Urger v Rand Water Raad (16/2004) [2004] ZAFSHC 29 (29 April 2004)

55 Reportability
Civil Procedure

Brief Summary

Civil Procedure — Amendment of pleadings — Leave to amend — Court granted defendant leave to amend special plea without requiring further application — Defendant's filing of amended plea within specified time sufficient to satisfy court order — No objection permissible against amendment under Rule 28 — Court's interpretation of leave granted clarified. The applicant sought an order compelling the respondent to remove structures unlawfully erected on his property. The respondent had filed a special plea, which was struck out by the court, granting leave to amend. The respondent subsequently amended the special plea without further notice, leading to a dispute regarding the validity of the amendment. The legal issue was whether the respondent was required to seek further leave to amend after the court had already granted permission. The court held that the respondent was not required to apply again for leave to amend, as the initial court order allowed for the amendment to be filed within a specified timeframe, thus rendering the amendment valid and objection-free under the relevant rules.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 29
|

|

Urger v Rand Water Raad (16/2004) [2004] ZAFSHC 29 (29 April 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Aansoek
No. 161/2004
In
die saak tussen:
IZAK
JOHANNES BURGER
Applikant
en
RAND
WATER RAAD
Respondent
___________________________________________________________
CORAM:
HATTINGH,
R
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
22 APRIL 2004
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
29 APRIL 2004
___________________________________________________________
[1] Applikant en Respondent word
onderskeidelik na verwys as “verweerder” en “eiser”.
[2] Eiser het aksie teen die verweerder ingestel en
versoek ‘n bevel wat verweerder verplig om sekere geboue en
strukture wat op
eiser se plaas, synde die resterende gedeelte van
die plaas Erfenis No. 269, geleë te Heilbron, te verwyder op grond
daarvan dat
dit onregmatiglik opgerig is onderkant die 1975 vloedlyn.
[3] Verweerder het ‘n spesiale pleit van nie-voeging
geliasseer. Eiser het eksepsie daarteen aangeteken. Op 7 November
2003 het
die Hof soos volg gelas:
“(a) Die
eksepsie slaag met koste.
(b) Eerste verweerder se
spesiale pleit word deurgehaal.
(c) Aan eerste verweerder word
verlof verleen om sy spesiale pleit te wysig binne 15 dae vanaf datum
van hierdie bevel.”
(Eerste verweerder is verweerder in hierdie aansoek).
[4] Op 28 November 2003 liasseer verweerder ‘n
kennisgewing van wysiging wat soos volg lees:
“
1.1 Die
wysiging van die spesiale
pleit geskied ooreenkomstig die verlof tot wysiging wat bogemelde
agbare Hof verleen het op 7 November 2003.
1.2 Sover dit die wysiging van
die verweerskrif en meriete betref, word eiser hiermee in kennis
gestel uit hoofde van die bepalings
van Reël 28 dat tensy beswaar
teen die voorgenome wysiging, aangeteken word binne 10 dae vanaf
datum van ontvangs van hierdie kennisgewing,
die verweerderskrif
dienooreenkomstig gewysig sal word.”
[5] Eiser het ingevolge Hofreël
28(3) beswaar aangeteken slegs ten aansien van die spesiale pleit op
grond daarvan dat die wysiging
nie
bona
fide
is nie en nie
verhoorbare geskilpunte daarstel nie.
[6] Dit is duidelik dat daar nie
beswaar geopper word teen die wysiging met betrekking tot die
verweerskrif op meriete nie, maar slegs
teen die spesiale pleit.
[7] Die kernvraag in hierdie aansoek
is om te bepaal wat my geleerde kollega bedoel het met die woorde
“aan eerste verweerder
word
verlof verleen
om
sy spesiale pleit te wysig binne 15 dae vanaf datum van hierdie
bevel”. (My onderstreping).
[8] Op sterkte hiervan het mnr.
Danzfuss, namens verweerder, betoog dat verweerder alreeds verlof by
die Hof ontvang het om te wysig
en was dit nie vir hom nodig om in
terme van Reël 28 aansoek om wysiging te doen nie. Omdat dit
duidelik is dat verweerder ook
nie, sover dit die wysiging van die
spesiale pleit betref, kennis moes gegee het dat hy voornemens is om
dit te wysig nie, het hy
bloot ‘n gewysigde spesiale pleit
afgelewer. Mnr. Lindeque, namens die eiser, het betoog dat die
verlof wat die Hof aan die verweerder
verleen het om sy spesiale
pleit te wysig duidelik veronderstel dat dit moet geskied ingevolge
die tersaaklike hofreël, en dat hy
geregtig is om beswaar daarteen
aan te teken.
[9] Die betekenis van die woorde “aan verweerder word
verlof verleen om” moet bepaal word aan die hand daarvan dat die
woorde
volgens hulle gewone grammatikale betekenis verstaan moet
word. Dit is die primêre reël van interpretasie.
[10] Om aan iemand verlof te verleen
om iets te doen,
in
casu,
om sy
spesiale pleit te wysig, stel dit ‘n goedkeurende vergunning daar
wat op toestemming neerkom.
[11] Sonder die verlof of toestemming
van die Hof sou, verweerder nie
mero
motu
sy spesiale
pleit kon wysig nie; hy sou ingevolge die toepaslike hofreëls
aansoek moes doen vir verlof tot sodanige wysiging. Hierdie
beslommernis word hom nou gespaar vanweë die verlof of toestemming
wat aan hom verleen word om sy spesiale pleit sonder meer te
wysig.
[12] Die gevolg hiervan is dat die
blote liassering daarvan by die Griffier van die Hof, binne 15 dae
vanaf datum van die bevel, die
hofbevel bevredig. Dit is nie vir die
verweerder nodig om weer ingevolge Hofreël 28(4) “by kennisgewing
aansoek
om verlof om
te wysig
” te doen
nie. Daardie verlof om te wysig is alreeds deur die Hof aan hom
verleen toe sy spesiale pleit deurgehaal was op 7 November
2003.
[13] Sover terug as 1907 het ‘n Volbank van drie
Regters beslis:
“
I
wish, however, to make an observation as to a matter of practice
which has been raised. I certainly have understood that where
leave
was given to
amend
a plea, it was quite sufficient
to
file
an amended plea, and describe it as such.”
Verder aan op p.6 beslis die Hof:
“
There
can be no
doubt that the intention of the Court, whatever the wording of the
order may be, was that the defendants should have the right to
amend
their plea and set up whatever legitimate defence they might be
entitled to set up; we did not restrict them in any way. They
have
filed an amended plea ....”
(JAS.
INGLIS
v DURBAN NAVIGATION COLLERIES, LTD
,
1907 NLR (4) op 5-6).
[14] In die onderhawige geval het die
Hof die spesiale pleit in die geheel deurgehaal en aan verweerder
verlof of toestemming verleen
om sy spesiale pleit te wysig. Die Hof
het nie verweerder aan bande gelê ten aansien van die omvang van die
wysiging nie.
[15] Met ‘n beroep op die
INGLIS
-beslissing
verklaar die skrywers Herbstein & Van Winsen:
The
Civil Practice of the Supreme Court of South Africa
(4de Uitg.) op p.529:
“
If the court by its order
intends to allow a general amendment of the plea, the defendant is at
liberty to file a new plea and no
objection can be taken to it on
that ground.”
(Cf.
INSOLVENT
ESTATE McWILLIAM v BANK OF AFRICA
(1910) 31 NLR 445
).
In
FIAT
SA (PTY) LTD v BILL TROSKIE MOTORS
1985 (1) SA 355
(O) op 358G
word gesê:
“
If an applicant is merely
granted leave to amend, there is no actual amendment until delivery
of the amendment within the time specified
in the Court order.”
[17] Gevolglik beteken die woorde
“verlof word verleen ... om te wysig” presies wat dit sê. Die
verweerder moet sy wysiging
bloot
aflewer
binne die tyd wat die Hof bepaal het. Sodra die wysiging
geliasseer
word
is die
pleitstuk sonder meer gewysig. Teen daardie wysiging kan die
teenparty nie beswaar maak ingevolge Hofreël 28 nie. Hierdie
prosedure is nie benadelend vir die teenparty nie. Indien hy hom wil
bekla oor die inhoud van die gewysigde pleitstuk is sy remedie
geleë
in ‘n eksepsie ingevolge Hofreël 23 of moontlik optrede ingevolge
Hofreël 30.
[18] Alhoewel verweerder nie in sy
kennisgewing ‘n verklarende bevel vra nie, was die vertolking van
die hofbevel die enigste en
wesenlike geskil tussen die partye. Al
die relevante feite wat betrekking het op hierdie geskilpunt was voor
die Hof en was dit
tydens argument breedvoerig mee gehandel; daarom
sal dit vanpas wees dat ‘n verklarende bevel ten aansien van
hierdie geskilpunt,
gemaak moet word in terme van die smeekbede vir
alternatiewe regshulp. (Sien
LUZON
INVESTMENTS (PTY) LTD v STRAND MUNICIPALITY AND ANOTHER
,
1990 (1) SA 219
(K) op 229G
en vergelyk ook
HERBERT
PORTER & CO LTD AND ANOTHER v JOHANNESBURG STOCK EXCHANGE
,
1974 (4) SA 781
(W) op 796D-E)
.
[19] Gevolglik word die volgende bevel verleen:
1. Dit word verklaar dat verweerder
(eerste verweerder in die hoofaksie No. 141/2003) se spesiale pleit
regsgeldiglik gewysig is soos
uiteengesit in die spesiale pleit
vervat in die dokument getitel “
Eerste
Verweerder se Gewysigde Verweerskrif
”.
2. Eiser
betaal die koste van hierdie aansoek.
__________________
G.A.
HATTINGH, R
Namens Applikant:
Adv.
F.W.A. Danzfuss SC
Bygestaan
deur:
Me. N. Steyn
i.o.v.
Honey
& Vennote
Namens Respondent:
Adv.
I.M. Lindeque
i.o.v.
Hill, McHardy & Herbst
/scd