S v Sethlo en 'n ander (13942002) [2004] ZAFSHC 38; [2005] 4 All SA 72 (EC) (18 May 2004)

62 Reportability
Criminal Procedure

Brief Summary

Criminal Procedure — Bail pending appeal — Application for bail pending appeal after conviction for stock theft — Appellant initially denied leave to appeal by trial magistrate under misapprehension of legal requirements — Court finds that appellant had an inherent right to appeal without prior leave due to nature of sentence — Trial magistrate's refusal to hear bail application deemed erroneous — Court orders magistrate to consider bail application on its merits.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 38
|

|

S v Sethlo en 'n ander (13942002) [2004] ZAFSHC 38; [2005] 4 All SA 72 (EC) (18 May 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr.1392/2004
In
die aansoek tussen:
JOHANNES SETHLO
SCHALK
ANDRE VAN RENSBURG
en
DIE STAAT
___________________________________________________________
CORAM:
CILLIé,
R
___________________________________________________________
GELEWER OP:
18
MEI 2004
___________________________________________________________
Hierdie is ‘n aansoek wat op ‘n dringende basis voor
my gebring word. Omdat die aansoek die vryheid van ‘n individu
betrek
noodsaak dit ‘n spoedige bevel. Ek sou graag meer tyd wou
hê om die redes vir die bevel vollediger weer te gee wat egter
verhoed
word deur die dringendheid van die aangeleentheid.
Dit is nodig om die agtergrond van die aansoek uiteen te
sit: Die applikant is in die Streekhof skuldig bevind aan
veediefstal en
gevonnis tot vier jaar gevangenisstraf. Onmiddellik
na vonnisoplegging het die applikant se advokaat aansoek gedoen om
borg hangende
appèl. Die voorsittende Streeklanddros het daarop die
applikant se advokaat op die inwerkingtreding op 1 Januarie 2004 van
die
Strafproseswysigingswet Nr. 42 van 2003 gewys. Artikel 2 van
daardie Wet wysig, onder andere, artikel 309 van die Strafproseswet
Nr. 51 van 1977 dermate dat verlof tot appèl, behalwe in enkele
uitsonderingsgevalle, van die verhoorlanddros nodig is voor
voortgegaan
kan word met ‘n appèl na die Hoë Hof. Die appellant
se advokaat het daarop voortgegaan om so ‘n aansoek om verlof tot
appèl
tot die Streeklanddros te rig. Dit is geweier. Daarop het
die appellant ‘n petisie soos voorsien deur die gewysigde artikel
309C
van Wet 51 van 1977 om verlof om te appelleer na hierdie Hof
gerig. Hierdie petisie is later deur my ampsbroeders Hancke R en
Musi
R afgewys. Hierna het die appellant van regsverteenwoordigers
verander. ‘n Nuwe advokaat het adviseer dat die applikant nooit
verlof tot appèl nodig gehad het nie, maar deur artikel 309 voormeld
‘n reg van appèl verleen word. Dit skyn asof hierdie advies
korrek is. Artikel 309 voormeld vereis verlof tot appèl
uitgesonderd, onder andere, waar ‘n beskuldigde
“tot enige vorm van gevangenisstraf gevonnis is soos in artikel
276(1) beoog wat nie die geheel opgeskort is nie.”
Klaarblyklik resorteer die appellant hieronder.
‘n Kennisgewing van appèl teen sy skuldigbevinding en vonnis is
daarop by die klerk van die hof liasseer. Die betrokke
Streeklanddros
is toe deur die applikant se nuwe advokaat in kamers
genader en versoek om ‘n borgaansoek hangende hierdie appèl aan te
hoor.
Wat daar plaasgevind het word as volg deur die applikant in sy
ondersteunende eedsverklaring weergegee:
“Die verhoorlanddros was van oordeel dat hy reeds ‘n bevel
gemaak
het dat ‘n aansoek om verlof om te appelleer hierin gebring moet
word en dat hy gevolglik
functus officio
is en nie ‘n aansoek om borgtog kan aanhoor nie.”
Mnr. Reinders wat vandag hierdie
dringende aansoek hanteer betoog dat hierdie Hof op grond van sy
inherente bevoegdheid die appellant
op borg hangende sy appèl moet
vrylaat. Met ‘n beroep op
S
v HLONGWANE
1989 (4) SA 79
(T)
betoog hy dat hierdie Hof wel sulke bevoegdheid het. Daar is aan
mnr. Reinders uitgewys dat die Strafproseswet voorskryf hoe ‘n
aansoek om borg en ‘n appèl teen weiering van borg hanteer moet
word en dat daar nie ruimte is vir ‘n ander prosedure benewens
wat
die Wet voorskryf nie, veral nie as daardie prosedure nog nie benut
was nie. Mnr. Reinders het daarop in die alternatief ‘n
bevel
versoek dat die Streeklanddros dan gelas word om wel die borgaansoek
aan te hoor.
Dit kom my voor asof dit die korrekte prosedure is. As
aanvaar word dat appellant wel ‘n reg van appèl het – en op my
uitleg
van artikel 309 voormeld het hy dit klaarblyklik – moet die
verhoorlanddros as ‘n behoorlike kennisgewing van appèl liasseer
is – en dit is gedoen - ‘n aansoek om borg hangende appèl op
die meriete daarvan oorweeg. Die landdros het nog op geen stadium
‘n
aansoek om borg hangende appèl aangehoor nie. Trouens, sy houding is
juis dat hy dit nie kan aanhoor nie. Daardie houding
is op die
foutiewe veronderstelling dat verlof tot appèl nodig is en dat dit
reeds deur hom ook op petisie deur twee Regters van
hierdie Hof
geweier is baseer.
Artikel 309(4)(b) gelees met artikel 307 en 308 van Wet
51 van 1977 magtig die verhoorlanddros om ‘n aansoek om borg
hangende appèl
aan te hoor en toe te staan. Die oorwegings wat op
so ‘n aansoek van toepassing is, is so welbekend dat dit nie
bespreking in
hierdie uitspraak benodig nie. Indien borg hangende
appèl geweier word of op vir die beskuldigde onaanvaarbare terme
verleen word
gee artikel 75 van Wet 51 van 1977 aan so ‘n
beskuldigde die reg tot appèl teen sodanige weiering. Dit moet op
die gewone wyse
deur ‘n kennisgewing van appèl aangeteken word en
word origens mee gehandel in ooreenstemming met die praktyksreël met
betrekking
tot borgappèlle van hierdie Hof gedateer 19 Mei 1995.
Die landdros se weiering om die
applikant se aansoek om borg hangende appèl aan te hoor is soos
supra
aangedui foutief. Die aangewese is bygevolg om hom te gelas om die
aansoek aan te hoor waarna die gewone proses soos hierbo uiteengesit
kan volg. So ‘n lasgewing behels natuurlik nie ‘n bevinding op
die meriete van die aansoek om borg nie, daaroor moet die landdros
natuurlik self bereg.
Bygevolg word die Streeklanddros in
saak
S v JOHANNES
SETHLO
en
SCHALK ANDRE VAN
RENSBURG
, Saak
Nr. 9/01, Petrusburg, gelas om beskuldigde 2 (Schalk Andre van
Rensburg) se aansoek om borg hangende appèl aan te hoor, op
die
meriete daarvan te oorweeg en dit te bereg.
______________
C.B.
CILLIé, R
/scd