About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 37
|
|
Plaaslike Boerediens (Edms) Bpk h/a Greenlands v Die Trustees vir tyd en wyl van AMM Claasen Trust [2004] ZAFSHC 37 (17 May 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Saak
Nr. 455/2002
In die
saak tussen:
PLAASLIKE
BOEREDIENSTE (EDMS) BPK
Appellant
h/a
GREENLANDS
en
DIE
TRUSTEES VIR TYD EN WYL VAN
Respondent
A M
M CLAASSENS TRUST
_____________________________________________________________________
CORAM:
HANCKE
et WRIGHT, RR
_____________________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
17 MEI 2004
_____________________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT, R
_____________________________________________________________________
GELEWER
OP:
17 MEI 2004
_____________________________________________________________________
[1] Appellant het ân voorlopige
vonnis dagvaarding teen respondent uigereik en gesteun op twee
gedishonoreerde tjeks ten bedrae
van
R66 346,46 en R72 049,22
onderskeidelik.
[2] Na die liassering van beantwoordende sowel as
repliserende beëdigde verklarings en die aanhoor van betoë is die
volgende bevel
verleen deur Landdros Van der Walt:
â
Die aansoek om voorlopige
vonnis word van die hand gewys. Koste staan oor vir latere
beregting.â
[3] Hierop het appellant ân gewysigde besonderhede van
vordering geliasseer deur in die alternatief staat te maak op
skuldoorsake
van goedere verkoop en gelewer.
[4] Namens respondent is nadere besonderhede hiertoe
aangevra en uiteindelik ân spesiale verweerskrif geliasseer. Die
verweerskrif
verskyn te die oorkonde, p.47 tot 52. Die kruks van
hierdie spesiale verweer hou in dat Landdros Van der Walt se
beslissing die
voorlopige vonnisverrigtinge finaal tot ân einde
gebring het, met uitsondering van die koste-aspek, en dat appellant
nie met sy
voorlopige vonnisverrigtinge kon voortgaan nie.
[5] Landdros T.M. Viljoen het die spesiale pleit
gehandhaaf en is die appellant se voorlopige vonnis dagvaarding van
die hand gewys
met koste.
[6] Daar moet net daarop gewys word
dat die respondent slegs ân spesiale pleit geliasseer het en glad
nie gepleit het op die meriete
van die saak nie.
[7] Die tersaaklike Hofreël is Landdroshofreël 14A(8)
wat aan ân hof wat voorlopige vonnis weier die mag gee om verlof
aan die
verweerder te verleen om ân verweerskrif te liasseer binne
ân voorgeskrewe tyd en ook sodanige kostebevel kan maak as wat in
die omstandighede regverdig mag wees.
[8] Die regsposisie waarop gesteun
is, word soos volg opgesom in Jones & Buckle,
The
Civil Practice of the Magistrateâs Courts in South Africa
,
9de uitg. Vol II deur Erasmus & Van Loggerenberg op p.14A-18.
â
The
use of the word âmayâ in the subrule indicates that the courtâs
power to order a defendant to file a plea is discretionary
and that
the right to deliver a plea is exercis
eable
if the court makes an order to that affect. Where provisional
sentence is refused and no order is made in terms of which the
defendant is permitted to file a plea, the provisional sentence is
dismissed and the proceedings are at an end. The court clearly
will
exercise its discretion to order a plea to be filed by the defendant
where the defendant has discharged the onus of showing
that the
probabilities in the principal case are in his favour.â
(Vgl.
BARCLAYS
NATIONAL BANK v WOLLACH
1986 (1) SA 535
(K) te 358H en
HOCHFELD
COMMODITIES (PTY) LTD v THERON
2000 (1) SA 557
(O) te 546B-C
).
[9] Dit is duidelik dat die aansoek
om voorlopige vonnis nie afgewys is omdat die betrokke twee tjeks nie
likiede dokumente is nie.
Dit blyk nie uit die oorkonde of die
Landdros wat die eerste bevel gegee het dit enigsins oorweeg het of
verlof aan verweerder verleen
moes word om ân pleit te liasseer
nie.
[10] Die appellant se argument kom
daarop neer dat by ân behoorlike interpretasie van die eerste
Landdros se bevel die verweerder
in elk geval ân pleit moet
liasseer. Voorts het die appellant betoog dat die respondent deur
nie beswaar aan te teken teen die
wysiging nie, toegestem het daartoe
dat die saak op normale wyse voortgesit moet word en derhalwe verplig
is om te pleit op die meriete
indien hy wil voortgaan met sy
verdediging.
[11] Dit is derhalwe nodig om die aanvanklike bevel met
betrekking tot die voorlopige vonnisverrigtinge te interpreteer en
myns insiens
is die woorde glad nie vaag of onduidelik nie.
[12] Deur te beveel dat die koste oorstaan vir latere
beregting kon die Landdros moontlik bedoel het dat die voorlopige
vonnisverrigtinge
weer te rolle geplaas moet word sodat die koste
besleg kon word of hy kon bedoel het dat daar tot die prinsipale saak
oorgegaan moet
word aan die einde waarvan die koste van die
voorlopige vonnisverrigtinge bereg moes word. Die noodwendige
implikasie is egter dat
daar ân voortsetting van die saak sou wees
om die koste-kwessie af te handel.
[13] Indien die saak slegs vir die aanhoor van die
koste-kwessie te rolle geplaas is (wat blykbaar nie gebeur het nie),
is daar niks
wat die eiser sou belet het om ân bevel te versoek wat
sou gelas dat die verweerder ân pleit moes liasseer nie. Die
verweerder
sou nie beswaar kon maak indien daar so ân bevel versoek
is nie.
[14] In terme van die bepalings van die betrokke Hofreël
moet die Landdros immers drie aspekte bereg by ân voorlopige
vonnisondersoek:
(a) Of
voorlopige vonnis toegestaan moet word al dan nie.
(b) Of daar verlof verleen moet word
aan verweerder om ân pleit in te dien, al dan nie.
(c) ân Gepaste kostebevel.
Indien die voorlopige aansoek van die
hand gewys is met koste, sou dit moontlik daarop gedui het dat die
Landdros nie bereid was om
verlof te verleen dat ân pleit ingedien
word nie.
[15] Die feit dat die koste
oorgestaan het vir latere beregting beteken dat die verrigtinge nie
afgehandel was nie en derhalwe ook
nie vatbaar was vir appèl
ooreenkomstig artikel 83(b) van Wet 32 van 1944 nie. Indien die
voorlopige vonnis afgewys sou gewees
het met koste, sou appellant
die geleentheid gehad het om daarteen te appelleer. Dit is duidelik
dat die bevel nie so geïnterpreteer
kan word nie. Bogemelde
gevolgtrekking blyk ook duidelik uit die beslissing van
SCOTT-KING
(PTY) LTD v COHEN
1991 (1) SA 806
(WLD)
.
Die beslissing maak dit ook duidelik dat die bevel van die eerste
Landdros in die onderhawige saak nie ân bevel is wat ân finale
effek het nie.
Sien ook
AVTJOGLOU
v FIRST NATIONAL BANK OF SOUTHERN AFRICA LTD
2004 (2) SA 453
(SCA)
waar die volgende
dictum
in Van Zyl,
Judicial
Practice
, 4de uitg.
te 164-4 met goedkeuring aangehaal word:
â
But
whether provisional sentences has been refused or granted, the
disappointed party can always go into the principal case provided
the
refusal of provisional sentence is not owing to a bad or defective
summons; (
Hol
Cons
vol
2, Con 137)
and the summons used in the provisional case will, if
good, stand as the summons for the principal case; and the
proceedings may
take place as if provisional sentence had never been
claimed.â
Die effek hiervan is dat die
korrektheid van die gesag in paragraaf [8] hiervan betwyfel moet
word.
[16] Die waarskynlike interpretasie
van die bevel is dat die landdros aanvaar het dat die prinsipale saak
voortgesit sou word op die
basis dat die dagvaarding bly staan en die
verweerder pleit en dat die koste aan die einde van die saak bereg
sou word. Dit blyk
dan ook dat dit die interpretasie is wat die
partye aanvanklik aan die bevel gegee het (totdat verweerder besluit
het om die spesiale
pleit te liasseer) en wat ook ooreenstem met die
gemeenregtelike posisie. Indien die Landdros slegs bedoel het dat
koste later geargumenteer
sou word, sou hy waarskynlik die bevel
anders geformuleer het, bv. deur te gelas dat die partye die saak
weer te rolle kan plaas
ten opsigte van koste.
[17] Dit is duidelik dat op enige
interpretasie van die eerste bevel soos dit daar staan dat dit nie
ân bevel is wat die voorlopige
vonnisverrigtinge finaal afhandel
nie. Om hierdie rede kon die spesiale pleit nie gehandhaaf gewees
het nie, en moet die appèl
slaag. Dit is derhalwe nie nodig om met
die appellant se ander argument te handel nie.
[18] Bygevolg sou ek beveel dat die
appèl slaag met koste en dat die bevel van die hof
a
quo
tersyde gestel
word en vervang word met die volgende bevel:
(a) Die spesiale pleit word van die hand gewys met
koste.
(b) Die verweerder moet binne 15 dae
sy pleit indien, indien hy wil voortgaan met die verdediging van die
saak.
________________
G.F. WRIGHT, R
EK STEM SAAM EN DIT WORD ALDUS GELAS
__________________
S.P.B. HANCKE, R
Namens Appellant:
Adv.
H.J. Benade
i.o.v.
Symington
& De Kok
Namens Respondent:
Adv.
J.P. Daffue
i.o.v.
McIntyre
& Van der Post
/scd