Mtholo v S [2004] ZAFSHC 27 (29 April 2004)

55 Reportability
Criminal Law

Brief Summary

Criminal Law — Sentencing — Minimum sentence legislation — Appellant, a first offender, convicted of dealing in 108.6 kilograms of dagga valued at R108,600, sentenced to 7 years imprisonment — Appeal against sentence on grounds of existence of substantial and compelling circumstances — Court finds personal circumstances of the appellant, including age, family responsibilities, and acknowledgment of wrongdoing, constitute substantial and compelling circumstances justifying deviation from minimum sentence — Appeal dismissed, original sentence upheld.

About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 27
|

|

Mtholo v S [2004] ZAFSHC 27 (29 April 2004)

IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
No.: 271/2002
In
die saak tussen:
THEMBA
MTHOLO
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
___________________________________________________________
CORAM:
MALHERBE
R.P.
et
VAN ZYL Wnd.R.
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
26 APRIL 2004
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
MALHERBE R.P.
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
29 APRIL 2004
___________________________________________________________
Appellant is ‘n 28-jarige eerste
oortreder wat in die Streekhof te Villiers verskyn het op aanklag van
oortreding van artikel 5(b)
van Wet 140 van 1992 deurdat hy handel
gedryf het in 108,6 kilogram dagga ter waarde van R108 600,00. Die
klagstaat verwys na artikel
51(2)(a) van die Strafregwysigingswet
(Wet Nr.105 van 1997) wat ‘n minimum vonnis van 15 jaar
gevangenisstraf voorskryf vir ‘n
eerste oortreder wat skuldig
bevind word aan handeldryf in dagga ter waarde van R50 000,00 of meer
tensy die hof bevind dat daar
wesenlike en dwingende omstandighede
bestaan wat die oplegging van ‘n mindere vonnis regverdig.
Appellant was verteenwoordig deur
‘n prokureur en het skuldig
gepleit op die aanklag. In sy geskrewe pleitverduideliking ingevolge
artikel 112(2) van die Strafproseswet
het appellant onder andere die
beweerde waarde van die dagga erken asook dat hy kennis dra van die
bepalings van die genoemde Strafregwysigingswet.
Hy is skuldig
bevind soos aangekla en gevonnis tot 7 jaar gevangenisstraf. Hierdie
appèl is slegs teen die opgelegde vonnis gerig.
Die
oorkonde toon aan dat appellant in Soweto woonagtig is en dat hy die
dagga op die N3 snelweg tussen Natal en Gauteng vervoer het
met die
doel om dit te verkoop toe hy daarmee in sy besit betrap is. Die
Landdros beskryf hierdie snelweg as die hoofroete waarlangs
dagga van
Natal na Johannesburg vervoer word en meld ook dat daar geweldig baie
soortgelyke sake in die distrik van Villiers voorkom
waarby groot
hoeveelhede dagga betrokke is. Met betrekking tot die bestaan aldan
nie van wesenlike en dwingende omstandighede sê
die Landdros die
volgende:
“
Nou in die
verband neem die Hof dan in aanmerking die beskuldigde se persoonlike
omstandighede. Sy ouderdom van 38, dat hy ongetroud
is maar wel twee
kinders het wat by sy ouma woon vir wie hy sorg, dat hy werkloos was
ten tyde van die voorval maar los werkies hier
en daar gedoen het.
Die Hof neem verder in aanmerking dat die beskuldigde wel skuldig
gepleit het, al die elemente van die misdaad
erken het en daardeur ‘n
mate van berou getoon het. Dit is dan ook so dat die beskuldigde
heel moontlik nie die volle bedrag soos
erken van R108 600 sou gekry
het nie, aangesien hy heel moontlik maar meer ‘n middelman was wat
die dagga vervoer het om weer aan
‘n ander verskaffer te verkoop.
Die Hof neem dan uitsprake soos deur die Verdediging en die Staat ook
uitgewys in aanmerking soos
onder andere
S
v MORABUDI
(?)
1999 (2) SACR 664
(A). Ook onder andere uitsprake soos
S
v HLATSWAYO EN KALI
1999 (2) SASV 651 (OVS Provinsiale Afdeling). Dan die bekende saak
waarna ook verwys is
S
v MATHE
1998 (2) SASV 225 (Vrystaat) en dan ook die belangrike uitspraak van
S
v MALGAS
2001 (1) SACR 469
(A).
Indien hierdie uitsprake as
riglyne in aanmerking geneem word blyk dit dat sou die Hof bevind dat
‘n beskuldigde ‘n onreg sou
aangedoen word sou hy die minimum
vonnis opgelê word dit ook op sigself as wesenlike en dwingende
omstandighede kan aanvaar word.
In die lig van die leiding wat gekry
word uit hierdie regspraak is die Hof dan van oordeel, saamgeneem met
die beskuldigde se persoonlike
omstandighede dat dit wel ‘n
wesenlike en dwingende omstandigheid daarstel en dat dit vir die
beskuldigde tot nadeel sal wees sou
hy die minimum vonnis opgelê
word – die bedoel eintlik ‘n onreg teen die beskuldigde sou wees
sou hy die minimum vonnis opgelê
word. Maar indien gekyk word na
vonnisse wat in daardie sake ook opgelê is blyk dit baie duidelik
dat daar lang termyn gevangenisstraf
opgelê word vir persone wat met
hierdie groot hoeveelhede dagga handeldryf.”
Ek
stem saam met die Landdros se bevinding dat daar wesenlike en
dwingende omstandighede aanwesig is wat die oplegging van ‘n
mindere
vonnis as die voorgeskrewe minimum vonnis regverdig.
Namens
appellant het Mnr. Van Heerden na die volgende beslissings verwys
ter ondersteuning van sy betoog dat die opgelegde vonnis
getemper
behoort te word deur ‘n gedeelte daarvan op te skort:
S v MBATHA
2000 (2) SASV 409 (W).
In
hierdie saak was die beskuldigde ‘n 44-jarige eerste oortreder wat
skuldig bevind is aan
besit
van 100 kilogram
dagga ter oortreding van artikel 4(b) van Wet 140 van 1992. Sy
vonnis van 7 jaar gevangenisstraf is op hersiening
verminder na ‘n
boete van R3 000,00 of 12 maande gevangenisstraf, plus ‘n verdere
12 maande gevangenisstraf wat voorwaardelik
opgeskort is vir 5 jaar.
S v MKHIZE
2000 (1) SASV 410 (W).
In
hierdie saak is die beskuldigde skuldig bevind aan handeldryf in
kokaïne. Sy het ‘n vorige veroordeling gehad van handeldryf
in
dagga en het die kokaïne aan ‘n polisielokvink vir R110,00 verkoop
terwyl die opgeskorte gedeelte van haar vonnis vir die dagga
oortreding nog oor haar kop gehang het. Haar vonnis van 12 jaar
gevangenisstraf wat in die laerhof opgelê is, is op appèl verminder
na 8 jaar waarvan 3 jaar voorwaardelik opgeskort is.
Mnr. Steyn het verwys na die
beslissing in hierdie Afdeling in
S
v MATHE
1998
(2) SASV 225
waar
‘n vonnis van 7 jaar gevangenisstraf opgelê is aan ‘n
tweede
oortreder wat skuldig bevind is aan handeldryf in 133,9 kilogram
dagga. In ‘n Volbank beslissing in hierdie Afdeling in
S
v KHANJWAYO; S v MIHLALI
1999
(2) SASV 651
is 6
jaar gevangenisstraf opgelê aan twee vroulike eerste oortreders wat
onderskeidelik in 76,4 kilogram en 69 kilogram dagga handel
gedryf
het. In die lig van hierdie laasgenoemde vonnisse kan daar nie met
die vonnis in die onderhawige saak ingemeng word nie.
Gevolglik
word die volgende bevel uitgereik:
1. Die appèl misluk. Beide die skuldigbevinding en
vonnis word bekragtig.
___________________
J.P.
MALHERBE R.P.
EK STEM SAAM
_________________
C
VAN ZYL Wnd.R.
Namens Appellant:
Adv.
F.J. van Heerden
i.o.v.
Regshulpraad
Bloemfontein
Namens Respondent:
Adv.
C.F. Steyn
i.o.v.
Direkteur:
Openbare Vervolgings
Bloemfontein
/scd