About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 28
|
|
S v Mngomezulu en Andere (SR61/2004) [2004] ZAFSHC 28 (29 April 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Hersiening
No.: SR61/2004
In
die spesiale hersiening tussen:
DIE
STAAT
en
MOSES
MNGOMEZULU & 2 ANDER
___________________________________________________________
CORAM:
VAN
COPPENHAGEN
et
WRIGHT, RR
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
WRIGHT, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
29 APRIL 2004
___________________________________________________________
Die drie beskuldigdes is skuldig bevind aan roof.
Na
die betrokke skuldigbevinding is die saak vir spesiale hersiening na
die Hooggeregshof gestuur en word die volgende vermeld in
die
begeleidende brief:
â
Nademaal
,
na oorweging van die oorkonde van die verrigtinge in die Landdroshof
bestaan daar twyfel by die Hof of die verrigtinge ooreenkomstig
die
reg is omrede die oorkonde onvolledig is en die landdros wat
voorgesit het in die betrokke saak die landdros amp verlaat het.â
Dit blyk dan ook dat die oorkonde onvolledig is en omdat
die betrokke amptenaar die amp verlaat het, kan dit nie
gerekonstrueer word
ooreenkomstig die beslissing van
R
v MOFOKENG
1946 OPD 62
nie. Myns insiens is hier dus ân geval waar die verrigtinge
tersyde gestel behoort te word. (Vergelyk
S
v JOUBERT
[1990] ZASCA 113
;
1991 (1) SA 119
(A)
).
Bygevolg inaggenome die omstandighede word die volgende
bevel gemaak:
1. Die skuldigbevindings word tersyde gestel en die saak
vir verhoor
de novo
verwys voor ân ander regsprekende amptenaar.
________________
G.F. WRIGHT, R
EK STEM SAAM
__________________________
G. VAN COPPENHAGEN, R
/scd