S v Mara (23/2004) [2004] ZAFSHC 36 (13 May 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Individualization of sentences — The accused, a 26-year-old first offender, pleaded guilty to charges of housebreaking with intent to steal, theft of a firearm, and illegal possession of the firearm and ammunition. The accused broke into the complainant's home and stole a 9mm pistol and ammunition, later confessing to the police. Initially sentenced to seven years' imprisonment, the court found that the magistrate had not adequately considered the accused's remorse and first offender status. The sentences were deemed excessive and were reduced to two years for housebreaking (with six months suspended), eighteen months for illegal possession of the firearm, and nine months for illegal possession of ammunition, to run concurrently.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 36
|

|

S v Mara (23/2004) [2004] ZAFSHC 36 (13 May 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
Nr. 23/2004
In
die hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
ISAAC
MOJALEFA MARA
___________________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN et WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
VAN COPPENHAGEN, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
13 MEI 2004
___________________________________________________________
[1] Die beskuldigde, ‘n 26-jarige geleentheidswerker,
het op 8 Maart 2004 in die Landdroshof tereggestaan op 3 klagtes;
huisbraak
met die opset om te steel en diefstal van ‘n 9mm pistool,
die onwettige besit van daardie pistool en die onwettige besit van 5
rondtes ammunisie in dieselfde vuurwapen.
Die beskuldigde het op al die klagtes hom ten laste gelê
skuldig gepleit en was op 8 Maart 2004 skuldig bevind; tereg so.
[2] Die feite soos dit tydens die artikel 112(1)(b) van
Wet 51 van 1977 verklaring na vore gekom het is ongekompliseerd.
Op 4 Maart 2004 om 20h00 het die beskuldigde na die
klaer se woning gegaan, die deur oopgemaak en die pistool met die
rondtes in die
magasyn onder die kopkussing op die bed geneem. Hy
het die wapen na sy oom se woning geneem alwaar hy dit versteek het.
Hy het egter later koue voete gekry en vir die polisie
gaan vertel dat die wapen by sy oom se woning versteek is. Hy was
egter daarna
en wel op 4 Maart 2004 arresteer.
[3] Vir voormelde vergrype was die beskuldigde gevonnis
tot drie jaar gevangenisstraf op die huisbraakklagte, drie jaar
gevangenisstraf
vir die onwettige besit van die vuurwapen en een jaar
vir die onwettige besit van die ammunsie, in totaal dus sewe jaar
gevangenisstraf.
[4] Redes vir die oplegging van die vonnis was aangevra
en deur die landdros verskaf.
[5] Na die beskuldigde as persoon is reeds deels hierbo
verwys. Belangrik is egter die feit dat die beskuldigde skuldig
gepleit het
en ook ‘n eerste oortreder was.
[6] Die aard van die misdade en die gesindheid waarmee
dit gepleeg was, is ook reeds uiteengesit. Uit daardie omstandighede
is dit
duidelik dat kort nadat die misdade gepleeg was die
beskuldigde se skuldgevoel die oorhand gekry het en hy probeer
regmaak het wat
hy verkeerd gedoen het. Sy optrede toon myns insiens
nie net daadwerklike berou nie, maar ook dat die beskuldigde
mensemateriaal
is wie se gewete hom aangekla het en dat hy sal baat
by die figuurlike swaard oor die kop.
Voormelde faktore was nie na behore deur die landdros in
ag geneem nie en om voormelde rede behoort die vonnisse verminder te
word.
[7] Dit is geyk dat ‘n strewe na pariteit in vonnisse
gewens mag wees, en dat die vonnisse in vorige sake opgelê vergelyk
mag word;
dit beteken egter nie dat daardie vonnisse lukraak nagevolg
moet word nie, immers, individualisering van vonnisse verg dat elke
saak
weens die uniekheid van die mens en die feite in die saak
objektief oorweeg word.
Vergelyking ten opsigte van
skuldigbevindings aan huisbraak met die opset om te steel en diefstal
in sake soos
S v
COALES
1995
(1) SACR 33
(A);
S
v PIETERSON AND ANOTHER
1990 (2) SACR 440
(C);
S
v PIENAAR
1992 (2) SACR 649
(C);
S
v OLIVIER
1996 (2) SACR 387
(NC) en
S
v WAYI
1994
(2) SA 334
(E)
illustreer die beginsel van individualisering van vonnisse en toon
ook aan dat die vonnisse in die onderhawige geval vir die betrokke
oortreding onvanpas is.
[8] Aanduidend van die tipe vonnisse
wat opgelê word in gevalle waar ‘n persoon ten opsigte van
onwettige besit van ‘n vuurwapen
en die onwettige besit van die
ammunisie in die magasyn daarvan is die sake
S
v LIMO
1995
(1) SACR 404
(O);
S
v ZONDI
1995
(1) SACR 18
(A);
S
v SOTSU AND ANOTHER
2001 (1) SACR 428
(Tk);
S
v DUBE
1994
(2) SA 130
(N);
S
v SIBISI
1998 (1) SACR 248
(A);
S
v KHONYE
2002 (2) SACR 621
(T) en
S
v MOOLEELE
2003 (2) SASV 225.
Terwyl die verskeidenheid van vonnisse beklemtoon dat
die meriete van elke saak deurslaggewend is, word ook uitgelig dat
die vonnisse
deur die landdros opgelê in die onderhawige geval
onvanpas is.
[9] Alles in ag genome, maak die feit dat die
beskuldigde bykans onmiddellik berou getoon het en tog probeer het om
die fout te herstel
en dit teen die agtergrond dat die beskuldigde ‘n
eerste oortreder is, dwing die omstandighede tot ‘n veel ligter
vonnis as deur
die landdros opgelê.
[10] Die
volgende bevele word gemaak:
1. Die
beskuldigbevinding word bekragtig.
2. Die vonnisse deur die landdros opgelê word
deurgehaal en vervang met die volgende:
Klagte 1
: Twee
(2) jaar gevangenisstraf waarvan ses (6) maande opgeskort word vir
vyf (5) jaar op voorwaarde dat die beskuldigde nie weer
skuldig
bevind word aan ‘n oortreding van huisbraak met die opset om te
steel en diefstal, gepleeg gedurende die periode van opskorting
nie.
Klagte
2:
Agtien (18)
maande gevangenisstraf.
Klagte
3:
Nege (9)
maande gevangenisstraf.
Dit word gelas dat die vonnisse opgelê op klagtes 2 en
3 samelopend met die vonnis opgelê op klagte 1 uitgedien word.
__________________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
EK STEM SAAM
________________
G.F. WRIGHT, R
/scd