About SAFLII
Databases
Search
Terms of Use
RSS Feeds
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
SAFLII
>>
Databases
>>
South Africa: Free State High Court, Bloemfontein
>>
2004
>>
[2004] ZAFSHC 26
|
|
Oberholzer v S [2004] ZAFSHC 26 (22 April 2004)
IN DIE
HOOGGEREGSHOF VAN SUID-AFRIKA
(ORANJE-VRYSTAATSE
PROVINSIALE AFDELING)
Appèl
Nr. A327/2003
In
die appèl tussen:
JOHAN
GILLIAM OBERHOLZER
Appellant
en
DIE
STAAT
Respondent
___________________________________________________________
CORAM:
HATTINGH
et
CILLIé, RR
___________________________________________________________
AANGEHOOR
OP:
19 APRIL 2004
___________________________________________________________
UITSPRAAK
DEUR:
CILLIé, R
___________________________________________________________
GELEWER
OP:
22 APRIL 2004
___________________________________________________________
Die appellant in hierdie
aangeleentheid is in die Streekhof skuldig bevind aan 14 klagtes van
huisbraak met die opset om te steel
en diefstal, een van diefstal van
ân motorvoertuig, een van poging tot diefstal van ân
motorvoertuig en ân sewentiende klagte
van oortreding van artikel
27(1A)(a), Wet 26 van 1956 en wat geriefshalwe hierna ân
bomdreigement genoem sal word.
Die totale waarde van die goedere betrokke by die
huisbrake en diefstalle was R395 295,00. Goedere ter waarde van R310
535,00 is
egter teruggevind. Die gesteelde goedere was meestal
rekenaars en verwante elektriese toerusting.
Die appellant is op elke huisbraak en diefstalklagte,
dit is klagtes 1 tot 16, termyne van gevangenisstraf opgelê wat
wissel tussen
vier jaar en agt jaar gevangenisstraf. Op die
bomdreigementklagte is hy gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf.
Die totale termyn
van gevangenisstraf hom opgelê is 90 jaar. Dit is
egter gelas dat die vonnisse sodanig gelyktydig uitgedien kan word
dat hy 23
jaar gevangenisstraf moet uitdien. Die appellant kom in
hoër beroep teen die opgelegde vonnisse.
Dit is doenlik om eers na die
misdaadomstandighede te verwys. Die misdrywe is gepleeg oor ân
periode wat strek vanaf Mei 2002 tot
Februarie 2003, synde ân
periode van nege maande. Dit blyk dat die appellant deel was van ân
groep jeugdiges wat die inbrake
gepleeg het. Toe die appellant
arresteer is op vier klagtes het hy uit sy eie inligting aan die
polisie gegee met betrekking tot
al die ander klagtes en ook die
plekke gaan uitwys. Op hierdie wyse is die misdrywe opgelos.
Die appellant het self getuienis ter versagting van
vonnis afgelê. Daar is ook ân baie volledige proefbeampte verslag
wat deur
ân maatskaplike werkster opgestel was ingehandig.
Hierbenewens is daar ook ân verslag van ân korrektiewe beampte
ingehandig.
Uit dit alles blyk dat appellant ân redelike moeilike
gesinsagtergrond gehad het. Toe die misdrywe gepleeg was, was hy 17
jaar
oud en in matriek. Hy het die polisie bygestaan in die
opsporing van die ander betrokkenes en sou ook getuienis in daardie
sake
aflê. Hy is ân eerste oortreder.
Die
maatskaplike werkster het gevangenisstraf as vonnis aanbeveel. Die
korrektiewe beampte het ook gevangenisstraf aanbeveel, maar
aan die
hand gedoen dat dit in terme van artikel 276(1)(i), Wet 51 van 1977
opgelê moet word.
Die landdros was in sy oorweging van
vonnis nie besonder beïndruk met al hierdie omstandighede nie. Met
ân beroep op die uitspraak
in die saak van
S
v CONGELA
2002 (2) SASV 383 (T)
waar ân vonnis van vier jaar gevangenisstraf op elk van 21 klagtes
van huisbraak en diefstal aan daardie appellant opgelê was
â ân
totaal dus van 84 jaar â bevind hy dat die veelvuldigheid van die
klagtes en die termyn waaroor dit gepleeg was die persoonlike
omstandighede van die appellant oorskadu. Soos op appèl in die
CONGELA
-saak
gedoen is, het die landdros ook gelas dat die termyne sodanig
samelopend uitgedien kan word dat 23 jaar â inteenstelling met
20
jaar in die
CONGELA
-saak
â uitgedien moet word.
Die landdros se steun op die
CONGELA
-uitspraak
is ân wanvoorligting. Die feite in daardie saak is heeltemal
onderskeibaar van die onderhawige. Daardie appellant was
38 jaar
oud, het onskuldig gepleit en elk van die 20 klagtes teen hom betwis.
Niks van die gesteelde goedere is teruggevind nie.
In die
onderhawige saak het ons te doen met ân minderjarige wat skuldig
gepleit het en in alle opsigte ân openhartige en volledige
blootlegging van sy misdrywe gedoen het. ân Groot gedeelte van die
goedere in die onderhawige saak is ook teruggevind, juis as
gevolg
van die appellant se openbaring en medewerking. Hierdie mistasting
van die landdros plaas hierdie Hof in die posisie dat
vonnis opnuut
oorweeg moet word.
Vanweë die appellant se jeugdigheid sou dit verkieslik
wees om, indien enigsins moontlik, ân vonnis op te lê wat meebring
dat
hy nie gevangenisstraf ondergaan nie. Ek stem egter saam met die
welsynsbeampes en die landdros dat die appellant nie paslik gestraf
kan word sonder om aan hom gevangenisstraf op te lê nie. ân
Termyn van 90 jaar waarvan hy 23 jaar moet uitdien is egter in die
omstandighede so buitensporig en oordrewe dat slegs op daardie
grondslag reeds inmenging met die opgelegde vonnis geregverdigd sou
wees.
Die bomdreigementklagte dra ân minimum vonnis van drie
jaar gevangenisstraf in terme van die voormelde Wet self. Dit
beteken dat
dit gedeeltelik maar nie ten volle nie opgeskort kan
word. (Vergelyk artikel 297(4) van Wet 51 van 1977). Hierdie klagte
is ook
in sy aard verskillend van die ander klagtes. Dit is dus
ondoenlik om dit met die ander klagtes saam te neem vir
vonnisdoeleindes.
Die aanbeveling van die korrektiewe beampte dat die
gevangenisstraf wat die appellant opgelê moet word in terme van
artikel 276(1)(i)
van Wet 51 van 1977 moet geskied kom my as gepas
voor. Die aangewese is dus dat klagtes 1 tot 16 saamgeneem word vir
vonnisdoeleindes
en dat gevangenisstraf in terme van artikel
276(1)(i) daarvoor opgelê word. Die skuldigbevinding op klagte 17
(die bomdreigement)
sal sy eie vonnis dra. Indien gelas word dat die
vonnis op klagte 17 opgelê eerste uitgedien word en dat die
gevangenisstraf wat
ingevolge artikel 276(1)(i) opgelê word daarna
uitgedien word, sal dit meebring dat die Kommissaris van Korrektiewe
Dienste na uitdiening
van die gevangenisstraf op klagte 17 en tydens
uitdiening van die gevangenisstraf op klagtes 1 tot 16 opgelê, op
die tydstip wat
die Kommissaris as gepas beskou, die appellant onder
korrektiewe toesig kan uitlaat.
Bygevolg
word die volgende bevel gemaak:
1. Die appèl teen die opgelegde vonnisse slaag en die
geheel van die opgelegde vonnis word tersyde gestel.
2. Klagtes
1 tot 16 word saamgeneem vir vonnisdoeleindes en die appellant word
daarop gevonnis tot vyf jaar gevangenisstraf opgelê
ingevolge
artikel 276(1)(i) van Wet 51 van 1977.
3. Op klagte 17 word appellant
gevonnis tot drie jaar gevangenisstraf waarvan twee jaar opgeskort
word vir vyf jaar op voorwaarde
dat appellant nie weer skuldig bevind
word aan oortreding van artikel 27(1A)(a), Wet 26 van 1956, gepleeg
gedurende die periode van
opskorting nie.
4. Ingevolge
artikel 280(2), Wet 51 van 1977 word dit gelas dat die vonnis op
klagte 17 opgelê eerste uitgedien sal word en die vonnis
op klagtes
1 tot 16 daarna.
5. Die
vonnisse opgelê moet geag word opgelê te gewees het op 28 Maart
2003.
______________
C.B. CILLIé, R
EK STEM SAAM
__________________
G.A.
HATTINGH, R
Namens
Appellant:
Adv.
R van Wyk
Sasolburg
Namens
Respondent:
Adv.
E.B. Ontong
i.o.v.
Direkteur:
Openbare Vervolgings
/scd