dit bepaal:
“6A
Eerste aanstelling of aanstelling na ‘n
diensonderbreking van opvoeder.
–
(1) Ondanks artikel 6(3)(a), kan die Wetgewer in die geval van ‘n
eerste aanstelling of ‘n aanstelling na ‘n diensonderbreking
van
een of meer jare in enige provinsiale onderwys departement –
(a) Aansoeke ontvang van aansoekers wat vir die eerste keer aansoek
doen of van aansoekers wat na ‘n diensonderbreking terugkeer;
(b) Die
aansoeke prosesseer en aansoeke indeel by vakante poste waar hulle
inpas; en
(c) Behoudens
subartikel (2) aanstellings by ‘n skool doen.
(2) Die aanstelling in subartikel (1) beoog dan slegs gedoen word
nadat die werkgewer –
(a) Die betrokke beheerliggaam oor die spesifieke pos en die
vereistes daarvan geraadpleeg het;
(b) Verseker
het dat die applikant wat aangestel staan te word, voldoen aan die
vereistes van die pos; en
(c) Verseker
dat die applikant oor die nodige kwalifikasies beskik.”
[11] Voordat artikel 6A in 2002 ingevoeg was, was
artikel 6(2) en 6(3)(a) die enigste artikels wat onder andere die
prosedure vir
die aanstellings van opvoeders voorgeskryf het. Van
belang is die frase in artikel 6(2), naamlik “behoudens die
bepalings van
hierdie hoofstuk” (en ander genoemde voorskrifte).
[12] Die begrip “behoudens” het
nie ‘n
a priori
betekenis nie
(
PANGBOURNE
PROPERTIES LTD v GILL AND RAMSDEN (PTY) LTD
1996 (1) SA 1182
(A) 1187J-1188A
).
Die frase word dikwels gebruik in statutêre verband om vas te stel
watter bepalings daarvan dominant is en watter ondergeskik
of
onderdanig is. Voorskrifte wat wetsbepalings ondergeskik daaraan
maak is dominant; in geval van ‘n teenstrydigheid sal dit
seëvier
oor die ondergeskikte bepaling. Waar daar nie ‘n teenstrydigheid
ontstaan nie het die frase geen werking nie (
S
v MARWANE
1982 (3) SA 717
(A) op 747H
).
[13] Die trefkrag van “behoudens”
in die betrokke artikels is die presentering van ‘n voorwaarde of
voorbehouds bepaling wat
eenvoudig beteken “met behoud van en soos
ingekort deur” (cf.
HAWKINS
v ADMINISTRATOR OF SOUTH WEST AFRICA
1924 SWA 57
) soos
nagevolg in
PREMIER,
EASTERN CAPE AND ANOTHER v SEKELENI
2003 (4) SA 369
(HHA) [14]
.
[14] Artikel 6(2) beteken derhalwe dat, behalwe soos
beperk deur die betrokke hoofstuk en die genoemde wetgewing,
aanstellings op
‘n diensstaat van opvoeders gedoen moet word
ooreenkomstig die prosedure en vereistes wat die Minister bepaal.
Daardie prosedures
en vereistes is vervat in PAM.
[15] Die enigste moontlike inperking van die bevoegdheid
van respondent wat oorweeg moet word is die bepalings van artikel 6A
en in
watter mate hierdie artikel die prosedure en vereistes wat die
Minister bepaal het inperk.
[16] Die vertrekpunt is artikel 6(3)(a). Dit bevat ‘n
belangrike voorbehoud en is die bepalings daarvan tweeledig:
(i) ‘n Aanstelling van opvoeders
mag op
aanbeveling
aan die beheerliggaam gedoen word; en
(ii) voorkeur
word verleen aan
oortollige
opvoeders
vir
aanbeveling vir aanstelling.
Daarna word artikel 6A gepromulgeer. Dit word ingevoeg
nie as ‘n nuwe gedeelte van artikel 6 nie, maar as ‘n
afsonderlike artikel
van hoofstuk 3 en die nuwe eerste woorde daarvan
lees “ondanks artikel 6(3)(a)”.
[17] Die woord “ondanks” beteken eenvoudig wat dit
sê; in weerwil van, nieteenstaande, ongeag en ten spyte van artikel
6(3)(a)
funksioneer artikel 6A geheel en al onafhanklik, en staan op
sy eie bene, met uitsluiting van die voorskrifte van artikel 6(3)(a)
van die Indiensnemingswet.
[18] Artikel 6(2) bevat die kwalifikasie dat die
prosedure wat die Minister bepaal het onderdanig is aan, onder
andere, hoofstuk 3.
Toe artikel 6A verorden was, was dit nie nodig
om weer daardie bykomende kwalifikasie in te voeg nie. Gevolglik
kwalifiseer artikel
6A ook die prosedure met aanstellings van
opvoeders.
[19] Die vraag wat nou beantwoording verdien is: in
watter mate, indien enige, word PAM (die prosedure neergelê deur die
Minister)
deur artikel 6A beperk. Applikant betoog dat by die
toepassing van artikel 6A PAM steeds geld, respondent betoog die
teendeel.
[20] ‘n Verduidelikende nota het die konsep wetgewing
ten aansien van artikel 6A vergesel (paragraaf 2.2. van Aanhangsel
“MJR28”).
Alhoewel die advokate dit eens was dat dit wel in ag
geneem kan word om die betrokke artikel te vertolk, kon hulle nie na
direkte
gesag op die punt verwys nie.
[21] In
NATIONAL
EDUCATION HEALTH AND ALLIED WORKERS’ UNION v UCT AND OTHERS
2003 (3) SA 1
(CC)
verwys die Hof na verklarende memoranda in die vertolking van
statutêre bepalings. Daar word nie duidelik of beslissend bevind
dat dit wel toelaatbaar is nie. In
HLEKE
v JOHANNESBURG CITY COUNCIL
1949 (1) SA 842
(A) te 852
word die vraag nie pertinent beslis nie, maar word dit gesê dat hy
‘n wysigingwet die verslag wat dit motiveer denkbaar gebruik
kan
word in die uitleg daarvan.
[22] In
HOPKINSON
v BLOEMFONTEIN DISTRICT CREAMERY
1966 (1) SA 159
(O)
bevind die Hof dat ‘n rapport van ‘n kommissie in verband met die
Maatskappyewet nie geraadpleeg kan word by die interpretasie
van die
wet self nie, maar spreek op
166F
die mening uit dat dit ‘n onbevredigende posisie is.
[23] In
ASSAM
RAILWAY AND TRADING CO v COMMISSIONER OF INLAND REVENUE
1935, AC 445
; 458
verklaar Lord Wright:
“The Lord Chancellor was there referring to the Report of a
Commission that had sat to
enquire into the
working of the earlier Act, which had been superceded by the Act
actually being construed by the House; but Lord
Halsbury refers to
the report not directly to ascertain the intention of the word used
in the Act, but because, as he says,
‘
no more accurate source of information as to
what was the evil or defect which the Act of Parliament now under
consideration was intended
to remedy could be imagined than the
report of that commission’.”
[24] In
S
v NEL
1987
(4) SA 276
(O)
is
bevind dat:
“
If the object of the enquiry is to arrive at
the correct interpretation by selecting the meaning which is found to
be a true expression
of the intention of the Legislature, then it
follows in principle that this aid (i.e. referring to the report of a
judicial commission
of enquiry, as set out above) is one which can
properly be invoked in the inquiry.”
[25] Selde is daar ‘n meer betroubare bron van
motivering waarom ‘n wet ‘n bepaalde doel nastreef, soos dit
uiteengesit is in
‘n verslag van ‘n kommissie wat die verordering
van die betrokke wet voorafgaan en is dit duidelik ‘n nuttige
hulpmiddel by
die vertolking van sodanige wet. Gevolglik is ek van
mening dat dit toelaatbaar is om by byvoorbeeld die verslag van die
kommissie
van ondersoek te raadpleeg om vas te stel wat die doel van
die betrokke wetsbepaling is; eweneens is die verklarende memorandum,
wat die konsep wet vergesel het, ‘n nuttige hulpmiddel en mag dit
in ag geneem word in die vertolking van die betrokke bepaling.
[26] Die verklarende memorandum wat die wysigingswet
vergesel het is slegs in Engels beskikbaar. Die opskrif daarvan lees
soos volg:
“Explanatory memorandum on the object of the Education Laws
Amendment Bill 2002”
Met spesifieke verwysing na die “Indiensnemingswet”
word in paragraaf 2.2 soos volg verklaar:
“Section 6
A is inserted into the Act to enable a
provincial department to appoint new recruits or applicants after one
or more years break in
service
without
the recommendation of the governing body.
The reason for this is that the province will be in a better
position to distribute the educators, especially to schools which are
in rural areas. These schools find it difficult to recruit educators
since most educators prefer to teach in urban areas or, as
a last
resort, in areas which are adjacent to urban areas.
This
process
will ensure a fair distribution
of well-qualified educators. It will also assist in the placement,
in suitable employment, of students
who have been awarded bursaries
or loans to study by either the employer or the State.”
[27] Die memorandum verklaar onteenseglik wat die euwel
is wat reggestel moet word by wyse van wetgewing en is dit tweeledig
van aard:
(i) Verafgeleë skole ondervind probleme om opvoeders te
lok om vakante poste aldaar te vul, en sal dit die Onderwys
Departement in
staat stel om sodanige opvoeders te identifiseer en in
daardie poste aan te stel; en
(ii) hierdie
proses sal die versekering dra dat daar ‘n billike distribusie van
goed gekwalifiseerde opvoeders is en meewerk om
studente wat beurse
verwerf het of studielenings aangegaan het in gepaste vakatures aan
te stel.
In beide gevalle sal die aanstellings geskied sonder die
aanbeveling van ‘n beheerliggaam.
[28] Wat veelseggend uit die beëdigde verklarings blyk
is dat daar ‘n groot aantal skole is wat geen opvoeders, veral die
surplus
opvoeders, lok om vakatures in die landelike gebiede te vul
nie. Onvermydelik volg dit dat daar ‘n behoefte ontstaan om ‘n
proses
daar te stel om daardie vakatures te vul. Insgelyks wat
bertref, nuwe toetreders, sonder ondervinding, word hulle nadelig
getref
teenoor die meer ervare opvoeders en daarom het die wetgewer
bedoel om ‘n proses daar te stel wat hierdie onbillikheid teëwerk,
dit word duidelik ondersteun rasionele logika.
[29] Die bedoeling van die wetgewer word duidelik
uitgespel in artikel 6A. Dit handel met die eerste aanstelling van
opvoeders en
die aanstelling van opvoeders na ‘n diensonderbreking.
Daar bestaan ‘n nypende tekort aan opvoeders in die platteland.
Om daardie
tekort reg te stel in belang van die bepaalde kategorie
opvoerders en in belang van die leerders is artikel 6A op die wetboek
geplaas.
Dit bevat ‘n eiesoortige aanstellingsprosedure vir die
bepaalde kategorie opvoeders. Die aanbeveling van die beheerraad is
nie
meer nodig nie. PAM is nie ‘n gedeelte van die
aanstellingsprosedure nie ingevolge artikel 6A nie; nog minder hoef
die vakante
poste in die media geadverteer te word.
[30] Aan elke betrokke provinsiale onderwys departement
word nou die bevoegdheid verleen om aansoeke te ontvang, dit te
prosesseer
en daarna dit in te deel by vakante poste waar hulle inpas
en dan aanstellings by die skool te doen nie.
[31] ‘n Aanstelling wat by ‘n skool gedoen word
geskied nadat die provinsiale onderwys departement die betrokke
beheerliggaam
se mening ingewin het oor die spesifieke pos en die
vereistes daarvan. Daarna moet die Onderwys Departement self
verseker dat die
applikant wat aangestel staan te word voldoen aan
die vereistes van die pos en oor die nodige kwalifikasies beskik. Die
funksie van
die betrokke beheerliggaam word ingevolge artikel 6A
beperk in dermate dat dit slegs sy mening kan lug oor die spesifieke
pos en
die vereistes daarvan. Die Onderwys Departement is nie
daaraan gebonde nie. Die beheerliggaam se funksie is dus een van ‘n
raadgewer,
adviseur of konsultant.
[32] ‘n Enkele opmerking is nie
onvanpas nie en dit is: Op die provinsiale onderwys departement word
‘n groot verantwoordelikheid
geplaas by die aanstelling van
opvoeders in terme van artikel 6A. Hulle alleen sal rekenskap moet
gee dat die applikant wat aangestel
staan te word
voldoen
aan die vereistes van die pos en oor die nodige
kwalifikasies
beskik.
[33] In my oordeel is die respondent bepaald besig om
die prosedure te volg soos bedoel in artikel 6A en kan die aansoek
nie slaag
nie.
[34] In die lig van die bevinding
waartoe ek geraak het, is dit nie nodig om te handel met die punte
in
limine
wat geopper
is deur die respondent se advokaat nie.
Die bevel:
(a) Die aansoek word met koste afgewys.
(b) Koste sluit in die koste van twee advokate asook die
verspilde koste veroorsaak deur die uitstel van die aansoek op 22
April 2004.
__________________
G.A.
HATTINGH, R
Namens Applikant:
Adv.
J.I. du Toit
i.o.v.
Schoeman
& Maree Ing.
Bloemfontein
Namens Respondent:
Adv.
A. Rall SC
Bygestaan deur: V.M. Naidoo
i.o.v.
Staatsprokureurs
Bloemfontein
/scd