Dumako v Mangcwatywa (43/2003) [2004] ZAFSHC 34 (13 May 2004)

45 Reportability

Brief Summary

Delict — Negligence — Motor vehicle collision — Appellant sought damages from respondent following a motor vehicle accident involving appellant's Toyota and respondent's Datsun kombi, driven by her employee — Appellant alleged negligence on the part of the employee and claimed an oral undertaking by the respondent to cover damages — The magistrate granted absolution from the instance, leading to the appeal — Legal issue centered on whether the magistrate's decision was appealable and the merits of the negligence claim — Court held that the magistrate's finding had the effect of a final judgment, affirming the absolution from the instance and dismissing the appeal with costs.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 34
|

|

Dumako v Mangcwatywa (43/2003) [2004] ZAFSHC 34 (13 May 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. 43/2003
In die
appèl tussen:
BETHUEL
DUMAKO
Appellant
en
RASELINA
MANGCWATYWA
Respondente
_____________________________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
R.P.
et
WRIGHT R
_____________________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
10 MEI 2004
_____________________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE R.P.
_____________________________________________________________________
GELEWER
OP:
13 MEI 2004
_____________________________________________________________________
Appellant was die onsuksesvolle eiser
in die Landdroshof, Kroonstad in ‘n saak waarin hy skadevergoeding
van respondente gevorder
het voortspruitende uit ‘n motorbotsing.
Die botsing het gedurende Julie 2000 by die huurmotorstaanplek in
Kroonstad plaasgevind
tussen appellant se Toyota motor wat hy self
bestuur het en ‘n Datsun kombi wat aan respondente behoort het en
deur haar werknemer,
Pieta Radebe, bestuur is in die uitvoering van
sy pligte as huurmotorbestuurder. Appellant se saak was dat die
skade aan sy motor
R10 226,75 beloop het en dat die botsing
veroorsaak is deur die nalatigheid van Radebe. As alternatiewe
skuldoorsaak het hy beweer
dat respondente op die dag van die botsing
mondeling teenoor hom onderneem het om die skade aan sy motor te
betaal. Radebe se beweerde
nalatigheid asook respondente se beweerde
onderneming is in geskil geplaas.
By
die aanvang van die verrigtinge het die partye se onderskeie
prokureurs die Landdros meegedeel dat hulle ooreengekom het
“
dat
die saak aanvanklik net op die meriete aangehoor sal word en sal die
quantum
dan oorstaan vir later.”
Die Landdros het aldus gelas. Na aanhoor van die
getuienis en argumente het hy sy bevinding soos volg genotuleer:
“Absolusie van die instansie
word toegestaan met koste.”
Dit
is teen hierdie bevinding wat appellant nou in hoër beroep kom.
Namens respondente voer Mnr. Reinders
in limine
in sy hoofpunte van betoog aan dat die Landdros se bevinding nie
appelleerbaar is nie. Vir hierdie submissie steun hy op die
beslissing
in
STEENKAMP
v SOUTH AFRICAN BROADCASTNG CORPORATION
2002 (1) SA 625
(HHA)
.
In daardie saak het die eiser ook skadevergoeding in die Landdroshof
gevorder en is die meriete en
quantum
komponente van die saak ook geskei. Die Landdros het in eiser se guns
beslis op die meriete. Voordat die
quantum
beslis is, het die verweerder geappelleer teen die Landdros se
bevinding op die meriete. Die Hoogste Hof van Appèl bevind dat
daardie
bevinding van die Landdros nie appelleerbaar is nie omdat dit
nie
“die
uitwerking van ‘n finale vonnis”
het
nie soos bepaal in artikel 83(b) van die Landdroshowewet (Wet Nr.32
van 1944). Die Landdros se bevinding in die onderhawige saak
het
egter wel die uitwerking van ‘n finale vonnis omdat dit vir die
appellant finaal in hierdie aksie in die Landdroshof sê dat
hy
onsuksesvol is. Daarom meen ek dat respondente se betoog
in
limine
nie kan
slaag nie. Mnr. Reinders het tereg nie daarmee volhard in sy
mondelinge betoog nie.
Dit is nie maklik om op die getuienis ‘n betroubare
prentjie van die toneel en die botsing te vorm nie. Daar is geen
foto of betroubare
plan van die toneel ingehandig nie. Boonop het
die swart getuies nie van ‘n tolk gebruik gemaak nie en is dit
duidelik dat Afrikaans
nie hulle eerste taal is nie. Die Landdros
het ‘n inspeksie ter plaatse gehou en self ‘n rowwe skets van die
toneel geteken
(Bewysstuk “A”). Hierdie skets toon die
windrigtings aan en toon ook aan dat Reitzstraat en Stasiestraat
beide van wes na oos
loop, d.w.s. parallel met mekaar. Tussen
Stasiestraat aan die noordekant en Reitzstraat aan die suidekant is
onreëlmatige verkeerseilande
wat rofweg ongeveer noord-suid loop en
wat die huurmotorstaanplek aan die oostekant van die betrokke plein
as ‘t ware afskei van
ander verkeer wat meer na die westekant van
die plein beweeg. Tussen hierdie verkeerseilande is daar ‘n
opening (E-F) waardeur
slegs een motorvoertuig op ‘n keer met gemak
kan beweeg. Ongeveer 10 meter suid van hierdie opening is ‘n “GEEN
TOEGANG”
teken op die verkeerseiland aangebring wat na die
westekant wys. Hierdie teken verbied blykbaar verkeer om van wes na
oos deur die
opening E-F te ry. Eiser se saak is egter dat hierdie
opening juis toegang verleen tot die huurmotorstaanplekke van wes na
oos en
dat verkeer nie van oos na wes deur daardie opening mag ry
nie. Sy saak is verder dat hy nie by daardie opening wou indraai nie
maar oppad was om daar verby te ry van suid na noord toe Radebe met
die betrokke kombi vanaf oos na wes, d.w.s. vanaf sy regterkant,
deur
die opening ry en in sy motor vasry. Hy beskryf die skade aan sy
voertuig soos volg:
“
Hy was hierso by die laste
van die voorste wiel. As ek sou ......
Regs voor
...... Regs. As ek sou probeer daar ingekom het, meneer, dit sou ’n
head on collision gewees het. Ons sou kop-aan-kop
gestamp het, ek en
die man, want hy het my nou by my sykant gevang. Hulle het
verbygery.”
Die kwotasie waarop appellant gesteun het om sy skade te
bewys, is by die pleitstukke aangeheg en maak voorsiening vir die
“supply
and fit” van die volgende onderdele:
“Front
bumper
Right front fender
Bonnet
Right
front headlamp
Headlamp
cover
Bonnet
cover
Front
grill valance
Grill
Right
front indicator
Right
front headlamp panel
Radiator
cradle
Repair
magrim
Right
front inner tray
CCA
Spray
parts.”
Hieruit blyk dit na my mening dat die
skade aan die voorkant en die regter sykant van die motor was wat
prima facie
meer ooreenstem met Radebe se weergawe van die botsing.
Appellant
se getuie, Joseph Nyangwa, beskryf die botsing soos volg in sy
hoofgetuienis:
“
--- Wat
het nou gebeur, die eiser met naam van Dumako het nou opgery in
daardie pad, waarop nou die verweerder, die huurmotorbestuurder
met
die voertuig, met die kombi uitgekom het vanaf die huurmotorstaanplek
en met die eiser se voertuig gebots.
Toe die ongeluk gebeur, was
beide voertuie in beweging gewees? --- Korrek.
Die kombi voertuig het nie
stilgestaan nie? --- Glad nie.”
In kruisondervraging getuig hy soos volg:
“
So toe u
nou die taxi sien wat van die kant af kom, het u gesien toe hy en die
Corolla mekaar stamp of het u daardie oomblik van
die botsing nie
gesien nie? --- Ek het net daardie stampgeluid gehoor.
So, u het dit nie gesien nie?
--- Korrek.
Want dit is mos so, eers as ‘n
mens die slag hoor, dan kyk ‘n mens waar is dit. Is dit nie so
nie? --- Dit is korrek.”
Radebe se weergawe van die botsing is dat hy met die
kombi by punt “C” op die sketsplan stilgestaan het met die neus
van die kombi
in ‘n westelike rigting, toe appellant se motor met
die kombi bots. Hy beskryf die botsing soos volg in sy
hoofgetuienis:
“
Vertel vir ons hoe die
ongeluk plaasgevind het daarso. --- Ek het nou, die rede waarom ek
nou daar gaan staan het is omdat ek nou
eiser se, die kar sien daar
aankom vanaf suid na noord toe. En ek het vir hom gewag om daar
verby te ry om in die pad toe te begin
ry.
En toe? --- Hy was nou ‘n paar
meter voor my gewees het. Toe ek hom sien aan die linkerkant kyk,
omkyk, toe ek sien hom links omkyk.
Toe merk ek hom, toe sien ek dat
sy voertuig, eiser se voertuig na myne toe aan kom ry, nog reeds
omgekyk. Toe stamp hy vir my op
my regterhoek van my voertuig.
Onmiddellik daarna, as gevolg van daardie slag, hy het toe nou
gemaak, soos die getuie so pas gedemonstreer.
My linker agter
buiteband het bo die randsteen opgery as gevolg van die stampery.”
Wat
die skade aan appellant se voertuig betref, sê hy die volgende:
“
Sê vir my, waar was sy
skade gewees by sy voertuig as jy nou hier na die voorkant van die
voertuig kyk. Waar was sy skade? --- Die
hooflig, die regter hooflig,
modderskerm. Die regter voorwiel modderskerm en ook die flikkerlig.
En ook die punt van die enjinkap.
As ek mooi vestaan het u kombi
so gestaan en hy het u op u regterkant van die kant gestamp. ---
Korrek, omdat die kombi wat ek gery
het, waarmee ek gewerk het, het
nou ‘n bull-bar gehad en die bull-bar se punt het nou daar in die
hooflig en ook die modderskerm
getref.
So as ek nou mooi verstaan dan
het mnr. Dumako jou amper misgery? --- Korrek, maar as hy net sy oë
in die pad gehad het, hy sou nooit
vir my gestamp het nie.
So, wat ek verstaan, as u so in
die staan het hy so verby gery en hy het u se voor regterkant so, as
ek nou die woord kan gebruik,
so ge-“scratch”. --- Korrek, as hy
mooi gekyk het.”
Die
ooggetuie wat namens respondente getuig het, Isaia Ramokopo, staaf
Radebe se weergawe dat die kombi by punt “C” stilgestaan
het toe
die botsing plaasgevind het.
Respondente
het appellant se weergawe dat sy onderneem het om sy skade te
vergoed, uitdruklik ontken.
Namens appellant voer mnr. Claasen aan dat Radebe se
beweerde nalatigheid sowel as respondente se onderneming om appellant
se skade
te vergoed, op ‘n oorwig van waarskynlikhede bewys is.
Wat die nalatigheidsaspek betref, aanvaar hy blykbaar dat die punt
van
botsing by punt “C” op die sketsplan was en dat Radebe daar
stilgestaan het ten tyde van die botsing. Sy betoog is dat die kombi
daar ‘n obstruksie gevorm het vir verkeer van noord na suid en dat
Radebe se versuim om die obstruksie te verwyder of om die aankomende
appellant teen die obstruksie te waarsku deur byvoorbeeld te toet,
nalatigheid daarstel.
Ek stem nie saam nie: Eerstens, was
dit nooit appellant se saak tydens sy getuienis nie. Sy saak was dat
hy van suid na noord beweeg
het; dat die kombi van oos na wes beweeg
het en in hom vasgery het by punt “D” op die sketsplan.
Tweedens, is dit ook nie appellant
se saak op die pleitstukke nie.
Derdens, is ‘n voertuig met sy voorkant by punt “C”
nie
‘n obstruksie vir verkeer wat van suid na noord beweeg nie, maar
dit is wel ‘n obstruksie vir ‘n voertuig wat by die opening
tussen die verkeerseilande wil indraai van wes na oos omdat die
opening (E-F) net een voertuig op ‘n slag met gemak kan deurlaat.
Op
die getuienis as geheel is dit nie moontlik om te bevind dat voertuie
nie van oos na wes deur daardie opening mag gery het ten
tyde van die
voorval nie.
As die punt van botsing by punt “C” is, is dit
oorweldigend meer waarskynlik dat appellant by die opening wou
indraai of dat hy
nie sy oë op die pad gehou het nie soos Radebe
getuig as dat hy van suid na noord oppad was na Stasiestraat soos hy
getuig. Minstens
kan die Landdros se onsekerheid oor hoe die botsing
plaasgevind het nie met enige mate van oortuiging gekritiseer word
nie. Anders
gestel: Ek kan nie bevind dat die Landdros se
beslissing van absolusie van die instansie foutief is nie.
Dieselfde
geld vir respondente se beweerde onderneming om appellant se skade te
vergoed. Ek meen dat dit uiters onwaarskynlik is
dat respondente sou
onderneem het om appellant se skade te vergoed sonder dat sy
hoegenaamd geweet het hoeveel dit beloop.
Gevolglik
word die appèl afgewys met koste.
____________________
J.P. MALHERBE, R.P.
EK
STEM SAAM
________________
G.F. WRIGHT, R
Namens
Appellant:
Adv.
J.Y. Claasen
i.o.v.
Naudes
Bloemfontein
Namens
Respondente:
Adv.
S.J. Reinders
i.o.v.
Honey
& Vennote
Bloemfontein
/scd