About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Supreme Court of Appeal
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Supreme Court of Appeal
>>
1986
>>
[1986] ZASCA 134
|
|
S v Mbatha and Others (79/86) [1986] ZASCA 134; [1987] 1 All SA 426 (A) (27 November 1986)
Saaknommer: 79/86 WHN
MATHEWS MBATHA
Appellant No 1
MSHIYENE MIYA
Appellant
No 2
ZACHARIA_ SONDLANE
Appellant No 3
ERNEST NZUNZWA
Appellant No 4
SAMUEL MPHILENI SHEZI
Appellant No 5
JACKSON
SOLLY
Appellant No 6
ERIC NKOSI
Appellant No 7
en
DIE STAAT
Respondent
JOUBERT
AR.
IN DIE HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
APPÉLAFDELING
In die saak tussen:
MATHEWS MBATHA
Appellant No 1
MSHIYENI MIYA
Appellant
No 2
ZACHARIA SONDLANE
Appellant No 3
ERNEST NZUNZWA
Appellant No 4
SAMUEL MPHILENI SHEZI
Appellant No 5
JACKSON SOLLY
Appellant No 6
ERIC NKOSI
Appellant No 7
en
DIE STAAT
Respondent
Coram
: JANSEN, JOUBERT, SMALBERGER ARR et
BOSHOFF, NESTADT Wn ARR.
Datum van Verhoor
: 13 November 1986
Datum van Uitspraak
: 27 November 1986
UITSPRAAK
JOUBERT
AR :
/Appellante
2
Appellante nos 1 tot 7 is as beskuldigdes nos 1 tot 7
respektiewelik in die Witwatersrandse Plaaslike Afdeling voor McCREATH R en
twee
assessore op twee aanklagte aangekla. Die eerste aanklag is dat hulle op 16
Februarie 1984 die oorledene Carlos Alberto Gomes
Cesar in die distrik
Westonaria vermoor het. Die tweede aanklag is dat hulle op dieselfde datum en
plek die oorledene met verswarende
omstandighede beroof het. Hulle het almal
onskuldig gepleit. Hulle is verhoor. Slegs appellante nos 4, 5 en 6 is skuldig
bevind aan
moord en omdat geen versagtende omstandighede bevind is nie is hulle
die verpligte doodvonnisse opgelê.
/Die
3
Die ander appellante is onskuldig bevind en ontslaan op die
moord-aanklag. Wat die tweede aanklag betref, is al die appellante, behalwe
appellant no 6, skuldig bevind aan poging om te roof met verswarende
omstandighede waarvoor hulle gevangenisstrawwe opgelê
is. Appellant no 6
is skuldig bevind aan roof met verswarende omstan= dighede waarvoor hy
gevangenisstraf opgelê is. Met verlof
van die verhoorregter kom die
appellante tans in hoër beroep na hierdie Hof soos volg:
1. Appellante nos 1 tot 5 inklusief en appellant no 7 appelleer teen hul
skuldigbevindings aan poging tot roof met verswarende omstandighede
terwyl
appellant no 6
/teen
4
teen sy skuldigbevinding aan roof met verswarende
omstandighede appelleer. Daar is geen appelle teen
hul opgelegde vonnisse in hierdie verband nie.
2. Appellante nos 4, 5 en 6
appelleer teen hul skuldig=
bevindings aan moord sonder versagtende omstandighede
en hul opgelegde doodvonnisse.
Die onbetwiste feite is dat die oorledene,
'n Portugees, die bestuurder was van die Madeira Pish
and Chips-winkel in Dovetonstraat, Westonaria, wat
naby 'n mynkampong en 'n treinspoor gelee is. Die
klante van die winkel is hoofsaaklik swartpersone.
Die ingang van die winkel kan deur 'n roldeur afgesluit
word. Vanaf die ingang word 'n klein voorportaal betree
van waar een persoon op 'n keer deur 'n rotasiedeur toegang
/tot
5
tot die binnekant van die winkel kan verkry. Die
aand van 16
Februarie 1984 is die lyk van die oorledene
op die vloer in die binnekant van
die winkel gevind.
In die voorportaal was 'n bloedplas van waar bloed=
spatsels tot by die lyk van die oorledene gevind is.
Volgens die nadoodse
ondersoek wat op 21 Februarie 1984
op die lyk van die oorledene deur 'n distriksgeneesheer
gedoen is, het die oorledene drie skietwonde van voor
opgedoen. Een koeël het sy linkervoorarm deurboor.
'n Tweede koeël se ingang was aan die regterborskas
en dit het deur die sternum en regterlong gegaan tot
waar dit onder die vel by 'n rugwerwel tot stilstand
gekom het. 'n Derde koeël het die linkerborskas
deurboor. Enige van die twee skietwonde in die
/borskas
6
borskas kon die oorledene se dood veroorsaak het.
Die Staat het geen ooggetuies geroep om te-
getuig hoe die oorledene op 16
Februarie 1984 vermoor
is nie. Gevolglik het die Staat se saak oor die
pleeg van die moord en die
roof hoofsaaklik op die
skriftelike bekentenisse wat die sewe appellante aan
kaptein Thoms (die bevelvoerder van Westonaria se
speurtak) as vrederegter afgelê het asook op die
uitwysings wat hulle by die toneel van die misdaad
aan kaptein Thoms gemaak het, berus. In die
verhoorhof het die verdediging die toelaatbaarheid
van die bekentenisse en die uitwysings (wat deureen=
gestrengel met die bekentenisse was) betwis
op
7
op grond daarvan dat die polisie te Westonaria
fisiese marteling en mishandeling van en dreigemente teenoor die appellante sou
toegepas
het. Verder is daar 'n beroep gedoen op sekere onreëlmatighede wat
by die afneem van die bekentenisse asook by die uitwysings
sou gebeur het. Daar
is ook aangevoer dat tydens die uitwysings die appel= lante gedwing is om op die
toneel van die misdaad vir
die neem van foto's te poseer. Gesien die noue
verband tussen die aflê van die bekentenisse en xxx xxx xxx die uitwysings
was
die bewyslas op die Staat om bo redelike twyfel aan te toon dat die
bekentenisse en die uitwysings vrywillig en ongedwonge sonder
onbehoorlike
beïnvloeding deur die appellante
/gemaak
8
gemaak is. Dit het 'n verhoor binne 'n verhoor geverg
waarna dit eenparig deur die verhoorhof bevind is dat die Staat hom van
hierdie bewyslas gekwyt het sodat die beken= tenisse en getuienis
oor die
uitwysings toelaatbaar is.
Adv
. Berlowitz wat namens appellante nos 4 en 5 in hierdie Hof verskyn
het, het nie in die verhoorhof opgetree nie. Hy het getrag om
buite sy
skriftelike betoogshoofde aan te voer dat die polisie die appellante fisies
aangerand het en hulle sodoende gedwing het
om skriftelike bekentenisse af te
lê en uitwysings te doen. Die verhoorhof het die relevante getuienis oor
hierdie
/aangeleentheid
9
aangeleentheid baie deeglik ondersoek. Dit het ook baie sterk
geloofwaardigheidsbevindings teen die appellante en ten gunste van die
betrokke
polisie getuies gemaak. Die Staat het ook dokumentêre getuienis aangebied
van inskrywings in die voorvalleboek van
Brixton se aanklag= kantoor toe
appellante nos 6 en 7 op 19 Junie 1984 aan speurder-adjudant Steyn, die
ondersoekbeampte, oorhandig
is en hulle weer dieselfde middag terugbesorg is
sonder dat hulle enige klagtes van beweerde aanrandings laat aanteken het.
Getuienis
oor die tydsduur van 'n reis per motor vanaf Brixton se aanklagkantoor
na Westonaria se polisiestasie en vanaf laasgenoemde terug
na Brixton se
aanklagkantoor is voor die verhoorhof geplaas.
/Verder
10
Verder is die tydstippe toe kaptein Thoms die
skriftelike
bekentenisse geneem het en die uitwysings waargeneem het
ook
opgeteken en as getuienis voorgelê. Dieselfde soort
dokumentêre
getuienis is aangebied wat die ander appellante
betref. Die verhoorhof het na
my oordeel tereg bevind
dat hierdie dokumentêre getuienis die getuienis van die
betrokke polisie getuies ondersteun dat daar geen aanrandings
deur hulle op die appellante gepleeg is nie.
Adv
.
Berlowitz was nie in staat om aan te toon in watter opsigte
die verhoorhof fouteer het of misgetas het in sy bevinding
dat die Staat bo redelike twyfel bewys het dat die appellante
nie fisies aangerand is soos hulle beweer het nie. Daar
is geen meriete hoegenaamd in hierdie betoog van
adv
.
/Berlowitz ....
11
Berlowitz nie. Ek is derhalwe van oordeel dat dit
geen doel
sou dien om die betrokke getuienis in besonder=
hede of by wyse van opsomming
aan te stip nie.
Adv
. Munks wat namens appellante nos 1,2,3,6 en 7 verskyn het, het
betoog dat daar deur die betrokke polisie onbehoorlike invloed (wat
geen verband
hou met direkte fisiese aanranding nie) op die appellante uit= geoefen is om hul
skriftelike bekentenisse te maak en
uitwysings te doen. Hierdie betoog gaan
egter nie op nie omdat daar in die onderhawige geval geen feite-basis gevind kan
word om
te dien vir die afleiding van
'n dergelike onbehoorlike beïnvloeding nie. Die blote feit dat verdagte
persone in aanhouding deur die polisie
/die
12
die stap neem om skriftelike bekentenisse te maak is op
sigself 'n neutrale faktor en kan nie sonder meer dien as grondslag vir 'n
afleiding van 'n derglike on= behoorlike beïnvloeding nie. Bekentenisse wat
verdagte persone in aanhouding deur die polisie
maak, kan vrywillig of
onvrywillig gemaak word afhangende die omstandighede van die betrokke geval.
Die swaartepunt van die aanval namens die appellante in hierdie Hof is juis
gerig teen die buiten= gewone omstandighede wat betrekking
het op die afneem van
die bekentenisse en die plaasvind van die uitwysings.
/Die
13
Die buitengewone omstandighede het onbevredigende
aspekte
wat meebring dat daar onreëlmatighede is wat
die bekentenisse en die
uitwysings ontoelaatbaar as
getuienis maak - aldus die betoog deur
adv
. Munks
waarmee
adv
. Berlowitz hom vereenselwig het.
Same=
vattend kom die onreëlmatighede in hooftrekke op die
volgende
neer. Soos reeds vermeld, is kaptein Thoms
die bevelvoerder van Westonaria se
speurtak onder wie
se bevel die ondersoek in die onderhawige geval plaas=
gevind het. Hy was aktief betrokke by daardie ondersoek
waarvan hy persoonlik kennis gedra het. Hy was op hoogte
daarvan hoe die ondersoek verloop het sodat hy nie 'n
onpartydige en onafhanklike persoon was nie. Sy
/en
14
en ondersoekbeampte Steyn se kantore is langs mekaar op die
eerste verdieping van die polisiestasie te Westonaria gelee. Hulle was
albei
aktief betrokke by die ondersoek in die onderhawige geval. Dit is eienaardig dat
al sewe appellante spontaan bereid was om
voor kaptein Thoms bekentenisse af te
lê en uitwysings te doen. Bowendien is die uitwysings deur die polisie
geprogrammeer.
Die tolk Mthani wat as sodanig opgetree het by die afneem van al
die appellante se bekentenisse asook by hul uitwysings is 'n speurder-sersant
wat te Westonaria gestasioneer is. Ofskoon die fotograaf Streicher 'n
speurdersersant van die vinger= afdrukkantoor te Randfontein
is, het hy op 16
Februarie
/1984 die
15
1984 die misdaadtoneel besoek en daar foto's geneem. Hy is
gebruik by die uitwysings deur al die appellante. Die polisiestasie te
Westonaria is langs die landdroshof geleë. Daar moes in die omstandighede
eerder van 'n landdros as 'n onpartydige persoon gebruik
gemaak gewees het om
die bekentenisse af te neem.
Kaptein Thoms het verduidelik dat hy te Westonaria aan die hoof van 'n span
van 20 speurders staan. Vir elke saak wat by hulle aangemeld
word, word 'n
dossier geopen. Hy werk gemiddeld met 400 na 450 sake se dossiere per maand.
Ernstige misdade word onder sy persoonlike
toesig ondersoek en hy gee in die
dossiere opdragte
/aan
16
aan die ondersoekbeampte wat gedoen moet word. Gewoonlik was
adjudant-offisier Steyn die ondersoekbeampte in ernstige misdade. Elke
maand kom
die dossiere na hom sodat hy kennis kan neem hoe die ondersoeke verloop. Die
aand van 16 Februarie 1984 het hy sowel as
Steyn die misdaad= toneel besoek. Die
amptelike fotograaf Streicher is ontbied om foto's te neem. Hy het Steyn as
ondersoek= beampte
in hierdie saak aangewys. Behalwe vir wat hulle op die
misdaadtoneel gesien het, die verslag van die nadoodse ondersoek op die lyk
van
die oorledene en die ballistiese verslae het die polisie geen inligting oor die
pleeg van die moord en die roof gehad nie. Trouens
volgens Steyn het die
ondersoek basies tot stilstand
/gekom
16 (a)
gekom en is die dossier van die saak op 'n stadium deur
kaptein Thoms as onopgespoor afgesluit. Ongeveer
'n maand na die nadoodse
ondersoek plaasgevind het, het 'n baie belangrike deurbraak plaasgevind toe
majoor Kruger (die tak bevelvoerder
van die moord-en roofafdeling te
Krugersdorp) vir kaptein Thoms gebel het dat hy gearres= teerde persone het wat
moontlik betrokke
is by misdaad in Westonaria gepleeg. Hy het toe opdrag aan
Steyn gegee om te gaan ondersoek instel. In kruisondervra= ging het kaptein
Thdms hom hieroor soos volg uitgelaat (band 2 p 169-170):
"Toe die beskuldigdes na my toe gebring was u Edele was dit op daardie
stadium die enigste
/inligting
17
inligting waarvan ek bewus gewees het wat bestaan het om die
saak behoorlik op te los. Ek het nie geweet wat verder sou uitkom tydens
ondersoek nie, maar ek was tevrede dat hierdie verklarings wat aan my gemaak was
betrekking het op die saak wat by ons van toepassing
was."
In kruisondervraging is dit aan kaptein Thoms gestel dat hy die appellante
eerder na 'n landdros moes geneem het om hul verklarings
af te lê. Hierop
het hy soos volg geantwoord:
"Ek is 'n offisier, ek is 'n vrederegter. Daar is nêrens in die wet,
behalwe die kritiek wat in die howe uitkom dat ek nie 'n
verklaring mag vat nie.
Ek is 'n mede ondersoekbeampte in die saak en ek het dit as my plig beskou toe
die man na my toe gebring
was om die verklaring te neem of die uitwysings te
laat doen."
(Band 2 bl. 178). Hy het ook daarop gewys dat „daar is nie 'n verbod
op
18
die neem van 'n verklaring deur my as offisier nie". (Band 2
bl. 201).
In hierdie Hof is namens die appellante aangevoer dat die
verhoorhof fouteer het om te bevind dat die Staat hom van die bewyslas,
soos
neergelê in art. 217(l)(a) van die Strafproseswet No 51 van 1977, bo
redelike twyfel gekwyt het as sou die appellante
hul bekentenisse vrywillig en
ongedwonge sonder onbehoorlike beïnvloeding gedoen het omdat daar
onreëlmatighede was o.a.
deurdat kaptein Thoms die bevelvoerder was van
Westonaria se speurtak onder wie se bevel die ondersoek in die onderhawige saak
plaasgevind
het.
/Dit
19
Dit is onteenseglik so dat 217(1)(a) aan kaptein
Thoms as 'n vrederegter 'n wye en onbeperkte statutêre bevoegdheid verleen
om bekentenisse af te neem wat op die pleeg van 'n misdaad betrekking het. Geen
hof het die bevoegdheid om 'n vrederegter sy statutêre
be= voegdheid te
ontneem of te ontsê nie. Dit kan der= halwe nooit gesê word dat die
uitoefening deur kaptein Thoms van
sy statutêre bevoegdheid om
bekentenisse af te neem
per se
onreëlmatig is nie. In
S v Mbele
1981(2) SA 738(A) het KOTZÉ AR hom op bl 743 C-G soos volg
uitgelaat:
/"Alhoewel
20
"Alhoewel daar aanvaar kan word dat Van der Linde
ex officio
op die
tersaaklike tyd 'n
vrederegter vir die doeleindes van art 217 van Wet 51 van
1977 was, is ek van oordeel dat daar, uit hoofde van onreelmatighede wat
met die
aan= wysings en meegaande verklarings gepaard gegaan het, redelike twyfel
bestaan of die appellant vrywillig opgetree het
en dat bew. D nie as ge= tuienis
aangebied of toegelaat moes gewees het nie.
Die onreelmatighede waarna ek
verwys sluit o.a. in die volharding in en verontagsaming deur die polisie
,
ondanks die herhaalde afkeuring daarvan deur hierdie en ander Howe
,
van die ongewenste praktyk dat n offisier verbonde aan die ondersoekeenheid
optree
(vgl.
S v. Mdluli and Others
1972(2) SA 839(A) te 840H-841C);
die gebruikmaking van 'n tolk betrokke in die ondersoek en verbonde aan
sodanige eenheid
(vlg.
S v. Dhlamini and Another
1971(1) SA 807(A) te
815 A;
S v. Lebea
1975(4) SA 337(W); Van
der Linde se vooraf
verkreë kennis aangaande die tersaaklike plekke wat by die aanwysing van
belang was
- - - -"
(My emfase).
/uit
21
Uit die voorgaande is dit duidelik dat die
onderstreepte
woorde te ver gaan en dat daar geen juridiese grondslag
bestaan
die vermelde besware as onreëlmatighede te bestempel nie.
Die wetgewer ontsê nie 'n offisier wat aan 'n ondersoek=
eenheid verbonde is die bevoegdheid om bekentenisse af te
neem nie. Regtens is hy bevoeg om dit te doen en die howe
kan hom nie dit ontneem nie. Die howe het geen bevoegdheid
om toelaatbaarheidsvereistes vir bekentenisse deur offisiere
as vrederegters afgeneem te stel wat nie deur art 217 (l)(a)
voorgeskryf is nie. Bogenoemde
dictum
is blykbaar met
instemming sonder enige kritiese ontleding aangehaal in
S v. Magwaza
1985(3) SA 29 (A) op bl. 37 G-I. Na my
oordeel is die korrekte benadering van hierdie
/aangeleentheid
22
aangeleentheid uiteengesit deur HEFER Wn AR in
S v
.
Khoza en Andere
1984(1)SA 57(A) op bl. 59 E-60A soos volg:
"Die 'onreëlmatighede' wat te berde gebring is, sluit in die afneem van
bekentenisse deur vrederegters in die persone van polisieoffisiere
en, in een
geval, deur die ondersoekbeampte, die gebruik van polisiemanne as tolke en die
optrede van landdroste (wat ek later meer
breedvoerig sal beskryf) by die afneem
daarvan. Ons is verwys na 'n aantal gewysdes waarin sulke 'on=
reëlmatighede' veroordeel
is en bekentenisse, in die lig daarvan,
ontoelaatbaar bevind is. Dit moet egter steeds beklemtoon word dat die
primêre vraag
by die beoordeling van die toe= laatbaarheid van enige
bekentenis is of dit volgens die voorskrifte van art 217(1) van die
Strafproseswet.
51 van 1977 gemaak is, dws vrywillig, ongedwonge en sonder
onbehoorlike beïnvloeding. (
S v Radebe and Another
1968 (4) SA 410
(A) op 419 A-B.) Die veroor= deling deur die Howe van praktyke soos
dié
/waarna
23
waarna so pas verwys is, moet nie gesien word as die
daarstelling van toelaatbaarheidsver= eistes ander as of benewens dié
van
art 217(1) nie. Telkens wanneer 'n bekentenis in die lig daarvan uitgesluit is,
is immers duidelik aan= gedui dat dit geskied
het omdat dit, in die
omstandighede van die bepaalde saak, twyfel laat ontstaan het of die bekentenis
vrywillig gemaak is (vgl
S v Mbele
1981 (2) SA 738
(A) op 743 C-G;
S v
Mofokeng and Another
1968 (4) SA 852
(W) op 858 A-B), aangesien so 'n
'onreëlmatigheid' slegs een van die faktore is wat, saam met al die
ander beskikbare inligting, gebruik word om te oordeel of
die bekentenis in
ooreenstemming met die vereistes van art 217 (1) gemaak is (
S v Mahlala and
Others
1967 (2) SA 401
(W) op 404 A-B;
S v Mazibuko and Others
1978
(4) SA 563
(A) op 568 G-H). "
In die lig van die voorgaande is dit gerade om die
modus operandi
van
kaptein Thoms by die afneem
/van
24
van die bekentenisse en uitvoer van die uitwysings
in
hooftrekke na te gaan. Hy het elke appellant
afsonderlik in sy kantoor
te woord gestaan met behulp van die tolk Mthani
wat geensins aan die
ondersoek van die saak deelgeneem
het nie en ook nie die misdaadtoneel die
aand van
16 Februarie 1984 besoek het nie. Mthani het bevestig
dat kaptein Thoms aan elke appellant gevra het of hy 'n
verklaring voor 'n landdros wou maak en dat elke appellant
gewillig en bereid was om 'n verklaring aan kaptein Thoms
te maak. In kruisondervraging het kaptein Thoms ver=
duidelik dat hy basies nie 'n beskuldigde ondervra nie.
Hy vra 'n beskuldigde wat na hom gebring word of hy iets
wil sê van die misdaad waarvan hy verdink word.
/As
25
As 'n beskuldige bevestigend antwoord dan gaan hy voort om 'n
verklaring af te neem. As "n beskuldigde ont= kennend sou antwoord dan
word geen
verklaring afgeneem nie. Indien 'n beskuldigde verklaar dat hy by die
misdaadtoneel wil gaan uitwys dan neem hy hom daarheen.
Die beskuldigde moet dan
die roete aandui wat hulle in die motorvoertuig ry terwyl die fotograaf
Streicher in sy eie motorvoertuig
hulle volg. By die misdaadtoneel het hy 'n
beskuldigde in die teenwoordigheid van Streicher gewaarsku dat hy nie verplig is
om iets
te sê of te doen nie. Elke appellant was gewaarsku dat indien hy
uit= wysings doen Streicher dit sou fctografeer en dat dit
as getuienis teen die
betrokke appellant gebruik kon word.
/Op
26
Op 19 Junie 1984 het hy afsonderlik van appellante 6 en 7
bekentenisse geneem. Elkeen se bekentenis is onderbreek om uitwysings te
gaan
doen. Hy het die tydstip van vertrek en die tydstip van hervatting van die
bekentenis en wanneer dit vcltooi is op elkeen se
bekentenis aangeteken. Dit het
hy ook op 21 Junie 1984 met die bekentenisse van appellante 1 en 2 gedoen. Op 27
Junie 1984 is die
prosedure ietwat gewysig wat appellante 5, 4 en 3 betref omdat
hulle individueel eers geneem is om uitwysings te gaan doen omdat
Streicher
ongesteld gevoel het. Daarna het elkeen na mekaar sy bekentenis, voor kaptein
Thoms afgelê en is die relevante tydstippe
daarop aangeteken.
/Na
27
Na my oordeel het die verhoorhof tereg tot die beskouing
geraak nie alleen dat die appellante se ge= tuienis tydens die verhoor binne
'n
verhoor bo redelike twyfel as leuenagtig verwerp moes word nie maar ook "that if
regard is had to the background circumstances,
there are not factors which
warrant a feeling of un= easiness as to whether there had been some inducement
of some or other nature
prior to the statements being made". Dit is belangrik om
te vermeld dat dit nie in hierdie Hof gesuggereer is dat die polisie die
in=
houd van die bekentenisse gefabriseer het nie. Na my oordeel het die Staat wel
bo redelike twyfel bewys dat
/die
28
die bekentenisse vrywillig, ongedwonge en sonder on=
behoorlike beïnvloeding deur die appellante gemaak is en dat hulle derhalwe
toelaatbaar as getuienis is. Dit geld ook vir die uitwysings wat hulle gemaak
het.
As daar dan gelet word op die toelaatbare getuienis dan volg dit dat
appellante nos 1 en 5 in= klusief asook appellant no 7 tereg
skuldig bevind is
aan poging tot roof met verswarende omstandighede terwyl appellant no 6 tereg
skuldig bevind is aan roof met ver=
swarende omstandighede. Hul
alibi
's
is tereg deur die verhoorhof bo redelike twyfel verwerp.
Ek behandel vervolgens die skuldigbevindinge
van appellante nos 4, 5 en 6 aan moord.
/Volgens
29
Volgens appellant no 5 se bekentenis het hy saam met die ander
appellante vanaf Soweto in appellant no 3 se Kombina. die misdaadtoneel
gereis.
Op pad daarheen het appellant no 2 aan hom 'n vuurwapen oor= handig. By hul
aankoms het hulle uit die Kombi geklim en in
twee groepe verdeel. Hulle het
gewag totdat die winkel toemaak. Hulle het gegaan met die doel om te roof. Hy
skets die verdere gebeure
soos volg in sy
bekentenis (Bewysstuk K
1
) :
"Ek was in die groep wat by die spoor gewag het. Toe ek sien die kafee maak
toe, het ek na die groep op die stoep gegaan.
Jackson sê toe ek moet gou maak want die kafee gaan toe maak. Ek het
vinnig vorentoe beweeg na die deur waar die ander groep
my gevolg het.
/Die
30
Die deur was half toe, ek het onder die deur gekruip en die vuurwapen uit my
linkerkant van my hemp gehaal en dit op die Portugees
gerig. Ek sê toe,
'do not move, I want money'. Die Portugees het sy hande opgelig en iets in
Portugees gesê.
Hý het plus minus 3 passe agteruit getree en sy
vuurwapen uitgehaal. Die Portugees het twee skote op my gevuur. Dit was mis.
Jackson het langs my gestaan en sê, 'Slaan Mphileni, slaan
Mphileni'.
Ek het toe gesien dat ek in lewensgevaar verkeer. Ek het toe een
skoot op hom gevuur, ek weet nie of dit raak was. Ek het 'n tweede
skoot gevuur
en het hom getref tussen die bors en die maag. Ek het 'n derde skoot op hom
gevuur. Ek weet nie waar ek hom getref het.
Hy het toe geval. Die Portugees het
opgestaan en by die tralies ingehardloop. Ek het weer op hom gevuur. Hy het toe
geval binne die
winkel. Jackson het agter hom ingeloop.
Ons is toe terug na die Kombi en het vir Jackson gewag. Ek het gedink dat
Jackson sy eie koers gevat het en die drywer gevra om te
ry voor ons gevang
word.
/Ons
31
Ons is toe na Zacharia se huis.
Ons het niks gekry by die winkel.
Ek het nie eers geweet dat Jackson die Portugees
se wapen gevat het. Die vuurwapen waarmee ek
die Portugees geskiet het, het ek aan Miya terug
besorg.
Dit is al. Soos ek die winkel gewys het, het
dit gebeur."
Na my oordeel het die verhoorhof appellant no 5 tereg
skuldig bevind aan moord met
dolus directus
as opsetvorm.
Hy het
voortgegaan om die derde skoot na die oorledene te
skiet nadat hy laasgenoemde reeds met die tweede skoot
getref het. Wat meer is, hy het voortgegaan om na die
oorledene te skiet selfs nadat die oorledene geval, op=
gestaan en weggehardloop het. Dit was geen geval
waar appellant no 5 in "lewensgevaar" verkeer het aangesien
hy die gewapende aggressor was wat die winkel wederregtelik
/betree
32
betree het. Wat versagtende omstandighede betref, is in
hierdie Hof betoog dat appellant no 5 paniekbevange was maar daar is geen
feite-basis wat daarvoor kan dien nie. Sy skuldigbevinding aan moord sonder
versagtende omstandig= hede en die opgelegde doodvonnis
bly staan.
Volgens appellant no 6 se bekentenis (Bewys= stuk L
1 )
het die
gebeure by die winkel na hul aankoms met die Kombi soos volg verloop:
"Ons al sewe het uit die Kombi geklim wat ons ver van die winkel gebêre
het en na die winkel gegaan. Die eienaar van die Kombi,
Zacharia, het gesê
dat ons die winkel moet gaan beroof. Ons het toe ingestem.
Toe ons by die winkel kom het Mphileni 'n vuur= wapen uitgehaal en dit op die
Witman gerig.
/Die
33
Die Witman het ook syne uitgehaal. Mphileni het op hom gevuur
en die Witman, wie terug= gedwing was, het geval waar ek gewys het.
Ek het die
Witman se vuurwapen gevat. Die Witman het opgestaan en by die ysterhekke
ingehardloop terwyl Mphileni weer op hom geskiet
het. Ek het nie getel hoeveel
nie. Ek het ook hierdie plek uitgewys. Ons het by die deur bly staan. Mphileni
het hom agtervolg en
ek het gesien toe die Witman neerval. Ek wys hierdie plek
ook uit. Ons het toe weggehardloop soos ek uitgewys het. Ons het niks gevat
behalwe die vuurwapen. Dit is al wat ek te sê het. Ons was nie gedrink
nie. Ons is toe terug na Soweto."
Dit is duidelik uit appellant no 6 se be=
kentenis dat hy en die ander appellante na die misdaad=
toneel gegaan het met 'n gemeenskaplike doel (
common purpo
se) nl. om
die winkel te beroof. Dit was eintlik gemene saak
/wat
34
wat die appellante betref soos dit uit hul onderskeie
bekentenisse blyk. Roof is diefstal wat deur middel van ge=
weld,of
bedreiging van geweld, teenoor 'n slagoffer gepleeg
word ten einde die slagoffer minstens tydelik weerloos
te maak deur sy weerstand uit te skakel sodat hy nie in
staat is om sy goed te verdedignieofsodathyhom.daarby
berus dat sy goed gesteel word (Vgl.
S v. Moloto
1982 (1)
SA 844 (A) op bl. 850 B-C). Appellant no 6 het aanskou
hoe appellant no 5 by die betreding van die winkel 'n vuur=
wapen uithaal en dit op die oorledene rig.
Adv
. Munks
het met 'n beroep op
S v. Magwaza
(
supra
) op bl. 41 C-H
aangevoer dat die verhoorhof fouteer het om te bevind dat
appellant no 6
dolus eventualis
as opsetvorm gehad het
/omdat
35
omdat die Staat nie bo redelike twyfel bewys het nie
dat
appellant no 6 subjektief daarvan bewus was dat
appellant no 5 'n gelaaide
vuurwapen gehad het toe laas=
genoemde die vuurwapen in die winkel te
voorskyn gebring
het. Volgens die betoog kon appellant no 6 nie, en het
hy
inderdaad nie, subjektief die moontlikheid voorsien
dat die oorledene deur die gebruikmaking van die vuurwapen
gedood kon word nie. M.a.w. die verhoorhof het fouteer'
om te bevind dat appellant no 6
dolus eventualis
as
opsetvorm gehad het.
Dit verg 'n ondersoek van hierdie Hof se
beslissing
in
S v. Magwaza supra
, oor hierdie
aangeleentheid. Magwaza
en sy vriend Sipho (wat 'n vuurwapen gehad het) het afgespreek
/om
36
om 'n winkel te beroof. Hulle het saam na die winkel in Durban
gegaan. In die winkel het Sipho die winkeleienaar met sy vuurwapen
gedreig om sy
geld te oorhandig. 'n Skoot is deur Sipho gevuur en die winkeleienaar is
noodlottig gewond. 'n Verhoorhof bestaande
uit THIRION R en twee assessore van
die plaaslike afdeling Durban en Kus het die ongewapende Magwaza o.a. skuldig
bevind aan moord.
Wat
dolus eventualis
as sy opsetvorm betref, is bevind
dat Magwaza kennis gedra het van die vuurwapen in Sipho se besit, dat hy geweet
het dit in die
roof gebruik sou word en dat hy voorsien het dat iemand tydens
die roof doodge= skiet sou kon word, maar roekeloos ten aansien van
so 'n
/moontlikheid ....
37
moontlikheid gestaan het. Sodanige roekeloosheid het
ook sy versuim om te verseker dat die vuurwapen nie gelaai
was nie behels
(„Nevertheless the accused participated
in the robbery reckless whether death resulted. Such
recklessness consisted in part in his failure to ensure
that the firearm was not loaded and also in his very
participation in the robbery attempt when the commission
of an act of violence with fatal consequence was a distinct
possibility)",(op bl. 40 G). By appèl na hierdie Hof
is beslis dat 'n versuim van hierdie aard nie subjektiewe
kennis aan die kant van Magwaza dat die vuurwapen gelaai
was, kanvervang nie. Omdat die Staat nie bewys het dat
/Magwaza
38
Magwaza daarvan bewus was dat Sipho se vuurwapen gelaai is nie
het hierdie Hof bevind dat Magwaza nie die dood van die winkeleienaar
voorsien
het nie. Gevolglik is Magwaza se skuldigbevinding aan moord deur hierdie Hof
tersyde gestel. Ek mag daarop wys dat hierdie
Hof nie rekening gehou het met die
beslissing in
S v. Nkwenja en 'n Ander
1985(2) SA 560 (A) om aandag te
skenk aan die vraag of Magwaza nie dalk aan strafbare manslag skuldig was nie.
Die relevante gedeelte
van HOEXTER AR se uitspraak in Sv.
Magwaza
,
supra
, op bl 41 C-G lees soos volg:
"In my view the conclusions reached by the trial Court that the appellant
knew that his confederate (a) was in possession of a firearm
/and .
39
and (b) might use it in execution of the robbery, are unassailable. But
robbery is sometimes. successfúlly accomplished by
threaten= ing the
victim by brandishing an unloaded fire= arm. The crucial question is whether
when the two intruders entered the
shop the appellant knew as a fact that his
confederate's firearm was loaded. It is not clear to me that the trial Court was
prepared
to make such a finding against the appellant. The trial Court found
that the appellant's recklessness as to whether or not death
might ensue in the
course of the robbery consisted in part of the appellant's 'failure to ensure
that the firearm was not loaded'.
Such an omission on the appellant's part might
well be censurable but it cannot, I think, serve as a substitute for his actual
subjective
knowledge. Although in my view it is not improbable that the
appellant knew that the firearm in question was loaded, it seems to
me that the
meagre evidence of Thandi Zungu and Bongani as to what the appellant con= fided
in them, taken together with the rather
/sketchy
40
sketchy observations of Mrs Momplé and Flora Mthimkulu, cannot sustain,
as the only rea= sonable inference, that the appellant
knew that the firearm in
the possession of his confederate was loaded. If the appellant lacked such know=
ledge then it must remain
a matter for mere speculation whether subjectively the
appellant foresaw the possibility of the deceased's death in the execution
of
the robbery."
Na my mening maak hierdie passasie dit
by implikasie duidelik dat die
omstandigheid dat so 'n
socius criminis
nie subjektief
kennis gedra
het van die feit dat die dader se vuurwapen
gelaai was nie,glad nie
túisgebring moet word onder sy
onverskilligheid of the slagoffer
gedood kon word of nie.
Wat die passasie egter nie duidelik maak nie is of
dit 'n
/voorvereiste
41
voorvereiste vir
dolus eventualis
as opsetvorm
is
dat 'n
socius criminis
subjektief kennis moes gedra het
van die
feit dat die dader se vuurwapen gelaai was. Ons
reg stel subjektiewe kennis
aan die kant van 'n
socius
criminis
dat die dader se vuurwapen gelaai is of dat
sy mes skerp is nie as 'n voorvereiste vir
dolus eventualis
as opsetvorm nie. Daar is geen regsnorm of regs=
beginsel wat sodanige subjektiewe kennis as 'n voor=
vereiste vir
dolus eventualis
stel nie, soos McCREATH R
tereg in die onderhawige saak beslis het na aanleiding
van vermelde passasie :
/"I am
42
"I am of the view that it was not intended by the learned
Judge of Appeal to elevate his statement in this respect from what was required
to be proved on the facts of that case to a principle in law that the State is
required, in all cases, to prove beyond a reasonable
doubt that an accused knew
that the firearm in the possession of a confederate was loaded, or to advance
evidence which would sustain
as the only reasonable inference that an accused
did have such knowledge." (Band 9 bl. 910).
Die feit dat 'n
socius criminis
nie subjektief kennis
gedra het van
die omstandigheid dat die dader se vuur=
wapen gelaai is nie of dat sy mes
nie skerp is nie kan
wel relevant wees by oorweging van die vraag of die
socius criminis
die moontlikheid subjektief voorsien
het dat die dader se aanwending van die vuurwapen in
/die
43
die pleeg van die roof op die dood van die slagoffer mag
uitloop, as een van die fasette van
dolus eventualis
as opsetvorm. Dit is
bloot 'n feite-kwessie en nie 'n regsreël nie wat relevant is by die
oorweging van voor= sienbaarheid as
'n faset van
dolus eventualis
. In die
onderhawige geval het die 7 appellante die gemeenskaplike doel gehad om die
winkel te gaan beróof. Roof hou vir die
rowers gevare in nie alleen by
die konfrontasie met die slagoffer wat self gewapen mag wees nie - veral waar sy
winkel naby "n mynkampong
geleë is en sy klante hoof= saaklik Swart persone
is - maar ook om 'n veilige wegkom van die misdaadtoneel te verseker. Appellant.
no 6
/het
44
het op die misdaadtoneel gebly nadat appellant no 5 sy
vuurwapen op die oorledene gerig het en skote afgevuur
het totdat die oorledene finaal geval het. Hy het toe eers
van die misdaadtoneel weggehardloop. Na my oordeel
het die verhoorhof in
die omstandighede tereg bevind
dat hy
dolus eventualis
as opsetvorm
gehad het en dat
hy skuldig aan moord is. Wat versagtende omstandig=
hede
betref, het
adv
. Munks aangevoer dat die verhoor=
hof nie rekening
gehou het met die stadium toe appellant
no 6 van die vuurwapen bewus geword
het nie. Na my
oordeel is daar geen meriete in hierdie betoog nie en
verloor dit uit die oog dat appellant no 6 op die mis=
daadtoneel gebly het totdat die oorledene finaal geval het.
/In
45
In die lig van al die aanvaarbare getuienis teen appellant no
6 het die verhoorhof geen mistasting of ander onreëlmatigheid begaan
nie en
sy bevinding dat daar geen versagtende omstandighede is nie,is nie van so 'n
aard dat dit nie redelik daartoe kon gekom het
nie. Sy skuldigbevinding aan
moord sonder versagtende om= standighede en die opgelegde doodvonnis bly staan.
Appellant no 4 vermeld
in sy bekentenis breedvoerig die beplanning van die roof,
hoe appellant no 6 'n vuurwapen aan appellant no 5 oorhandig het, hul
reis na die misdaadtoneel en wat daar gebeur het. Hy
skets dit soos volg in sy bekentenis (Bewysstuk J
1
):
/"Dit
46
"Dit was gedurende Februarie 1984 toe kom Jackson
daar aan. Hy vra my of ek nie geld soek nie. Ek antwoord, 'ja, ek soek
geld'.
Ek vra hom waar hy die geld sal krý. Hy sê toe dat daar 'n
winkel op Westonaria is wat baie geld het. Ek vra hom toe
hoe ons gaan maak om
daar te kom. Hy sê dat hy my sal wys hoe om daar te kom.
Ons ry toe na Zacharia se huis waar ons ander mans gekry het. Ons het by
Zacharia se huis gepraat oor wat ons gaan doen en hoe ons
die winkel gaan
beroof.
Jackson wys toe 'n vuurwapen en oorhandig dit
toe aan Mphileni. Ons vertrek toe na Westonaria
Jackson wys toe die kafee uit en sê: Dit is die plek'. Zacharia het
stadig verby gery om die winkel en ons het gaan parkeer
soos ek gewys het.
Ons stap toe almal na die winkel. Dit is die winkel wat ek uitgewys het.
Toe ons daar kom het ons gesien dit is nog oop. Ek was by die groep wie by
die hoek van die winkel gestaan het. Jackson het toe na
die kafee geloop en
sigarette gekoop. Hy kom toe
/vinnig
47
vinnig na my en sê hulle maak nou toe, ons moet gereed
wees. Mphileni het na die kafee gehaas en hy was gevolg deur Jackson,
gevolg
deur die res van die groep.
Toe ons by die deur kom was die deur halfpad toe. Mphileni en Jackson het
onderdeur geklim. Mphileni het die vuurwapen in sy hand
gehad. (Hy wys links) en
rig dit op die Portugees en sê iets aan hom.
Die Portugees het agteruit getree en sy hande in die lug gehou. Ek hoor toe
Mphileni skiet toe op die Portugees. Ek was by die deur
en toe hardloop ek weg
terug na die Kombi. Later terwyl ek hardloop het ek nog skote gehoor. Ek kan nie
sê hoeveel nie.
Wat ek nog gesien het was toe die Portugees geval het na hy geskiet was. Ek
het al die plekke uitgewys.
Ek het saamgegaan net om geld te kry maar nie om die man daar dood te maak
nie."
Hier het ons die posisie dat appellant no 4 voor sy
vertrek vanaf Soweto na die misdaadtoneel bewus was
/van
48
van die feit dat appellant no 5 in besit van 'n vuur= wapen
was. Weliswaar vermeld hy nie dat hy bewus daarvan was dat dit 'n gelaaide
vuurwapen was nie, net soos dit die geval met appellant no 6 is. Ook hier geld
die opmerkings wat ek reeds gemaak het oor die passasie
uit
S v.Magwaza
,
supra
, oor sy gebrek aan subjektiewe kennis van die feit dat die
vuurwapen gelaai was. Hy het hom vereenselwig met die roof op die oorledene,
hy
was by die deur van die winkel, hy het gesien en hoor hoe appellant no 5 die
oorledene skiet en hy het nog skote gehoor toe hy
weghardloop. Dit is
insiggewend dat hy die oorledene sien val het nadat
/hy
49
hy geskiet is. Na my oordeel het die verhoorhof tereg bevind
dat hy
dolus eventualis
as opsetvorm gehad het deurdat hy subjektief die
moontlikheid voorsien het dat appellant no 5 die vuurvapen kon gebruik om die
oorledene
noodlottig te beseer en dat hy hom daarmee versoen het om op die
misdaadtoneel by die winkeldeur te bly sodat hy selfs gesien het
hoe die
oorledene val. Deur sy weghardloop het hy hom nie distansieer van die roof nie
maar na die Kombi gegaan sodat hy saam met
die ander appellante die
misdaadtoneel kon verlaat. Na my oordeel het die verhoorhof appellant no 4 tereg
skuldig bevind aan moord.
Wat versagtende omstandighede betref, is dit in die
verhoorhof aangevoer
/dat
50
dat appellant no 4 'n mindere aandeel aan die moord gehad het.
Die verhoorhof het hiermee rekening gehou maar met inagneming van die
feite soos
in sy bekentenis vervat, eenparig bevind dat dit nie sy morele verwytbaarheid
verminder nie. Die bewyslas was op appellant
no 4 om op n oorwig van
waarskynlikhede die bestaan van versagtende omstandighede te bewys. Hierdie Hof
se jurisdiksie is beperk
wat 'n bevinding van geen versagtende omstandighede
deur 'n verhoorhof betref. Hier kan daar na my oordeel nie gesê word nie
dat die verhoorhof in sy bevinding van geen versagtende om= standighede 'n
mistasting of ander onreelmatigheid begaan het nie. Dit
kan ook nie gesê
word in die
/lig
51
lig van die toelaatbare getuienis dat die verhoorhof nie
redelikerwyse daartoe kon gekom het nie. Dit volg dat die opgelegde doodvonnis
bly staan.
Die resultaat is soos volg:
1.
Die appelle van appellante
nos 1, 2, 3, 4, 5 en 7 teen hul skuldigbevindings aan poging tot roof met
verswarende omstandighede word
afgewys.
2.
Die
appèl van appellant no 6 teen sy skuldigbe= vinding aan roof met
verswarende omstandighede word afgewys.
3.
Die
appelle van appellante nos 4, 5 en 6 teen hul skuldigbevindings aan moord sonder
versag= tende omstandighede en hul doodvonnisse
word
afgewys.
C. P. JOUBERT AR. JANSEN AR) SMALBERGER AR)
BOSHOFF Wn AR) Stem saam.